– Banie Swanepoel:
Die kerk waarin jy grootgeword het, waar jou ouers in grootgeword het, waar jou grootouers in grootgeword het, is nie meer dieselfde nie. Hoekom het dit verander en as daar een is wat reg is, watter een sal dit wees?
Wat is ‘n kerk?
Is dit ‘n organisasie of ‘n klub?
Is dit dalk ‘n besigheid?
Wat glo die kerk?
Hoe kies ek ‘n kerk?
Matthéüs 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
G1577
ἐκκλησία
ekklēsia
ek-klay-see’-ah
From a compound of G1537 and a derivative of G2564; a calling out, that is, (concretely) a popular meeting, especially a religious congregation (Jewish synagogue, or Christian community of members on earth or saints in heaven or both): – assembly, church.
Matthéüs 18:20 Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
Handelinge 2:1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.
Handelinge 2:44 En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit.
Handelinge 7:37 Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister. 38 Dit is hy wat in die vergadering (G1577) in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee.
Handelinge 19:32 Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering (G1577) was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie.
Handelinge 19:39 Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering (G1577) beslis word.
Exodus 12:6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
1 Konings 8:5 En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.
2 Korinthiërs 1:1 Paulus, ‘n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en Timótheüs, die broeder, aan die gemeente van God wat in Korinthe is, saam met al die heiliges wat in die hele Acháje is:
1 Korinthiërs 4:17 Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.
2 Korinthiërs 11:8 Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie.
Matthéüs 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
2 Korinthiërs 11:13 Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. 14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
1 Petrus 1:9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
Efésiërs 1:22 En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, 23 wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Kollosense 1:17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
2 Timótheüs 4:1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.
2 Petrus 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; 2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; 3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
2 Petrus 2:12 Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan 13 en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag ‘n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul; 14 met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking. 15 Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal, en die weg gevolg van Bíleam, die seun van Beor, wat die loon van ongeregtigheid liefgehad het,
2 Petrus 2:17 Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ‘n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. 18 Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel. 19 Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE