Bly gefokus (17-03-2024)

– Banie Swanepoel:

Wat is besig om te gebeur?

Matthéüs 24:1-13  En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.  2  En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.  3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?  4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.  5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.  6  En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.  7  Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.  8  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte.  9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 

Exodus 3:6  Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

Matthéüs 22:32  Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.

Waarheen is die NWO op pad?

Openbaring 13:11-17  En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.  12  En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is.  13  Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.  14  En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.  15  En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.  16  En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;  17  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Stappe van die NWO om ons gemerk te kry:

  1. Veroorsaak oorloë sodat niemand kyk wat hulle in die agtergrond doen nie.
  2. Veroorsaak misdaad, sodat hulle ‘n alternatief van CCTV kan inbring en almal dit gaan verwelkom.
  3. Verwyder kontant as ‘n betaalmetode.
  4. Implimenteer “sosial credit score” as ‘n betaalmetode wat streng met AI tegnologie beheer word.

Wat moet ons dan doen?

Johannes 14:16-27  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:  17  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.  18  Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.  19  Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.  20  In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.  21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.  22  Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?  23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.  24  Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het.  25  Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly;  26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.  27  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Yahshua se volgelinge was net soos ons in verwarring oor wat nou vir hulle voorlê in die toekoms en hoe hulle die toekoms moet tegemoet gaan en hoe hulle moet optree. Ons wonder ook, maar hulle het nie beplan of besluit wat om te doen nie. Hulle het net gewag en gesien wat gebeur.

  • Handelinge 10:20  Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.
  • Handelinge 8:26  En ‘n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is ‘n eensame pad.
  • Matthéüs 10:19-20  Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek;  20  want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.

Onthou: God is ‘n verbonds-God en Hy het ‘n verbond met ons.

Hebreërs 13:5-6  Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.  6  Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?

Josua 1:5-9  Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.  6  Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee.  7  Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.  8  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.  9  Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

Geloof in God:

Hebreërs 11:32-40  En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,  33  wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop,  34  die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.  35  Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry.  36  Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.  37  Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel—  38  die wêreld was hulle nie werd nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.  39  En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie,  40  omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.

Bly gefokus:

1 Korinthiërs 7:29-31  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;  30  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;  31  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.

Romeine 13:11-14  En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.  12  Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.  13  Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.  14  Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

1 Thessalonisense 5:1-11  Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;  2  want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.  3  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.  4  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.  5  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.  6  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.  7  Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.  8  Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.  9  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus  10  wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.  11  Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.

Jakobus 1:1-8  Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!  2  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,  3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.  4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.  5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.  6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.  7  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie—  8  so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE