– Banie Swanepoel:
Ons het sekere dinge in ons wat ons geërf het wat ons sê dit is hoe die lewe werk, dit is hoe die evangelie werk en dit is hoe VADER werk, maar dan is dit nie so nie. Dan moet VADER hard met ons praat, maar steeds hoor ons Hom nie.
Dit is net wanneer ons bereid is om te luister, dat ons Hom kan hoor. Die teenoorgestelde van dit is hardkoppigheid, eiesinnigheid en rebelsheid. So, ons gesindheid teenoor VADER en Sy evangelie bepaal of ons Hom hoor.
Die onderwerp van genade is ‘n moeilike onderwerp, omdat die teenstander altyd kom om ons te help met wat ons moet leer. Dit is die Duiwel wat die vader van die leuen is en hy doen alles om ons te kry om ons VADER verkeerd te verstaan. Hy vat genade weg en vervang dit met verdienste…
Génesis 33:5 Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.
Matthéüs 20:1 Want die koninkryk van die hemele is soos ‘n huisheer wat vroeg in die môre uitgegaan het om arbeiders vir sy wingerd te huur. 2 En nadat hy met die arbeiders ooreengekom het vir ‘n penning op ‘n dag, stuur hy hulle in sy wingerd. 3 En omtrent die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan. 4 En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan. 5 Weer het hy omtrent die sesde en die negende uur uitgegaan en net dieselfde gedoen. 6 En omtrent die elfde uur gaan hy uit en vind ander ledig staan en sê vir hulle: Wat staan julle hier die hele dag ledig? 7 Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang. 8 En toe dit aand geword het, sê die heer van die wingerd vir sy opsigter: Roep die arbeiders en betaal hulle hul loon; en begin van die laastes af tot by die eerstes. 9 En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen ‘n penning ontvang. 10 Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen ‘n penning ontvang. 11 En toe hulle dit ontvang, murmureer hulle by die huisheer 12 en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het. 13 Maar hy antwoord en sê vir een van hulle: Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir ‘n penning nie?
Exodus 33:19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
Númeri 11:10 Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die HERE het grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses. 11 En Moses sê aan die HERE: Waarom het U u kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê? 12 Het ék hierdie hele volk dan ontvang? Of het ék hulle gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos ‘n oppasser die suigling dra, na die land wat U aan hulle vaders met ‘n eed beloof het? 13 Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet. 14 Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie, want dit is vir my te swaar. 15 En as U so met my wil handel, slaan my dan maar liewer dood as ek genade in u oë gevind het, en laat ek my ongeluk nie aansien nie. 16 Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan. 17 Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie. 18 En aan die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet. 19 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of vyf dae of tien dae of twintig dae nie— 20 ‘n hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die HERE wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek? 21 Toe sê Moses: Ses honderd duisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal ‘n hele maand lank eet!
Psalm 142:1 ‘n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. ‘n Gebed. 2 Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE. 3 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend. 4 As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan. 5 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie. 6 Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes. 7 Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk. 8 Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.
Johannes 1:15 Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek. 16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.
Efésiërs 2:4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Handelinge 7:56 En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan. 57 Maar hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm. 58 En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van ‘n jongman met die naam van Saulus.
Handelinge 12:1 En omtrent daardie tyd het koning Herodes sy hande geslaan aan sommige uit die gemeente om hulle kwaad aan te doen. 2 En hy het Jakobus, die broer van Johannes, met die swaard omgebring.
Hebreërs 4:11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. 12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. 13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. 14 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. 15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. 16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE