Gebed verg Geloof (2018)

Banie Swanepoel:

Mag ons bid vir ons eie wil?

Ons gaan op ons knieë en ons soek VADER se aangesig en Hy gee ons ook die belofte dat Sy Gees vir ons intree. Ons wil bid soos Yahsua gebid het… “Laat U wil geskied.”

Dit is egter baie keer vir ons die kwessie, wat is VADER se wil?

VADER sê in Sy Woord, Hy weet wat ons gaan bid, nog voor ons gebid het en dan wonder ons, nou hoekom moet ons bid? Maar ons gaan sien in hierdie boodskap, gebed het werklik invloed op die uitkoms van ‘n saak. Jy kan dit maar net los met die uitkyk, wat moet gebeur, gaan gebeur en sal gebeur, of jy kan bid en dit gaan verander.

Ons gaan baie voorbeelde sien van gebed verander sake.

Gebed is nie toordery nie en daar is nie een of ander magiese krag in gebed nie, maar daar is krag in ons VADER… Gebed is ‘n gesprek met GOD. Gebed kan net een sinnetjie wees, maar wanneer jy met VADER kommunikeer, is dit bid.