Bemoedig Mekaar (05-2022)

– Banie Swanepoel:

001 Bemoedig Mekaar (Hoe Bemoedig Mens Iemand?) 01-05-2022

002 Bemoedig Mekaar (Berei jouself voor vir wanneer slegte dinge oor jou pad kom) 08-05-2022

001 Bemoedig Mekaar

(Hoe Bemoedig Mens Iemand?) 01-05-2022

Hoe bemoedig mens iemand?

Yahshua het gesê die evangelie is vir die armes; As dit met jou swaar gaan, is jou ore oop. As dit met jou goed gaan, sukkel jy om te hoor.

Die ironie is, as jou pad moeilik is, kan VADER jou op ‘n makliker pad lei, maar jy is vir ‘n rede op ‘n moeilike pad.

Ons kry mense met wie dit baie moeilik gaan, dan wil mens hulle bemoedig met hoop.

Kom ons kyk na die volgende vier voorbeelde van mense wat bemoediging nodig het.

  • Hoe bemoedig jy ‘n moeder wat by ‘n oop graf staan van ‘n babadogtertjie?
  • Hoe bemoedig jy ‘n vader wat sy werk verloor het en nie meer vir sy gesin kan sorg nie?
  • Hoe bemoedig jy ‘n ou mens wat geen familie het nie en sonder vriende is en agter in iemand se erf bly?
  • Hoe bemoedig jy ‘n jong mens wat vol lewensverwagting is, maar na hierdie wêreld kyk en sien daar is geen vooruitsigte nie?

Romeine 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 31  Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie (of wat) kan teen ons wees? 32  Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? 

Romeine 8:35  Wie (of wat) sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. 

1 Thessalonicense 4:13  Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14  Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16  Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17  Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18  Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde. 

Matthéüs 11:25  In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. 

Matthéüs 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 

Hebreërs 11:36  Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis. (Psalm 23:4  Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee…) 37  Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel— 38  die wêreld was hulle nie werd nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond. 39  En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40  omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. 

Jesaja 65:17  Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie. 18  Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees. 19  En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. 

Jesaja 65:21  En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: 22  hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet. 23  Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle. 24  En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. 25  Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE. 

~.~. ~.~. ~.~. ~.~. ~.~. ~.~. ~.~. ~.~. ~.~. ~

002 Bemoedig Mekaar

(Berei jouself voor vir wanneer slegte dinge oor jou pad kom) 08-05-2022

Hierdie boodskap volg op die vorige boodskap. So, gaan luister maar eers daarna, as jy dit nie geluister het nie.

Met sommige mense gaan dit moeilik. Sommige mense ken nie moeilikheid nie en met sommige gaan dit weer baie moeilik.

Ons leef egter in die klimaks van die eeue en die Skrif is vol daarvan, dat die moeilike tye voorlê.

2 Korinthiërs 5: 8  Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. 

Hebreërs 11:9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

Filippense 3:20  Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, 21  wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. 

Lukas 11:2  En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 

Lukas 4:5  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 6  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.

Jesaja 11:1  Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; 2  en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. 3  En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; 4  maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. 5  En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees. 6  Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja. 7  Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; 8  en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk. 9  Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek. 

Miga 4:1  En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. 2  En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE (Yahshua) en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. 3  En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. 4  Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek. 5  Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. 6  In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het. 7  Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ‘n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ‘n magtige nasie. En die HERE (Yahshua) sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid. 

Génesis 3:14  Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. 

Génesis 3:18  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. 19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. 

Romeine 6:8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 

2 Korinthiërs 4:14  Want ons weet dat Hy (Yahweh) wat die Here Jesus (Yahshua) opgewek het, ons ook deur Jesus (Yahshua) sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.

2 Korinthiërs 4:16  Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. 17  Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; 18  omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare (Isak) dinge is tydelik, maar die onsigbare (Koninkryk van GOD) ewig. 

2 Korinthiërs 5:1  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. 2  Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word, 3  as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie. 4  Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word. 5  Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het. 6  Daarom het ons altyd goeie moed en weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon. 7  Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie. 8  Maar ons het goeie moed en verkies om liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE