Lydsaamheid (28-10-2018)

– Banie Swanepoel:

Ons almal het seker ‘n redelike goeie idee wat lydsaamheid beteken, maar daar is teorie en daar is praktyk. Jy kan geloof byvoorbeeld heeltemal verstaan, maar om te glo, is nie so maklik nie.

“Lydsaamheid” is ‘n boetie van “geloof”. Met ander woorde, jy glo, maar dan hou jou geloof op, want dit waarvoor jy geglo het, gebeur nie soos jy gehoop het nie. Dan het jy lydsaamheid nodig om aan te hou glo.

Lydsaamheid, is om aan te hou…. trappie vir trappie… di’s is nodig om tot die einde toe te kan glo dat GOD goed is en jou lewe in Sy hande te kan los.

Hebreërs 10:35  Werp dan julle vrymoedigheid, wat ‘n groot beloning het, nie weg nie. 36  Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry. 

Markus 13:11  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees. 12  En die een broer sal die ander tot die dood oorlewer, en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 13  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 

Galásiërs 6:9  En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 

Psalm 37:5  Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer; 6  en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag. 

Filippense 4:6  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 

Johannes 16:23  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE