‘n Vorige reeks boodskappe (Die Ou- en die Nuwe Verbond) is vooafgaande met hierdie reeks. Luister gerus daarna, want hulle volg mekaar op. “Die Ou- en die Nuwe verbond” beskryf wat ís die verbonde en hierdie reeks boodskappe, vir wíe is die verbonde.
Hierdie boodskap is inleidend vir die reeks.
Die wêreld is ‘n snaakse plek, of eerder die mense in die wêreld is snaaks… ‘n Hele paar jaar terug het die mense gelo die aarde was plat. Hoekom het hulle dit geglo?, want dit is vir hulle so gesê. Toe kom daar ander mense wat sê, nee, die aarde is rond. Toe word hulle doodgemaak. Toe sê almal weer die aarde is plat. Toe het niemand ‘n opinie nie, want hul lewens het daarvan afgehang… So, toe is die “waarheid” dat die aarde plat is.
Die aarde is nie plat nie, hy is rond. Maak nie saak wie wat sê nie, dit gaan nie die feite verander en die leuen waar maak nie.
So, skakel jou opinie in by wat die waarheid is. Jy kan nie die waarheid verander, omdat jy anders glo nie. Wanneer jy die Woord van GOD oopmaak, gaan jy glo wat Hy sê, of gaan jy glo wat jou pas?
Maak jou hart oop en luister wat VADER vir jou wil sê…