– Banie Swanepoel:
Die pad wat ons stap, is ons keuse en hoe ernstig ons dit opneem, is ook ons keuse. Dit wat jy geestelik eet, is jou keuse. Elke dag kies ons tussen lig en duisternis en as jy bietjie duisternis by die lig sit, dan word dit bietjie donkerder, maar dit is moeite… Dit is nie so lekker nie…
As ons van ons voorgeslagte in die Bybel gaan lees, dan sien ons die mense wat die reguit pad gestap het, het dit maar moeilik gehad. Dit was nooit maklik nie. In hierdie wêreld is die maklik altyd na die verkeerde kant toe. Dit is egter die moeite werd om op die nou pad te bly en te vat wat VADER op ons pad stuur.
Daar is mense met wie dit bietjie sleg gaan en daar is mense met wie dit baie sleg gaan en dan is daar mense met wie dit verskriklik sleg gaan…
Job 7:1 Het die mens nie ‘n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van ‘n dagloner nie? 2 Soos ‘n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos ‘n dagloner wat wag op sy werkloon, 3 so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem. 4 As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe. 5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. 6 My dae is vinniger as ‘n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting.
Job 7:11 So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel.
Job 7:13 As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra, 14 dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte, 15 sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my. 16 Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid.
Job 1:1 Daar was ‘n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad. 2 En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. 3 Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en ‘n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste.
Job 1:6 En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. 8 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad. 9 En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? 10 Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land. 11 Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het—waarlik, hy sal U in u aangesig seën! 12 Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE. 13 En op ‘n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer, 14 kom ‘n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle, 15 het die Sabeërs ‘n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 16 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 17 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en ‘n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 18 Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, 19 toe daar meteens ‘n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 20 Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval 21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! 22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie,
Job 10:1 Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. 2 Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. 3 Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?
Job 10:8 U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!
Job 10:18 Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ‘n oog my gesien het. 19 Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het. 20 Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek ‘n bietjie vrolik kan wees,
Job 16:6 As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou—watter verligting bring dit my? 7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes. 8 En U het my gegryp—’n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
Job 16:12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel. 13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
Job 16:16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar ‘n doodskaduwee;
Job 19:13 My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword. 14 My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet. 15 My bywoners en my slavinne beskou my as ‘n vreemde; ‘n onbekende het ek geword in hulle oë. 16 Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek. 17 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot. 18 Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my. 19 Al my vertroude vriende het ‘n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer. 20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap. 21 Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref! 22 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie? 23 Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ‘n boek opgeteken word— 24 met ‘n ystergriffel en lood—vir altyd in ‘n rots ingekap! 25 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
Job 21:6 Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan. 7 Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag? 8 Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë. 9 Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie. 10 Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie. 11 Hulle laat hul jong seuns loop soos ‘n trop kleinvee, en hul kinders spring rond. 12 Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit. 13 In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ‘n oomblik sink hulle in die doderyk af. 14 Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie. 15 Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
Job 21:17 Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn, 18 word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer? 19 Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel! 20 Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
Job 21:22 Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel? 23 Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
Job 21:25 Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het. 26 Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
Job 29:2 Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het; 3 toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het; 4 soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was; 5 toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my; 6 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het. 7 Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het, 8 het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan. 9 Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê. 10 Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte. 11 Want het ‘n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het ‘n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.
Job 29:21 Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor. 22 Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup. 23 En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns. 24 Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
Job 30:17 Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.
Job 30:19 Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword. 20 Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan. 21 U is jeens my verander in ‘n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand. 22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis. 23 Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom. 24 Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie? 25 Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie? 26 Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.
Job 39:34 En die HERE het Job geantwoord en gesê: 35 Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! 36 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: 37 Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. 38 Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.
Job 40:1 En die HERE het Job uit ‘n storm geantwoord en gesê: 2 Gord tog jou heupe soos ‘n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. 3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? 4 Het jy dan ‘n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
Job 42:1 Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: 2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. 3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. 4 Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! 5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. 6 Daarom herroep ek en het berou in stof en as.
1 Konings 19:1 En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles—hoe hy al die profete met die swaard gedood het. 2 Daarop stuur Isébel ‘n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen—sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. 3 Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; 4 maar self het hy ‘n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ‘n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie.
1 Konings 19:15 Maar die HERE sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. 16 En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek.
Handelinge 20:22 En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, 23 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. 24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
Openbaring 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? 14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. 15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. 16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; 17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE