Hoop (27-10-2024)

Banie Swanepoel:

Alle mense het probleme en ons almal soek na hoop. Hoop is ‘n ander situasie wat ons huidige situasie sal verbeter.

  • As ek net die plaas erf, sal my finansiële probleme opgelos wees.
  • As die operasie ‘n sukses is, sal my gesondheidsprobleem op ‘n einde wees.

Daar is egter baie onaangename situasies wat terminaal is:

  • My geliefde is dood.
  • Ek is reeds oud en vergete en wens die dae om.
  • Ek is jonk en staan aan die begin van my lewe, maar daar is geen toekoms nie.
  • Ek is gebreklik en elke dag is ‘n worsteling.
  • Ek het die hoogste sport in die lewe bereik en uitgevind dat dit toe waarlik ‘n gejaag na wind was.

Psalm 39:6-8  Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.  (7)  Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.  (8)  En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

Wat beteken dit as ons sê ons hoop is op Hom? Hoe gaan dit my situasie verander? As ek dan blind is, is my hoop op Hom om te kan sien? As ek arm en ellendig is, is my hoop op Hom om in beter omstandighede te kan wees? As ek my geliefde deur die dood verloor het, is my hoop dat my geliefde uit die dood uit opgewek gaan word?

Die antwoord is “ja”, op al ons moeilike situasies. Hy is die een wat enige situasie kan verander. Terwyl ons egter nog in hierdie tydelike liggaam is, is ons blootgestel aan die omstandighede van hierdie vervloekte wêreld, maar ons word deur ons God gewaarborg dat dit nie vir altyd sal aanhou nie en dat Hy dit met sy wederkoms gaan verander.

Exodus 3:7-8  En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.  (8)  Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Omdat hierdie wêreld waarin ons lewe deur God vervloek was en die heerskappy van Adam verlore gegaan het en deur die Satan opgeneem is, is dit ‘n moeilike lewe vol probleme en hartseer.

Daar is egter verlossing van dit alles deur God wat ons daarvan gaan verlos en dit is ons hoop. Hoewel die mens die kroon van die skepping was, het die mens saam met die skepping verval in ‘n lewe van moeite en verdriet, maar Yahshua se roeping is om ons siele te red van die hel, maar ook ons slegte situasies te verander na sy heerlikheid.

Wanneer ons bely dat ons hoop op Hom is, is dit nie kanseltaal of mooi woorde nie, maar dit is waarlik ons hoop vir die toekoms. Die van ons wat weer gebore is, het hulle met God versoen en sal in sy Koninkryk van heerlikheid ingaan.

Om die hoop deelagtig te kan word, is egter voorwaardelik:

 Johannes 3:3-7  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.  (4)  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?  (5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  (6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  (7)  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

Na ons dood, of na Yahshua se wederkoms, gaan ons as mens na twee verskillende bestemmings. Hulle wat nie nog ‘n keer gebore was nie, sal as gevolg van hulle sonde verlore gaan en die slegte aardse omstandighede sal dan voel of dit hemels was. Die wat wel weer ‘n keer gebore was, sal in die volmaakte Koninkryk van God ingaan.

Ons hoop op God is nie net alleen vir hierdie wêreld nie. Hier sal ons verdrukking hê, maar ons hoop is op Hom vir ‘n hemelse toekoms.

Waar trek ons nou op hierdie pad na hoop en wat gaan nog gebeur?

  1. Ons moet ons huidige omstandighede verdra en weet dat God dit toelaat sodat ons geestelik kan groei. 1 Petrus 1:6-9  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,  (7)  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;  (8)  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,  (9)  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
  2. Oorloë en gerugte van oorloë. Matthéüs 24:6-13  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.  (7)  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.  (8)  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.  (9)  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.  (10)  En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.  (11)  En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.  (12)  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.  (13)  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
  3. Die koms van die Koning: Mat 24:29-31  En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.  (30)  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.  (31)  En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompet geluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
  4. Hy vernietig al die koninkryke wat nou hier op die aarde is: Daniël 2:34-35  U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het.  (35)  Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. Daniël 2:44    (44)  Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—  (45)  net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het.
  5. Hy onderwerp almal aan sy heerskappy en sluit die satan op. Openbaring 20:1-4  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  (2)  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  (3)  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.  (4)  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
  6. Yahshua regeer vir duisend jaar in sy vrede-koninkryk. 1 Korinthiërs 15:25-28  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  (26)  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  (27)  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  (28)  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
  7. Die satan word losgelaat en vir altyd verdelg. Openbaring 20:7-10  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;  (8)  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.  (9)  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.  (10)  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
  8. Ware troos en nie net mooi woorde nie. Openbaring 21:1-8  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.  (2)  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.  (3)  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.  (4)  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.  (5)  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.  (6)  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.  (7)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.  (8)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Wat moet ons dan nou doen?  Efésiërs 6:10-17  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.  (11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  (12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.  (13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.  (14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  (15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.  (16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.  (17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—

Die eerste bestemming: Openbaring 20:13-15  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  (14)  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  (15)  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Die tweede bestemming: Openbaring 21:4-8  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.  (5)  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En H ny het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.  (6)  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.  (7)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.  (8)  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.

Moenie moedeloos word oor jou eie omstandighede nie. Hoop op God, want sy Koninkryk kom. Moenie op die stasie sit en wag vir die trein en dan moedeloos word omdat hy nog nie gekom het nie. Wag geduldig en wees gereed vir wanneer hy kom. Romeine 5:3-5  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,  (4)  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;  (5)  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE