– Banie Swanepoel:
Dit is verbasend wat se invloed die tien gebooie nog steeds elke dag op verskillende mense se geestelike, gedagtewerêld het.
Die tien gebooie is iets waarvoor ons baie respek het wat ‘n baie belangrike deel van die evangelie is, maar tog as ons blaai na die Nuwe Testament toe, dan lyk dit of dit nie meer so belangrik is nie en dan ontdek ons die Nuwe Verbond en ons ontdek Yahshua se gebod en dan bly ons nog in die war.
Waar pas die tien gebooie dan in?
Exodus 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Exodus 20:7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. 8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. 9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; 10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Exodus 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee. 13 Jy mag nie doodslaan nie. 14 Jy mag nie egbreek nie. 15 Jy mag nie steel nie. 16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. 17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Hebreërs 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Kollosense 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, 17 wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.
Romeine 3:21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;
Galásiërs 3:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.
Matthéüs 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
Levítikus 24:17 En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word.
Matthéüs 5:21 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. 22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Romeine 13:9 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
Matthéüs 5:27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. 28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het. 29 As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Kollosense 2:11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
Hebreërs 4:4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; 5 en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
Hebreërs 4:9 Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.
Galásiërs 5:6 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. 7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? 8 Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie. 9 ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. 10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
Galásiërs 5:12 Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink! Gal 5:13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
2 Korinthiërs 3:5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE