– Banie Swanepoel:
Ons het die Heilige Gees nodig tot baie dinge. Baie keer fokus ons op een onderwerp en sê dit is waarvoor ons die Heilige Gees nodig het. GOD ís die Heilige Gees en Hy laat vir ons die Heilge Gees na. Hy sê Hy laat ons nie as wese agter nie, maar gee vir ons Sy Gees wat ons vertroos.
Daar was ‘n tyd wat die Gees nie daar was nie en daar is ‘n tyd wat die Gees daar is. Ons is in die tyd wat die Gees daar is, maar meeste van die tyd leef ons soos weeskinders.
Wat mis ons?
001 Beloftes van die Heilige Gees
(Inleiding) 13-12-2017
TEKSVERSE GEBRUIK:
Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Markus 4:37 En ‘n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. 38 Maar Hy was agter op die skuit aan die een op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om eenl vergaan nie? 39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom. 40 Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?
Markus 1:7 En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te eenl sy skoenriem eenl maak nie. 8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.
Lukas 3:16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om eenl maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Handelinge 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. 5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
Handelinge 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.
Handelinge 2:1 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, eenl het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Handelinge 2:6 En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;
Handelinge 4:31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die een van God met vrymoedigheid gespreek.
Handelinge 10:44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die een gehoor het. 45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. 46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale eenlre God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:
Handelinge 11:15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin. 16 En ek het die een van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. 17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?
Handelinge 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue. 13 En Simon het ook self gelowig geword, en eenlr gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur. 14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die een van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. 15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, 16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. 17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang. 18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied 19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.
Handelinge 19:1 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind 2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle eenlr hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. 3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle eenlr: Met die doop van Johannes. 4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop eenl die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. 5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. 7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
Génesis 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. 3 En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
Psalm 33:6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele een. 7 Hy versamel die waters van die see soos ‘n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.
Rigters 6:34 En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter eenl opgeroep.
Rigters 15:14 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af. 15 En hy het ‘n vars eselskakebeen gevind en sy hand uitgesteek eenl geneem en daar duisend man mee verslaan.
1 Samuel 10:6 En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word.
1 Samuel 10:10 Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens ‘n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, eenlr onder hulle geprofeteer het. 11 En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien eenl saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?
Matthéüs 1:18 Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is eenlren bevind uit die Heilige Gees.
Jesaja 40:13 Wie het die Gees van die HERE eenlren as sy raadsman Hom onderrig? 14 Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig? 15 Kyk, die nasies is soos ‘n eenl aan die emmer, en soos ‘n stoffie aan die weegskaal word hulle gereken. Kyk, Hy hef die eilande op soos ‘n stoffie!
Jesaja 44:1 Maar luister nou, my kneg Jakob, en Israel wat Ek uitverkies het! 2 So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het! 3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my een op jou nakomelinge. 4 En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope. 5 Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=
002 Beloftes van die Heilige Gees
(Geestelike Gawes) 20-12-2017
Ons wil hoor wat VADER vir ons sê. Daar is soveel opinies in die wêreld betreffende die Heilige Gees.
Ons het nie in die tyd geleef vóór die uitstorting van die Heilige Gees nie en ons kan maar net wonder hoe het daai mense geestelik gelewe?
GOD is die Gees en Hy kom woon binne ons en Hy kan net binne iemand kom woon wat perfek en sondeloos is, en in die Ou Testament was dit onmoontlik. Vir ons is dit nog steeds onmoontlik uit onsself uit, maar ons ís die Geregtigeheid van Yahshua en dáárom kan Hy in ons kom woon…
TEKSVERSE GEBRUIK:
1 Korinthiërs 12:1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. 2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. 3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. 4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; 6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. 7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
(WYSHEID – Handelige 6:8 En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. 9 En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis. 10 Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.)
(KENNIS – Handelinge 5:1 Maar ‘n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ‘n eiendom verkoop, 2 en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ‘n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê. 3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?)
1 Korinthiërs 12: 9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
(GESONDMAKING – Handelinge 19:11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen, 12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het. 18 En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak; 19 en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was. 20 So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.)
1 Korinthiërs 12: 10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
(PROFESIE – Handelinge 21:8 En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly. 9 En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het. 10 En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam van Agabus van Judéa afgekom. 11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer. 12 En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie. Handelinge 11:28 En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.)
(ONDERSKEIDING VAN GEESTE – Romeine 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 2 Timótheüs 1:7 Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Lukas 13:10 En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. 11 En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. 12 En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. 13 En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik. 14 Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop ‘n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie. 15 Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie? 16 Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan—dink daaraan! —agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?)
1 Korinthiërs 12: 11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. 13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. 15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? 16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? 17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? 18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. 19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? 20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. 21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. 22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; 23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, 24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, 25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. 26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. 27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=
003 Beloftes van die Heilige Gees
(Werking van die Heilige Gees) 26-11-2017
1 Korinthiërs 13: 1 is nogal ‘n mooi verduideliking van wat die gawes van die Gees is: “Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.”
Hy begin deur te sê “Al sou ek die tale van mense en engele spreek…” bedoelende deur die Heilige Gees. So tale van mense, is verskillende tale wat in die wêreld is, soos wat die Apostels met die uitstorting van die Heilige Gees gedoen het. En van engele, en dit is óók deur die Heilige Gees en dit is ‘n taal wat ‘n mens nie verstaan nie, maar die slotsom is en jy het nie die liefde nie, het jy ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.
So, wanneer ek die gawes van die Heilige Gees gebruik en ek doen dit sonder liefde, beteken dit niks…
1 Korinthiërs 13:2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
TEKSVERSE GEBRUIK:
1 Korinthiërs 14:1 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. 2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. 4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. 5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. 6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ‘n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie? 7 Net soos met lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n siter, as hulle nie ‘n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word? 8 Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog? 9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. 10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie. 11 As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ‘n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my ‘n vreemdeling wees. 12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. 13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. 14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. 18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; 19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal. 20 Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand. 21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.
(Jesaja 28: 10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. 11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, 12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.)
1 Korinthiërs 14: 22 Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. 23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? 24 Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; 25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is. 26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. 27 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. 28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. 29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. 30 Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. 31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. 32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; 33 want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges. 34 Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.
(Génesis 3:16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.)
1 Korinthiërs 14: 35 Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek. 36 Of het die woord van God van julle uitgegaan, of het dit tot julle alleen gekom?
(1 Korinthiërs 11:4 Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan; 5 maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.)
1 Korinthiërs 14:37 As iemand meen dat hy ‘n profeet of ‘n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is. 38 Maar as iemand onkundig is, laat hom onkundig bly. 39 Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. 40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.
Romeine 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE