Die banvloek; ‘n Volledig-Ou Testamentiese begrip en handeling wat deur sekere volke, vir sekere volke gebruik is.
In hierdie boodskap gaan ons kyk deur wie dit voorgeskryf was en téén wie dit voorgeskryf was en wat die gevolge hiervan was.
Die woord banvloek bestaan uit twee woorde:
ban – om afgesny te word
vloek – onheil oor iemand gewens word
Ons lees baie van die sëën en die vloek in die Ou Testament en ons weet waar die vloek negatiewe dinge inhou, die sëën weer positiewe dinge inhou. Met ander woorde, dit is net twee kante van dieselfde munt.
Enige iemand kan sëën of kan vloek, of vervloek, soos daarvan in die Bybel gepraat word. As dit egter nie uit gesag kom nie, is dit steeds net woorde in die wind, sonder krag of betekenis.
Kom ons kyk in die Woord van GOD wie, het gesag oor vloek en sëën…