Die evangelie van die Koninkryk van GOD (2024)



  • Banie Swanepoel:

001 – Die evangelie van die Koninkryk van God gaan oor God en sy Koninkryk.

  1. In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Dit was sy hemel en aarde en Hy het daaroor regeer.
    • ‘n Koning moet ook burgers vir sy Koninkryk hê om oor te regeer en Hy skape vir Adam, die mens.
    • Hy het sy eie asem in die lewelose liggaam van Adam geblaas en so het Adam lewendig geword en het uit God voortgekom.
    • Omdat God ‘n geslag vir Homself gesoek het, het Hy Eva uit Adam gemaak en so het sy uit Adam voortgekom.
    • God gee aan hulle twee opdragte. 1. Wees vrugbaar en vermeerder as ‘n geslag. 2. Heers oor die volheid van die aarde.
  2. Hierdie was die begin van die Koninkryk van God in hierdie skepping en God se beplanning was presies wat Hy vir Adam beveel het.
    • Adam se nageslag moet die hele aarde vul as God se nageslag en heers oor God se volmaakte skepping.
    • In God se Koninkryk is daar geen dood, hartseer, teleurstelling, verlange, haat of enige iets anders wat duister en verkeerd is nie, maar net heerlikheid en vreugde en vervulling en liefde.
    • Na 6000 jaar beleef ons egter nie ‘n volmaakte skepping waaroor ons heers nie, maar ‘n lewe van moeite en verdriet.
    • Iets baie tragies het intussen gebeur en alles verander.
  3. Wat het dan gebeur?
    • God het die heerskappy van hierdie Koninkryk van Hom oorhandig aan sy geliefde seun, Adam, maar Adam was deur die Satan bedrieg en het sonde gedoen deur God nie te glo nie en het die heerskappy verloor.
    • Die sonde van Adam het ook ander gevolge gehad. 1. Die dood wat nie bestaan het nie, is nou die normale. 2. God het die aarde vervloek ter wille van Adam.
  4. Daar was nou baie slegte gevolge vir Adam, sy nageslag, en vir God.
    • Vir Adam en sy nageslag het die Paradys en die volmaakte aarde verander in moeite en verdriet en deur die sweet van hulle aangesig, moet hulle hul brood verdien.
    • Voor die sondeval het die dood nie bestaan nie, maar nou is dit hulle deel en wanneer hulle sterf is hulle vir ewig van God verwyder in die dood en die hel.
    • Vir God is dit ‘n tragedie want sy geliefde seun en sy hele nageslag is vir ewig verlore en die skepping van hierdie Koninkryk is ‘n mislukking. Dit is ook ‘n skande vir die Naam van God, want Hy is volmaak en kan nie misluk nie.
  5. Die Satan het hierdie tragedie veroorsaak, maar Adam het in God getwyfel.
    • Die Satan was ook in die paradys, maar as ‘n gevalle engel wat veroordeel staan. Hy het teen God gesondig deur homself te verhoog gelyk aan die Allerhoogste te stel.
    • Omdat hy nog toegang tot die hemele gehad het, het hy Adam beïnvloed om teen God te sondig.
    • Die Satan is reeds veroordeel en kan niks teen die Allerhoogste doen nie, maar hy kan Hom saboteur in sy werke en Hom baie skade en hartseer veroorsaak, dit is waarom hy gedoen het wat hy gedoen het in die Paradys.
  6. Dit is die rede dat daar ‘n evangelie van die Koninkryk van God is.
    • Hy gaan die nederlaag beslis nie daar laat nie, maar herstel wat verkeerd gegaan het.
    • Om dit te herstel moet Hy die heerskappy van die aarde terugkry.
    • Hy moet die geslag wat uit Hom voortgekom het verlos van hulle verdoemende einde.
    • Indien Adam God geglo het i.p.v. die Satan, was daar nie ‘n evangelie van die Koninkryk van God nie.
  7. Ons verantwoordelikheid teenoor die Koninkryk is kritiek.
    • Die trein na die Koninkryk van God is vas op sy spoor en ons kan deel daarvan wees, of dit mis.
    • Die E vd KK v G gaan nie oor ons saligheid nie en nie oor die kerk nie, maar oor sy KK en sy Naam wat bespot word.
    • Ons ag ons self te belangrik want ons dink dit gaan oor ons.
    • Die evangelie van die Koninkryk van God het die vermoë om ons deel te maak van sy Koninkryk, maar as ons dit mis, sal ons ewig verlore wees en van God verlate wees.
    • Hy gaan dit nie mis nie, maar suksesvol wees. Meeste van ons gaan egter onsuksesvol wees.
    • Omdat die pad smal is en die poort nou is wat na die Koninkryk van God lei, is daar baie wat sal probeer om die Koninkryk te vind, maar min sal dit regkry.
    • Gevolgtrekking: Ons kan nie voorskryf wat die voorwaardes vir ons redding moet wees nie, maar ons moet soek wat die weg na die ewige lewe is en daarop wandel, anders sal die trein ons net agterlaat.
  8. Ons lewe aan die einde van die ses duisend jaar van die koninkryk van die Satan.
    • Die tyd voor die sondvloed was 2000 jaar.
    • Die tyd tot die nuwe verbond is 2000 jaar.
    • Die tyd tot vandag is 2000 jaar.
    • Dis is ses duisend jaar van arbeid en een duisend jaar van vrede wat nou gaan aanbreek.
    • Ses dae moet julle arbei, maar die sewende dag is ‘n dag van rus.
  9. Hoe naby is ons aan die einde van die 6000 jaar en die begin van die Koninkryk van God?
    • Ons gaan binnekort nie kan koop en verkoop sonder die goedkeuring van die dier nie.
    • CCTV en AI toesig met ‘n kredietstelsel om alle mense totaal te kan beheer.
    • Hibried tussen ‘n mens en ‘n masjien. Nou sal niks meer vir hulle onmoontlik wees nie.
    • AI staan op die punt om intelligenter te wees as die mens.
    • Mense neem beheer oor die natuur en kan vuur uit die hemel laat neerdaal.
    • VSA verkiesing in November en die Elites.
    • Oorloë en gerugte van oorloë.
  10. Hoe gaan Hy hierdie toestand herstel?
    • Hy gaan kom op die wolke as mens soos sy dissipels Hom sien opvaar het.
    • Hulle wat aan Hom behoort met sy koms, sal Hom in die lug tegemoet gaan en dan saam met Hom aarde toe kom.
    • Vanaf die aarde gaan Hy sy wraak op die bewoners van die aarde uitgiet
    • Hoewel die mense Hom gaan haat met sy koms, sal die uiteinde van sy wraak hulle dwing om hulle knie voor Hom te buig, want Hy is die Koning van die konings.
  11. So, hoe gaan sy Koninkryk anders wees as hierdie koninkryk van die wêreld?
    • Hy gaan die Koning wees en Hy gaan in streng geregtigheid heers oor die hele aarde.
    • Hy gaan die vervloekte natuur herstel en die leeu gaan langs die lam lê en die beer sal strooi eet soos die os.
    • Die reën gaan kom op sy tyd.
    • Al die nasies van die aarde gaan in vrede lewe en in absolute gehoorsaamheid aan die Koning.
    • Die Duiwel gaan opgesluit wees en geen probleme op die aarde kan veroorsaak nie.
    • Kontinente gaan nog wees soos dit nou is. Die see gaan nog steeds daar wees. Mense gaan nog steeds eet.
    • Die wat aan Hom behoort het met sy koms, gaan verheerlikte liggame hê, soos syne, en gaan saam met Hom oor sy Koninkryk regeer
    • Hulle is erfgename van God en mede-erfgename van Yahshua.
  12. Dit is die Koninkryk van God en dit is die evangelie wat Hy verkondig het.
    Lukas 4:43 Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.
    Lukas 8:1 En daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,
    Lukas 16:16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.

Yahshua is die Koning, sy volk is die kinders van sy Koninkryk en oor die aarde is sy heerskappy. Aan die einde van die duisend jaar sal alles herstel wees soos wat God dit van die begin af beplan het. Die Satan sal verslaan wees en in die poel van vuur gewerp wees. Die kinders van God wat verlore was, kan hulle weer met hul God versoen en gered te word van die ewige dood. Die aarde in sy volheid sal perfek wees, soos in die begin na die ses dae van die skepping. Die laaste vyand wat verslaan word, is die dood
1 Korinthiërs 15:19-28 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. 20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 21 Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. 22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

002 – Die Koninkryk van God en die mens (12-05-2024)

Ons is die kinders van die Koninkryk van God, maar ons het verlore gegaan en moet nou teruggaan na ons Vader. Die pad na sy Koninkryk is ‘n baie moeilike pad, omdat dit volgens geregtigheid moet geskied. Ons moet dus eerstens weet wat die pad is en tweedens daarop wandel, volgens die voorskrifte van geregtigheid. Hierdie gaan nie oor lidmaatskap en aanvaarding deur ‘n kerk-instansie nie, maar oor burgerskap in die Koninkryk van God.

Matthéüs 7:13-27  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.  15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.  16  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!  17  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.  18  ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.  19  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.  20  So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.  21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.  22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!  24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.  25  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.  26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.  27  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

Hy kom op die wolke en sy begeerte is dat ons deel van sy Koninkryk moet wees, maar dit is streng voorwaardelik. Ons is nie almal eenvoudig deur genade geregverdig nie, maar daar is baie mense wat so dink en níé in die Koninkryk sal ingaan nie.

Matthéüs 25:1-13  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.  2  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.  3  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.  4  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.  5  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.  6  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!  7  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.  8  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.  9  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.  10  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.  11  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!  12  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.  13  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Matthéüs 11: 12 Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.

Daar is net een manier vir ons om die Koninkryk van God te beërwe. Net ‘n dwase maagd sal probeer om sy eie manier na die Koninkryk te kry.

Johannes 3:1-8  En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode.  2  Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.  3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.  4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?  5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 

Ons moet uit water en Gees gebore word:

Handelinge 2:37-40  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders?  38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.  39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.  40  En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.

1 Petrus 3:20-21  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;  21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus

‘n Nuwe skepsel met ‘n nuwe burgerskap.

Filippense 3:20-21  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,  21  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

Johannes 18:36-38  Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. 

Om die Koninkryk van God te vind, vereis dat ons die koninkryk van hierdie wêreld moet afskryf en ons hart daaruit onttrek. Ons het geen belang hier meer nie, maar die Gees van God sal ons harte vul met die Koninkryk van God, tensy ons te lief is vir hierdie wêreld en ons hart gevul bly met hierdie koninkryk.

Matthéüs 13:44-46  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.  45  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek;  46  en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

Jakobus 4:4-5  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.  5  Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?

Wanneer die Koninkryk van God in ons hart kom woon verander Hy, deur sy Woord, ons hart om te word soos Yahshua se hart is. Sy Koninkryk is dus in ons hart.

2 Korinthiërs 3:17-18  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.  18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Die evangelie van die Koninkryk van God kom tot ons ore en ons het die keuse wat daarvan gaan word. Gaan ons God glo en doen wat Hy sê of gaan ons die Woord hoor, maar verwerp?

Lukas 8:5-15  ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet.  6  En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.  7  En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik.  8  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!  9  En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?  10  En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.  11  Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God.  12  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.  13  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.  14  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.  15  En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.

Dit is egter nie net die goeie saaier wat saai nie, maar daar is ook slegte saaiers wat ons weg hou van die ewige lewe af.

Matthéüs 23:13  Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

Vir ons is die Evangelie van die Koninkryk van God ‘n nuwe lewe, ‘n ander lewe, ‘n ander Koninkryk, ‘n ander uiteinde. Dit maak nie saak wat ons bereik het in hierdie lewe nie, want hierdie is ‘n ander Koninkryk. Of jy in hierdie koninkryk suksesvol is of totaal onsuksesvol, of jy jou doelwitte bereik het, of nie bereik het nie, of die lewe jou uitgespoeg het omdat jy nie presteer het nie en of jy die hoogste sport bereik het, maak geen verskil nie. Wanneer ons deel word van die Koninkryk van God is ons ‘n nuwe skepsel en al die ou dinge het verbygegaan en alles is nuut. Di’s ‘n ander Koninkryk met ‘n ander Koning, di’s ‘n ander orde en ‘n ander heerskappy.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

003 – Die Koning kom met wraak.

Psalm 96: 11-13  Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis. Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.

Sy verlostes gaan Hom in die lug tegemoet, voordat sy wraak begin.

Matthéüs 24: 30  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.  31  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

1 Thessalonisense 4: 16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.  17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.  18  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Openbaring 7: 2  En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig  3  en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.

Sy gevreesde en wraaksugtige koms.

Openbaring 6: 12  En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;  13  en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;  14  en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;  15  en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,  16  en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;  17  want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Openbaring 19: 11  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.  12  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.  13  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.  14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.  15  En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.

Die wraak en oordele van Yahshua na sy koms.

Openbaring 8: 6  En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.  7  En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand. 

Openbaring 16: 2  Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword,  9  en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan. 

Openbaring 16: 3  En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.

10  En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine.  11  En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.   

Openbaring 16: 4  En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.  5  En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;  6  want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.  7  En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.

12 En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.  13  En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

Openbaring 16: 8  En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.  9  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.

Openbaring 9: 1  En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.  2  En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.  3  En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.  4  En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.  5  En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.  6  En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

Openbaring 16: 10  En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;  11  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

Openbaring 9: 13  En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,  14  en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.  15  Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak.  16  En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.  17  En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.  18  Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;  19  want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan.  20  En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.  21  En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.

Openbaring 16: 12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.  13  En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.  14  Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.  15  Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.  16  En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.

Joël 3: 9 Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!  10  Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held.  11  Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!  12  Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.  13  Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.  14  Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!  15  Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.  16  En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel.

Openbaring 11: 15  En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

Openbaring 16: 17  En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

Openbaring 19: 16  En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.

Romeine 14: 11  Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

004 – Regering van die volgende Koninkryk (26-05-2024)

Lukas 19: 12  Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom.  13  En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.  14  Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.  15  En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.  16  En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.  17  En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.  18  En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.  19  En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.  20  En ‘n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het;  21  want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.  22  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.  23  Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.  24  En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het—  25  en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde  26  want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.  27  Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.

Jesaja 9: 5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—  6  tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

Lukas 1: 28  En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.  29  En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken.  30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.  31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus (Yahshua) noem.  32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Daniël 2: 44  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan— 

Daniël 7: 13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een (Yashua) gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue(Yahaweh)  van dae, en hulle het Hom (Yahshua) nader gebring voor Hom b(Yahweh).  14  En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.

Daniël 7: 25  En hy (Romeinse Ryk, Pous, Inkwisisie) sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd.  26  Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig.  27  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. 

1 Korinthiërs 15: 22   Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;  23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  24  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.  25  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  26  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  27  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy (Yahweh) uitgesonder is wat alles aan Hom (Yahshua) onderwerp het.  28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Miga 4:1   En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.  2  En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem3  En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.  4  Maar hulle (die nasies) sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek.  5  Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.  6  In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.  7  Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ‘n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ‘n magtige nasie. En die HERE (Yahshua) sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.

Jesaja 11: 1   Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra;  2  en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.  3  En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;  4  maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.  5  En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees.  6  Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja.  7  Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os;  8  en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk.  9  Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.  10  En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees.  11  En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand (Yahshua) uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;  12  en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.

Jeremia 23: 1  Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE.  2  Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.  3  En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.  4  En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die HERE.  5  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit (Yahshua) sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.  6  In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID (Yahshua).  7  Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,  8  maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.

Openbaring 20: 1   En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  2  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  3  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.  4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank5  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.  6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.  7  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;  8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.  9  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.  10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

Jesaja 65: 19   En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.  20  Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.  21  En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet:  22  hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet.  23  Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.  24  En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek.  25  Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

005 – Wie is die volk- en waar bly die volk van die Koninkryk van GOD? (02-06-2024)

Eségiël 11: 16  Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle ‘n kort rukkie ‘n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het— 17  daarom sê: So spreek die Here HERE: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee. 18  En hulle sal daarnatoe kom en al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder. 19  En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, 20  sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees. 21  Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop—hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE. 

Eségiël 34: 11  Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg. 12  Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid. 13  En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land. 14  Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op ‘n goeie plek en wei in ‘n geil weiveld op die berge van Israel. 15  Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. 16  Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is. 

Eségiël 34: 28  En hulle sal nie meer ‘n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die land sal hulle nie opeet nie; maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle verskrik. 29  En Ek sal vir hulle plante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk sal word nie en die smaad van die nasies nie meer sal dra nie. 30  Maar hulle sal weet dat Ek, die HERE hulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here HERE. :31  En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE. 

Eségiël 36: 1  En jy, mensekind, profeteer tot die berge van Israel en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die HERE! 2  So sê die Here HERE: Omdat die vyand ha, ha! oor julle roep; en: Die ewige hoogtes het vir ons ‘n besitting geword! — 3  daarom profeteer en sê: So spreek die Here HERE: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies ‘n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is— 4  daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat ‘n buit en ‘n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is— 5  daarom, so sê die Here HERE: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het (1948) —in volle vreugde van die hart, met diepste veragting—sodat die weiveld daarvan ‘n buit sou wees. :6  Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het. 7  Daarom, so sê die Here HERE, hef Ek my hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is—hulle sal hul smaad dra. 8  Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby. 9  Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word. 10  En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word. 11  Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die HERE is. 12  En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle ‘n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie. 13  So spreek die Here HERE: Omdat hulle vir julle sê: ‘n Menseter is jy en een wat sy eie nasie kinderloos maak— 14  daarom sal jy nie meer mense opeet en jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here HERE. 

Eségiël 36: 16  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 17  Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. 18  Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het. 19  En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge. 20  En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek. 21  Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het. 22  Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het. 23  En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken. 24  En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. 25  Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. 26  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. 27  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. 28  En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My ‘n volk en Ek sal vir julle ‘n God wees. 29  En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie. 30  En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie. 31  Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels. 32  Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel. 33  So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word. 34  En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ‘n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. 35  En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon. 36  Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen. 37  So sê die Here HERE: Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape. 38  Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. 

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

006 – Israel word herstel – [Die dor bene] (09-06-2024)

Eségiël 37:1  Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene. 2  En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor. 3  Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit. 4  Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! 5  So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. 6  En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is. 7  Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar ‘n geruis, en kyk—’n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been. 8  Toe kyk ek en—daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ‘n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie. 9  Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word. 10  En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër! 11  Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons! 12  Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel. 

1 Thessalonicense 4: 13  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde. 

Hebreërs 11:39  En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40  omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. 

Eségiël 37:13  En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! 14  En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE. 15  Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 16  En jy, mensekind, neem vir jou ‘n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ‘n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote. 17  Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. 18  En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie? 19  sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. 

Efésiërs 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. (Hoséa 1, Romeine 9) 13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 17  En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was (10 stamme) en aan die wat naby was (2 stamme); 18  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. 

Eségiël 37: 19  sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. 20  So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë; 21  en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. 22  En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie. 23  En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees. 24  En my kneg Dawid (Yahshua) sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. 25  En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid (Yahshua) sal hulle vors wees vir ewig. 26  En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. 27  En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees. 28  En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. 

Eségiël 39:25  Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam. 26  En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie. 27  As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies. 28  En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie. 29  En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE. 

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE