– Banie Swanepoel:
Paasnaweek gaan oor die kruisiging en opstanding van Yahshua,
Paasnaweek handel ook oor paashase en paaseiers
Maar waar lees ons van Paasfees in die Bybel?
- Die RKK is die organisasie wat dit ingestel het en jaarliks vier.
- Dit is die grootste fees van die RKK en die tyd wat die meeste lede gebruik om hulle jaarlikse belydenis gaan doen.
- Die Paasfees is nooit op dieselfde datum nie, maar verskil elke jaar, maar is altyd op ‘n Vrydag tot ‘n Maandag.
- Paasfees val altyd saam met die begin van lente in die noordelike halfrond.
- Waarom hou ons dan die Paasfees saam met die RKK as dit nie in die Bybel is nie en as dit nie in die Bybel is nie, wat is die oorsprong en behoort ons dit dan te hou?
- Net soos wat die besnydenis van die Ou Verbond deur die kerke verander is in ‘n doop van kinders wat nie in die Bybel gevind kan word nie, net so is die Pasga, kruisiging en opstanding verander in ‘n Paasfees wat nie in die Bybel gevind kan word nie.
- Die Paasfees is ‘n mengsel van kerkbywoning, paashase en paaseiers. Wat beteken al hierdie dinge en waarom onderhou ons dit?
Die Engelse naam vir Paasfees is “Easter”
Waar kom die naam Easter vandaan? The Catholic Encyclopedia: “The English term [Easter], according to the Ven. Bede, relates to Estre, a goddess of the rising light of day and spring.
- Die oorsprong van hierdie godin kom uit die tyd van die toring van Babel.
- Nimrod se vrou was Semiramis. Nadat Nimrod gesterf het in ‘n jagtog het sy swanger geword. Volgens haar het sy ná Nimrod se dood na die hemel opgevaar waar sy deur Nimrod, nou ‘n god, bevrug was en daarom is sy swanger. Sy het toe in ‘n eier uit die hemel neergedaal na die aarde toe.
- Semiramis het toe ‘n voël in ‘n konyn verander. Hierdie konyn het toe nog steeds die vermoë gehad het om eiers te lê.
- Konyne het die teken van vrugbaarheid en nuwe lewe geword, omdat hulle self so vrugbaar is.
- Net soos wat hulle nuwe lewe verteenwoordig, het Semiramis nuwe lewe gebring, uit die hemel.
- Semiramis het die hemelkoningin geword en is jaarliks met die begin van lente, die begin van nuwe lewe, vereer en aanbid met die paasfees.
- Tydens hierdie tyd van “Estar” het die priesters van Babel gemeenskap gehad met maagde wat dan swanger geword het en wie se kinders gebore word teen 25 Desember en dan geoffer word op die altaar vir Nimrod.
- Die paaseiers wat deur die konyne gelê word, se kleur is rooi en dit dui op die bloed van die kinders wat geoffer was.
Jeremia 44:17-19 Maar ons sal stellig alles doen wat uit ons mond uitgegaan het—om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet soos ons gedoen het, ons en ons vaders, ons konings en ons vorste, in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem; toe is ons met brood versadig en was gelukkig, en ons het geen onheil gesien nie. 18 Maar vandat ons opgehou het om vir die hemelkoningin rook te laat opgaan en vir haar drankoffers uit te giet, het ons aan alles gebrek gehad en het ons deur die swaard en die hongersnood omgekom. 19 En as ons vir die hemelkoningin rook laat opgaan en vir haar drankoffers uitgiet—is dit dan sonder ons mans dat ons vir haar koeke maak om haar af te beeld en drankoffers vir haar uitgiet?
Handelinge 19:24-28 Want iemand met die naam van Demétrius, ‘n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het ‘n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf. 25 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sê hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is, 26 en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus ‘n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie. 27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan. 28 En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesê: Groot is die Diana van die Efésiërs!
Het ons dan geen opdrag in die Bybel gekry om sy dood en opstanding te vier nie?
- Nee, maar ons het wel die nagmaal wat ‘n herdenking is van sy offer wat Hy vir ons gebring het.
- Die instelling van die nagmaal is nie ‘n fees nie, ook nie net ‘n spesifieke dag nie en ook nie ‘n spesifieke manier nie.
- Dit is net ‘n herinnering aan die offer wat Yahshua vir ons gebring het en het geen krag in nie en het ook geen geregtigheid in nie.
Matthéüs 26:17-29 En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet? 18 En Hy antwoord: Gaan na die stad na ‘n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels. 19 Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei. 26 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. 27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. 28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. 29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.
1 Korinthiërs 11:23-26 Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; 24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. 25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. 26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
Die Paasfees het nie die Pasga vervang nie, maar Yahshua het die Pasga vervul.
Exodus 12:5-15 Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. 6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. 7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet. 9 Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed. 10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand. 11 En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ‘n Pasga van die HERE is dit. 12 Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. 13 Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie. 14 En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier. 15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word.
- ‘n Lam sonder gebrek.
- Sy bloed moet aan die deurposte en drumpel gesmeer word en dit sal hulle lewens red.
- Sy bene mag nie gebreek word nie.
- Die hele Lam moet geëet word.
- Ongesuurde brode moet geëet word.
- Eksodus 12:11 En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ‘n Pasga van die HERE is dit. Hulle was op pad uit Egipte na die beloofde land toe.
Mag ons dan nie Paasfees vier nie?
Nee, dit is ‘n afgodsfees. As jy die dood en opstanding van Yahshua wil herdenk, doen dit soos wat Hy dit vir ons gesê het en nie hoe die duiwelaanbidders van die Romeinse kerk dit vir ons geleer het nie. Breek met die dinge van die koninkryk van hierdie wêreld en aanbid God in Gees en in Waarheid.
Eségiël 8:5-18 En Hy sê vir my: Mensekind, slaan tog jou oë op in die rigting van die noorde; en ek het my oë opgeslaan in die rigting van die noorde—en daar was aan die noordekant van die altaar poort daardie afgodsbeeld van ywer by die ingang! 6 En Hy sê vir my: Mensekind, sien jy wat hulle doen, die groot gruwels wat die huis van Israel hier aanrig, dat Ek ver van my heiligdom af moet weggaan? Maar jy sal nog ander groot gruwels sien. 7 Daarop bring Hy my by die ingang van die voorhof. Ek kyk toe—en daar was ‘n gat in die muur. 8 En Hy sê vir my: Mensekind, breek tog deur die muur heen. En ek het deur die muur heen gebreek, en kyk, daar was ‘n deur. 9 Daarop sê Hy vir my: Gaan in, en kyk na die growwe gruwels wat hulle hier doen. 10 Ek gaan toe in en kyk—en daar was allerhande afbeeldinge van afskuwelike kruipende en viervoetige diere, en allerhande drekgode van die huis van Israel wat al rondom op die muur uitgesny was. 11 En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsanja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan. 12 Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? Want hulle dink: Die HERE sien ons nie; die HERE het die land verlaat. 13 En Hy sê vir my: Jy sal nog ander groot gruwels sien wat hulle doen. 14 Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween. 15 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien. 16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste. 17 En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Is dit dan vir die huis van Juda te gering om die gruwels te doen wat hulle hier bedrywe, dat hulle die land met geweld gevul en My nog meer geterg het? En kyk hoe hulle die druiwetak by hulle neus hou! 18 Daarom sal Ék ook in grimmigheid handel; my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; en al roep hulle hardop voor my ore, nogtans sal Ek na hulle nie luister nie.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE