Donald vat ons Amerika toe. (16-02-2025)

Banie Swanepoel:

Donald hoor ons hulpgeroep en verklaar dat ons na sy land toe kan kom en toe gebeur daar baie dinge wat ons herinner aan Donald vat ons Amerika toe. (16-02-2025)

Donald hoor ons hulpgeroep en verklaar dat ons na sy land toe kan kom en toe gebeur daar baie dinge wat ons herinner aan God se verklaring dat Hy ons siele sal red en ons na sy Koninkryk toe sal vat.

  1. Wie kan almal gaan en wat is die voorwaardes?
    Boere Afrikaner. Daar is geen voorskrif vir ouderdom of geleerdheid nie. Uit genade sonder werke.
    • Yahshua was reeds self hier met sy eerste koms en het vir ons gesê dat Hy sy eie lewe vir ons kom opoffer sodat ons na sy Koninkryk toe kan gaan uit hierdie wêreld uit. Wie mag gaan en wie het Hy kom red?
    Jesaja 41:13-14 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. (14) Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.
  2. Wat is die voorwaardes?
    Die inligting kom van uit alle oorde en verskil baie met mekaar. Almal is onseker of dit regtig gaan gebeur en of dit vertrou kan word. Mense hou hulle opsies oop, maar gaan intussen aan met hulle lewe.
    • Hoewel voorskrifte van Donald nie bekend is nie het Yahshua reeds sy voorwaardes bekend gemaak.
    Johannes 3:3-6 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
  3. Hoe lyk die land waar hy ons wil heenvat?
    Sovêr die Boere weet, is dit ‘n goeie land, maar hulle was nie self daar nie en inligting is min. Sal hulle almal op een plek ‘n gemeenskap vorm of sal hulle oor die land verdeel word? Is dit ‘n beter opsie of moet hulle liewer hier bly?
    Omdat inligting oor die Koninkryk baie skaars is, het niemand ‘n visie nie, maar wag maar om te sien. Ons weet dit sal hemel op aarde wees, maar het geen begrip van wat vir ons wag nie.
    • 1 Konings 2:9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
    Jesaja 65:19-25 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. (20) Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word. (21) En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: (22) hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet. (23) Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle. (24) En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. (25) Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
  4. Kan ek my huis hier behou en die geld saamvat?
    Nee, dit sal nie toegelaat word deur Suid Afrika nie. So, die Boer sal al sy goed moet verkoop en die geld aan die armes gee. Hulle word vlugtelinge en kan niks saamvat nie. Enige persoon wat nie bereid is om dit te doen nie, sal kan gaan nie.
    • Lukas 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
    Markus 10:21-24 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. (22) Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. (23) Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan! (24) En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!
    Matthéüs 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
  5. Die Boere Afrikaners het jaloerse vyande wat opstaan teen die gedagte dat hulle na ‘n ander land kan gaan.
    Die regering in Suid Afrika bied weerstand en verskerp hulle verdrukking van die Boere.

    • 2 Titus 3:12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
    1 Petrus 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.
  6. Om vervolging te voorkom, lewe die Boere asof hulle nie in die verlossing belangstel nie.
    Werkkollegas en politieke leiers wat nie genooi is nie, asook Boere wat nie saamstem nie, word vyandig en om dit te voorkom kies die Boere dan teen die aanbod van Donald.
    Matthéüs 10:32-39 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. (33) Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. (34) Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. (35) Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. (36) En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. (37) Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. (38) En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. (39) Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
    Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
  7. Die media in Suid Afrika behoort aan die vyande en verkondig propaganda teen dit.
    Vals inligting betreffende die hele projek word orals versprei om mense negatief te maak en te mislei. Die Boere is ongelukkig goedgelowig en glo maklik enige iemand wat geloofwaardig lyk en klink.
    • Lukas 21:8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
    1 Johannes 2:26-27 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei. (27) En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly. 1Jo 2:20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.
  8. Sommige Boere Afrikaners het te veel besittings hier en wil dit nie verruil vir die geleentheid nie, ten spyte van die dreigende gevaar.
    Baie Boere is ryk en hoop maar dit sal so bly en kies daarom om nie alles te verlaat en na die onbekende toe te gaan nie.
    • 1 Johannes 2:15-17 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. (16) Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. (17) En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.
  9. Sommige Boere Afrikaners voel dis onregverdig dat die res nie mag gaan nie en besluit dan daarom om nie sy aanbod te aanvaar nie.
    Diskriminasie teen almal buiten die Afrikane Boere is onregverdig en omdat hulle nie daarmee verbind wil word nie, sal hulle liewers bly en maar die diskriminasie teen hulle verdra.
    Omdat die God van Israel diskrimineer en net een volk uitverkies en verlos, kies mense om ‘n ander God te dien wat almal verlos.
    • Romeine 9:13-21 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. (14) Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! (15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. (16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. (17) Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. (19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? (20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
  10. Tussen die Boere-Afrikaners ontstaan organisasies wat inligting versamel en mense dan help, maar hierdie organisasies word deur die vyande geïnfiltreer sodat hulle verkeerde inligting kan versprei.
    • 2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; (2) en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; (3) en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
  11. Die enigste manier om te weet wat regtig aangaan, is om Donald se eie verklaring te lees.

• 2 Timóthéüs 3:14-17 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, (15) en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. (16) Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, (17) sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Psalm 25:4-5 HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie. (5) He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
Hebreërs 3:10-11 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, (11) sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

  1. Wanneer Donald sy plan bekend maak moet dit presies gevolg word om saam te kan gaan.
    Hy stel die voorwaardes en maak die operasionele beplanning bekend en die wat gered wil word, het nie ‘n aandeel daarin anders as om gereed te wees nie.
    Matthéüs 24:42-46 Waak dan, omdat julle nie weet watter uur julle Here kom nie. (43) Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie. (44) Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. (45) Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? (46) Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE