‘n Verbondsgod (2025)

Banie Swanepoel:

Die Almagtige maak ‘n verbond met Noag en met al die mense wat uit hulle voort sou kom en volgens hierdie verbond sal Hy nooit weer die aarde met water vernietig nie. 

  1. Hierdie verbond (Sondvloed-Verbond) kom van God en is sy inisiatief en is nie van menslike insette afhanklik om dit geldig te hou nie.
  2. Hierdie verbond is ‘n ewige verbond en het nie ‘n vervaldatum nie.
  3. Omdat God met ons hierdie verbond gemaak het, glo ons dat dit nie weer sal gebeur nie, omdat ons Hom vertrou en glo dat Hy nie ‘n leuenaar is nie.
  4. Die teken van die verbond is die reënboog.

Die Almagtige maak weer ‘n verbond, maar hierdie keer nie met alle mense van die aarde nie, maar met Abraham. Abraham leef na Noag rondom die tyd van die toring van Babel. Hy maak nie net met Abraham ‘n verbond nie, maar Hy bevestig dit met ‘n eed.

  1. Hierdie verbond is apart van die eerste verbond wat God met Noag gemaak het en het geen verbintenis met dit nie.
  2. Volgens hierdie verbond wat God met Abraham maak, kies God hom uit om vir hom ‘n God te wees en hy en sy nageslag sal vir God ‘n volk wees.
  3. Net soos die verbond met Noag, is dit ‘n ewige verbond en het nie ‘n vervaldatum nie.
  4. Net soos die verbond met Noag, is die verbond God se inisiatief en niemand hoef iets te doen om hierdie verbond geldig te maak, of in stand te hou nie.
  5. Saam met die verhouding wat voortspruit uit die verbond, maak God ook beloftes aan Abraham, bv. hy sal ‘n groot nageslag hê en hy en sy nageslag sal die land Kanaän beërwe as hulle land, tot in ewigheid.
  6. Die teken tussen hulle vir die verbond is die besnydenis van manlike babas.

Génesis 17:7-8  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.  (8)  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

Van die dag af dat God hierdie verbond met Abraham gemaak het, was Hy Abraham se God. Later het hy ‘n seun (Isak) gehad en toe was Vader ook Isak se God. Isak het ‘n seun gehad, Jakob, en YHWH was toe die God van Jakob. Jakob het twaalf seuns gehad en YHWH was toe die God van die twaalf seuns, en toe díe se seuns en so in hulle geslagte totdat die ewige verbond eindig.

Al hierdie kinders is die nageslag van Jakob, wie se naam verander was na Israel, en so staan al die nakomelinge van Israel bekend as “Israeliete”.

Hierdie Israeliete is uniek deurdat hulle uit al die geslagte op die aarde met die Almagtige ‘n verbond het. Hierdie is nie sommer net ‘n verbond nie, maar met hierdie verbond verbind God Homself vir ewig in ‘n verhouding met hierdie geslag. Die ontnugterende deel is dat Hy nog nooit weer met enige ander persoon so ‘n verbond gemaak het nie.

Wanneer die nageslag van Jakob hulle in Egipte as slawe bevind, roep hulle om hulp. Dit is nou reeds vier honderd jaar later en  hulle roep na die God van hulle voorvaders, Abraham, Isak en Jakob, en Hy hoor hulle geroep omdat Hy met hulle ‘n verbond het. Geen ander nasie kan na húlle God om hulp roep nie, want Hy het met geen ander nasie ‘n verbond gemaak waarin Hy verklaar dat Hy hulle God is nie.

Die Egiptenare kon, as voorbeeld, Hom nie aanroep vir hulp tydens die tien plae nie, want die plae het juis van Hom af gekom, teen hulle, vir die Israeliete. Hy was nie die Egiptenare se God nie, maar Hy was hulle Vyand. Dit lyk onregverdig, maar dit is die verbond wat God gemaak het. Die Israeliete was nie beter mense as die Egiptenare nie, en die Egiptenare het ook nie oordadig sonde gedoen nie, maar God het ‘n verbond met die Israeliete gehad en toe hulle Hom aanroep, het Hy hulle uitgered.

Romeine 9:14-21  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  (15)  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.  (16)  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.  (17)  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  (18)  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  (19)  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  (20)  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  (21)  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Jesaja 43:3-4  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  (4)  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

Toe hulle uit Egipte verlos word deur hulle God, kom hulle by die berg Sinai en daar bevestig God sy verbond aan hierdie massiewe volk wat ontstaan het uit die lendene van een man. By die berg Sinai gee hy ook aan hulle ‘n wet waarvolgens hulle moet lewe, sodat hulle bewaar kan word van die bose sondige werke wat vir die Israeliete natuurlik kom. ‘n Baie belangrike gebeurtenis is, is dat Hy ook die rede gee vir hierdie oënskynlike onregverdige optrede deur een volk te verlos, ten koste van ‘n ander.

Deuteronómium 7:6-8  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees.  (7)  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  (8)  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

God se verbond met Israel maak sy optrede altyd eensydig ten gunste van Israel. Hy het hulle lief en sal ander nasies vernietig ter wille van die Israeliete, omdat Hy nie die ander nasies liefhet nie.

Deuteronómium 7:1-2  As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;  (2)  en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.

Wanneer die Israeliete ongehoorsaam aan God is, en ander gode dien ,sal Hy hulle tug, maar sy verbond met hulle sal Hy nooit verbreek nie, want dit is ‘n ewige verbond wat nie van hulle optrede afhang nie.

Jeremia 31:35-37  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:  (36)  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd.  (37)  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.

Dawid was van hierdie eensydige liefdesverbond bewus en het die beginsels van God se ooreenkoms geken toe hy die reus, Goliat, tegemoet geloop het op die oorlogsveld. Dawid was totaal bewus daarvan dat God hom sal help ten koste van die reus, omdat die reus ‘n onbesnede Fillistyn is. Sy onbesnede toestand was ‘n aanduiding daarvan dat hy geen verbond met die Almagtige het nie en Dawid het in ‘n verbond met God gestaan.

1 Sameul 17:10  Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes van Israel vandag uit! Gee my ‘n man, dat ons saam kan veg. 1Sa 17:32-33  En Dawid het aan Saul gesê: Laat die manne se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.  (33)  Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af. 1Sa 17:40-49  Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader gekom na die Filistyn.  (41)  Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na Dawid, en die skilddraer voor hom uit.  (42)  Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ‘n seun was—rooierig, met ‘n mooi voorkoms.  (43)  En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.  (44)  Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere van die veld kan gee.  (45)  Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.  (46)  Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel ‘n God het.  (47)  Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.  (48)  Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn te ontmoet;  (49)  en Dawid steek sy hand in die tas en neem ‘n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.

‘n Verbondsgod, deel 2 (11-05-2025)

As ons kan glo dat God met ons ‘n verbond het, sal ons kan reken op daardie verbond, maar as die verbond vir ons aangebied word op so ‘n manier dat ons niks daarvan verstaan nie, sal ons geen waarde in die verbond hê nie en nie daarin kan glo nie.

Indien mens vir die gemiddelde Christen vra wat is die verbond van God met ons, sal hulle sukkel om te antwoord, want dit het iets te doen met Abraham en die besnydenis, die nuwe verbond met die kerk en die doop, maar die met mý persoonlik te doen het, is ‘n raaisel.

Die verbond wat God met ons het is nie ‘n verborgenheid nie, maar dat Hy ons God is, en omdat Hy ons God is maak Hy in sy almag beloftes aan ons, ter wille van ons. Hy sal ons uitred as ons in gevaar is, want Hy is ons God. Hy sal in al ons behoeftes voorsien, na die rykdom van sy genade, want Hy is ons God. Hy sal ons bring na die land wat Hy aan ons beloof het, want Hy is ons God. Hy sal ons siele verlos uit die mag van die dood, deur in ons plek te sterf, want Hy is ons God.

Hy maak ‘n verbond met ons waarin Hy al hierdie dinge met ons ooreenkom, maar omdat ons nie sy hart ken nie, en omdat  ons nie die verbond ken nie, en omdat ons nie weet wie Hy is nie en omdat ons nie weet wie ons is nie, gaan hierdie kosbare verbond by ons verby, omdat ons reken dit het iets met die kerk te doen, maar ons weet ook nie wat nie.

Die evangelie wat deur die kerke aangebied word is baie geheimsinnig en niemand is regtig seker hoe, wat werk met betrekking tot die verbond nie en daarom is daar geen krag in die verbond nie. ‘n Kontrak in ‘n maatskappy, of tussen twee lande, is die beginsels van hulle verhoudings en daar moet sekerheid wees wat die kontrak sê, sodat daar daarvolgens gehandel kan word. Ons het ‘n soortgelyke kontrak met die Almagtige, maar ons is totaal onkundig wat die kontrak is.

Indien ons kan besef dat God met elkeen van ons as individu ‘n verbond het, dat Hy ons God is en ons sy volk, dan sal ons geloof in Hom kan hê en op Hom kan vertrou. Wanneer ek op Hom vertrou vir uitkoms uit ‘n situasie, het ek geloof in my verbond met Hom, maar as die omstandighede vir my groter as die verbond in Hom is, sal ek Hom nie kan glo nie. As ek egter die verbond met Hom ken en in daardie verbond vertrou, ten spyte van die sienlike omstandighede, sal Hy my uitred omdat Hy met my ‘n verbond het en ek op die verbond met Hom vertrou.

As die Nuwe Verbond met die kerk gemaak is, wat van my? Waarop moet ek vertrou? As ek nie in die kerk is nie, beteken dit dat ek nie met God ‘n verbond het nie? Wat is die verbond met die kerk?

In die geskiedenis van Israel was daar baie triomf vir hulle gewees teen hulle vyande, omdat God hulle God was en die geveg vir hulle geveg het, maar daar was ook tye wat Hy hulle in die hand van hulle vyande oorgegee het, omdat hulle van Hom af weggedwaal het. Sy liefde en sy verbond het egter nooit teenoor hulle verander nie. Hoewel Hy toegelaat het dat ander nasies sy nasie verdruk, het Hy dan telkens daardie nasies gestraf, nadat Hy die Israeliete uit hulle hand verlos het.

Jeremia 46:27-28  Maar jy, my kneg Jakob, wees nie bevrees nie; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou kroos uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom verskrik.  (28)  Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.

Hoewel God met hierdie uitverkore geslag ‘n verbond het om hulle God te wees en hulle sy volk, is die verbond nie goed genoeg om hulle siele te red van die ewige dood nie en daarom maak Hy met hulle ‘n nuwe verbond.

Jeremia 31:31-34  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;  (32)  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.  (33)  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  (34)  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Dit is uiters belangrik om te sien dat die Nuwe Verbond met dieselfde mense gemaak is. Die oorspronklike ewige verbond, was met Abraham, Isak en Jakob gemaak, en hulle kinders wat die huis van Israel en die huis van Juda geword het. In die verbond het God gesê dat Hy vir hulle ‘n God sal wees en hulle sal vir Hom ‘n volk wees, en dit was so. Nou, met die Nuwe Verbond bly dit nog net so van krag, maar die Nuwe Verbond is nou ook in staat om hulle siele te red.

Die Ou Verbond wat Hy met Israel gemaak het, het hulle tydelik onder bewaring gehou totdat die verbond gekom het wat in staat is om hulle siele te red.

Galásiërs 3:23-25  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word.  (24)  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof.  (25)  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.

Die loon van die sonde is die dood. Die uiteinde van die sonde is die hel, maar met die Nuwe Verbond het Hy die sonde van sy volk op Hom geneem, deurdat Hy in hulle plek gesterf het.

Lukas 1:67-68  En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:  (68)  Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,

Lukas 1:76-77  En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;  (77)  om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,

Hebreërs 2:17  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.

Beteken dit dan dat Hy sy lewe gegee het vir net die Jode? Nee, die wat hulle self vandag Jode noem, is nié die Israeliete wat met God ‘n verbond het nie.

Openbaring 2:9  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.

Openbaring 3:9  Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

Na sy opstanding uit die dood, verskyn Yahshua aan sy dissipels en gee hulle ‘n sending-opdrag. Niks in die Bybel is toevallig opgeskryf nie en baie van ons het al gewonder waarom Paulus, wat die evangelie aan die heidene verkondig het, se sendingsreise so in detail opgeskryf was. Waarom is dit belangrik dat ons moet weet waar hy sendingwerk gedoen het?

Omdat die Israeliete uit hulle land weggevoer was, en nog nie weer terug gegaan het nie, moes Paulus, en die ander Apostels, na hulle toe gaan om vir hulle die evangelie van verlossing deur, God se nuwe verbond met hulle, te bring. Hy gaan na die bereikbare lande toe waar die Israeliete was: Griekeland, Italië, Switserland, Spanje.

Ons voorvaders kom ook van daardie lande af en dit maak ons deel van daardie uitverkore volk waarmee Vader ‘n verbond het. Net soos wat God die Israeliete van die eerste verbond ‘n opdrag gegee het om sy verbond te hou, net so kry ons ook nou ‘n opdrag.

‘n Verbondsgod, deel 3 (18-05-2025)

Onderskeiding is nie net om reg van verkeerd te kan onderskei nie, maar ook om reg, van amper reg, te kan onderskei.

Paulus verkondig dus die evangelie aan die heidene, maar hy gaan na die lande wat ons vandag ken as Europa. Die tien stamme wat in verstrooiing gegaan het, het gedeeltelik in Europa beland en hy het geweet wie hulle is.

Jakobus 1:1 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
1 Petrus 1:1 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,

Ons voorvaders kom ook van daardie lande af en dit maak ons deel van daardie uitverkore volk waarmee Vader ‘n verbond het. Net soos wat God die Israeliete van die eerste verbond ‘n opdrag gegee het om sy verbond te hou, net so kry ons ook nou ‘n opdrag om sy verbond te hou. Hierdie evangelie is onbekend vir die hele wêreld se mense en indien hulle dit iewers sou hoor, verwerp hulle dit sonder om dit eers te ondersoek, want dit is ‘n skande.

Die hele wêreld lê in die hand van die Bose en hele wêreld haat die ware evangelie, naamlik dat God ‘n uitverkore geslag het vir wie Hy lief is en dat Hy sy lewe gegee het om daardie uitverkore geslag van die ewige dood te red.

Hierdie wêreld het vir hulself ‘n menige predikers versamel om vir hulle ‘n evangelie te verkondig wat hulle in die gehoor streel, om hierdie wêreld wat in die hand van die Bose lê, geen aanstoot te gee nie. Die evangelie wat oral in die wêreld verkondig word, is ‘n evangelie wat die wêreld se heersers, die owerhede en die magte, goedkeur, maar dit is ‘n evangelie wat verskil met God se evangelie en wat Hom van sy eer beroof.

2 Timótheüs 4:1-5 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: (2) verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; (3) want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (4) en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. (5) Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.

Génesis 17:9-10 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. (10) Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—

Hoewel almal wat die nageslag van Jakob was, Israeliete was, was hulle nie deel van die verbond alvorens hulle nie besny was nie. God se verbond het dus bestaan, maar ‘n onbesnede persoon was nie deel van die verbond nie en sou nie saam met die ander Israeliete erf, tensy hy besny was nie.

Vandag het ons ook ‘n opdrag om sy verbond te hou, maar dit is nie dieselfde teken nie. Met die Nuwe Verbond moet ons weer gebore word, anders sal ons nie die saam met die ander Israeliete die ewige lewe erf nie.

Johannes 3:1-7 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. (2) Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. (3) Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (7) Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.

Daar is vandag baie mense wat van hulle identiteit as Israeliete bewus word en wil dan deel van die verbond van God word, maar dan die eerste verbond te hou deur hulle te laat besny. Dit is dieselfde as wat Abraham sou dink hy is deel van die verbond met God en die teken daarvan is die reënboog. Die besnydenis het ‘n Israeliet deel gemaak van die eerste verbond, maar wedergeboorte maak ‘n Israeliet deel van die tweede verbond.

Wat van ander volke?

As ‘n nie-Israeliet hom laat besny het, het hy nie deel van die verbond met God geword nie en indien ‘n nie-Israeliet vandag probeer om weer gebore te word, word hy ook nie deel van die tweede verbond tussen God en Israel nie. Die inisiatief van die uitnodiging tot die verbond kom van God af en nie van die mense af nie.

Johannes 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.


Johannes 6:65-68 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. (66) Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. (67) Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? (68) En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.

In die tweede verbond is die besnydenis vervul deurdat ons harte besny moet word. Die besnydenis van ons hart is deel van wedergeboorte. Wanneer God my hart van klip verwyder en vir my ‘n hart van vlees gee, besny ek my hart deur my vlees se begeertes af te lê.

Kollesense 2:9-12 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; (10) en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; (11) in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, (12) omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

Waarom is dit belangrik om te weet dat God ‘n verbond het en dat Hy met my, as deel van sy volk, ‘n verbond het?

  1. Om geloof in God te kan hê moet ek sekerheid hê in wat ek glo, maar as die inligting verwarrend is, sal ek nie kan glo nie. As ek nie kan glo nie, sal ek nie deur God gered word nie, want ons word deur ons geloof in Hom gered.
  2. As ek weet dat ek deel van sy volk is met wie Hy van die begin af ‘n verbond het, sal ek kan glo dat die beloftes wat Hy aan Israel gemaak het, direk op my betrekking het. As ek dit nie weet nie en dink ek is deel van ‘n kerk wat eintlik verbondlose heidene is, wat hulle tot God bekeer het, wat uit genade aangenome kinders geword het, maar sy eintlike volk is die Jode, vir wie Hy eintlik lief is, maar hulle ontken Hom, maar hulle gaan nog tot bekering kom en eintlik is die beloftes net vir hulle, maar tog vir my ook?

Kyk na die volgende beloftes aan Israel en maak die saak uit met jouself of dit op jou van toepassing is of nie.
• Dit is beloftes wat direk deur God gemaak is aan Israel.
• Iemand wat nie deel is van die volk nie, kan nie daarop aanspraak maak nie.
• Almal wat deel van die volk is, het ‘n verbond met God en die beloftes is vir hulle.
• God maak dus beloftes en afhangende van wat ek glo ten opsigte van wie ek is, betreffende daardie beloftes, sal bepaal of daardie beloftes in my lewe sal realiseer.

Jesaja 41:8-14 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, (9) jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. (10) Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. (11) Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. (12) Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer. (13) Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. (14) Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.

Is hierdie nageslag die Jode, of is dit dalk die kerkmense, of is dit die bekeerdes of is dit letterlik die nageslag van Jakob? Indien ons die saak kan uitmaak en sien dat dit die nageslag van Jakob is en dat ek persoonlik deel is van daardie nageslag en dat hierdie beloftes letterlik op my van betrekking is, sal ek kan glo dat dit vir my is.

Indien ek onseker is of dit vir die kerk is en ek is onseker vir watter kerk, maar dit is dalk vir die Jode, maar hulle is dan ook nie ‘n nageslag nie, sal ek nie kan glo wat God aan my belowe het nie en sy verbond aan my blyk tevergeefs te wees.

Jesaja 44:1-6 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! (2) So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! (3) Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge. (4) En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope. (5) Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem. (6) So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

Efésiërs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

As ek nie kan glo nie, want die inligting is vir my te verwarrend, op grond van wát sal ek dan gered word? Die hele wêreld lê in die hand van die Bose en die Bose se hoogste prioriteit is om die ware Israeliete weg te hou van hulle verbond met God en die beloftes wat God aan hulle gemaak het, deur die verbond. God se verbond gaan deur ‘n letterlike geslag en die wêreld se evangeliste staan dit met alle mag teë, deur te preek dat dit nie deur ‘n geslag is nie.

Is dit so dat God gesê het…?

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE