– Banie Swanepoel:
Die onderwerp “Is Yahshua GOD?”, klink dalk vir ons irrelevant, maar as iemand jou daaroor konfronteer en jy nie seker is hoekom jy dit glo nie, gaan jou geloof in duie stort. So is dit maar met enige onderwerp.
As jy by iemand kom wat glo Yahshua is níe GOD nie en hy haal vir jou ‘n klompie Skrifte aan, is jy by magte om hom die teendeel te bewys?
Die doel van hierdie boodskap is om onsself te bemagtig met die Woord van GOD, om te weet wat ons glo.
001 Is Yahshua God? (Die Drie-Eenheid) 06-02-2021
002 Is Yahshua God? (Johannes 17) 30-05-2021
Die orde van Melgisédek volg op hierdie boodskappe.
001 (Die Drie-Eenheid) 06-02-2021
Die onderwerp “Is Yahshua GOD?”, klink dalk vir ons irrelevant, maar as iemand jou daaroor konfronteer en jy nie seker is hoekom jy dit glo nie, gaan jou geloof in duie stort. So is dit maar met enige onderwerp.
As jy by iemand kom wat glo Yahshua is níe GOD nie en hy haal vir jou ‘n klompie Skrifte aan, is jy by magte om hom die teendeel te bewys?
Die doel van hierdie boodskap is om onsself te bemagtig met die Woord van GOD, om te weet wat ons glo.
Matthéüs 24:36 Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.
Matthéüs 26:42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.
1 Johannes 3:2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
Johannes 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
Romeine 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy (Yahshua) die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.
2 Korinthiërs 3:17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
maar DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE…
Psalm 2:1 Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? 2 Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: 3 Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! 4 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. 5 Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: 6 Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. 7 Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. 8 Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. 9 U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
5 Dan sal Hy (Yahweh) hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy (Yahweh) hulle verskrik: 6 Ek (Yahweh) tog het my Koning (Yahshua) gesalf oor Sion, my (Yahweh se) heilige berg. 7 Ek (Yahweh) wil vertel van die besluit: Die HERE (Yahweh) het aan My(Yahshua) gesê: U (Yahshua) is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. 8 (Yahweh sê:) Eis van My, en Ek (Yahweh) wil nasies gee as u (Yahhsua se) erfdeel en die eindes van die aarde as u (Yahshua se) besitting. 9 U (Yahshua) sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U (Yahshua) sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
Handelinge 13:32 En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek, 33 soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. 34 En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.
Hebreërs 1:5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. 7 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; 8 maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer; 9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; 10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
8 maar van die Seun (Yahshua): U troon, o God (Yahshua), is tot in alle ewigheid, die septer van u (Yahshua) koninkryk is ‘n regverdige septer; 9 U (Yahshua) het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God (Yahshua), u God (Yahweh) U (Yahshua) gesalf met vreugde-olie bo u (Yahshua) metgeselle; 10 en: U (Yahshua), o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u (Yahshua) hande.
Psalm 102: 26 In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande. 27 Húlle sal vergaan, maar U sal bly; ja, hulle almal sal soos ‘n kleed verslyt; U verwissel hulle soos ‘n kledingstuk, en hulle verdwyn. 28 Maar U bly dieselfde, en u jare het geen einde nie. 29 Die kinders van u knegte sal woon, en hulle nageslag sal voor u aangesig bly bestaan.
Génesis 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Johannes 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Exodus 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
Exodus 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie…
Matthéüs 28:16 En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. 17 En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
Johannes 9:35 Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God? 36 Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo? 37 En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy. 38 Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.
Openbaring 14:7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Jesaja 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— 6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid…
Rigters 13:17 Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom? 18 En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is?
Jesaja 40:12 Wie het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met ‘n span die maat geneem, en in ‘n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met ‘n weegtoestel en die heuwels met ‘n weegskaal? 13 Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig?
Génesis 14:18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring
Hebreërs 7:1 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; 2 aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede; 3 sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. 4 Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het.
Jeremia 23:5 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. 6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
Johannes 8:57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? 58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
Génesis 16:9 Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
Génesis 22:11 Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Exodus 3:2 Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
Númeri 22:22 Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.
Rigters 2:1 Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ‘n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
Rigters 6:11 Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.
Jesaja 37:36 Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak—was dit almal dooie liggame.
Exodus 20:18 En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan. 19 En hulle het vir Moses gesê: Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie, anders sterwe ons. 20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie. 21 So het die volk dan op ‘n afstand bly staan. Maar Moses het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar God was.
Johannes 12:46 Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.
1 Johannes 5:10 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
Jesaja 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors…
Johannes 5:18 Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het en Hom met God gelykgestel het.
Johannes 8:48 Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U ‘n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?
Markus 15:13 En hulle skreeu weer: Kruisig Hom! 14 Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!
Hebreërs 10:28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; 29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? 30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. 31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
Filippense 2:6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus (Yahshua) die Here (Yahweh) is tot heerlikheid van God die Vader.
$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$
002 (Johannes 17) 30-05-2021
Die onderwerp van “Is Yahshua GOD?”, is ‘n groot onderwerp en as jy nog nie met dit gekonfronteer is nie, klink dit vir jou baie logies.
Daar is egter ‘n paar goed in die Skrif wat mens vrae laat vra, soos byvoorbeeld die gebed van Yahshua in Johannes 17, want dit is moeilik as jy dit met menslike begrip lees, om te verstaan hoe bid Een tot GOD, maar daai Een is GOD self?
Ons redeneer met logika en ons logika sê vir ons dit is nie moontlik nie.
Johannes 17:1 Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik—
Johannes 17:4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. 5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was. 6 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.
Johannes 17:8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
Matthéüs 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
2 Petrus 2:4 Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word;
2 Petrus 2:9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;
Hebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Heb 7:26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; 27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.
Jesaja 9:5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
Openbaring 5: 2 En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek? 3 En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie. 4 En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie. 5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek. 6 En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde. 7 Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit; 8 en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is. 9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
Jesaja 53:1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?
Jesaja 53:3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. 4 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. 5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. 7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. 8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.
Jesaja 53:11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
Filippense 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Hebreërs 2:5 Want aan die engele het Hy die toekomstige wêreld waarvan ons spreek, nie onderwerp nie; 6 maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek? 7 U het hom ‘n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel. 8 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; 9 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is,
Hebreërs 14…sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.
Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! 8 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Openbaring 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.
Openbaring 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. 13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. 14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. 16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Johannes 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Johannes 20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.
Handelinge 10:43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
1 Johannes 3:23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het.
1 Johannes 5:13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Die orde van Melgisédek volg op hierdie boodskappe.
$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$*$
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE