– Banie Swanepoel:
Julle het seker al daai ding gelees wat altyd so nou en dan op die Internet by jou verbykom van die omie wat op sy sterfbed lê en dan sê hulle; wanneer jy op jou sterfbed lê dan dink jy nie aan al die kere wat jy nie kon kantoor toe gaan om jou werk te doen nie, of jy dink aan al die kere wat jy nie die tyd reg gespandeer het nie. Tye wat jy saam met jou gesin kon gewees het. Tye waar jy dinge kon gedoen het wat belangrik is… Maar ons dink eers daaraan wanneer ons op die stefbed lê. Dan dink ons ‘oeeee ek moes eintlik meer tyd aan dit spandeer het en meer tyd aan dat, maar nou het ek die heeltyd gewerk, of ek het heeltyd ge-dit en ge-dat.
Hierdie boodskap word daarmee vergelyk, wat weer ‘n vermaning is en wanneer ons nou eendag voor die troon van die Regter staan, dan gaan jy nie sê, ‘ek wens ek was ‘n bietjie minder vermaan nie’, jy gaan sê ‘ek wens ek was ‘n bietjie meer vermaan, want nou kom dit by ‘n tyd wat dit tel.
So, wanneer hierdie boodskap vir jou weer ‘n vermaning is…, ons moet mekaar vermaan. Dit is wat die Skrif sê. Ons moet vir mekaar sê: ‘Is jy nog reg?’, ‘Loop jy nog die pad?’, ‘Hou jy nog aan die regte goed vas?’. En vir die wat nog nie op die regte pad is nie: ‘Is jy darem al daar?’.
Ons moet gereeld herinner word.. Want die Skrif sê vir ons, die pad is smal en min sal dit vind en die poort is nou en ons moet die Koninkryk van God met geweld bestorm, want dit is nie maklik nie.
1 Petrus 1:8 vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
Lukas 6:46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
1 Petrus 1:17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;
Matthéüs 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Matthéüs 15:7 Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: 8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. 9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
Eségiël 33:30 En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise—hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die HERE uitgaan. 31 En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.
Johannes 12:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. 25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. 26 As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.
Matthéüs 18:3 en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!
2 Korinthiërs 3:15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; 16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Johannes 15:1 Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 3 Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. 4 Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. 8 Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.
Kollosense 1:3 Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, 4 omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, 5 vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie, 6 wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;
Galásiërs 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
1 Kollosense 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
Johannes 15:12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
Jesaja 30:18 En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! 19 Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou. 20 Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars sien; 21 en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
Hebreërs 12:11 Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. 12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; 13 en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.
Jakobus 5:7 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. 8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE