Die Antichris (2024)

Banie Swanepoel:

Die rede waarom ons as soekers baie keer sukkel om die openbaring van God se waarheid te kry, is omdat ons reeds ‘n vooraf besluit in ons hart het betreffende ‘n onderwerp. Die Antichris is so ‘n onderwerp.

Hoewel meeste mense ‘n baie beperkte hoeveelheid kennis van hierdie onderwerp het, is hulle in hul onderbewussyn oortuig dat dit iemand is wat aan die einde van die dae op die aarde gaan regeer en die Christene vervolg. Dit is die dae van die groot verdrukking, volgens oorlewering.

Vir die van ons wat waarlik na die waarheid soek en bereid is om enige prys te betaal, moet ons dan eerstens ontslae raak van die gedagtes wat ons oor ‘n onderwerp het en dan in die Bybel gaan soek na alle skrif wat oor die betrokke onderwerp handel. Dit maak dan ook nie saak of ons huidige oorlewering gedagte reg of verkeerd is nie. Al is dit dalk reg, raak ontslae van dit en indien dit reg was, sal jy in elk geval weer by daardie antwoord uitkom.

As dit ‘n wye onderwerp is soos “genade” of “die verbonde” moet ons die hele Bybel ondersoek, omdat ons al die inligting nodig het voor ons ‘n besluit kan maak wat ons gaan glo. Lees die Bybel van voor tot agter met ‘n spesifieke fokus op die onderwerp wat ondersoek word.

Ons word deur ons geloof in God gered, maar as ons nie in Hom glo nie, maar ons glo iets anders wat ons deur oorlewering gekry het, sal ons nie gered word nie, want ons is ongelowig aan dit wat Hy is. Ons glo aan ‘n alternatief tot die ware Christus; ons glo in die Antichrus.

Filippense 3:7-9  Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  (8)  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry  (9)  en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet (oorlewering, eie afleidings, aanvaarde godsdiens) is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;

Een van ons grootste redes wat veroorsaak dat ons aan ‘n leuen vaskleef, is oorlewering. Ons word groot met ‘n gedagte rondom ‘n geestelike onderwerp en aanvaar dat daardie oorlewering van geslag na geslag die waarheid is. Die oorlewering-geloof aanvaar alle geloof wat aan hulle oorgedra word en bevraagteken niks wat hulle van hul voorgeslag ontvang het nie. Ongelukkig doen elke geslag dit en niemand ondersoek eerder self God se Woord nie.

Die ware Christus sê dat ons in Hom moet glo, maar sulke mense glo in hulle oorlewering en ken God nie. As hulle oorlewering egter verskil met God se Woord, en dit doen, anders sou hulle nie nodig gehad het om oorlewering te hê nie, aanbid hulle die alternatiewe Christus; die Antichris.

(As die kerkbeleid dieselfde as die Woord van God is, waarom is daar dan ‘n aparte kerkbeleid? ‘n Gelowige in die ware Christus se beleid is die Bybel en nie ‘n organisasie se beleid nie.)

Matthéüs 15:6-9  So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.  (7)  Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:  (8)  Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.  (9)  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

Kollosense 2:8  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.

Is hierdie mense baie?

Openbaring 13:3-4  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.  (4)  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Matthéüs 24:4-5  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.  (5)  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Lukas 21:7-8  En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur?  (8)  En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.

Wat is die Antichris?

Die Antichris is enige iemand wat ‘n ander Christus verkondig as die regte EEN. Daar is net Een ware Christus en Hy is openbaar deur die Ou- en die Nuwe Testament, nie uit enige ander bron nie. Ons behoort Hom dus te ken vir wie Hy is as ons die hele Bybel ken. As iemand dus afwyk van die lering van daardie Christus, verkondig hy ‘n alternatiewe Christus, ‘n Antichris. Galásiërs 1:6-10  Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe,  (7)  terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.  (8)  Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!  (9)  Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!  (10)  Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.

Hy maak sy Naam bekend aan Moses en sy Naam is EK IS WAT EK IS. As ons nou iets van Hom sê wat HY NIE IS nie, dan is dit nie Hy nie en is ons besig met ‘n alternatiewe Christus; die Antichris.

2 Johannes 1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. Hulle wat bely dat Yahshua anders is as wat die Skrifte van Hom sê.

1 Johannes 2:18-23  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.  (19)  Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.  (20)  En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.  (21)  Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.  (22)  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.  (23)  Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.

Ons oorlewering oortuig ons egter dat dit een persoon is wat aan die einde van hierdie tyd gaan opstaan, maar die Skrifte sê nie so nie. Die persone wat dus so ‘n evangelie verkondig praat nie van die Antichris nie, maar ís ‘n Antichris.

Daar is dus twee tipe misleide persone wat Christus nie ken vir wie Hy is nie.

  1. Die verleiers wat ‘n ander Christus verkondig
  2. Die verleide mense wat glo in ‘n ander Christus as wie Hy is.

Elke eienskap en woord van Hom moet ons ken en glo, soos wat dit is.

As daar twee predikers is wat met mekaar verskil oor ‘n eienskap van Christus, is ten minste een van hulle verkeerd en dalk is albei verkeerd. Dit beteken dat ten minste een van hulle ‘n verleier is en waarskynlik albei. Hy wat ‘n leuen oor Yahshua verkondig, is ‘n Antichris. Alle predikers soek na die Antichris, maar as hy dinge van Christus verkondig wat nie waar is nie, is hý die Antichris.

  • Predikers is oortuig dat hulle kan sê wat hulle wil oor die karakter van God en dit maak niks saak nie. Hulle is verkeerd. Dit maak van jou ‘n vals profeet.

Deuteronómium 18:19-20  En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.  (20)  Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.

Maar wie is dan reg en wie mag iets sê?

Jesaja 66:1-2  So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?  (2)  Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.

 Ons bewe vir die oorlewering en die woorde van die predikant en ken nie eers God se Woord nie.

Na wie moet ons dan luister, waar is die waarheid, watter kerk is reg en watter kerk moet ek glo?

Psalm 119:158-160  Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.  (159)  Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.  (160)  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Ons glo wel dat God se Woord waarheid is, maar ons ken glad nie sy Woord nie en gaan na mense toe om te hoor wat God se woord sê asof ons nie self kan lees nie. Ons wil iemand glo. Ons wil ‘n kerk glo. Ons wil nie self in God glo nie.

Bykans geen kerk verkondig die waarheid van God se Woord nie, want dan sal die wêreld hulle haat. Kerke wil gewild wees om te kan groei in lidmaatskap en daarom kan hulle nie bekostig om ‘n ongewilde evangelie te verkondig nie.

Johannes 17:14-18  Ek het hulle U woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  (15)  Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.  (16)  Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  (17)  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.  (18)  Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. (Ons is gestuur met die waarheid, nie met oorlewering nie)

2 Timótheüs 4:3-4  want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,  (4)  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

God se Woord is die enigste waarheid en dit verskil radikaal met dit wat die wêreld aanvaar. Enige persoon wat in Christus glo sal deur die wêreld gehaat word, want die wêreld haat die waarheid.

Johannes 15:18-21  As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.  (19)  As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle. 

Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~`

002 – Die Antichris (17-11-2024)

1 Johannes 2:18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. 

1 Johannes 2:22  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (Die Pous is die Christus, my kerk, my predikant my oorlewering my eie geloof, is my Christus, want die Christus is my verlosser.)

1 Johannes 4:3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. 

2 Johannes 1:7  Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. 

Verskille tussen die Christus en die Antichris.

1. Die Christus is die Verlosser van Israel van wie die profete jare lank geprofeteer het, en die Antichris moet dus iemand anders as dit wees.

Matthéüs 1:20-21  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  (21)  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Psalm 130:6-8  My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.  (7)  Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;  (8)  en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Jesaja 43:21-25  Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.  (22)  Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel!    (25)  Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.

  • Die Antichris het sy lewe gegee vir die hele wêreld en nie net vir die nageslag van Jakob nie.

2. Die ware Christus het ‘n verbond met die twaalf stamme van Israel gemaak en daarna het Hy weer ‘n nuwe verbond met dieselfde twaalf stamme se nageslag gemaak.

Hebreërs 8:8-9  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  (9)  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.

  • Die Antichris het ‘n nuwe verbond gemaak met alle mense. Volgens sy verbond kan enige persoon deur hom gered word deur in hom te glo.

3. Die ware Christus kom weer terug aarde toe as die Koning van Israel en kom regeer saam met hulle oor die hele aarde.

Lukas 1:31-33  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.  (32)  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,  (33)  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Daniël 7:13-14  Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom (Yahshua) nader gebring voor Hom (Vader Yahweh).  (14)  En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. 27  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.

  • Die Antichris kom terug aarde toe om met sy kerk te trou. Omdat daar 50 000 kerke is, wonder mens watter een sy regte kerk is en met watter een hy gaan trou. In die Bybel is daar egter geen getuienis van ‘n bruilof tussen die ware Christus en die kerk op aarde nie. In Openbaring 21:9 is die enigste plek waar ons lees van die Lam en sy bruid, en daardie bruid is nie die kerk van die wêreld nie, maar die nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaal. Hierdie bruid verskyn eers na die duisend jaar regering van Yahshua.

4. Die ware Christus het vir sy volk ‘n weg na saligheid gemaak, in geregtigheid, sodat hulle deur wedergeboorte in die ware Christus se koninkryk kan gaan.

Johannes 3:3-7  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.  (4)  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?  (5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  (6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  (7)  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

1 Petrus 1:23  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Deur die Woord van God en nie deur oorlewering of kerkbeleid nie.

  • Sommige Antichriste vereis nie wedergeboorte nie en elkeen kan maar net glo soos en wat hy wil t.o.v. redding en hulle Antichris sal hulle red. Volgelinge van hierdie Antichriste se geloof word bepaal deur hoe hulle die weg na saligheid verstaan en nie hoe die ware Christus dit voorskryf nie.

5. Die ware Christus het vir sy volk gesterf en hulle laat hulle sonde afwas deur sy bloed, deur hulle in sy dood te laat doop.

Handelinge 22:16  En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.

1 Petrus 3:18-21  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;  (19)  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,  (20)  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;  (21)  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus.

  • Die Antichris doop kinders asook grootmense, sodat hulle daardeur lid van die kerk van hulle christus kan word en so deur die kerk gered word. Redding is dus deur die kerk, want die kerk moet jou doop.

6. Die ware Christus is die Middelaar van die nuwe verbond volgens die orde van Melgisédek, met sy nuwe wet.

Hebreërs 7:11-12  As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie?  (12)  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 

2 Korinthiërs 3:7-11  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan,  (8)  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?  (9)  Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid.  (10)  Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid.  (11)  Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.

  • Daar is baie Antichriste wat die Ou- en die Nuwe Verbond in mekaar verweef en hulle eie evangelie maak op grond van hoe hulle dit verstaan. In die een hand wil hulle nog die wet van Moses onderhou, maar in die ander hand verkondig hulle genade in Yahshua.

7. Die ware Christus haat vir Esau en sy nageslag en het nooit ‘n hartsverandering gehad nie.

Maleági 1:1-4  Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági.  (2)  Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,  (3)  maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.  (4)  As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!

Romeine 9:10-15  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.  (11)  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep  (12)  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.  (13)  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.  (14)  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  (15)  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

  • Die Antichris diskrimineer nie teen enige persoon nie en het almal ewe lief en is barmhartig oor alle mense en niemand is uitgesluit van sy genade en redding nie, selfs nie Esau nie. Vir die Antichris is diskriminasie op grond van afkoms en nageslag die grootste sonde wat iemand kan doen, maar die ware Christus se verlossing is net vir Jakob en sy nageslag.

8. Die ware Christus haat homoseksualiteit. 

Romeine 1:26-27  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;  (27)  en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

  • Die Antichris noem dit “ware liefde” en het geen probleem as sulke mense selfs in sý bediening staan nie.

9. Die ware Christus het die hemel en aarde in ses dae geskep.

Exodus 20:11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig.

Johannes 1:3-10  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  (4)  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  (5)  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  (6)  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  (7)  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  (8)  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  (9)  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  (10)  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

  • Die Alternatiewe Christus het wat ons vandag sien,met die hulp van evolusie deur miljoene jare tot stand gebring omdat hy nie in staat was om dit in ses dae te doen nie.

10. Die ware Christus is God self en daar is nie drie gode nie.

Exodus 3:14  En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Jesaja 44:6  So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

Jesaja 9:5-6  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—  (6)  tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

  • Die Antichriste glo in verskillende weergawes van die verhouding tussen die Skepper God en die Seun wat gesterf het terwille van die sonde van die mense. Sommige glo dat die God van die Ou Testament en die God van die Nuwe Testament nie dieselfde God is nie, maar dat die wraaksugtige God van die Ou Testament vervang is met die liefdevolle God van die Nuwe Testament.

11. Die enigste manier om die ware Christus te behaag is deur geloof en dit is soos die geloof van Abraham.

Hebreërs 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.

  • Daar is net vier skrifte in die Bybel wat handel oor die Antichris en dit is baie ooglopend dat dit nie ‘n spesifieke persoon is wat iewers in die toekoms op die toneel gaan verskyn nie, maar dat elke persoon wat nie in die ware Christus glo nie, in die Antichris glo, en dat elke prediker wat nie die ware Christus verkondig nie, die Antichris verkondig en voor God veroordeeld staan.

Die einddoel van ons geloof is nie terwille van ‘n kerk of voorouers of huweliksmaats of kinders of selfs vir myself nie, maar die einddoel van ons geloof is die saligheid van ons siele. Ons is almal verlore en net die waarheid sal ons vrymaak, nie oorlewering, kerkbeleid, aannames of leuens nie. Ons is nie in ‘n kompetisie met mekaar oor wat ons glo nie, en om dus ‘n menslike instelling soos jou kerk te beskerm ten koste van jou eie siel, is dwaasheid.

Aan die einde van ons lewe gaan ons nie saam met ons kerk voor God verskyn nie, maar alleen. Ons word deur ons geloof in Christus gered en as ons in ‘n verkeerde Christus glo, sal ons nie gered word nie. As ons oorlewering glo, is ons vertroue in oorlewering en ons vertrou oorlewering om ons te red, maar dit kan nie, net God kan red.

Johannes 5:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE