Liefde is die grootste onderwerp in die Skrif. Die Skrif sê: “En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.” 1 Korinthiërs 13 brei uit op die liefde. As jy dit nie het nie, is jy net ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal.
As die liefde só belangrik is, weet ons wat die liefde is en weet ons of daar liefde in ons harte is?