– Banie Swanepoel:
Ons begin met ‘n stukkie geskiedenis oor Bloedrivier
As jy aan GOD ‘n gelofte gemaak het, onteer dit nie, want dan is jy in die moeilikheid.
Die bedreiging van Bloedrivier: 470 Voortrekkers, onder leiding van Andries Pretorius, teen 15 000 Zoeloes.
Omstandighede: Dit was mistig en die Boere kon nie sien nie, die kruit was nat en alles was ten gunste van die 15 000 bedreigers teenoor die 470. Dit gee 1 teen 30.
Die 470 was nie soldate nie, maar die 15 000 was soldate.
Zoeloes val gewoonlik in die nag aan.
Die volgende dag breek die geveg uit en die Boere skiet met voorlaaiers wat twee minute vat om te herlaai. Die gewere word warm. Die laer was vol beeste en om hulle skiet gewere en twee kanonne, maar hulle staan net.
In die geveg sterf 3000 Zoeloes en 0 Boere…
Dit was die grootste oorwinning in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Ons trek nou by vandag…
Onafwendbare Toekoms (10-11-2019)
Númeri 20:2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom. 3 En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het! 4 En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe? 5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.
Exodus 17:1 Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. 2 Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE? 3 Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
Exodus 17:7 en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?
Psalm 95:6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het. 7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister! 8 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie; 9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het. 10 Veertig jaar het Ek ‘n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ‘n volk met ‘n dwalende hart, en hulle ken my weë nie; 11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!
Psalm 81:8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela. 9 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister! 10 Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor ‘n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie. 11 Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul. 12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie. 13 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. 14 Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel! 15 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.
2 Kronieke 32:13 Weet julle nie wat ék en my vaders aan al die volke van die lande gedoen het nie? Het die gode van die nasies van die lande ooit hulle land uit my hand kon red?
2 Kronieke 32:15 Laat Jehiskía julle dan nou nie bedrieg en julle nie op so ‘n manier verlei nie; en glo hom nie, want geen enkele god van enige nasie of koninkryk het sy volk uit my hand of uit die hand van my vaders kon verlos nie; hoeveel minder sal julle God julle uit my hand kan verlos? 16 Sy dienaars het nog meer teen die HERE God gespreek en teen sy kneg Jehiskía. 17 Hy het ook ‘n brief geskrywe om die HERE, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehiskía sy volk uit my hand nie red nie.
Lukas 12:4 En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; 5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
Lukas 1:31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Lukas 19:12 Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom. 13 En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. 14 Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. 15 En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.
Lukas 19:27 Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.
Wederkoms
1 Korinthiërs 15:25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy (die VADER) uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE