Banie Swanepoel:
Die algemene gesegde is, die Ou Testament is verby, ons lewe in die Nuwe Testament en ons het nie eintlik meer iets te doen met die Ou Testament nie. Jy kry Bybels wat ‘n Nuwe Testament en Psalms het, maar nie die Ou Testament nie.
Dit is die waarheid; ons leef in die Nuwe Testament en ons is bemagtig as dienaars van die Nuwe Verbond en Yahshua is ons Hoëpriester.
Iets wat baie belangrik is, is die bevestiging van die Ou Verbond van die Nuwe Verbond. VADER sê Hy doen niks wat Hy nie voor die tyd aan Sy profete geopenbaar het nie. Dit beteken daar kom nie ‘n verrassingspakkie nie. Daar gaan niks gebeur wat Hy nie deur Sy profete gesê het nie en daarom kon die apostels met die Ou Verbond na mense toe gaan en Yahshua- en die wederkoms van Yahshua bewys.
‘n Baie groot ding wat ons mis, is wanneer ons net die Nuwe Verbond lees, het ons net die Nuwe Verbond, maar wanneer ons die Ou Verbond bysit, het ons die ondersteuning van die Ou Verbond.
Die Ou Verbond word gesien as stories, wette en reëls, maar die Ou Verbond is profeties van die Nuwe Verbond…
(Twee Koninkryke Reeks 1-5 – 2019)
(Verwys na die reeks DIE HEIDie Heidene en die Verbond 1-12 – 2018)