Pieter En Anlia Huwelik (26-09-2021)

– Banie Swanepoel:

Alhoewel ‘n huwelik ‘n baie feestelike geleentheid is, is ‘n huwelik is ‘n baie ernstige gebeurtenis. Hoekom mens dit doen, is om twee lewens een te maak. Dit beteken die individue verdwyn.

As ons in Génesis gaan lees, dan lees ons van die skepping van die mens. GOD het Adam gemaak. Volmaak na Sy Beeld, maar toe het Hy gesien Adam is eensaam. Adam het met die diere en met GOD gekuier, maar daar was iets wat gekort het.

Toe maak GOD vir Adam ‘n maat…

TEKSVERSE GEBRUIK:

Génesis 2:23  Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. 24  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. 

Efésiërs 5:22  Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. 23  Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. 24  Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. 25  Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het 26  om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, 

Efésiërs 5:28  So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; 29  want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. 

Efésiërs 5:31  Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. 

%%*%%*%%*%%*%%*%%*%%*%%*%%

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE*