Die Ou en Die Nuwe Verbond (2018)

Banie Swanepoel:

Die Ou- en die Nuwe Verbond klink baie algemeen. Soms praat ons van ‘n verbond, maar soms noem ons dit ‘n testament. ‘n Ou Testament en ‘n Nuwe Testament.

‘n Verbond is ‘n ooreenkoms. ‘n Testament het ‘n erflating.

Verbond = ‘n Ou Ooreenkoms en ‘n Nuwe Ooreenkoms

Testament = ‘n Ou Erflating en ‘n Nuwe Erflating.

Die rede hoekom hierdie onderwerp aangespreek word, is omdat daar evangelies is wat sê daar is nie ‘n Nuwe Verbond nie, maar dat die Ou Verbond ‘n volmaakte, perfekte, ewige verbond is en ons nou nog staan onder dieselfde verbond. Daardie evangelie sê ook dat Yahshua gekom het, vir ons sondes gesterf het, maar nie ‘n Nuwe Verbond gebring het nie, maar die Ou Verbond kom herstel het.

Ons moet nou met hierdie boodskap kyk of dit so is, want hierdie onderwerp is een van die onderwerpe wat gaan oor lewe en dood. Hierdie onderwerp is so kritiek, dat as jy hom verkeerd verstaan en verkeerd leef, jy sal sterf…

Die Bybel gaan nie pertinent oor verbonde, wette, testamente ensovoorts nie, dit gaan oor die mens wat verlore gegaan het en daarmee die hele geslag van die mens… Adam…

Die reeks “Die Heidene en die Verbond” volg op hierdie reeks van die “Ou- en die Nuwe Verbond”.