Na Bekering, die Doop (20-03-2019)

– Banie Swanepoel:

Ons leef in ‘n wêreld waar jy baie gekonfronteer word met die evangelie dat jy jou moet bekeer en jou sonde bely, sodat jy gered kan word.

Ons is nooit seker hoekom nie, want wat het jy dan nou gedoen wat so erg is, want jy leef maar net soos al die ander mense.

Dan is dit eintlik skrikwekkend om agter te kom dat ons almal verlore is.

Baie mense vra hoekom is ons hier en hoekom is die wêreld in so ‘n toestand en watter God is dan in beheer dat dit so sleg gaan en dan is dit omdat ons nie agtergrond het nie.

TEKSVERSE GEBRUIK:

Romeine 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie

1 Petrus 3:18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 

Romeine 8:11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 

Lukas 14:27  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. 28  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — 29  sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot 30  en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE