– Banie Swanepoel:
In die tyd wat ons leef, is vrees ‘n onderwerp wat op almal van toepassing is. Vrees is ‘n nare ding. Is daar iemand wat weet hoe om nie te vrees nie?
Die teenoorgestelde van vrees is, is rus. Vrees is in jou siel.
Met hierdie boodskap wil ons kyk of dit regtig moontlik is om nie te vrees nie. Wanneer die vyand byvoorbeeld aan jou deur hamer en jy nie vrees nie.
Die geloofshelde van Hebreërs het nie gevrees nie. Hoe het hulle dit reggekry?
Dit ís moontlik om nie te vrees nie, as ons kan hoor wat Yahshua sê.
Matthéüs 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30 want my juk is sag en my las is lig.
Lukas 6:47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen Ek sal julle wys soos wie hy is. 48 Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was. 49 Maar wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder fondament op die grond bou, en die stroom het daarteen losgebreek en dit het dadelik geval, en die instorting van daardie huis was groot.
Openbenbaring 2:10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Markus 10:20 Maar hy antwoord en sê vir Hom: Meester, al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. 21 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. 22 Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. 23 Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan!
1 Korinthiërs 7:29 Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie; 30 en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie; 31 en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
1 Korinthiërs 15:54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. 55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
Filippense 1:21 Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins. 22 Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie. 23 Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste; 24 maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.
Psalm 25:12 Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. 13 Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. 14 Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
Openbenbaring 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. 20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. 21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. 22 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
1 Johannes 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.
Markus 8:34 En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
Markus 8:36 Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE