Johannes (2025/26)

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 

Hy was in die begin by God. 

Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 

In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 

En die Woord het Vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou

En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het;

maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self,

dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie.

Amen. 

Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2  Hy was in die begin by God. 3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 

Johannes 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. 

Johannes 1:8  Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. 10  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. 11  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. 12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 

Deuteronómium 26:18  En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ‘n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou; 19  en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad, en dat jy ‘n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het. 

Deuteronómium 14:2  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is. 

1 Petrus 2:9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 

Eségiël 34: 30  Maar hulle sal weet dat Ek, die HERE hulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here HERE. 31  En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE. 

Romeine 9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2  dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE