– Banie Swanepoel:
Wat is jou beeld van Yahweh?
Soveel keer as wat jy die profete lees, dan sê VADER dit en dit en dit gaan met julle gebeur, sodat julle kan weet EK IS Yahweh. Ek dink nie ons besef wat VADER bedoel nie. Ons dink ons moet kies tussen ‘n Baälbeeld en die Almagtige wat hemel en aarde geskape het.
Moenie dink dat die ou wat die Baälbeeld aanbid, nie dink hy het die hemel en die aarde geskape nie. Dit is hoekom hy hom aanbid.
So, ons het in ons gemoed ‘n verkeerde God en wanneer Hy in die tien gebooie sê jy mag nie ‘n ander beeld maak, ‘n gelykenis en dit aanbid nie, het dit betrekking op dit, want di’s hoe maklik ons dwaal, dat ons dink ons is besig met die ware GOD, maar dan is ons besig met ‘n afgod.
In ons tyd, ‘n antichris, ‘n ander Christus. En jy kan nou maar die akademie gaan verander soos jy wil met die regte spelling en die regte klank en die regte versies, maar dit sê nog nie jy is besig met die regte GOD nie…
Matthéüs 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Lukas 12:49 Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! 50 Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! 51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.
Sefánja 1:2 Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE. 3 Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE. 4 En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters; 5 en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom. 6 Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie. 7 Swyg voor die Here HERE! Want die dag van die HERE is naby; want die HERE het ‘n offer berei, sy gaste geheilig.
Sefánja 1:9 Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.
Sefánja 1:11 Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei. 12 En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.
Sefánja 1:14 Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar. 15 Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag, 16 ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings. 17 En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek. 18 Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.
Lukas 21:34 Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. 35 Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. 36 Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.
2 Korinthiërs 11:3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Galásiërs 1:8 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees!
Galásiërs 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
Amos 5:15 Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort—miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
Amos 5:17 Ook sal daar in al die wingerde weeklag wees wanneer Ek in jou midde deurtrek, sê die HERE. 18 Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie. 19 Soos wanneer iemand vlug vir ‘n leeu, maar ‘n beer loop hom raak; of hy kom in die huis en leun met sy hand teen die muur, en ‘n slang byt hom! 20 Is die dag van die HERE nie duisternis en geen lig nie, ja, donkerheid sonder ‘n ligstraal? 21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie. 22 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie. 23 Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.
2 Konings 9:4 En die jongman, die dienaar van die profeet, het gegaan na Ramot in Gílead. 5 Toe hy aankom, het die owerstes van die leër juis daar gesit; en hy sê: Ek het ‘n woord vir u, owerste. En Jehu vra: Vir wie van ons almal? En hy antwoord: Vir u, owerste! 6 En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel. 7 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Isébel kan wreek; 8 en die hele huis van Agab sal omkom, en Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.
2 Konings 9:10 En die honde sal Isébel eet op die dorpsgrond van Jísreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie. Daarna het hy die deur oopgemaak en gevlug. 11 Daarop gaan Jehu uit na die dienaars van sy heer, en hulle sê vir hom: Gaan dit goed? Waarom het hierdie kranksinnige by u gekom? En hy antwoord hulle: Julle self ken die man en sy gepraat. 12 Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel. 13 Toe neem hulle gou elkeen sy kleed en lê dit onder hom somaar op die trappe neer; en hulle blaas op die ramshoring en sê: Jehu is koning! 14 Daarop het Jehu, die seun van Jósafat, die seun van Nimsi, ‘n sameswering gesmee teen Joram. En Joram was besig om by Ramot in Gílead wag te hou, hy en die hele Israel, teen Hásael, die koning van Aram. 15 Intussen het koning Joram teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram. En Jehu het gesê: As julle dit goedvind, laat geen vlugteling uit die stad uitgaan om dit in Jísreël te gaan vertel nie. 16 Toe klim Jehu op die strydwa en trek na Jísreël, want Joram het daar gelê; en Ahásia, die koning van Juda, het afgekom om Joram te besoek. 17 En terwyl die wag op die toring in Jísreël staan, sien hy die skare van Jehu, terwyl hy aankom, en sê: Ek sien ‘n skare. Toe sê Joram: Neem ‘n ruiter en stuur hulle tegemoet, en laat hom vra: Is dit vrede? 18 En die perderuiter het hom tegemoetgegaan en gesê: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. 19 Daarop stuur hy ‘n ander perderuiter; en toe dié by hulle kom, sê hy: So vra die koning: Is dit vrede? Maar Jehu antwoord: Wat het jy met die vrede te doen? Volg my! 20 En die wag het dit te kenne gegee en gesê: Hy het tot by hulle gekom, maar hy kom nie terug nie. Maar die drywe is soos die drywe van Jehu, die seun van Nimsi, want hy dryf soos ‘n kranksinnige. 21 Toe sê Joram: Span in. En hulle het sy wa ingespan; en Joram, die koning van Israel, het uitgetrek, en Ahásia, die koning van Juda, elkeen op sy wa—hulle het uitgetrek Jehu tegemoet en hom aangetref op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet. 22 En net toe Joram Jehu sien, sê hy: Is dit vrede, Jehu? Maar hy antwoord: Wat? Vrede, solank as die hoererye van jou moeder Isébel en haar towerye so baie is? 23 Toe ruk Joram om en vlug en sê vir Ahásia: Verraad, Ahásia! 24 Maar Jehu het die boog gespan en Joram tussen sy arms geskiet, sodat die pyl deur sy hart uitgegaan en hy in sy wa inmekaargesak het. 25 Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het: 26 Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE. 27 Toe Ahásia, die koning van Juda, dit sien, het hy gevlug in die rigting van die tuinhuis; maar Jehu het hom agternagejaag en gesê: Skiet hom ook! En hulle het hom geskiet in die wa, op die hoogte na Gur by Jíbleam. Maar hy het na Megíddo gevlug en daar gesterwe.
2 Konings 9:30 En Jehu het in Jísreël gekom. Toe Isébel dit hoor, het sy haar oë swart geverf en haar hoof versier en deur die venster uitgekyk. 31 Terwyl Jehu deur die poort inkom, sê sy: Gaan dit goed, Simri, moordenaar van jou heer? 32 En hy het opgekyk na die venster en gevra: Wie is vir my, wie? Toe kyk twee, drie hofdienaars uit na hom; 33 en hy sê: Gooi haar af! En hulle het haar afgegooi, sodat van haar bloed teen die muur en teen die perde gespat het, en hy het haar vertrap. 34 En nadat hy ingegaan en geëet en gedrink het, sê hy: Kyk tog om na dié vervloekte en begrawe haar, want sy is ‘n koningsdogter. 35 Maar toe hulle gaan om haar te begrawe, kry hulle van haar niks nie as net die hoofskedel en die voete en die handpalms. 36 Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van Jísreël sal die honde die vlees van Isébel eet. 37 En die lyk van Isébel sal soos mis op die land wees op die dorpsgrond van Jísreël, sodat hulle nie sal kan sê: Dit is Isébel nie.
2 Konings 10:1 En Agab het sewentig seuns gehad in Samaría. Toe skryf Jehu ‘n brief, en hy stuur dit na Samaría aan die owerstes van Jísreël, die oudstes, en aan die opvoeders van die seuns van Agab, en sê: 2 As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en ‘n versterkte stad en wapens, 3 kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle heer, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle heer. 4 Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom standgehou nie; hoe sou ons dan kan standhou? 5 Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan Jehu dít weet: Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë. 6 Daarop het hy vir die tweede maal ‘n brief aan hulle geskrywe en gesê: As julle vir my is en my gehoorsaam wil wees, neem dan die hoofde van die manne, die seuns van julle heer, en kom môre omtrent sulke tyd na my in Jísreël; want die seuns van die koning, sewentig man, was by die grotes van die stad wat hulle grootgemaak het. 7 En toe die brief by hulle kom, het hulle die seuns van die koning geneem en hulle gedood, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan hom na Jísreël gestuur. 8 En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe. 9 En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk, ék het ‘n sameswering gesmee teen my heer en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan? 10 Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die HERE wat die HERE gespreek het teen die huis van Agab nie—die HERE het gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg Elía gespreek het. 11 Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in Jísreël oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie. 12 En hy het hom gereedgemaak en gegaan en na Samaría getrek. Terwyl hy op pad by Bet-Eked van die herders was 13 en Jehu die broers van Ahásia, die koning van Juda, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ahásia, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die gebiedster te groet. 14 En hy sê: Gryp hulle lewendig! En hulle het hul lewendig gegryp en gedood by die put van Bet-Eked, twee en veertig man; en hy het niemand van hulle laat oorbly nie. 15 En vandaar het hy gegaan en Jónadab, die seun van Regab, gevind wat hom tegemoetkom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En Jónadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand, sê Jehu. Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim 16 en gesê: Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir die HERE. En hulle het hom op sy wa laat ry. 17 En toe hy in Samaría aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samaría oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die HERE wat Hy tot Elía gespreek het. 18 En Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Agab het Baäl ‘n bietjie gedien; Jehu sal hom baie dien. 19 Roep dan nou al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het ‘n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig. 20 Verder sê Jehu: Heilig ‘n feestyd vir Baäl; en hulle het dit uitgeroep. 21 Jehu het ook deur die hele Israel gestuur; en al die dienaars van Baäl het gekom—sodat daar niemand oor was wat nie gekom het nie—en in die tempel van Baäl ingegaan, sodat die tempel van Baäl vol was van end tot end.
2 Konings 10:23 Daarop gaan Jehu saam met Jónadab, die seun van Regab, in die tempel van Baäl in en sê aan die dienaars van Baäl: Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van die HERE hier by julle is nie, net die dienaars van Baäl alleen. 24 En hulle het ingegaan om slagoffers en brandoffers toe te berei; maar Jehu het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak, sy lewe sal in die plek van dié se lewe wees. 25 En toe hy gereed was met die aanbieding van die brandoffer, sê Jehu aan die hardlopers en die adjudante: Kom in, slaan hulle dood, laat niemand uitkom nie! En hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgeslaan, en die hardlopers en die adjudante het hulle uitgegooi en na die stadsdeel van die Baälstempel gegaan. 26 En hulle het die pilare van die Baälstempel uitgebring en dit verbrand 27 en die klippilaar van Baäl afgebreek en Baäl se tempel afgebreek en daar gemakhuisies van gemaak, tot vandag toe. 28 So het Jehu dan Baäl uit Israel uit verdelg.
2 Konings 10:30 Toe sê die HERE vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë—volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het—sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.
2 Konings 10:36 En die dae wat Jehu oor Israel in Samaría geregeer het, was agt en twintig jaar.
Johannes 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Johannes 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Openbaring 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
1 Korinthiërs 6:9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. 11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
Galásiërs 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; 20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; 21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE