– Banie Swanepoel:
Om ‘n beeld van Yahweh te aanbid, is nie ‘n maklike onderwerp nie. Dit is soos om met iemand te praat oor die Geeswêreld, maar hy het dit nog nooit beleef nie. Vir iemand wat in die Gees is, is dit maklik, want hy’s elke dag daarin.
Die gelykenis van die tien maagde is nie onbekend by ons nie. Wat het gebeur dat vyf van hulle gereed was en vyf nie?
In hierdie boodskap gaan ons sien dat daar ‘n manier is om VADER verkeerd te aanbid.
Johannes 4:23 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Exodus 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Exodus 32:1 Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. 2 En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. 3 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. 4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. 5 Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.
Efésiërs 3:14 Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, 15 van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, 16 dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, 17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, 18 en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, 19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
Hoséa 6:6 Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
1 Korinthiërs 8:1 En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.
Jesaja 44:3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
Eségiël 36:24 En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. 25 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. 26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. 27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
Jesaja 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE