Geloof verander jou hoop (14-06-2015)

– Banie Swanepoel:

Baie keer loop mens in ‘n rigting en jy weet nie hoekom nie en nadat jy baie jare gestap het, moet jy omdraai en jy dink jy het so baie tyd, geleenthede en groei gemors. Na soveel jare is jou stam se groei al baie dik en om te verander is nie ‘n maklike saak nie.

Kom ons kyk of ons met hierdie boodskap perspektief kan kry.

Johannes 14:1  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 4  En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. 5  Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

Kollosense 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. 

1 Korinthiërs 1:30  Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. 

2 Korinthiërs 5:21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. 

Romeine 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

2 Timótheüs 2:3  Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus. 4  Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het. 5  En verder, as iemand aan ‘n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie. 

2 Korinthiërs 4:18  omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. 

Kollosense 3:2  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 

Matthéüs 6:19  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 

2 Korinthiërs 5:1  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. 

Romeine 8:18  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 

Johannes 20:21  Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. 

Matthéüs 28:19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 

2 Timótheüs 4:1  Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2  verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3  want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5  Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. 

2 Korinthiërs 5:11  Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig…

1 Timótheüs 4:16  Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor. 

1 Timótheüs 6:6  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. 7  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. 8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 10  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE