Bybelstudie
PSALMS (2026)
Die Deur van die skape (2026)
Johannes 10:1 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.
2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape.
3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
4 En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
5 Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.
6 Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.
7 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
12 Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.
13 En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie.
14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.
15 Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.
16 Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.
17 Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
18 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.
19 Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.
20 En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?
21 Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.
Efésiërs 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
ROMEINE 2026
Paulus, ‘n dienskneg van Jesus Christus, ‘n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God— wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam, onder wie julle ook is, geroepenes van Jesus Christus aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is, maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid!
Amen.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE
Omdat Yahweh, die God van Israel, vir Israel gestry het – Josua 10 (10-05 -2026)
Josua 10:1 En toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het—soos hy met Jérigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen—en dat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was, 2 het hulle baie bevrees geword, omdat Gíbeon ‘n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne helde was.
3 Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na Jáfia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê: 4 Trek na my toe op en help my, dat ons Gíbeon kan verslaan, omdat hy met Josua en met die kinders van Israel vrede gesluit het.
5 So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het Gíbeon beleër en daarteen geveg.
6 Maar die manne van Gíbeon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.
7 Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.
8 En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.
9 Toe Josua hulle skielik oorval—hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek— 10 het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het ‘n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda.
11 En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.
12 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ajalon!
13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ‘n volle dag.
14 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van ‘n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.
15 Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.
16 Maar daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonk by Makkéda.
17 Toe aan Josua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makkéda— 18 het Josua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne daarby aan om hulle te bewaak.
19 Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand.
20 En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met ‘n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het, 21 het al die manskappe by die laer, by Josua behoue teruggekom in Makkéda; niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.
22 Daarop sê Josua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.
23 Hulle het so gedoen en dié vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.
24 En toe hulle dié konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.
25 En Josua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal die HERE met al julle vyande doen teen wie julle sal veg.
26 En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe.
Openbaring 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.
13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.
14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
15 En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
27 En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.
28 Daardie dag het Josua ook Makkéda ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makkéda het hy gedoen net soos met die koning van Jérigo.
29 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Makkéda na Libna om met Libna oorlog te voer.
30 En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van Jérigo.
31 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Libna na Lagis om dit te beleër en daarteen te veg.
32 En die HERE het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.
33 Toe trek Horam, die koning van Geser, op om Lagis te help; maar Josua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand van hom was wat vrygeraak het nie.
34 Daarop trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Lagis na Eglon om dit te beleër en daarteen te veg.
35 En hulle het dit ingeneem op dieselfde dag en dit verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat daarin was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het.
36 Toe trek Josua op en die hele Israel met hom saam van Eglon na Hebron om daarteen te veg.
37 En hulle het dit ingeneem en dit met sy koning en al sy stede en al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het, net soos hy met Eglon gedoen het: hy het dit met al die siele wat daarin was, met die banvloek getref.
38 Daarop draai Josua weg en die hele Israel met hom saam na Debir om daarteen te veg.
39 En hy het dit geneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en soos hy met Libna en sy koning gedoen het.
40 So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het.
41 En Josua het hulle verslaan van Kades-Barnéa af tot by Gasa, en die hele land Gosen tot by Gíbeon.
42 En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel gestry het.
43 Daarna het Josua en die hele Israel met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE
Gaan was jou in die badwater Silóam – Johannes 9 (10-05-2026)
Johannes 9:1 En toe Hy verbygaan, sien Hy ‘n man wat blind was van sy geboorte af.
2 En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?
3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.
4 Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.
5 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.
6 En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man 7 en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.
8 Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?
9 Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.
10 Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?
11 Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.
12 En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.
13 Hulle bring hom na die Fariseërs—die man wat vroeër blind was.
Joh 9:14 En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.
15 Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.
16 En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan ‘n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.
17 Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is ‘n profeet.
18 En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.
19 En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?
20 Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is; 21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.
22 Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.
23 Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.
24 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man ‘n sondaar is.
25 En hy antwoord en sê: Of Hy ‘n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.
26 En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?
27 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
28 Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is ‘n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.
29 Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.
30 Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!
31 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy.
32 Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van ‘n blindgebore mens geopen het nie.
33 As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.
34 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.
35 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?
36 Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?
37 En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.
38 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.
39 En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.
40 En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?
41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.
Psalm 147:19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. 20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!
‘n Aanklag teen die kerk. (2026)
Handelinge 19:13 En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
14 Dit was sekere sewe seuns van Skeva, ‘n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
Jesaja 1:2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
3 ‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.
4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank.
6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie.
7 Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.
8 En die dogter van Sion het oorgebly soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin, soos ‘n beleërde stad.
9 As die HERE van die leërskare vir ons nie ‘n klein oorblyfsel oorgelaat het nie—soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.
10 Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra!
11 Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis—om my voorhowe te vertrap?
13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed.
16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, 17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE