Wie is my naaste? (19-01-2025)

Banie Swanepoel:

Lukas 10:27  En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Naaste is ‘n aanduiding van ‘n groep, dit beteken dat hierdie “naaste” liefgehê moet word, maar dan impliseer dit dat die mense buite hierdie groep nie liefgehê moet word nie. Die moderne interpretasie van hierdie term “naaste” is egter dat alle mense jou naaste is.

Indien alle mense mekaar se naaste is, waarom het God dan gesê jy moet jou naaste liefhê soos jouself en nie sommer net gesê jy moet alle mense liefhê soos jouself nie? Die wet van moses was net aan die Israeliete gegee by die berg Sinai en geen ander volk was daar nie. So, wanneer God dan vir hulle sê jy moet jou naaste liefhê, dan praat Hy met die mense by Sinai en hulle moet hulle naaste liefhê.

Levítikus 19:.  (16)  Jy mag nie as ‘n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE.  (17)  Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.  (18)  Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.

Toe koning Jeróbeam goue kalwers vir die tien stamme gemaak het om te aanbid was God se oordeel op hom, maar toe die koning van Egipte, in daardie selfde tyd, saam met sy volk beelde aanbid, het dit God geensins gepla nie en Hy het geen bestraffing teenoor Egipte uitgespreek nie. Die wet van Moses was net vir die twaalf stamme van Israel en geen ander nasie was daardeur beïnvloed nie en geen nasie was onder die wet van Moses nie.

As God dus sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself, het dit net betrekking op die Israeliete. Hulle moet mekaar liefhê, maar toe Moses die Egiptenaar doodslaan beskou God dit nie as ‘n oortreding nie, maar later vermaan Moses twee Israeliete wat met mekaar baklei.

Exodus 2:11-13  En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.  (12)  En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.  (13)  Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?

Die wet van Moses was vir die Israeliete gegee en hulle was mekaar se naaste. Die kinders van die volk was die naaste van die kinders van die volk. ‘n Israeliet se naaste was ‘n ander Israeliet en toe God vir hulle gesê het jy moet jou naaste liefhê soos jouself het Hy bedoel, en hulle verstaan, dat dit hulle mede-Israeliete is. ‘n Egiptenaar was nie ‘n Israeliet se naaste nie en God het nie gesê ‘n Israeliet moet ‘n Egiptenaar liefhê soos homself nie.

Romeine 13:9  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Nou is ons in die tyd van die Nuwe testament en word deur die menigte predikers geleer dat Israel se naaste nou alle mense is. Die vraag wat ons egter moet vra is hoe het ons almal nou mekaar naastes geword as ons nie voorheen was nie? Die menigte predikers se antwoord is maklik: deur die kruis. Dit is dieselfde verduideliking as wat mens van iemand kry wat in ewolusie glo – deur miljoene jare. Niemand verstaan wat dit beteken nie, maar almal aanvaar dit net. “Alles wat ons anders wil sien as wat die Bybel sê, het verander deur die kruis”

Omdat God egter nie alle mense liefhet nie, maak Hy ‘n verbond net met hulle vir wie Hy lief is, naamlik Israel. Hy gee hulle ook die opdrag om mekaar lief te hê soos wat hulle hulself lief het. Die menigte predikers leer ons ook dat die nuwe verbond nie net meer met die Israeliete is nie, maar met alle mense en daarom is almal nou verplig om as mekaar se naaste, mekaar lief te hê. Is dit die waarheid of is die ‘n leuen?

  1. God het nie alle mense lief nie.

Maleági 1:2-4  Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,  (3)  maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.  (4)  As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!

  • God het net een groep mense liefgehad en met hulle ‘n verbond gemaak.

Deuteronómium 7:6-8  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.  (7)  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  (8)  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

  • Hy het Israel liefgehad en hulle uitverkies om sy volk uit al die volke op die aarde te wees en net soos wat Hy hulle liefgehad het, net so moet hulle mekaar ook liefhê.

Johannes 13:34-35  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.  (35)  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

  • Die Ou Verbond het gesê jy moet jou naaste liefhê soos jouself en die Nuwe Verbond sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die naaste tydens die Ou Verbond en die naaste tydens die Nuwe Verbond is dieselfde. Hy maak ‘n nuwe verbond, maar weer met dieselfde mense en sluit nog steeds die ander uit wat nie deel van die verbond is nie.

Jeremia 31:31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Heb 8:8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,

  • Nie alle mense is dieselfde nie, maar net sommige is uit Hom en daarom is sy verbond nie met almal nie.

“Vader jou nie trek nie”, “elke plant wat my Vader nie geplant het nie.” Gelykenis van die vyandige mens. Yahshua noem hulle addergeslag.

Wie is dan my naaste en is ek deel van die verbondsvolk?

God kies ‘n geslag mense uit deur Jakob. Jakob se naam word deur God verander na Israel en al twaalf sy seuns en hulle nageslag word Israeliete genoem. Hy maak met hulle ‘n verbond om vir hulle ‘n God te wees en dat net hulle sy volk sal wees, tot in ewigheid. Hy maak later met dieselfde geslag ‘n nuwe verbond, maar wat nog steeds dieselfde einddoel het, naamlik Hy sal vir hulle ‘n God wees en hulle sal vir Hom ‘n volk wees.

Koning Salomo is koning oor die twaalf stamme, maar omdat hy vroue liefgehad het wat nie sy naaste was nie en met hulle getrou het, vat God die koningskap van Israel van hom af weg. 1 Konings 11:1-2  En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese—  (2)  uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang.

Pasop wie jy liefhet, Salomo was gestraf omdat hy mense liefgehad het wat hy nie mag nie. Jy kan nie rasse meng en sê dit is liefde nie en jy kan nie homoseksuele verhoudings hê en sê dit is liefde nie. Salomo het dit liefde genoem, maar God het dit gehaat.

Omdat God ‘n eed aan Dawid gesweer het dat daar altyd iemand van Dawid se nageslag op die troon van Israel sal sit, vat Hy nie al die stamme van Israel by Salomo weg nie, maar net tien van die stamme. Hierdie tien stamme word hulle eie koninkryk met hulle eie koning en grondgebied. Hierdie tien stamme staan bekend as “die huis van Israel” en die twee stamme wat onder koningskap van Dawid se nageslag bly, staan bekend as “die huis van Juda”.

Hoewel daar nou twee volke was, was albei nog steeds deel van die mense met wie God ‘n verbond gehad het, omdat Hy nog steeds vir hulle lief was. Albei hierdie volke was mekaar se naaste en was saam onder dieselfde verbond.

Hoewel die huis van Israel ook onder die wet van die verbond was, het hulle nie daarby gehou nie en God het hulle in ballingskap laat gaan na Assirië. Hulle was nie net ballinge in ‘n vreemde land nie, maar ook nie meer ‘n koninkryk met ‘n koning nie. Die ergste was dat God ook sy verbond met hulle opgeskort het omdat hulle nie gehoorsaam aan Hom was nie.

Hierdie Assiriese ballingskap het opgehou en die huis van Israel het verstrooi geraak oor die hele bekende wêreld van daardie tyd, die streke van die Middellandse see.

Dit is belangrik om te onthou dat God nie meer met hulle ‘n verbond het nie, maar dit is nog meer belangrik om te onthou dat God sekere mense liefhet en ander nie en hierdie was tien van die twaalf stamme van Israel vir wie God wel liefhet. Sy liefde het nie teenoor hulle verander nie, maar sy verhouding met hulle het verander. Hulle was deel van die verbond by Sinai, maar nou nie meer onder die verbond nie.

Die twee stamme gaan ook in ballingskap, maar hulle bly onder die verbond van God en hulle alleen is op hierdie stadium sy volk en Hy is hulle God. Hulle was nou die enigste Israeliete en die tien stamme was heidene. Na sewentig jaar van ballingskap is die twee stamme ook ‘n verstrooide volk en baie van hulle bly agter in Babilon. Ander het agtergebly in Kanaän tydens die ballingskap en ook hierdie twee stamme raak verstrooi oor die bekende wêreld van daardie tyd.

Die groot gebeurtenis in die geskiedenes was die koms van Yahshua. Hy kom maak ‘n nuwe verbond met sy volk en word die volmaakte offer in hulle plek om hulle siele te red van die hel, maar die volk van God was op daardie stadium net twee van die twaalf stamme. Die tien stamme was nog sonder ‘n verbond. Die profete het egter getuig dat die nuwe verbond met die tien stamme ook sal wees.

Jeremia 31:31-34  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;  (32)  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.  (33)  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  (34)  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Die einddoel van die verbond bly onveranderd, naamlik: Ek sal vir julle ‘n God wees en julle sal vir my ‘n volk wees.

Die mense met wie die verbond is bly ook onverander, hoewel die tien stamme ‘n tyd lank weg van die verbond was. God het oorspronklik ‘n verbond gemaak a.g.v. liefde met sekere mense en dit het nooit verander nie. Met die Nuwe Verbond bring Hy hierdie tien stamme  weer terug onder die burgerskap van Israel.

Efésiërs 2:11-16  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,  (12)  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.  (13)  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.  (14)  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het  (15)  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep  (16)  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

God se liefde vir die mensdom het nie verander nadat Hy vir hulle gesterf het nie, want dan sou Hy nie vir hulle gesterf het nie. As Hy nie vir hulle lief was nie, sou Hy nie vir hulle gesterf het nie, maar omdat Hy reeds vir hulle lief was, het Hy vir hulle gesterf. Hy het juis vir hulle gesterf omdat Hy vir hulle lief is. Hy het nie vir mense gesterf vir wie Hy nie lief is en toe vir hulle lief geword nie. Hy het nie vir Esau en sy nageslag gesterf terwyl Hy hulle gehaat het en toe vir hulle lief geword nie. Hy het vir Israel gesterf en sy liefde het onveranderd gebly, want Hy kan nie verander nie en sy liefde kan nie verander nie. Hy is liefde.

Matthéüs 1:20-21  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  (21)  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Maar wat van Johannes 3:16?  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Johannes 3:16 bevestig dat Hy gesterf het vir mense wat Hy reeds liefgehad het. Omdat Hy die Israeliete liefgehad het, want dit was die enigste mense wat Hy liefgehad het, het Hy sy seun gestuur om vir hulle te sterf. Hy het nie sy seun gestuur om vir die Edomite te sterf nie, want Hy het hulle nog nooit liefgehad nie.

So, wie is my naaste?

Yahshua stuur sy dissipels uit om die evangelie te gaan verkondig en dan mense te doop in sy Naam. Sy dissipels verkondig die evangelie in die omgewing van die Middellandse see wat groot dele van Europa beslaan.

As daar net een geslag is wat deur hom uitverkies is, kan ons deur eliminasie bepaal wie dit is. Is dit die Mongoolse nasies van Asië? Is dit die swart nasies van Afrika? Is dit die Indiër of Arabiese nasies? Is dit die volke van Suid Amerika of Australië? Watter van hierdie nasies was moontlik in slawerny in Egipte en later by die berg Sinai? Was dit dalk die Jode?

 Die Jode is nie ‘n volk of ‘n nasie nie, maar ‘n kultuur. Enige persoon uit enige nasie kan ‘n Jood word as hy wil, as hy net bereid is om die Joodse kultuur aan te neem en lief te kry. Die Jode kan dus nie die volk van die verbond wees nie, omdat die verbondsvolk die nageslag van Jakob is, en hulle is nie ‘n geslag nie, maar ‘n kultuur-organisasie.

Is dit moontlik dat die Europeërs by die berg Sinai was in die tyd van die eerste verbond?  As Paulus na Griekeland, Italië en Spanje reis om vir hulle die evangelie van die Nuwe Verbond te verkondig, het hy dit aan die Europese mense verkondig. Hulle is die verlore twaalf stamme van die huis van Israel en is oor die hele wêreld verstrooi.

Handelinge 26:6-7  En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,  (7)  waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.

Jakobus 1:1  Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!

Johannes 6:60-66  En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?  (61)  En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?  (62)  Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?  (63)  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.  (64)  Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.  (65)  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.  (66)  Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE