Drie enige GOD (2025)

Banie Swanepoel:

001 – Drie enige God (2025)

Drie enige God is nie ‘n term wat uit die Bybel uit kom nie en daarom moet ons versigtig wees watter betekenis ons daaraan heg, omdat elke mens se definisie daarvan sal verskil. Volgens die algemene aanvaarde verklaring, beteken dit dat God drie persone is, maar tog net een God.

Die drie persoonlikhede is die persoon van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, maar tog is daar nie drie Gode nie.  Ons as mens kan ook drie persoonlikhede aanneem; pa van my kinders, man vir my vrou en onderwyser by die skool, maar ons kan dit nie gelyktydig doen nie.

Net soos ons meer as drie persoonlikhede kan aanneem, kan God ook. So, dit is gevaarlik om Hom te definieër as ‘n “drie enige God”, want dalk is Hy vier of dalk is Hy honderd.

Die Romeinse Kerk het die “drie” ongelukkig oorbeklemtoon en die gevolg is dat mense verward raak en dink dat daar dalk drie gode is wat tog net een God is.

Hoewel Hy reeds in die tyd van die Ou Verbond gemanifesteer het in drie persone, sien hulle Hom eers in die tyd van Yahshua as drie.

Daar is net een God, maar Hy kan as meer as een persoon gelyktydig manifesteer. Ons as mens kan dit glad nie doen nie en daarom dink ons dat God dit ook nie kan doen nie, maar Hy is God vir wie niks onmoontlik is nie en ons is die mens wat deur Hom geskape is sonder so ‘n vermoë.

Die Engel van God verskyn telkens aan mense gedurende die tyd van die Ou Verbond, maar dit is nie ‘n afgevaardigde engel van God af nie, maar God self in die vorm van ‘n Engel. Terwyl Hy dan as Engel op die aarde is, is Hy ook nog Alomteenwoordige en Almagtige God van al die hemele.

  1. Rigters 2:1  Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
  2. Rigters 13:17-22  Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom?  (18)  En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?  (19)  Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:  (20)  toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.  (21)  En die Engel van die HERE het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van die HERE was.  (22)  En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.
  3. Maleági 3:1  Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.

Die Engel van YHWH is Yahshua, want Hy is die Engel van die Verbond. Yahshua is dus die Engel van YHWH en die Engel van YHWH is YHWH self.

Wanneer daar ‘n sekere taak is wat die Alomteenwoordige God in ‘n sienlike gedaante wil doen, sodat die mense Hom kan sien, neem Hy ‘n sienlike liggaam aan van ‘n engel, maar toe Hy die Engel van die Verbond was, het Hy die liggaam van ‘n mens aangeneem. Net soos wat Hy tegelyk alomteenwoordig kan wees terwyl Hy ook die Engel van YHWH is, net so kan Hy ook te gelyke tyd in die liggaam van ‘n mens wees, maar nog steeds alomteenwoordig.

Die rede waarom Hy die liggaam van ‘n mens aangeneem het, verduidelik vir ons waarom Hy mens geword het en nie as Engel van YHWH gekom het nie.

  • Hebreërs 10:5-7  Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.  (6)  Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.  (7)  Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.
  1. Hy moes ‘n menslike liggaam hê om die sondes van hulle, wat ook menslike liggame het, op sy menslike liggaam te kon neem.
  2. Hy moes in alle opsigte aan hulle gelyk wees om ‘n regverdige alternatief vir die straf te kon wees.
  3. Hy moes, soos hulle, ‘n vleeslike liggaam hê wat van nature geneig is tot die sonde, sodat dit geregverdig sal wees dat Hy in hulle plek kon sterf.
  4. In die liggaam van ‘n Engel van God sou Hy nie kon sterf nie en daarom moes Hy ook ‘n sterflike liggaam hê met ‘n sterflike liggaam se vernederde eienskappe.
  • Hebreërs 2:17-18  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.  (18)  Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Omdat Hy in alle opsigte aan ons as mens gelyk moes wees voordat Hy ons hoëpriester kon word, moes Hy verander van die Almagtige Alomteenwoordige God na ‘n vernederde, verlaagde God, maar ter selfde tyd nog steeds die Alomteenwoordige instandhouer van alle dinge.

Hebreërs 2:9  maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak.

Omdat ons minder as die engele is, moes Hy minder as die engele word sodat Hy ook soos ‘n mens kan sterf. Hy moes ook eet, want Hy het honger geword en sou soos ons kon sterf van honger, al was Hy God. Hy het ook gerus, want Hy het moeg geword, net soos ons. Hy het ook benoud geword, net soos ons, en Hy het ook tot Vader gebid, net soos ons. Hy was ook versoek en kon kies om die sonde doen, net soos ons. Hy het egter niks sonde gedoen nie, sodat Hy sondeloos kon sterf en dan ons sonde op Hom kon neem.

Omdat Hy die vermoë het om dieselfde tyd Vader en Seun te wees, maar ons dit nie kan glo nie, want ons verstaan dit nie, verander ons die Bybel om by ons ongeloof aan te pas. Geloof beteken juis om God soos ‘n kind te glo, al verstaan ons nie.

Jesaja 55:8-9  Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE.  (9)  Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

God stel homself voor aan ons met die uitdruklike begrip dat Hy die enigste God is en dat sy Seun nie nog ‘n God is nie.

  • Jesaja 44:6  So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
  • Jesaja 45:5-9  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  (6)  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  (7)  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.  (8)  Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.  (9)  Wee hom wat met sy Formeerder twis—’n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
  • Hoséa 13:4  Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.

Sy Naam is nie meervoud nie, maar enkelvoud.

Exodus 3:14  En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Omdat al hierdie Skrif dui op net een God, meen sommige mense dat Yahshua dan nie God kan wees nie, maar dat Hy net die Seun van die Vader is wat namens ons kom sterf het, Hy is net ons oudste Broer.

Yahshua is die Skepper, en God  is die Skepper, so Yahshua is dan God:

  • Johannes 1:1-10  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  (2)  Hy was in die begin by God.  (3)  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  (4)  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  (5)  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  (6)  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  (7)  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  (8)  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  (9)  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  (10)  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
  • Gén 1:1  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Yahshua is die Vader en die Vader is Yahshua:

Jesaja 9:5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Ons soek Yahshua maar ons vind Hom nie omdat ons Hom nie soek vir wie Hy is nie, maar vir wie ons wil hê Hy moet wees. Ons wil hê Hy moet wees soos ons Hom verstaan en hoe Hy aan ons oorgelewer was, maar Hy is wat Hy is en ons moet Hom soek vir wie Hy is.

Johannes 14:7-11  As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.  (8)  Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.  (9)  Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?  (10)  Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.  (11)  Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.

;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;-;’;’;’;

002 –  Drie enige God – Die Heilige Gees (06-04-2025)

Die Heilige Gees is ook nie ‘n derde God wat een is nie, maar daar is net een Gees en dit is God self. God is die Gees en Hy gee aan ons sy eie Gees en nie ‘n ander God as Gees nie.

Johannes 4:23-24  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.  (24)  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Génesis 1:2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Matthéüs 3:16  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.

Matthéüs 12:28  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

Romeine 8:9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

1 Korinthiërs 3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

Johannes 14:16-18  En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:  (17)  die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.  (18)  Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Handelinge 2:1-4  En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.  (2)  En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.  (3)  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.  (4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Watter terminologie ons gebruik is nie belangrik nie, maar om God te ken vir wie Hy is, is belangrik. Om in dogmatiese argumente te verval is dood en tot geen nut vir ons siel nie, maar dodelik vir ons siel.

Filippense 3:5-10  Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër;  (6)  wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik.  (7)  Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  (8)  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry  (9)  en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;  (10)  sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,

Wat doen die Gees van God?

Wanneer die Gees van God teenwoordig is gebeur daar iets, daar is ‘n werking van God deur sy eie Gees wat iets sigbaars laat gebeur.

Númeri 24:2-3  Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom.  (3)  En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

1 Samuel 11:6  En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.

Eségiël 11:24  Daarna het die Gees my opgeneem en my, in ‘n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.

Matthéüs 12:26-28  En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?  (27)  En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees.  (28)  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

Romeine 8:8-11  En die wat in die vlees is (nie-weergeborene), kan God nie behaag nie;  (9)  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon (weergeborene). Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.  (10)  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.  (11)  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

1 Korinthiërs 2:10-14  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.  (11)  Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God.  (12)  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.  (13)  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons (weergeborene) geestelike dinge met geestelike vergelyk.  (14)  Maar die natuurlike mens (nie-weergeborene) neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Efésiërs 4:30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

Jesaja 63:10  Maar húlle was wederstrewig (het teen Hom gerebbeleer) en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry. (Wanneer die Heilige Gees in ons werk en ons is kleingelowig deur teen Hom te rebelleer, dan bedroef ons Hom)

Johannes 7:38-40  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.  (39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.  (40)  Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, gesê: Hy is waarlik die profeet.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE