– Banie Swanepoel:
Luister gerus die vorige boodskap “Hoe om staande te bly“, want hierdie boodskap sluit daarby aan.
Iemand wat baie besittings het, het GOD nie nodig nie. As jy ‘n gemaklike lewe het en dit gaan net goed met jou, gaan jy nie Sy stem hoor nie.
As jy moedeloos word en verlore in hierdie wêreld voel, het jy bemoediging nodig… Hou goeie moed.
Job 4:3 Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk. 4 Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk. 5 Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae!
Génesis 45:5 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.
Romeine 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Génesis 4:3 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring. 4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,
1 Korinthiërs 4:11 Tot op hierdie uur ly ons honger en dors, is ons naak en word geslaan, en swerwe ons rond, 12 en swoeg ons deur met ons eie hande te werk. Word ons uitgeskel, ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; 13 word ons belaster, ons troos; soos uitvaagsels van die wêreld het ons geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.
2 Timótheüs 2:12 As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
1 Petrus 5:4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang
1 Petrus 5:6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. 8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. 9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is. 10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE