Preke

Jou Geloof Het Jou Gered (27-03-2022)

Jou Geloof Het Jou Gered (27-03-2022)

– Banie Swanepoel:

Die gedeelte wat sê ‘jou geloof het jou gered’ kan so maklik verkeerd opgeneem word. Dit kan so maklik die evangelie van redding so vereenvoudig, dat dit eintlik niks is nie.

Ons gaan na Skrifgedeeltes kyk waar dit voorkom en dan is die gevaar dat ons dit verkeerd verstaan, want dit gaan oor redding. Redding beteken ons is verlore. Verlore beteken jy gaan hel toe. Jy gaan ‘n ewigheid weg van GOD spandeer in die poel van vuur. Stoksiel alleen. Jy gaan alles beleef wat sleg is; eensaamheid, verwerping…

Jy gaan jouself so kasty, net omdat jy verkeerd besluit het…

001 Jou geloof het jou gered (‘n Harde evangelie) 27-03-2022

002 Jou Geloof Het Jou Gered (Wat is hierdie geloof wat ons siele kan red?) 03-04-2022

003 Jou geloof het jou gered – (Liewe Jesus) 10-04-2022

001 ‘n Harde evangelie (27-03-2022)

Lukas 7:37  En toe ‘n vrou in die stad, wat ‘n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy ‘n albaste fles met salf gebring 38  en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf. 

Lukas 7:48  En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. 49  Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe? 50  En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede. 

Lukas 8:43  En ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie, 44  het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. 

Lukas 8:48  En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. 

Markus 2:5  En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe! 

Lukas 18:38  Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig! 

Lukas 18:42  En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered. 

Lukas 23:40  Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — 41  ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. 42  En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. 43  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. 

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

Génesis 22:12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.  

Romeine 4:3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 

Galásiërs 3:6  Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 

Jakobus 2:23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. 

Hebreërs 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

Matthéüs 10:39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. 

Matthéüs 16:25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 

Hebreërs 11:39  En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40  omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. 

Efésiërs 5:15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. 

~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~

002 Wat is hierdie geloof wat ons siele kan red? 03-04-2022

Met die vorige boodskap het ons gesien dit is nie ‘n maklike evangelie nie.

Daar is maklike evangelies daar buite, maar dit lei nêrens heen nie.

Yahshua se dissipels het gesê, die woorde is hard, wie kan daarna luister? Hulle het Hom verlaat, sonder dat Hy hulle gekeer het.

Yashua se evangelie het nie ‘n sydeur waardeur jy kan inglip nie, want dan sal dit nie meer in geregtigheid wees nie. As ons eendag voor die Regter op ‘n onregverdige manier gaan staan, gaan Hy ons nie oorsien nie…

Opsomming van vorige aflewering:

  • Om Hom te glo, is om te doen wat Hy sê en nie om te gee wat die gevolge gaan wees nie, maar tevrede met die uitkoms te wees.
  • Gelowiges is tevrede dat hulle kind geoffer word. (Abraham)
  • Gelowiges is tevrede dat hulle prinsskap in Egipte verval. (Moses)
  • Gelowiges is tevrede om hulle geleerde- en of geestelike posisie in hierdie wêred te verloor. (Paulus)
  • Slegs hulle wat vas glo in ‘n toekomsvisie anderkant die dood, is in staat om hierdie lewe prys te gee en die risiko te neem wat daaraan verbonde is, om in GOD se Woord te glo.

In hierdie aflewering gaan ons kyk na wat hierdie geloof ís, wat ons siele kan red.

‘As jy glo, sal jy gered word’, is ‘n evangelie waarvan twee is. Die werklike manier wat hard is, of die wêreld se manier wat sag is… Die saligheid van jou siel is egter op die spel, daarom kan jy nie verkeerd kies nie.

Jy kry nét één kans. As jy die breë weg gestap het met die verwagting dat jy deur GOD se Koninkryk se poort gaan stap, gaan jy baie teleurgesteld wees as jy eendag daar kom, maar jy word weggewys.

Vereistes om te glo:

  • Soek en begeer dit.
  • Glo soos ‘n kindjie.
  • Vul en vervul jou met GOD se geïnspireerde Woord.

Romeine 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Handelinge 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Markus 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

Matthéüs 6:19  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. 

Matthéüs 6:25  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? 

Matthéüs 6:31  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 

Die NG Kerk En Die Bybel (01.08.2021)

Watter Kerk Is Dan Nou Reg? (1.4.2019)

Openbaring 2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. 

Openbaring 3:10  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. 11  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. 

Lukas 13:23  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 25  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. 26  Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. 27  En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! 28  Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 

~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~

003 Liewe Jesus 10-04-2022

Jou geloof het jou gered / geregverdig. Geregverdig beteken ek is geregtig om voor die Almagtige te staan.

Opsomming:

  • Om Hom te glo, is om te doen wat Hy sê en nie om te gee wat die gevolge gaan wees nie, maar tevrede met die uitkoms te wees.   
  • Gelowiges is tevrede dat hulle kind geoffer word. (Abraham)   * Gelowiges is tevrede dat hulle prinsskap in Egipte verval. (Moses) *  Gelowiges is tevrede om hulle geleerde- en of geestelike posisie in hierdie wêred te verloor. (Paulus) * Nadat hulle die waarheid gehoor het en nadat hulle nog steeds gekruisig gaan word, al vra hulle vir hulp, maar is tevrede al word hul nie gered nie.  (Yahshua in Getsémané)
  • Slegs hulle wat vas glo in ‘n toekomsvisie anderkant die dood, is in staat om hierdie lewe prys te gee en die risiko te neem wat daaraan verbonde is, om in GOD se Woord te glo.
  • Hierdie geloof, red jou.

Hebreërs 11:13  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. 14  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek. 15  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. 16  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei. 

Matthéüs 24:4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 

2 Korinthiërs 11:3  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. (Galásiërs 3:1  o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?)

Jeremia 23:1  Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. 2  Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE. 

Jeremia 23:16  So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie. 17  Hulle sê gedurig aan my veragters: Die HERE het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie. 18  Want wie het in die raad van die HERE gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor? 

Jeremia 23:21  Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer. 

Jeremia 23:25  Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom! 26  Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart— 27  is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl? 

Jeremia 23:32  Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE. 

Jesaja 1:13  Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! 14  Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. 15  En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. 16  Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, 17  leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. 18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 19  As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. 20  Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek. 

Deuteronómium 32:39  Aanskou nou dat dit Ek (Liewe Jesus) is en dat daar geen god naas My is nie; Ek (Liewe Jesus) maak dood en maak lewend, Ek (Liewe Jesus) het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie. 40  Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef— 41  as Ek (Liewe Jesus) my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek (Liewe Jesus) wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde. 42  Ek  (Liewe Jesus) sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders. 43  Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy (Liewe Jesus) sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy (Liewe Jesus) sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk. 

1 Sameul 2:6  Die HERE (Liewe Jesus) ) maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. 

Hoséa 6:1  Kom en laat ons terugkeer tot die HERE (Liewe Jesus) ; want Hy (Liewe Jesus) het verskeur en sal ons genees, Hy (Liewe Jesus) het geslaan en sal ons verbind. 

Jesaja 66:15  Want kyk, die HERE (Liewe Jesus) sal kom in vuur, en sy waens soos ‘n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging. 16  Want met vuur en met sy swaard sal die HERE ((Liewe Jesus) strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE (Liewe Jesus) verslaan is, sal baie wees. 

Jeremia 46:10  Maar dié dag behoort aan die Here HERE (Liewe Jesus) van die leërskare, ‘n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die Here HERE (Liewe Jesus) van die leërskare het ‘n slagoffer in die Noordland, by die Eufraatrivier. 

Númeri 16: 27  En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies. 28  Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie: 

Númeri 16:31  En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, 32  en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. 33  So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering. 

Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 19  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 

1 Timótheüs 6:3  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, 4  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, 5  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense. 6  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. 7  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. 8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 10  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. 20  Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21  Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. 

~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Is Ek Goed Genoeg? (06-02-2022)

Is Ek Goed Genoeg? (06-02-2022)

– Banie Swanepoel:

‘n Baie ope vraag. Is ek goed genoeg om gered te word / Is ek goed genoeg vir Yahshua?

Wat is GOD se standaard vir ons om gered te word?

Daar is duisende verskillende kerk-denominasies in die wêreld en elkeen het hul eie opinie oor hierdie onderwerp. Ons is geneig om aan iets vas te klou wat vir ons geloofwaardig klink, totdat iemand by jou kom met ‘n ander evangelie, dan twyfel jy weer.

Kom ons staan terug, maak ons los van die suurdeeg en oorlewering en kyk wat staan daar geskrywe…

Jesaja 61:1  Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis; 

Jesaja 61:3  om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ‘n planting van die HERE, tot sy verheerliking. 

Handelinge 15:35  En Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig. 

Matthéüs 7:22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 

Galásiërs 4:1  Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; 2  maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. 3  So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. 4  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, 5  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 6  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 7  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. 

Galásiërs 4:1  Maar ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy niks van ‘n dienskneg nie, al is hy heer van alles; 2  maar hy staan onder voogde en bestuurders tot op die tyd tevore deur die vader bepaal. 3  So was ons ook, toe ons kinders was, in diensbaarheid onder die eerste beginsels van die wêreld. 4  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, 5  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 6  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 7  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. 

2 Korinthiërs 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. 

Matthéüs 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 

Hebreërs 6:1  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God, 

Hebreërs 6:4  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, 6  en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hinkepink Of Huppel In Jou Stap (20-03-2022)

Hinkepink Of Huppel In Jou Stap (20-03-2022)

– Stefan Botha:

Kom ons kyk wat sê die woordeboek oor hierdie twee gedagtes en dan kyk ons of dit in die Woord van GOD voorkom en as dit daar voorkom, of ons iets daaruit kon leer.

hinkepink: mankerig, kreupel, moeilik, sukkelend, mank aanstap

huppel in jou stap: dansend rondspring, met sprongetjies voortbeweeg, vrolikheid, blydskap

Handelinge 3:2  En daar is ‘n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was; hulle het hom elke dag neergesit by die tempelpoort wat die Skone genoem word, om ‘n aalmoes te vra van die wat in die tempel ingaan. 

2 Korinthiërs 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, 4  wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word. 

Jeremia 50:11  Al is julle verheug, al jubel julle, plunderaars van my erfenis, al huppel julle soos ‘n vers wat graan dors, en runnik julle soos die hingste— 12  julle moeder staan grootliks beskaamd; sy wat julle gebaar het, is rooi van skaamte. Kyk, sy is die agterste van die nasies, ‘n woestyn, ‘n dor land en ‘n wildernis. 13  Weens die toorn van die HERE sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al ‘n wildernis wees; elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae. 

Joël 2:4  Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle. 5  Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ‘n vuurvlam wat die kaf verteer, soos ‘n magtige volk wat vir die geveg opgestel is. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 

Psalm 90:9  Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte. 10  Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen. 

Hebreërs 9:27  En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28  so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. 

Lukas 13:18  En Hy het gesê: Hoedanig is die koninkryk van God en waarmee sal Ek dit vergelyk? 19  Dit is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man geneem en in sy tuin gesaai het; en dit het gegroei en ‘n groot boom geword, en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke. 20  En weer het Hy gesê: Waarmee sal Ek die koninkryk van God vergelyk? 21  Dit is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is. 22  En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan. 23  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 25  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. 26  Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. 27  En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! 28  Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. 29  En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God. 30  En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees. 

1 Konings 19:2  Daarop stuur Isébel ‘n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen—sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. 3  Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; 4  maar self het hy ‘n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ‘n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie. 

Handelinge 12:3  En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode. 

Handelinge 7:54  En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners. 55  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. 56  En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan. 57  Maar hulle het met ‘n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm. 58  En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van ‘n jongman met die naam van Saulus. 59  En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees! 60  En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap. 

Matthéüs 16:24  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. 25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? 27  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. 

2 Timótheüs 4:6  Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby. 7  Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 

Romeine 8:18  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. 23  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. 24  Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? 25  Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. 26  En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 27  En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. 28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 

Jakobus 2:14  Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? 15  As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, 16  en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit? 17  Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. 18  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. 19  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. 20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? 21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 22  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? 23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. 24  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? 

Hebreërs 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Heidene en die Verbonde (25-09-2016)

Die Heidene en die Verbonde (25-09-2016)

– Banie Swanepoel:

As ‘n mens die Bybel net lees asof jy hom die eerste keer lees, dan gaan hierdie geheimenis eintlik baie eenvoudig wees. Jy gaan dit lees en dit gaan net vir jou sin maak en jy gaan sien, dit is soos dit is.

Maar voordat jy die kans kon gekry het om dit te lees, was jy reeds beïnvloed. Ander mense het jou gesê hoe dit werk.

Die tyd waarin ons in leef, is die tyd waar die Woord van GOD verdraai word. Satan het elke onderwerp gaan verdraai en ons is só deurmekaar, dat ons nie weet wat aangaan nie. Hierdie onderwerp is een van die grootste onderwerpe wat verdraai is, en dit verander die inhoud van die Skrif in geheel…

Kom ons loop nou kronologies deur die Ou Testament en kyk hoe dinge geloop het, dan sal alles vir ons sin maak wanneer ons by die Nuwe Testament kom.

Génesis 17:7  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

Exodus 19:1  In die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom—

Exodus 19:5  As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. 6  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

Deuteronómium 7:7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. :8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.

Psalm 47:3  Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde. 4  Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete. 5  Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.

Jesaja 43:1  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Númeri 1:20  En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel—hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek—

Númeri 1:47  Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie.

Rigters 1:1  En ná die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg? 2  En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand. 3  Toe sê Juda aan sy broer Símeon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek;

1 Sameul 18:14  En Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die HERE was met hom. 15  Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword. 16  Maar die hele Israel en Juda het Dawid liefgehad, want hy het voor hulle uit— en ingegaan.

2 Samuel 2:1  En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die HERE het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.

2 Samuel 2:4  Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sê: Dit is die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het,

2 Samuel 2:8  Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahanáim 9  en hom koning gemaak oor Gílead en oor die Asuriete en oor Jísreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel. 10  Veertig jaar oud was Isbóset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.

2 Samuel 5:1  Toe kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!

2 Samuel 5:3  So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle ‘n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

2 Samuel 5:5  In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

2 Samuel 24:8  So het hulle dan deur die hele land rondgetrek en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae. 9  En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en Israel was agt honderd duisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyf honderd duisend man.

1 Konings 4:20  Juda en Israel was talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly. 21  Verder was Salomo heerser oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.

1 Konings 12:16  Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.

1 Konings 12:19  So het die Israeliete dan van die huis van Dawid afvallig geword tot vandag toe. 20  Sodra die hele Israel gehoor het dat Jeróbeam terug was, het hulle hom na die vergadering laat roep en hom oor die hele Israel koning gemaak; niemand het die huis van Dawid gevolg nie, behalwe die stam van Juda alleen.

2 Konings 17:21  Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeróbeam het Israel agter die HERE weggetrek en hulle ‘n groot sonde laat doen. 22  En die kinders van Israel het gewandel in al die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het, hulle het daar nie van afgewyk nie; 23  totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.

2 Konings 17:18  So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.

Hoséa 1:6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7  Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.

2 Konings 24:10  In dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

2 Konings 24:14  En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tien duisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land.

Jeremia 33:23  Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24  Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.

Génesis 15:5  Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. 6  En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

Génesis 32:11  Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders. 12  U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.

Jeremia 31:35  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.

Romeine 9:24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

Hoséa 1:8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!

Matthéüs 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos

Matthéüs 2:5  En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: 6  En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.

Miga 5:1  En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

Jeremia 31:31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Efésiërs 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 17  En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 18  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. 19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, 20  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, 21  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, 22  in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Of ek lewe en of ek sterwe, ek het hoop (22-09-2018)

Of ek lewe en of ek sterwe, ek het hoop (22-09-2018)

– Banie Swanepoel:

“Of ek lewe en of ek sterwe…” Ironies, almal van ons wat hierdie boodskap luister, behoort al te gesterwe het, want as jy nie gesterf het nie, kan jy nie in Yahshua lewe nie en dit is jou dood.

Nou dink net ‘n bietjie daaraan, jy is eers vry van die eerste verbond nádat jy gesterf het en jy sterf ín Yahshua, waarvan Hy ons die teëbeeld, die doop, gegee het. “Sterf = graf”. Jy gaan in die graf in saam met Hom en staan op.

Daai dag wat jy uit die graf uit opgestaan het, wat jy begin lewe het, is die begin van jou ewige lewe. Moenie dink jy het eers die ewige lewe as Yahshua terugekom  nie.

Jy het reeds die ewige lewe ontvang.

Galásiërs 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Kollosense 1:23  as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.

1 Korinthiërs 13:12  Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is. 13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

Jesaja 17:9  In dié dag sal die stede wat sy toevlug was, wees soos die bouvalle van die bos en van die bergtop wat verlaat is vanweë die kinders van Israel, en dit sal ‘n wildernis wees. 10  Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke; 11  die dag as jy plant, laat jy dit groei, en in die môre laat jy jou saad uitspruit; maar dit sal wees ‘n hoop geoeste graan op die dag van krankheid en ongeneeslike smart.

1 Johannes 3:1  Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. 2  Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. 3  En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

Romeine 8:20  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. 23  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

1 Petrus 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 4  sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 5  wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. 6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;

Kollosense 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4  Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.

Hebreërs 6:11  Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe; 12  sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.

Romeine 5:1  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; 2  deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. 3  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, 4  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;

Lukas 19:12  Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom. 13  En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. 14  Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. 15  En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. 16  En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak. 17  En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. 18  En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien. 19  En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede. 20  En ‘n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het; 21  want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie. 22  Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie. 23  Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het. 24  En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het— 25  en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde 26  want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het. 27  Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Werke wat nie red nie  (02-07-2017)

Werke wat nie red nie (02-07-2017)

– Banie Swanepoel:

Julle het seker al daai ding gelees wat altyd so nou en dan op die Internet by jou verbykom van die omie wat op sy sterfbed lê en dan sê hulle; wanneer jy op jou sterfbed lê dan dink jy nie aan al die kere wat jy nie kon kantoor toe gaan om jou werk te doen nie, of jy dink aan al die kere wat jy nie die tyd reg gespandeer het nie. Tye wat jy saam met jou gesin kon gewees het. Tye waar jy dinge kon gedoen het wat belangrik is… Maar ons dink eers daaraan wanneer ons op die stefbed lê. Dan dink ons  ‘oeeee ek moes eintlik meer tyd aan dit spandeer het en meer tyd aan dat, maar nou het ek die heeltyd gewerk, of ek het heeltyd ge-dit en ge-dat.

Hierdie boodskap word daarmee vergelyk, wat weer ‘n vermaning is en wanneer ons nou eendag voor die troon van die Regter staan, dan gaan jy nie sê, ‘ek wens ek was ‘n bietjie minder vermaan nie’, jy gaan sê ‘ek wens ek was ‘n bietjie meer vermaan, want nou kom dit by ‘n tyd wat dit tel.

So, wanneer hierdie boodskap vir jou weer ‘n vermaning is…, ons moet mekaar vermaan. Dit is wat die Skrif sê. Ons moet vir mekaar sê: ‘Is jy nog reg?’, ‘Loop jy nog die pad?’, ‘Hou jy nog aan die regte goed vas?’. En vir die wat nog nie op die regte pad is nie: ‘Is jy darem al daar?’.

Ons moet gereeld herinner word.. Want die Skrif sê vir ons, die pad is smal en min sal dit vind en die poort is nou en ons moet die Koninkryk van God met geweld bestorm, want dit is nie maklik nie.

1 Petrus 1:8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Lukas 6:46  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?

1 Petrus 1:17  En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;

Matthéüs 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Matthéüs 15:7  Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: 8  Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. 9  Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

Eségiël 33:30  En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise—hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die HERE uitgaan. 31  En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.

Johannes 12:24  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. 25  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. 26  As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Matthéüs 18:3  en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

2 Korinthiërs 3:15  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; 16  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Johannes 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 3  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het. 4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7  As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry. 8  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.

Kollosense 1:3  Ons dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, 4  omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges, 5  vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie, 6  wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;

Galásiërs 5:22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

1 Kollosense 13:4  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid. 7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Johannes 15:12  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Jesaja 30:18  En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! 19  Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou. 20  Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie—maar jou oë sal jou leraars sien; 21  en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

Hebreërs 12:11  Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. 12  Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; 13  en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.

Jakobus 5:7  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. 8  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE