Banie Swanepoel:
Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Die Skrifgedeelte waarop die evangelie van die wêreld gebaseer is:
- God het die ganse wêreld lief gehad en daarom het Hy sy seun gestuur sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê.
- Hoewel God voorheen net sommige mense lief gehad het, het Hy deur die kruis nou alle mense liefgekry.
- Hoewel God voorheen ‘n volk uitgekies het en met hulle alleen ‘n Verbond gemaak het, het Hy sy Verbond met hulle verbreek omdat hulle nie by sy Verbond gehou het nie en het Hy ‘n nuwe Verbond gemaak met die gelowiges uit alle nasies.
Is dit werklik wat Johannes 3:16 sê, of is ons net geleer dat dit is wat daar staan en het nooit self gaan lees nie? Hoewel hierdie Skrifgedeelte in Afrikaans is en geen verskuilde betekenis het nie, kon ons nog nooit self sien wat daar staan nie.
Wat was eerste, die liefde of die offer?
As ons kyk na die kronologie van Johannes 3:16 het hy eers lief gehad en toe die prys betaal omdat Hy lief gehad het en nie eers die prys betaal en toe lief geword nie. Omdat God so lief was vir die wêreld, het Hy sy Seun gegee as losprys vir hulle wat in Hom glo. Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy… die liefde was dus eerste en het toe die optrede veroorsaak.
Johannes 3:16 So lief het God vir die wêreld geword nadat hy vir hulle gesterf het dat Hy reeds vooraf, voor Hy vir hulle lief was, vir hulle gesterf het sodat elkeen wat Hy voorheen nie liefgehad het nie lief kon word en as hulle in Hom glo sal hulle die ewige lewe hê
OF
Johannes 3:16 Omdat God sy eie mense in die hele wêreld is het Hy die hele wêreld liefgehad en daarom het Hy sy Seun gestuur om namens sy eie mense wat in die wêreld is te sterf sodat elkeen van hulle wat dan in Hom sou glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Nou is die vraag: Hoe was sy liefde gewees wat veroorsaak het dat Hy sy Seun gestuur het? Omdat sy liefde voor die kruis sy bereidheid vir die offer bepaal het, moet ons ondersoek wat daardie liefde was om te kan weet vir wie die liefde was. Sy liefde in sy hart voor die kruis het die kruis veroorsaak en as ons dan lees; So lief het God die wêreld gehad dat Hy… dan kan ons gaan kyk hoe hierdie liefde was.
God se liefdesverklarings voor die kruis:
Deuteronómium 10:14-15 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. (15) Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
- God maak sy hart oop teenoor ons en verklaar sy liefde tydens Israel se uittog uit Egipte. Hy sê sonder dubbelsinnigheid duidelik dat Hy net die Israeliete en hulle voorgeslag liefhet uit al die volke wat op die aarde is.
- Selfs ons as mens verstaan nie die liefde nie en weet nie wat liefde is en hoe liefde werk nie, maar weet wel dat wanneer jy iemand liefhet, kan dit jou lewe vervul of jou hart breek en jy het self nie beheer daaroor nie. Ons kan nie die liefde aanskakel of afskakel nie, al wil ons. God se liefde is soos ons liefde, want ons liefde kom van Hom af. Net soos ons hart kan pyn van onbeantwoorde liefde, pyn sy hart ook.
- Indien ons iemand liefhet, sal ons ons lewe vir daardie persoon gee, maar ons kan nie verklaar hoekom nie. Indien ons iemand egter nie liefhet nie, sal ons nie ons lewe vir hom gee nie en dit kan ons ook nie verklaar nie. As ons iemand sou haat, wil ons hom om die lewe bring en dit kan ons ook nie verklaar nie.
- Ons kyk werklik in ‘n spieël na ‘n raaisel as dit by die liefde kom, maar ons het geen respek en selfs vrees vir God se eie liefde in sy hart nie. Net die feit dat Hy sy liefde aan ons verklaar, moet dit ons alreeds met verbasing en bewondering vervul, maar intussen is ons besig om sy liefde namens Hom te bepaal en te beoordeel.
- Dink maar net hoe ons as mens reageer as daar vir ons voorgeskryf word wie ons mag liefhê en met wie ons mag trou. God sê in Johannes 3:16 dat hierdie liefde van Hom so groot was, dat Hy sy lewe daarvoor gegee het.
Deuteronómium 7:6-8 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees. (7) Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. (8) Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Wanneer dit by iemand se liefde teenoor iemand anders kom, kan geen ander persoon die reëls maak nie. Wanneer God dus sê dat Hy net die Israeliete uit al die nasies op die aarde liefhet, watter mens mag daaroor kommentaar lewer en selfs vir Hom voorskryf? Dit is iets waarvoor ons net geweldige respek moet hê.
Indien ‘n dogter by haar welgestelde pa kom en verklaar dat sy haar hart verloor het op ‘n man van die onderdorp wat met raserige motorfietse jaag, het hy seker gesag en reg om haar teë te gaan en anders te probeer oortuig, maar wanneer die Skepper van hemel en aarde sy liefde verklaar vir ‘n volk, wie is ons om dit te beoordeel?
Die liberale wêreld (wat in die mag van die Bose lê) se doel is om God se liefde vir sy volk te verander in sy liefde vir alle volke. Dit word gedoen deur byvoorbeeld Johannes 3:16, maar na noukeurige ondersoek sien ons dat sy voorafbestaande liefde veroorsaak het dat Hy sy geliefdes van ‘n gewisse dood wil red en daarom het Hy sy Seun gestuur om in hulle plek te sterf.
Ons is deur die eeue gebreinspoel om hierdie leuen te glo omdat dit deur die Satan beplan is om te laster teen die almag van God. Dink mooi wat ons doen, ons belet Hom om lief te hê wie Hy wil en skryf dan vir Hom voor wat aanvaarbaar is vir ons en wie Hy behoort lief te hê. Ons speel letterlik met vuur.
Omdat ons van dag een af geleer word deur elke middel van opvoeding en propaganda, is dit vir ons bykans onmoontlik om die teendeel in te sien en vra dit ‘n bewuste besluit om ons denke te ondersoek en te kyk of dit wat ons glo, waar is. Indien die teenoorgestelde waar is as wat ons nog altyd van Johannes 3:16 glo, beteken dit dat God net sekere mense liefhet en dan die res nie liefhet nie. Is dit moontlik dat God sekere mense selfs kan haat, ten spyte van wat ons nog altyd verstaan 3:16 sê?
Maleági 1:2-4 Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, (3) maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee. (4) As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
Die gevolgtrekking: toe sy Seun gekom het om vir die wie Hy liefhet se sonde te sterf, het Hy dus net gesterf vir die wat Hy liefgehad het; dit is tog immers waarvoor Hy gesterf het. Logies en kronologies maak dit tog sin, maar die vals profete insinueer dat sy liefde reeds vir die ander volke ook bestaan het en daarom praat Hy van die wêreld wat Hy liefgehad het.
Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Opinie: Die wêreld kan egter ook ‘n plek wees en nie noodwendig ‘n aanduiding van die mense in die wêreld nie, maar as ons verder in Johannes lees dan verklaar Johannes self vir ons dat die wêreld waarvan hy gepraat het in 3:16 nie dui op mense nie, maar op ‘n plek. Hy het dus die plek, die wêreld, liefgehad en nie die mense van die wêreld nie.
Johannes 13:1 En voor die fees van die Pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
Toe die Israeliete by die berg Sinai was, was hulle in die wêreld, maar daar was nog baie ander mense in die wêreld, maar sommige was sy mense en ander was nie sy mense nie. Hy het die wêreld (die plek) lief, omdat sy eie mense in die plek is. Ek het Suid Afrika lief, want my eie mense is in Suid Afrika, maar almal wat in Suid Afrika is, is nie noodwendig my eie mense nie. Suid Afrika wat ek liefhet dui dus op ‘n plek en nie op al die inwoners van Suid Afrika nie.
Het Hy dan werklik nie vir al die mense van die wêreld gesterf nie? Is dit nie haatspraak nie en is dit nie onregverdig nie?
Psalm 85:2-4 U het, o HERE, ‘n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander. (3) U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela. (4) U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.
Matthéüs 1:19-21 En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. (20) Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; (21) en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
As hy dan net vir een volk lief is, wat van al die ander volke?
Jesaja 45:9 Wee hom wat met sy Formeerder twis—’n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
Romeine 9:17-21 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. (19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? (20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Omdat God net sy eie mense in die wêreld liefhet, volgens Homself, en net vir hulle die offer gebring het, kan net hulle gered word deur in Hom te glo. … sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
God se Nuwe Verbond stel sy eie mense in staat om weer gebore te word en daardeur die koninkryk van God te kan ingaan, maar sy verbond was net met sy eie mense en die Nuwe Verbond is nou ook net met sy eie mense.
Sy eie mense was voor die grondlegging van die aarde af bepaal en is vergestalt in die nageslag van Abraham, Isak en Jakob, die uitverkore Israeliete.
Hebreërs 8:8-10 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, (9) nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. (10) Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Die hartseer van die eeue is dat die Satan dit reg gekry het dat die verkondigers van die boodskap van verlossing reeds van vroeg af mislei was met ‘n vals evangelie wat sekere verse buite konteks aangehaal het en dan die evangelie aan die hele wêreld gaan verkondig het en nie aan sy eie mense in die hele wêreld nie. Die gevolg is dat baie geroep word, maar min is uitverkies.
Matthéüs 22:12-14 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. (13) Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. (14) Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Psalm 147:19-20 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. (20) So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!
z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z`~ z
002 – Johannes 3 v 16 (16-03-2025)
(Hoe lief het God dan sy eie mense in die wêreld gehad?)
Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Ken ons die God van die Bybel, of ken ons die wêreld se weergawe van Hom?
Exodus 33:12-13 Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind. (13) As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
Psalm 95:8-11 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; (9) waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. (10) Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; (11) sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie! Hebreërs 3: 7 – 11
1 Johannes 2:18-19 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. (19) Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.
Johannes 16:1-3 Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie. (2) Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys. (3) En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie.
(Vooraf) God se liefde is anders as wat deur die wêreld vir ons geleer word. Wat sê die evangelie van die wêreld en wat sê God self?
- God se liefde het nie verander by die kruis nie, want dit kan nie. God word nie lief vir iemand nie, maar is lief vir iemand of is nie lief vir iemand nie, van die begin af.
Jesaja 41:4 Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.
Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Johannes 6:65-68 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. (66) Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. (67) Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? (68) En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.
- God het nie almal lief nie, maar haat selfs sommiges. (Wie is ons om anders te sê?)
Maleági 1:1-4 Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági. (2) Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, (3) maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee. (4) As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
- Wedergeboorte is net vir die wat Hy liefhet, want Hy gee sy Gees net aan hulle.
Jesaja 44:1-5 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! (2) So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! (3) Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. (4) En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope. (5) Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
Hoe lief het God dan sy eie mense in die wêreld gehad?
Deuteronómium 10:15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Deuteronómium 33:2-3 En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle. (3) Ja, Hy het die stamme lief. Al sy heiliges—hulle is in u hand; en hulle was gelaer by u voet; elkeen ontvang iets van u uitsprake.
Hoséa 11:1-11 Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. (2) Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan. (3) En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie. (4) Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee. (5) Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur—dié sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer. (6) En die swaard sal geswaai word in sy stede en sy grendels vernietig en verteer weens hulle planne. (7) Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie. (8) Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek. (9) Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.
Jesaja 44:21-24 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie. (22) Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos. (23) Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel. (24) So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei—wie was met My? —
Psalm 47:1-9 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm. (2) Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ‘n stem van gejubel! (3) Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde. (4) Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete. (5) Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela. (6) God vaar op met gejuig, die HERE met basuin geklank. (7) Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing! (8) Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing. (9) God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.
Hoewel Hy Koning oor die hele aarde sal wees, het Hy nog steeds net een volk lief.
Jesaja 43:1-28 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! (2) As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. (3) Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. (4) Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. (5) Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. (6) Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, (7) elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. (8) Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. (9) Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid! (10) Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is—voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. (11) Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie. (12) Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God. (13) Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer? (14) So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het. (15) Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning. (16) So sê die HERE wat in die see ‘n weg en in die sterk waters ‘n pad gemaak het, (17) wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos ‘n lamppit uitgedoof. (18) Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. (19) Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. (20) Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink. (21) Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. (25) Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie. (26) Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word. (27) Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree. (28) So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge.
Jeremia 33:14-16 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda. (15) In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid ‘n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land. (16) In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
Matthéüs 2:5-6 En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: (6) En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.
Matthéüs 15:22-24 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. (23) Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. (24) Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.
Handelinge 5:29-32 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense. (30) Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. (31) Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. (32) En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Handelinge 28:20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.
Paulus was ‘n gevangene en het ook sy hele lewe opgeoffer terwille van die hoop van Israel, wat is ons hoop en waarvoor gee ons ons lewe, vir die kerk, vir ‘n beter wêreld, vir die verlossing van alle nasies?
Jeremia 33:24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.
Jeremia 31:31-37 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; (32) nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. (33) Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. (34) En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. (35) So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: (36) As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. (37) So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE