– Banie Swanepoel:
‘n Baie ope vraag. Is ek goed genoeg om gered te word / Is ek goed genoeg vir Yahshua?
Wat is GOD se standaard vir ons om gered te word?
Daar is duisende verskillende kerk-denominasies in die wêreld en elkeen het hul eie opinie oor hierdie onderwerp. Ons is geneig om aan iets vas te klou wat vir ons geloofwaardig klink, totdat iemand by jou kom met ‘n ander evangelie, dan twyfel jy weer.
Kom ons staan terug, maak ons los van die suurdeeg en oorlewering en kyk wat staan daar geskrywe…
Jesaja 61:1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
Jesaja 61:3 om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking.
Handelinge 15:35 En Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.
Matthéüs 7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Galásiërs 4:1 Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; 2 maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. 3 So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. 4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, 5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.

2 Korinthiërs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
Matthéüs 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
Hebreërs 6:1 Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
Hebreërs 6:4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5 en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, 6 en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE