Preke

Geloof wat kan red (2020)

Geloof wat kan red (2020)

– Banie Swanepoel:

Die pad na saligheid, is álles of niks.

Wat is hierdie “álles”?

Geloof.

Wat is geloof?

Kom ons kyk wat sê VADER se Woord oor “geloof”.

001 Geloof wat kan red (Alles of niks) 05-07-2020

002 Geloof wat kan red (Werke wat red) 12-07-2020

001 (Alles of niks) 05-07-2020

Die pad na saligheid, is álles of niks.

Wat is hierdie “álles”?

Geloof.

Wat is geloof?

Kom ons kyk wat sê VADER se Woord oor “geloof”.

Romeine 10:5  Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 6  Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; 7  of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? 8  Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: 9  As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11  Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Jakobus 2:20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? 21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 22  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? 23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. 24  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?

Génesis 12:1  En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. 2  En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.

Génesis 12:4  Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

Hebreërs 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.

Hebreërs 11:15  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. 16  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

Hebreërs 11:13  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. 14  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.

*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*.~*

002 (Werke wat red) 12-07-2020

As ons kyk na die onderwerp “Geloof wat kan red”, beteken dit dat daar geloof is wat nie kan red nie. Petrus sê die geloof sonder die werke is nutteloos, maar ons word geleer in hierdie wêreld om net te glo en jy sal gered word.

Wat ‘n ontnugtering eendag dat jy verkeerd geglo het, want jy kan nie net glo wat jy wil nie.

Geloof het ‘n gevolg.

Jy kry werke wat red en werke wat nie red nie, alhoewel dit dieselfde werke is.

Werke wat nie red nie

Génesis 22:1  Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! 2  Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys. 3  Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het. 

Génesis 22:10  Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag. 11  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! 12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie. 

Deuteronómium 8:2  En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. 

1 Petrus 4:12  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel. 14  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik. 

1 Petrus 4:19  So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade. 

Romeine 8:35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. 37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 

Gálasiërs 5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; 17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 

Johannes 3:8  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. 

Efésiërs 6:16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 

Exodus 17:1  Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. 2  Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE? 3  Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom? 4  Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my. 

Exodus 17:6  Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel 7  en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie? 

Levítikus 10:1  En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie. 2  Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. 

Númeri 16:1  En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem, 2  en hulle het opgestaan voor die oë van Moses saam met twee honderd en vyftig man uit die kinders van Israel, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die volksvergadering, manne van naam. 3  En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE? 4  Toe Moses dit hoor, het hy op sy aangesig geval; 5  en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom. 

Númeri 16:8  Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi! 9  Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie, 10  en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou—dat julle nou ook die priesteramp begeer? 

Númeri 16:12  En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie. 13  Is dit nie genoeg dat jy ons uit ‘n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie? 

Númeri 16:23  En die Here het met Moses gespreek en gesê: 24  Spreek met die vergadering en sê: Maak dat julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram! 25  Toe het Moses opgestaan en na Datan en Abíram gegaan, en die oudstes van Israel het agter hom aan gegaan. 

Númeri 16:31  En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, 32  en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Bosdiens 3 (28-06-2020)

Bosdiens 3 (28-06-2020)

– Banie Swanepoel:

Watter tipe verhouding het ons met ons GOD?

Daar ongeveer 37 000 verskillende kerke in die wêreld. Dit beteken 37 000 verskillende opinies van wie GOD is en van wat in die Bybel staan.

Kom ons kyk wie is ons GOD en hoe wil hy aanbid word.

In hierdie boodskap ingesluit: Die verduideliking van die Heilige Name (Yahweh en Yahshua)

Génesis 18:16  Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring. 17  Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen, 

2 Kronieke 20:7  Het U, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie? 

Jakobus 2:23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.

Lukas 15:18  Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19  en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. 20  En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. 21  En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23  En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. 

Johannes 15:15  Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 

Johannes 20:17  Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God. 

Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 

Johannes 1:14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. 

Matthéüs 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 

1 Petrus 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 

Openbaring 20:4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Hervorming (2020)

Die Hervorming (2020)

– Banie Swanepoel:

Hierdie onderwerp is baie aktueel en baie van toepassing op ons almal, want Martin Luther is ‘n goeie voorbeeld van iemand wat bly soek het na wat hy moet doen, om saligheid te kan kry. Hy het die hele wêreld aan die brand gesteek met sy hervorming , maar vir hom het die nie gegaan oor ‘n protes nie, dit het gegaan oor sy eie siel.

Met hierdie reeks moet ons kyk waar trek ons, met ons saligheid.

Ons gaan in die geskiedenis delf en kyk wat met Martin Luther gebeur het.

001 Die hervorming (Martin Luther) 10-05-2020

002 Die hervorming (Luther was net die begin) 17-05-2020

003 Hervorming (Calvyn A) 25-05-2020

004 Die Hervorming (Calvyn B, Uitverkiesing) 31-05-2020

005 Hervorming (Calvyn C) 07-05-2020

006 Die Hervorming (Calvyn D, Uitverkiesing vervolg) 14-06-2020

007 Die Hervorming (Calvyn D-vervolg – Waar trek ons en waar is ons op pad heen?) 21-06-2020

001 (Martin Luther) 10-05-2020

Martin Luther 10 November 1483 – 18 Februarie 1546
Romeine 1:17  Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 

Deuteronómium 4:27  En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. 28  En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. 29  Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. 30  As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. 

Lukas 11:9  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 

Renaissance

1 Petrus 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. 

Filippense 2:12  Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 

Martin Luther Wittenberg
FREDERIK DIE WYSE 1463–1525

Romeine 1:17  Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 

Jan Hus (1369-1415)
Johann Tetzel 1465 – 11 Augustus 1519
Martin Luther – 95 Tesisse op die kerkdeur vasgespyker
Pope Clement VII
Charles the Fifth

Martin Luther’s 497 Letters

Waarteen Martin Luther geprotesteer het:

  • Die aflaatbriewe en ander verdienste van saligheid.
  • Nagmaal (Mass).
  • Belydenis teenoor ‘n priester.

Wat Luther geglo het:

  • Nét die Bybel is die Woord van GOD.
  • Verlossing is deur genade en nie verdienste nie.
  • Alle gelowiges is priesters.
  • Daar is geen verlossing deur die kerk of die kerkstelsel nie.
  • Die pous is die man van sonde en die Antichris.
  • Die Jode is nie die volk van GOD nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.

Die drie groot verskille tussen die Hervormers:

  • Martin Luther se geloof oor die werke vs. geloof.
  • Die geloof betreffende die uitverkiesing.
  • Die gesag van die Bybel.
Desiderius Erasmus

******************

002 Die hervorming

(Luther was net die begin) 17-05-2020

Ons skop hierdie aflewering oor die Hervorming af met Markus 4:26  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; 

Hierdie is ‘n baie groot beginsel van saad en as ons sê Martin Luther was net die begin van die Hervorming, moet ‘n mens in ag neem hy was iemand wat in baie duister omstandighede gelewe het.

Die kerk waarin hy was, het geen lig gehad nie en hy het tot ‘n ontdekking gekom van Lig, maar daar was nog so baie duister… Dit is so goed soos iemand wat geen mediese agtergrond het nie, ‘n mediese kursus ontdek van hoe om ‘n hartoorplanting te doen en dan moet hy in ‘n maand se tyd ‘n hart oorplant. Dit gaan nie werk nie. Daar is net te veel kennis en inligting om te absorbeer.

Martin Luther was omtrent in dieselfde situasie.

Hy was in die kerk met al hierdie verdraaïngs en leuens en dit wat hy agtergekom het, was net die begin en dit plaas ‘n onus en ‘n verpligting op elkeen van ons, om aan te gaan met daai Hervorming.

Ons kan nie gaan stilstaan by dit wat Martin ontdek het nie.

Konstantyn die Grote

1 Petrus 2:2  en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, 

Enkele punte van die oorspronklike evangelie (onvervalste melk) vóór Konstantyn soos in die Skrif opgeskryf:

  • Yahshua (GOD self, die VADER) is die Woord wat vlees (Mens) geword het en onder ons kom woon het. Hy het gepraat en dit is opgeskryf en sodoende sit ons vandag met die Woorde van GOD. Johannes 1:1  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon…
  • Yahshua sê as ons Hom nie eet nie, het ons geen deel aan Hom nie. Johannes 6:47  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. 48  Ek is die brood van die lewe. 49  Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. 50  Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. 51  Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. 52  Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet? 53  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. 54  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 55  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. 56  Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. 57  Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. 58  Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe. 
  • Yahshua waarsku teen die kakiebos van Sy tyd en dit wat nog gaan kom. Matthéüs 7:14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.    Matthéüs 16:6  Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs. 11  Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie? 12  Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs.    Matthéüs 24:4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.    Kollosense 2:8  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.       
  • Yahshua se Woord is soos saad en word in goeie grond gesaai.  Markus 4:26  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad (die Woord van GOD) in die grond (harte) gooi; 27  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. 28  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.     Matthéüs 13:19  As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 20  En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; 21  maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. 22  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. 23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig. 
  • Daar is letter of daar is Gees. (akademie of bo-natuurlike openbaringe)  Johannes 6:54  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe…  1 Korinthiërs 2:12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. (Die bo-natuurlike mens neem die dinge van die Gees van GOD aan.)    Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.   Johannes 16:12  Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. 13  Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.    Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Romeine 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

1 Korinthiërs 2:3  Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; 4  en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 5  sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. 6  Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. 7  Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, 

1 Korinthiërs 2:12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 

******************

003 Hervorming

(Calvyn A) 25-05-2020

In die eerste twee aflewerings het ons gekyk na Martin Luther, wat hy gedoen het en hoekom hy dit gedoen het. Sy groot dryfveer was sy vrees vir die dood en die hel.

Die kerk waarin hy was, was die Roomse Kerk en hulle het hom geleer as jy nie goed genoeg was nie, gaan jy brand.

Hy het die voorval met die weerlig gehad en toe is hy sy lewe lank op soek na geregtigeheid.

As ons kyk na Johannes Calvyn, dan is dit ‘n ander situasie, want Calvyn het ‘n ander motief gehad.

Ons het die periodes opgedeel in 500-jare, sodat ons kan byhou met waar ons trek met die geskiedenis.

Yahshua was die jaar 0. Die jaar 500 na Yahshua het die Roomse Kerk oorgeneem en begin funksioneer as ‘n magtige organisasie.

Martin Luther (1501).

In 1509 is Calvyn gebore in Frankryk. Martin Luther (gebore 1483 te Duitsland en in 1501 begin studeer) was toe al klaar gestudeer (26 jaar oud).

1520 begin die Hervorming volwassenheid bereik. Daar was ‘n struktuur en ‘n organisasie. Calvyn was toe 11 jaar oud.

Hy studeer later as ‘n prokureur en kry baie te doen met Luther se lering en protestantisme. Hy het aanvanklik begin studeer in teologie en toe oorgeskakel prokureur toe. Presies die teenoorgestelde as wat Martin Luther dit gedoen het.

Calvyn word ‘n protestant in 1530 toe hy 21 jaar oud was. Direk na hy ‘n protestand geword het, word hy ‘n leier onder die protestante in Parys. In 1536 het die protestante in Parys, Frankryk, begin om die koning en sy regering te weerstaan.

Calvyn vlug na Strasburg, Duitsland. Op pad na Strasburg, slaap hy oor in Genève, Switserland en terwyl hy daar was, hoor die stadsraad in Genève dat Calvyn daar is en hulle vra hom om daar te bly om te help met die oorskakeling van Rooms-Katolisisme na Protestantisme.

Weens beweerde kettery twee jaar later, sit Calvyn sy tog voort na Strasburg, Duitsland. Daar ontmoet hy ‘n ene Bootser wat hom verder leer.

In 1561 is hy op versoek van Genève, weens bandelose protestante, terug daarheen.

Daar het hy kerkstrukture en verloop van die moderne kerkdiens vasgestel, soos bv. gemeenteraad, vooraf sang ens.

Johannes Calvyn 10 Julie 1509 – 27 Mei 1564

1559, net voor sy dood, publiseer hy sy institusie wat die fondament van die meeste protestante kerke op gebou is.

  • Boek een handel oor GOD as Skepper.
  • Boek twee handel oor Yahshua as Verlosser.
  • Boek drie handel oor die genade en die uitverkiesing.
  • Boek vier handel oor die kerklike gemeenskap in Christus.

2 Petrus 3:9  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. 

Génesis 6:5  Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, 6  het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. 

Génesis 18:26  Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil. 

Eségiël 33:10  En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg—hoe kan ons dan lewe? 11  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 

2 Korinthiërs 5:18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 

Handelinge 8:36  En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? 37  Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. 38  En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. 

1 Petrus 3:18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 

Romeine 6:3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. 

Hebreërs 4:9  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11  Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. 12  Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. 

Kollosense 2:8  Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. 

Kollosense 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. 

******************

004 Die Hervorming

(Calvyn B, Uitverkiesing) 31-05-2020

Dit is belangrik om die vorige boodskappe in hierdie reeks te luister, om by te hou met die geskiedenis van die Hervorming.

Ons is besig met die “Institusiereeks” van Calvyn se vier boeke.

Wanneer mens dit behadel, sien mens dat die boeke eintlik so verwant is aan mekaar, dat dit nie individueel behandel kan word nie, want dit is almal as gevolg van dieselfde oortuiging.

Die oortuiging gaan oor die aanvanklike uitverkiesing en soewereiniteit van GOD, voor die grondlegging van die aarde en dit het Calvyn se hele gedagtewêreld beïnvloed.

Dit is ‘n baie belangrike onderwerp, want dit is in die Bybel. Calvyn het dit nie uit sy duim uitgesuig nie. Dit het egter baie gevolge en dit is waanra ons in boek drie van Calvyn se Institusiereeks gaan kyk.

Ons begin met Efésiërs 1: 3 – 5, want dit is een van die baie belangrike gedeeltes wat Calvyn se denke beïnvloed het.

Of ons nou met Calvyn saamstem of nie, ons kan nie verse soos hierdie ignoreer nie, want Calvyn staan baie sterk daarop. Hy het teenstanders wat ook daarna kyk, maar dit net ignoreer, want die onderwerp is vir hulle te groot en te moeilik om te verstaan.

Efésiërs 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, 5  deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 6  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 

Johannes 6:65  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. 66  Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. 

Johannes 13:18  Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig. 

Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 

Romeine 9:11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 

Matthéüs 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30  want my juk is sag en my las is lig. 

Johannes 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Matthéüs 20:16  So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep, maar min uitverkies. 

Matthéüs 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies. 

Matthéüs 18:8  En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. 

Matthéüs 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 

Johannes 13:18  Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig. 

Levítikus 20:2  Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig. 3  En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. 

Jeremia 32:34  Maar hulle het hul verfoeisels neergesit in die huis waar my Naam oor uitgeroep is, om dit te verontreinig; 35  en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan—iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig. 

Jeremia 29:11  Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee. 12  Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister. 13  En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart. 14  En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE,…

Romeine 2:7  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe; 8  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn; 9  verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; 

Markus 13:23  Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê. 24  Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, 25  en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word. 

2 Petrus 3:17  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie. 18  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen. 

Deuteronómium 30:17  Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, 18  dan verkondig ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng in die land waarheen jy oor die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem nie. 19  Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

Jesaja 14:13  En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde.  

Judas 1:6  En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; 

Romeine 10:1  Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2  Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3  Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 

2 Timótheüs 2:10  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid. 

The Predestination Debate – White vs Brown

******************

005 Hervorming

(Calvyn C, Uitverkiesing vervolg) 07-05-2020

Die gedeelte waarby ons uitgekom het oor die uitverkiesing is eintlik nie beplan gewees as deel van die voorbereiding nie, maar dit is so ‘n groot faktor in Calvyn se lering, dat ons daarna moet kyk.

Dit is eintlik totaal waarom Calvyn se lering draai. Hy begin met die beginsel dat GOD voor die tyd uitverkies het en dat ons nie ‘n aandeel het nie.

Dan is daar ‘n ander kamp wat met Calvyn verskil, wat sê dat alle mense gelyk geskape is, daar geen uitverkiesing tot verlossing is nie en dat GOD almal wil red.

Albei partye is Christene, albei partye lees uit dieselfde Bybel, maar verskil so ver as van die Ooste na die Weste.

Hierdie twee verskille maak dit vir ons belangrik om te kyk wat en hoe die uitverkiesing is.

Tussen hierdie twee groepe, staan Romeine 9.

Altwee hierdie groepe sou dit baie makliker gehad het as Romeine 9 nie daar was nie, want dan het Calvyn nie so ‘n groot probleem met die uitverkiesing gehad nie en die ander groep sou dan ook nie.

Dit wat Calvyn sê word redelik geondersteun in Romeine 9, maar ons het nou met die vorige boodskappe gesien dat Calvyn se gevolgtrekking maak dat ons dan eintlik ‘n vreemde GOD aanbid, wat ons verkwalik vir dade wat ons doen, wat ons nie eintlik self doen nie.

Wanneer die teenkant van Calvyn Romeine 9 lees, dan is dit vir hulle ‘n baie groot tameletjie en hulle wil die hele hoofstuk interpreteer, aanpas en verander, want as jy lees wat daar staan, dan is Calvyn reg.

In hierdie aflewering gaan ons na Romeine 9 kyk en na ‘n derde opsie betreffende die uitverkiesing van GOD.

2 Timótheüs 3:14  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 

Romeine 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 

Romeine 8:32  Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? 33  Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. 

Romeine 8:37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 

Romeine 9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2  dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 6  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9  Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê. 10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1:1  Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, (twee stamme) en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel (tien stamme). 2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3  Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel (tien stamme). 5  Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel (tien stamme) ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7  Maar oor die huis van Juda (twee stamme) sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie (tien stamme). 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel (tien stamme) wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle (tien stamme) gesê word: Julle (tien stamme) is nie my volk nie—sal aan hulle (tien stamme) gesê word: Julle (tien stamme) is kinders van die lewende God (Romeine 9). 11  Dan sal die kinders van Juda (twee stamme) en die kinders van Israel (tien stamme) almal saam vergader en vir hulle (al twaalf stamme) een hoof (Yahshua) aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 

Romeine 9: 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode (twee stamme) nie, maar ook uit die heidene (tien stamme)? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk (tien stamme) is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin (tien stamme) is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle (tien stamme) gesê is: Julle (tien stamme) is nie my volk nie! daar sal hulle (tien stamme) genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1: 11  Dan sal die kinders van Juda (twee stamme) en die kinders van Israel (tien stamme) almal saam vergader en vir hulle (al twaalf stamme) een hoof (Yahshua) aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 

Deuteronómium 7:6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 

Jesaja 43:1  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 

Jeremia 33:23  Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24  Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25  So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26  dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm. 

Matthéüs 1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Lukas 1:30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 

******************

006 Die Hervorming

(Calvyn D, Uitverkiesing vervolg) 14-06-2020

Martin Luther se motief vir hervorming, was anders as die ander hervormers, want vir hom het dit gegaan oor die saligheid van sy siel.

Ons moet onsself gaan meet en kyk waarmee is ons besig en wat ons doel is. – 1 Petrus 1:9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. 

Die einddoel van ons geloof, is wat ons glo en waar ons dit kry en hoekom ons dit glo, want dit gaan ‘n invloed hê op die saligheid van ons siel.

In die vorige aflewering het ons gesien Calvyn sê:

  • Voor die grondlegging van die wêreld het GOD uitverkies wie Hy wil.
  • Alle mense is gebore in hulle sonde en is dood in hulle sonde.
  • Die wat deur GOD uitverkies word, word deur GOD lewend gemaak en hulle reageer op Sy uitnodiging op verlossing.
  • Omdat GOD uitverkies het en roep, kan die uitverkorenes nie Sy roep weerstaan nie.
  • Yahshua het net gesterf vir die uitverkorenes en net GOD weet wie hulle is.
  • Hy is genadig oor wie Hy wil en Hy verwerp wie Hy wil. Sommiges is geskape om veroordeel te word en in die hel in te gaan en ander is geskape om gered te word.

Die probleem met Calvyn se uitlegging betrekking tot die saligheid as gevolg van die uitverkiesing, is dat hy nie ‘n oplossing het nie.

‘n Paar punte uit die Skrif wat nie strook met Calvyn se siening nie:

  • GOD sê bekeer jou van jou verkeerde werke. Calvyn sê dit is nie nodig nie, want of jy bekeerd is, of nie bekeerd is nie, jy is óf uitverkies, óf jy is nie uitverkies nie.
  • GOD se Woord sê ons het ‘n keuse. Calvyn sê ons het nie ‘n keuse nie.
  • Om kinders aan Molog te offer het nie in GOD se hart opgekom nie.
  • Die oordeel sal in regverdigheid geskied en niemand sal veroordeel word vir dade wat hulle nie self voor verantwoordelik is nie.
  • Indien GOD veroorsaak dat mense sonde doen, is Hy die uitvinder en outeur van sonde.
  • As die mens geen keuse of invloed het nie, waarom neem ons deel aan godsdiens? Wat is ons veronderstel om te doen?

Die Anti-Calviniste se verklaring van die weg na saligheid is as volg:

  • Niemand is deur GOD uitverkies nie en niemand is verwerp nie.
  • Die gedeeltes in die Skrif wat praat van die uitverkiesing voor die grondlegging van die aarde, stem nie ooreen met die algemene boodskap van verlossing nie en daarom moet ons dit in konteks lees en verstaan en dan ook verander.
  • Alle mense is verlore as gevolg van die sondeval en Yahshua het Sy lewe gegee sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
  • Alle mense word deur GOD geroep en hulle het ‘n keuse of hulle wil luister of nie.
  • Die wat luister en hulle bekeer volgens GOD se voorskrif, sal verlos word.

Probleem met die Anti-Calvinistiese siening:

  • GOD haat vir Esau en sy nageslag tot in ewigheid.
  • Wat gebeur met die nie-uitverkorenes van die Ou Testament?
  • Net die wat deur My VADER getrek word, kan na My toe kom.

Die alternatief, opsie drie, antwoord al die vrae. Elke probleemskrif wat jy lees, kan verklaar word, sonder om dit te verander.

  • GOD het vir Hom ‘n volk uitverkies om hulle alleen genadig te wees, soos wat Hy in Romeine 9 en Hoséa 1 sê. (Abraham – Isak – Jakob – Israel > 12 Stamme)
  • Hulle almal (maar nét hulle) word deur GOD geroep en binne die volk het elkeen ‘n keuse om na Sy roepstem te luister, of om dit te verwerp.
  • Die wat GOD se genade verwerp, sal in geregtigheid veroordeel kan word.
  • Die wat gehoor gee en hulle bekeer, sal deur genade verlos word.
  • Yahshua het nét vir die uitverkorenes gesterf.
  • Uitverkiesing is dus nie tot saligheid nie, maar tot ‘n verbond met GOD en die wat aan die verbond gehoorsaam is, word gered.
  • Niemand buite die uitverkorenes sal Sy stem hoor nie, want Hy roep húlle nie.
  • “Eenmaal gered, altyd gered”, is nie die waarheid nie en gereddes het nog steeds ‘n keuse om nie te volhard nie.

Algemene probleme wat mense met opsie drie het:

  • Ek kan dit nie glo nie, want dit is vreemd en niemand anders glo dit nie.
  • Die hele wêreld glo anders, dink jy, jy is die enigste persoon wat reg is. (Raai wat, Martin Luther was ook die enigste een.)
  • In die wêreld is dit ‘n verbode evangelie, want jy diskrimineer.
  • Dit is nie hoe ons die Bybel sien en verstaan nie.
  • Daar is dan mense uit al die nasies wat Hom liefhet en dien.
  • GOD het Sy verbond met Israel verbreek en dit met die kerk gemaak.

Hebreërs 8:6  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 

Hebreërs 8:12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. 

Lukas 15: 24  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. 25  En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. 26  En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. 27  Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. 28  En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. 29  Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. 30  Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. 31  Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. 32  Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind. 

Handelinge 13:43  En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly. 44  En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor. 45  Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. 46  Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk, ons wend ons tot die heidene. 47  Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. 48  En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe. 

Romeine 11:25  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26  en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; 27  en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. 

Jesaja 59:20  Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. 

2 Timótheüs 2:10  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid. 

Eségiël 33:11  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 

Deuteronómium 4:19  dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie—dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het. 20  Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is. 

Miga 4:5  Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 19  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 20  Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21  Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. 

Johannes 13:1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. 

Matthéüs 13:44  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. 

Johannes 10:16  Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder. 

Handelinge 13:22  En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen. 23  Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek, 

Handelinge 26:6  En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, 7  waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig. 

Handelinge 28:20  Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is. 

Romeine 9:10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 

1 Korinthiërs 10:1  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 

Efésiërs 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 

Kollosense 1:21  Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen 

Titus 1:1  Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is, 

Jakobus 1:1  Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete! 

1 Petrus 1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, …

2 Johannes 1:1  Die ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders—wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het; 

Deuteronómium 30:2  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, 3  dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het. 4  Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal. 

Eségiël 33:7  En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. 8  As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. 9  Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. 10  En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg—hoe kan ons dan lewe? 11  Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 

Openbaring 20:11  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. 

******************

007 Die Hervorming

(Calvyn D-vervolg – Waar trek ons en waar is ons op pad heen?) 21-06-2020

In hierdie aflewering kyk ons na Calvyn se boek vier van sy reeks oor sy opinie oor die Institusie.

Dit is geskiedenis wat 500 jaar oud is en ons wil kyk waar trek ons en waar is ons op pad heen.

Calvyn woord groot as ‘n Katoliek, maar nadat hy met protestantisme te doen kry, besef hy daar is baie dinge in die Rooms Katoliekie Kerk wat nie Skriftuurlik is nie. Hy identifiseer ‘n paar dinge in die Rooms Katolieke Kerk en stel daarvoor alternatiewe:

  • Hy sê onder andere die Bybel kan gebruik word buite die kerk en redding is nie net deur die kerk alleen nie.
  • Hy sê ook dit is ‘n helige, algemene kerk, wat beteken daar is nie net een kerk met die verlossingsboodskap nie.
  • Die merk van ‘n ware Christelike kerk, is om die regte evangelie te verkondig en die sakramente reg te bedien.
  • Die ampte in die kerk word beperk. In Efésiërs 4: 11 lees ons:  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, Calvyn sê al wat oorbly, is die herder en die leraar. (Die herder is die herder wat die gemeente oppas en die leraar het hulle in hulle tyd ‘n doktor genoem, wat na verskeie gemeentes toe gegaan het en bepaal het wat die Skrif sê.)
  • Die kerk het die gesag van GOD om die lede te leer wat die kerk glo.
  • Calvyn volstaan by net twee sakramente, naamlik die doop en die nagmaal.

Vandag moet ons besluit waar ons staan…

Die beeld wat Nebukadnésar in sy droom gesien het.

Alexander the Great (Facial Reconstruction)
Julius Caesar Pontifex Maximus
Caesar’s Comet
Die Godin Diana

Pagan Geloof
The gods Persephone-Isis and Pluto-Serapis, an example of Greco-Egyptian syncretism
Mother Mary
The Mass
Cardinal
Die Vatikaan
Die sewe sakramente van die Rooms Katolieke Kerk

Johannes 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. 

Johannes 14:25  Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 

Handelinge 1:6  Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7  En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 

Romeine 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

Romeine 8:14  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 

Johannes 10:1  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. 

Johannes 10:9  Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 

Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Pous Clement

Romeine 8:11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 

Handelinge 2:44  En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik besit. 

Handelinge 2:46  En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, 47  terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is. 

Lukas 13:23  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 

Matthéüs 7:22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 

Matthéüs 7:24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

‘n Vaste Geloof (2020)

‘n Vaste Geloof (2020)

– Banie Swanepoel:

Hebreërs 11: 1 

Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop,

‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

Hebreërs 11: 6 

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag;

want hy wat tot God gaan,

moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. 

001 ‘n Vaste geloof (Wêreldheersers van die duisternis, Vergenoegdheid) 19-04-2020

002 ‘n Vaste geloof (Diensknegte van Yahshua moet gereed wees.) 26-04-2020

003 ‘n Vaste geloof (Wat is geloof?) 03-05-2020

001 (Wêreldheersers van die duisternis, Vergenoegdheid) 19-04-2020

Lukas 21:25  En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, 26  en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. 

Lukas 21:31  So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. 

Efésiërs 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. 

Matthéüs 24:4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 

‘n Vinnige lysie van die misleiding waarmee die Satan (die wêreldheesrsers se mag) in die onlangse verlede, suksesvol was:

  • Die wêreldmagte veroorsaak die oorlog tussen Napoleon en die Engelse. Die Engelse was nie kwaad vir die Franse nie en die Franse was nie kwaad vir die Engelse nie. Motief: Die wêreldmag het beheer gekry oor die finansies.
  • Hulle veroorsaak in ons land die Boereoorlog. Motief: Goud en diamante. Die goud wat hulle in Suid-Afrika ontdek het, was meer as die goud wat in die res van die wêreld was.
  • Hulle veroorsaak Wêredoorlog Een én Wêreldoorlog Twee. Motief: Hulle kon die Verenigde Nasies begin. ‘n Organisasie wat bedoel is dat die nasies as ‘n “eenheid praat”. Eenwêreldstelsel.
  • Hulle veroorsaak die Groot Depressie van die 1930’s. Motief: Sentrale Bank.
  • Hulle veroorsaak die World Trade Centre se inmekaarstort. Motief: Houvas op olie. Irak was beskuldig as die land wat dit veroorsaak, maar Amerika het in die regering ‘n organisasie “Homeland Security” begin, wat toestemming het om in mense se persoonlike sake te krap, onder die dekmantel om terrorisme te kan uitsnuffel.

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 2  Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang. 3  Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. 

Hebreërs 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. 7  Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is. 8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

Hebreërs 11:13  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. 14  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek. 15  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. 16  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei. 17  Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, 18  aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word—want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek; 

Openbaring 12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. 

Galásiërs 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. 

1 Korinthiërs 7:29  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie; 30  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie; 31  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby. 32  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag, 

Lukas 12:4  En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; 5  maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom! 6  Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. 7  Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. 8  En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God. 9  Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God. 

Lukas 12:15  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie. 16  Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra. 17  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie? 18  Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel. 19  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. 20  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? 21  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie. 

1 Timótheüs 6:6  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. 7  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. 8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 10  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. 

Lukas 12:22  En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. 23  Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere. 24  Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie! 25  En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? 26  As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge? 27  Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie. 28  As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges! 29  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; 30  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het. 31  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 32  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee. 33  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. 34  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. 35  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 36  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. 37  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. 38  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. 39  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. 

󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣

002 (Diensknegte van Yahshua moet gereed wees.) 26-04-2020

Die vorige boodskap is afgesluit waar die dienskneg gereed moet wees as sy heer terugkom van die bruilof af om vir hom te kan oopmaak, sodat hy nie by ‘n huis kom waar die ligte af is en alles is toegesluit en hy moet wonder waar sy dienskneg is nie en hoekom dit so donker is nie.

So moet ons ook gereed wees wanneer Yahshua terugkom en aanklop…

Om “gereed” te wees, beteken nie om passief te sit en wag nie. Jy moet iets doen.

Lukas 12:40  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. 41  Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal? 42  En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? 43  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind. 44  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. 45  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, 46  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues. 

2 Korinthiërs 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. 

Johannes 8:30  Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo. 31  En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. 32  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. 

Markus 7:13  So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. 

Johannes 5:43  Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem. 

Romeine 10:16  Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo? 17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Handelinge 2:40  En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag. 

Matthéüs 16:6  Daarop sê Jesus vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs. 

Matthéüs 16:12  Toe het hulle begryp dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg van die brood nie, maar vir die leer van die Fariseërs en Sadduseërs. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 

Lukas 12:49  Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! 50  Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! 51  Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. 52  Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. 53  Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder. 

Lukas 13:6  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. 7  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? 8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. 9  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap. 

Lukas 13:25  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. 26  Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. 27  En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! 28  Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. 

Lukas 14:26  As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. 27  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. 28  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — 29  sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot 30  en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie. 

Lukas 14:33  So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. 

Lukas 17:7  En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel? 8  Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink? 9  Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie. 10  So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen. 

Hebreërs 11:32  En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal, 33  wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, 34  die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het. 35  Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry. 36  Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis. 37  Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel— 38  die wêreld was hulle nie werd nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond. 39  En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40  omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. 

󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣

003 (Wat is geloof?) 03-05-2020

Die vorige boodskap is afgesluit met Hebreërs 11: Wat met iemand gebeur wat GOD se Woord glo.

Die Hebreërs-skrywer sê: gaan kyk na hierdie mense se lewens en kyk hoe hulle deur geloof opgetree het.

Hebreërs 11:32  En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal, 33  wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, 34  die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het. 

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

  • Geloof is nié gehoorsaamheid nie, maar gehoorsaamheid is as gevolg van geloof.
  • Geloof is as gevolg van ‘n vertroue op die dinge wat ons hoop. (hoop – wéét wat die uitkoms gaan wees)
  • Hoop is die uitkoms van ‘n belofte van GOD. (GOD se beloftes kom altyd uit.)
  • Hoop is dit wat ons verwag. Dit is nie iets wat móóntlik gaan gebeur nie, maar die besliste uitkoms van ‘n belofte van GOD.
  • GOD beloof > ek hoor dit > plaas my geloof daarop > dit gee my ‘n ander uitkoms > ek pas my lewe daarby aan.

Psalm 91:7  Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie. 8  Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien. 9  Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. 10  Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; 11  want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. 

Psalm 9:9  En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg. 10  So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid. 11  En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE! 

Exodus 14:13  Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk;

󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣:~:󙘣

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Doop, Die Ark Van Noag In Vervulling (27-11-2016)

Die Doop, Die Ark Van Noag In Vervulling (27-11-2016)

– Banie Swanepoel:

Noag en sy ark, ‘n profesie van die doop en wedergeboorte.

In hierdie boodskap ingesluit: Die verduideliking van die Heilige Name (Yahweh en Yahshua)

Génesis 5:28  Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek 29  en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het. 30  En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.  

Romeine_10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

2 Petrus 3:3  Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel 4  en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af. 5  Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en ‘n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God, 6  waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het. 7  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense. 

1 Johannes 1:8  As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. 

1 Timótheüs 2:3  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5  Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 

2 Korinthiërs 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39  Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.  

Handelinge 2:41  Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op dié dag omtrent drie duisend siele toegebring. 

1 Petrus 3:20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 

Romeine 6:3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 

Kollosense 2:9  Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; 10  en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag; 11  in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12  omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. 

Galásiërs 3:25  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 26  Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 

Handelinge 8:35  En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. 36  En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? 37  Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. 38  En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. 

Handelinge 16:29  En toe hy lig gevra het, spring hy na binne en val bewende voor Paulus en Silas neer. 30  En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 31  Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 32  En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. 33  En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense. 

Handelinge 8:12  Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue. 

Handelinge 18:8  En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop. 

Handelinge 22:16  En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Gevoel se voet (19-01-2020)

Gevoel se voet (19-01-2020)

– Banie Swanepoel:

Wat laat die vlees begeer en hoe beveg ons die begeertes van die vlees?

Wanneer ‘n mens gebore word, word hy gebore met ‘n skoon verstand. Daar is niks op geskryf nie, maar die oomblik as daardie babatjie sy oë oopmaak, begin daar op sy verstand geskryf word. Ons noem dit herinneringe.

Daar is sommige van die sielkundige afwykings van grootmense wat veroorsaak word tussen die ouderdom van geboorte en twee jaar. Daar is dinge wat jou verstand opgeneem het wat ‘n indruk gemaak het op jou verstand, wat vir die res van jou lewe ‘n invloed het…

Matthéüs 26:41  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. 

Galásiërs 5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; 17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 

Jakobus 4:1  Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? 2  Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. 3  Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. 4  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. 5  Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon? 

Kollosense 2:11  in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12  omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. 

Kollosense 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 

Kollosense 3:5  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, 

Kollosense 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. 9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, 

1 Petrus 5:5  Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. 

Romeine 12:16  wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; 

Korinthiërs 13:4  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, 

Efésiërs 4:22  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, 23  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed 

Kollosense 3:12  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. 13  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. 

Kollosense 2:20  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge 21  soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — 22  almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, 23  wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE