Banie Swanepoel:
Matthéüs 17:20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
001 Toegepaste geloof (23-02-2025)
Matthéüs 21:21 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.
- Geloof is ‘n vaste vertroue in die Persoon wat iets vir my gesê het.
Hebreërs 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. - As ons nie blindelings glo soos ‘n kind nie, maar dit wat God gesê het eers oordink en die moontlikheid en geloofwaardigheid daarvan oorweeg, is dit nie geloof nie.
Lukas 18:17 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. - ‘n Persoon wat glo hou nie ‘n tweede opsie oop nie en het nie ‘n agterdeur of ‘n alternatief nie. Alles of niks, want geloof is juis om te weet dat God gaan verhoor.
Johannes 16:23-24 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. (24) Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees. - Vader verhoor altyd as ons iets volgens sy wil vra, maar Hy verhoor nie noodwendig op ons tyd nie, maar op sy tyd.
Hebreërs 11:39-40 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, (40) omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. - Bedink wat jy wil vra voordat jy vra, ondersoek Vader se weë en wil in sy Woord. As Vader beloof het waarvoor jy wil bid, vra dan as jy nog wil vra en gee dan oor aan sy voorsiening.
Johannes 16:23-24 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee. (24) Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
Matthéüs 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood; - As ons nie volgens sy wil vra nie sal ons nie kan glo nie, want daar is nie Skrif vir ons gebed nie en as daar nie Skrif is waarvoor ons bid nie, sal ons nie kan glo nie en ons sal nie ontvang nie.
Jakobus 4:1-3 Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? (2) Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. (3) Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. - Mag ons bid vir ons eie behoeftes? Is dit God se wil?
Matthéüs 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
2 Konings 1:2-3 En Ahásia het deur die tralievenster in sy bo-kamer, in Samaría, geval en siek geword. Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word. (3) Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? - Iemand wat in God glo betreffende een onderwerp is verplig om in Hom te glo betreffende alles wat Hy sê, want Hy is of volmaak geloofwaardig, of Hy is nie geloofwaardig nie. Indien ons glo Hy is nie 100% geloofwaardig nie, kan ons Hom nie 100% vertrou nie en moet ons uiteraard ‘n alternatief hê ingeval Hy nie kon presteer nie.
Jesaja 50:2 Waarom het Ek gekom en daar was niemand nie, het Ek geroep en niemand geantwoord nie? Is my hand werklik te kort om te verlos, of is daar in my geen krag om uit te red nie? Kyk, deur my dreiging maak Ek die see droog; Ek maak die riviere tot ‘n woestyn, sodat hulle visse stink, omdat daar geen water is nie, en hulle sterwe van dors. - Ons moet sy weë ken om in Hom te kan glo en ons moet in Hom glo voordat ons Hom kan glo en met ons lewens vertrou.
Hebreërs 3:10-11 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, (11) sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. - Wanneer iemand wel in God glo en Hom wel vertrou vir die uitkoms en die uitkoms van ‘n saak waaroor Hy gebid het, moet hy bewus wees dat hy dan gaan moet wag. Nadat ons gebid het, het ons ‘n vaste vertroue op ons God, maar daardie vertroue moet dalk staande bly oor baie jare. Tydens hierdie wagtydperk oorweeg ons dan ander alternatiewe hulp omdat ons geloof nie sterk genoeg is nie.
Romeine 4:18-22 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees. (19) En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. (20) En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee (21) en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. (22) Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.
- Terwyl jy wag mag jy God herinner aan sy beloftes.
Jesaja 62:6-7 o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes—moenie rus nie (7) en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde!
*~*
~*~*
~*~*
~*~*
~*~*
~*~*
~*~*
~
002 Toegepaste geloof (02-03-2025)
- Geloof is ‘n vaste vertroue in die Persoon wat iets vir my gesê het. Heb
- As ons nie blindelings soos ‘n kind glo dit wat God gesê het nie.
- ‘n Persoon wat glo hou nie ‘n tweede opsie oop nie.
- Vader verhoor altyd as ons iets volgens sy wil vra, maar Hy verhoor nie noodwendig op ons tyd nie, maar op sy tyd
- Bedink wat jy wil vra voordat jy vra.
- As ons nie volgens sy wil vra nie sal ons nie ontvang nie.
- Mag ons bid vir ons eie behoeftes, is dit God se wil?
- Iemand wat in God glo betreffende een onderwerp is verplig om in Hom te glo betreffende alles wat Hy sê
- Ons moet sy weë ken om in Hom te kan glo.
- Nadat ons tot Hom gebid het, moet ons wag en dit is geloof in aksie.
Jesaja 28:16 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.
1 Samuel 13:7-11 En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die land Gad en Gílead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het. (8) En hy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat Samuel bepaal het; maar toe Samuel nie na Gilgal kom nie en die manskappe van hom af verstrooid raak, (9) het Saul gesê: Bring na my die brandoffer en die dankoffers; en hy het die brandoffer geoffer. (10) En toe hy net gereed was om die brandoffer te bring, kom Samuel meteens daar aan; en Saul het uitgegaan hom tegemoet om hom te groet. (11) Daarop vra Samuel: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom, 12 het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.
Exodus 32:1 Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
Daniël 10:12-14 Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; (13) maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië. (14) Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms.
Psalm 27:7-14 Hoor, o HERE, ek roep luid; en wees my genadig en antwoord my. (8) Van U sê my hart: Soek my aangesig! Ek soek u aangesig, o HERE! (9) Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil! (10) Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die HERE sal my aanneem. (11) HERE, leer my u weg en lei my op ‘n gelyk pad, vanweë my vyande. (12) Gee my nie oor aan die begeerte van my teëstanders nie, want valse getuies het teen my opgestaan, en hy wat geweld uitblaas. (13) o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie…. (14) Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
Psalm 33:16-22 ‘n Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag nie. (17) Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie. (18) Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; (19) om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. (20) Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; (21) want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. (22) Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!
Psalm 37:32-40 Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak. (33) Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie. (34) Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. (35) Resj. Ek het die goddelose gesien, ‘n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ‘n groen inlandse boom. (36) Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie. (37) Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede. (38) Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny. (39) Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid. (40) En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
Hábakuk 3:16-19 Toe ek dit hoor, het my ingewande gebewe; my lippe het getril by die geluid, bederf het gekom in my gebeente, ja, ek het gebewe waar ek staan, omdat ek rustig moes wag op die dag van benoudheid dat dit aanbreek vir die volk wat op ons ‘n aanval maak. (17) Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie— (18) nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. (19) Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes..
Jakobus 5:7-11 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. (8) Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. (9) Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. (10) Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het. (11) Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.
Psalm 27:14 Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE!
Psalm 31:25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!
Jesaja 40:27-31 Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby? (28) Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. (29) Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. (30) Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; (31) maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Jesaja 30:18-21 En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! (19) Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou. (20) Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars sien; (21) en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE