Die Bybel is ons padkaart – die Heilige Gees ons Kompas (13-11-2015)



– Banie Swanepoel:

Die Bybel is ons kaart en die kompas die Heilige Gees…

Baie geykte woorde, maar soos die tyd vorder en die aanslae meer word, kort ons die kaart en die kompas en is dit vir ons belangrik om daaraan herinner te word, sodat ons trou kan bly.

Yahshua het baie gesê, ons moet volhard tot die einde toe en oppas, daar gaan baie misleiding wees. Die misleiding gebeur elke dag, want die Duiwel is nie lui nie.

Op die oomblik is ons nog net in ‘n tydelike tentwoning. Ons is op pad na die ewigheid.

Dit is tragies as jy hierdie tydelike as jou “lewe” sien, want as die benoudheid oor jou kom en jy besef nie jy is in ‘n tydelike tentwoning nie, dan raak jy uiters bekommerd.

As jy die padkaart ken en jy sien dit lei na ‘n beloofde land, dan maak dit nie vir jou saak wat hier in die tydelike gebeur nie.

Kom ons kyk met hierdie boodskap wat sê die kaart en ons kyk of ons die kaart reg lees.

Jona 1:1  En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: 2  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig. 3  Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en ‘n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg. 4  Maar die HERE het ‘n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ‘n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly. 

Jona 1:8  En hulle sê vir hom: Vertel ons tog om wie se ontwil hierdie ramp ons getref het? Wat is jou nering? En waar kom jy vandaan? Wat is jou geboorteland, en uit watter volk is jy? 9  En hy antwoord hulle: Ek is ‘n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het. 

Jona 1:15  En hulle het Jona geneem en hom in die see gegooi. En die see het stil geword van sy onstuimigheid. 

Jona 1:17  En die HERE het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis. 

Matthéüs 12:38  Toe spreek sommige van die skrifgeleerdes en Fariseërs en sê: Meester, ons wil graag ‘n teken van U sien. 39  Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ‘n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. 40  Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees. 

Jona 2:1  En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis 2  en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp—U het my stem gehoor. 3  U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ‘n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. 4  Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. 5  Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai. 6  Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God! 7  Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel. 

Jona 2:10  Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug. 

Jona 3:1  En die woord van die HERE het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê: 2  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê. 3  Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die HERE. En Ninevé was ‘n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet. 4  En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes. 5  En die manne van Ninevé het God geglo en ‘n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. 

Jona 1: 2  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig. 

Jona 3: 5  En die manne van Ninevé het God geglo en ‘n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee. 

Matthéüs 12:41  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier! 

Jona 3:6  En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit. 7  En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne—geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie; 8  maar mens en dier moet ‘n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef. 9  Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie? 

Lukas 11:29  En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. 30  Want soos Jona ‘n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag. 

Jona 3:10  En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie. 

Jona 4:1  Maar Jona was hieroor erg ontstemd, en hy het kwaad geword. 2  Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil. 3  o HERE, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe. 4  Daarop sê die HERE: Het jy rede om vertoornd te wees? 5  En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom ‘n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur. 6  Toe beskik die HERE God ‘n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom. 7  Maar God het die volgende môre toe die dag breek, ‘n wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het. 8  En met sonop het God ‘n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe. 9  Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe. 10  Verder sê die HERE: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het. 11  Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter— en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee? 

Jona 1:2  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig. 

Matthéüs 18:21  Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? 22  Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe. 23  Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken. 24  En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was. 25  En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word. 26  Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal. 27  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld. 28  Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld. 

Matthéüs 18:31  En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het. 32  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; 33  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? 34  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. 35  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. 

Romeine 3:10  soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. 

1 Johannes 1:10  As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE