– Banie Swanepoel:
Wanneer jy na hierdie boodskap luister, maak jou hart en jou sinne oop vir die Woord van die Almagtige. Skuif die oorleweringe en dit wat ander van jou verwag om te glo, opsy.
Onthou, die smal pad het twee kante: ‘n links en ‘n regs. Jy kan links verdwaal en jy kan regs verdwaal.
So gaan dit met hierdie onderwerp ook. Jy kan verdwaal…
Efésiërs 5:14 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. 15 Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16 en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17 Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. 18 Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
1 Korinthiërs 12:1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
1 Korinthiërs 12:4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
1 Korinthiërs 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. 11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
1 Korinthiërs 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. 14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. 15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
1 Korinthiërs 12:17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? 18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.
1 Korinthiërs 12:21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
1 Korinthiërs 12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. 28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. 29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? 31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg.
1 Korinthiërs 13:1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. 2 En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. 3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
1 Korinthiërs 4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
1 Korinthiërs 13:8 Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan. 9 Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.
1 Korinthiërs 13:13 En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.
1 Korinthiërs 14:1 Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. 2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. 3 Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging. 4 Hy wat in ‘n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. 5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. 6 Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie met julle spreek òf deur ‘n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie? 7 Net soos met lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n siter, as hulle nie ‘n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word? 8 Want as die basuin ook ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog? 9 Net so julle ook, as julle met die tong geen verstaanbare woord uitbring nie, hoe sal ‘n mens weet wat gespreek word? Want julle sal wees soos mense wat in die wind praat. 10 Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.
1 Korinthiërs 14:12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. 13 Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. 14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. 15 Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. 16 Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie? 17 Want jy dank wel goed, maar die ander een word nie gestig nie. 18 Ek dank my God dat ek meer in tale spreek as julle almal; 19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in ‘n taal.
1 Korinthiërs 14:21 In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here. 22 Die tale is dus ‘n teken nie vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges. 23 As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie? 24 Maar as almal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n onkundige binnekom, dan word hy deur almal oortuig, deur almal beoordeel; 25 en so kom die geheime van sy hart aan die lig. En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is. 26 Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ‘n psalm of ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n uitlegging—laat alles tot stigting geskied. 27 En as iemand in ‘n taal spreek, laat dit dan wees twee of hoogstens drie, en by beurte; en laat een dit uitlê. 28 Maar as daar geen uitlêer is nie, laat hy in die gemeente swyg, en laat hy met homself en met God spreek. 29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel. 30 Maar as daar iets geopenbaar is aan ‘n ander wat daar sit, laat die eerste swyg. 31 Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word. 32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe; 33 want God is nie ‘n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.
1 Korinthiërs 14:39 Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie. 40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.
1 Korinthiërs 14:2 Want hy wat in ‘n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.
1 Korinthiërs 14:14 Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.
2 Petrus 3:16 net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf. 17 Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
2 Korinthiërs 1:12 Want ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle. 13 Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan,
1 Korinthiërs 2:12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
Romeine 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. 28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Matthéüs 12:24 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.
Matthéüs 12:28 Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.
Matthéüs 12:31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
Lukas 1:35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.
Jesaja 28:11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek,
1 Timótheüs 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
Hebreërs 2:4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?
Johannes 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
Handelinge 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Lukas 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Handelinge 5:32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.
Handelinge 19:2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie.
Handelinge 19:5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. 7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
Efésiërs 4:1 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, 2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra 3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
Johannes 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Luister ook Ons houding teenoor die Heilige Gees wat op hierdie boodskap volg.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE