Die wilde olyf (03-04-2016)

– Banie Swanepoel:

Toe Yahshua leringe gebring het, het Hy somtyds met ‘n individu gepraat en soms met ‘n menigte, maar nooit was dit ‘n faktor of die mense tevrede met Sy lering was nie. Inteendeel is daar gevalle wat Sy dissipels Hom verlaat het, want Sy woorde was hard.

Yahshua is die Herder en ons is die skape. Ons luister na Sy stem en volg Hom, sonder om Hom te bevraagteken.

In hierdie boodskap (die wilde olyf) kyk ons na ‘n sogenaamde kontroversiële onderwerp, want die wêreld sê, “Hierdie woorde, is hard. Wie kan daarna luister?”.

GOD het egter nóóit kompromie oor hierdie onderwerp gemaak nie.

Kom ons kyk daarna soos dit in die Skrif staan, sodat ons alle verwarring daaroor kan uitskakel.

Romeine 11:1  Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 2  God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê: 3  Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! 4  Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. 5  Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. 6  En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie. 

Romeine 11: 4  Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie. 5  Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade. 6  En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie. 7  Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard. 8  Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe. 

Romeine 11:11  Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. 12  En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! 13  Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening 14  as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red! 15  Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? 

Romeine 11: 13  Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening 14  as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red! 15  Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode? 16  En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook. 17  En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, 18  moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou. 19  Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word. 20  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees. 

Romeine 11:23  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent. 

Romeine 11:25  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 

Romeine 9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2  dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 6  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9  Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê. 10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 

Romeine 9:13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 

Romeine 9:21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Romeine 9:30  Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; 31  terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. 32  Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot. 33  Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. 

Hoséa 1:1  Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3  Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 

Hoséa 1:6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7  Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE