Preke

Waarom gaan dit dan met my so sleg? (05-05-2019)

Waarom gaan dit dan met my so sleg? (05-05-2019)

– Banie Swanepoel:

Die pad wat ons stap, is ons keuse en hoe ernstig ons dit opneem, is ook ons keuse. Dit wat jy geestelik eet, is jou keuse. Elke dag kies ons tussen lig en duisternis en as jy bietjie duisternis by die lig sit, dan word dit bietjie donkerder, maar dit is moeite… Dit is nie so lekker nie…

As ons van ons voorgeslagte in die Bybel gaan lees, dan sien ons die mense wat die reguit pad gestap het, het dit maar moeilik gehad. Dit was nooit maklik nie. In hierdie wêreld is die maklik altyd na die verkeerde kant toe. Dit is egter die moeite werd om op die nou pad te bly en te vat wat VADER op ons pad stuur.

Daar is mense met wie dit bietjie sleg gaan en daar is mense met wie dit baie sleg gaan en dan is daar mense met wie dit verskriklik sleg gaan…

Job 7:1  Het die mens nie ‘n stryd op die aarde nie? En is sy dae nie soos die dae van ‘n dagloner nie? 2  Soos ‘n slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos ‘n dagloner wat wag op sy werkloon, 3  so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem. 4  As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe. 5  My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. 6  My dae is vinniger as ‘n wewerspoel en verdwyn sonder verwagting. 

Job 7:11  So wil dan ook ék my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil klae in die bitterheid van my siel. 

Job 7:13  As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra, 14  dan verskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte, 15  sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraamte van my. 16  Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid. 

Job 1:1  Daar was ‘n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad. 2  En vir hom is daar sewe seuns en drie dogters gebore. 3  Daarby was sy besitting sewe duisend stuks kleinvee en drie duisend kamele en vyf honderd paar beeste en vyf honderd eselinne en ‘n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste. 

Job 1:6  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7  Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. 8  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad. 9  En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? 10  Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land. 11  Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het—waarlik, hy sal U in u aangesig seën! 12  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE. 13  En op ‘n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer, 14  kom ‘n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle, 15  het die Sabeërs ‘n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 16  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 17  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en ‘n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 18  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, 19  toe daar meteens ‘n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 20  Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval 21  en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! 22  By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie, 

Job 10:1  Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. 2  Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. 3  Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn? 

Job 10:8  U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my! 

Job 10:18  Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ‘n oog my gesien het. 19  Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het. 20  Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek ‘n bietjie vrolik kan wees, 

Job 16:6  As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou—watter verligting bring dit my? 7  Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes. 8  En U het my gegryp—’n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my. 

Job 16:12  Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel. 13  Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit. 

Job 16:16  My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar ‘n doodskaduwee; 

Job 19:13  My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword. 14  My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet. 15  My bywoners en my slavinne beskou my as ‘n vreemde; ‘n onbekende het ek geword in hulle oë. 16  Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek. 17  My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot. 18  Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my. 19  Al my vertroude vriende het ‘n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer. 20  My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap. 21  Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref! 22  Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie? 23  Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ‘n boek opgeteken word— 24  met ‘n ystergriffel en lood—vir altyd in ‘n rots ingekap! 25  Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. 

Job 21:6  Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan. 7  Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag? 8  Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë. 9  Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie. 10  Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie. 11  Hulle laat hul jong seuns loop soos ‘n trop kleinvee, en hul kinders spring rond. 12  Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit. 13  In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ‘n oomblik sink hulle in die doderyk af. 14  Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie. 15  Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring? 

Job 21:17  Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn, 18  word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer? 19  Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel! 20  Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige. 

Job 21:22  Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel? 23  Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede. 

Job 21:25  Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het. 26  Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle. 

Job 29:2  Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het; 3  toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het; 4  soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was; 5  toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my; 6  toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het. 7  Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het, 8  het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan. 9  Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê. 10  Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte. 11  Want het ‘n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het ‘n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis. 

Job 29:21  Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor. 22  Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup. 23  En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns. 24  Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie. 

Job 30:17  Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie. 

Job 30:19  Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword. 20  Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan. 21  U is jeens my verander in ‘n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand. 22  U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis. 23  Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom. 24  Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie? 25  Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie? 26  Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom. 

Job 39:34  En die HERE het Job geantwoord en gesê: 35  Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord! 36  Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: 37  Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond. 38  Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie. 

Job 40:1  En die HERE het Job uit ‘n storm geantwoord en gesê: 2  Gord tog jou heupe soos ‘n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My. 3  Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? 4  Het jy dan ‘n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy? 

Job 42:1  Toe het Job die HERE geantwoord en gesê: 2  Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. 3  Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. 4  Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my! 5  Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien. 6  Daarom herroep ek en het berou in stof en as. 

1 Konings 19:1  En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles—hoe hy al die profete met die swaard gedood het. 2  Daarop stuur Isébel ‘n boodskapper na Elía om te sê: Mag die gode so doen en so daaraan toedoen—sekerlik sal ek môre sulke tyd jou siel maak soos die siel van een van hulle. 3  Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan. En toe hy in Berséba in Juda aangekom het, het hy sy dienaar daar laat agterbly; 4  maar self het hy ‘n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder ‘n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie. 

1 Konings 19:15  Maar die HERE sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. 16  En Jehu, die seun van Nimsi, moet jy salf as koning oor Israel; en Elísa, die seun van Safat, uit Abel-Mehóla, moet jy salf as profeet in jou plek. 

Handelinge 20:22  En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, 23  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. 24  Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God. 

Openbaring 7:13  Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? 14  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. 15  Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. 16  Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; 17  want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Redding, sonder bekering? (17-03-19)

Redding, sonder bekering? (17-03-19)

– Banie Swanepoel:

Is dit moontlik om gered te word sonder bekering?

Die tendens van vandag in die wêreld is dat almal hemel toe wil gaan, maar op ons voorwaardes. Ons wil nie eintlik met GOD iets te doene hê nie, want Hy skryf vir ons voor, maar ons wil ook nie hel toe gaan nie.

Hoekom moet ek gered word? Waarvan moet ek gered word? Ek lewe gemaklik, ek lewe goed, die mense is lief vir my en ek is lief vir hulle, ek gaan elke dag werk toe, ek gaan huis toe… Waarvan moet ek gered word?

As jy die Skrif ken en die Waarheid ken, dan sien jy hierdie lewe hou op en dan kom jy by ‘n T-aansluiting. Een pad gaan die lewe in en die ander pad gaan die dood in. Ons almal wil die lewe ingaan en meeste reken hulle gaan, maar daar is ‘n baie hoë standaard om daar te kan ingaan.

GOD is lig en by Hom is daar geen duisternis nieen as jy daar wil ingaan, moet jy ook lig wees.

Die struikelblok wat die Satan voor ons voete inskuif is “genade”. Deur genade is ons gered, sodat ons nie kan roem nie, dan dink ons, ons kan met ons vieslike vuil lewens aangaan, die genade gaan my red…

Genade beteken nie jy word oorgesien nie. Genade is die geleentheid wat GOD ons gee om ons sonde te bely en te laat staan, sodat ons vergewe kan word.

Romeine 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 

Handelinge 2:36  Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. 37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

1 Petrus 3:20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 

Lukas 14:26  As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. 27  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. 

Lukas 14:33  So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie. 

Hebreërs 12:14  Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; 15  en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. 16  Laat niemand ‘n hoereerder wees nie, of ‘n onheilige soos Esau, wat vir één spysgereg sy eersgeboortereg verkoop het. 

Johannes 13:8  Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie. 9  Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof. 10  Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.  

Johannes 13:12  Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het? 13  Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. 14  As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was. 15  Want Ek het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. 16  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ‘n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ‘n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie. 17  As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen. 

Matthéüs 18:24  En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was. 25  En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word. 26  Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal. 27  En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld. 28  Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld. 29  Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal. 30  En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het. 31  En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het. 32  Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; 33  moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? 34  En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. 35  So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. 

Johannes 8:10  En toe Jesus Hom oprig en niemand sien behalwe die vrou nie, sê Hy vir haar: Vrou, waar is daardie beskuldigers van jou? Het niemand jou veroordeel nie? 11  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie. 

Markus 9:43  En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur, 44  waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie. 

Hebreërs 10:23  Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24  en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom. 26  Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, 27  maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. 28  As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; 29  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? 30  Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. 31  Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. 

1 Thessalonicense 4:7  Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. 8  Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het. 

Romeine 1:18  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk, 19  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar. 20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; 21  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. 22  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 24  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25  hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27  en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. 28  En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: 29  hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; 30  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; 31  onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, 32  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. 

Judas 1:3  Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. 4  Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën. 5  Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het. 6  En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; 7  soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as ‘n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan. 8  Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die heerlike wesens. 9  Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou! 10  Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde. 11  Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom. 12  Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; 13  woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Raasblaar Kersdiens (08-12-19)

Raasblaar Kersdiens (08-12-19)

– Banie Swanepoel:

Loop in die strate rond net voor Kersfees, dan sien jy versierde winkelvesters, kersfeesbome, kersvaders, liggies, opgewonde kinders, opgewonde grootmense, kerskaartjies, geskenke … en elke jaar word die feesvieringe net groter.

Dit word natuurlik gedryf deur advertensies, films, televisie, media… noem maar op, dan wonder ‘n mens waar kom dit vandaan en waar gaan dit heen.

Kom ons kyk wat is Kersfees vandag:

  • Dit is ‘n herdenking van die geboorte van die Seun van GOD.
  • Dit is familietyd.
  • Dit is geskenke op Oukersaand.
  • Kersvader met sy rooi en wit pak en sy slee.
  • Kersboom met sy mooi versieringe en liggies.
  • Kersliedere.
  • En wat by ons minder bekend is: “yule log “ (yule-stomp) en “misseltoe” (maretak), swarte Piet, ens, ens…
  • Ook ongelukkig ‘n eensame tyd, vernaam vir oumense.
  • Honger en armoede.

Kom ons kyk na ‘n paar wanopvattings van Kersfees…

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Matthéüs 2:1  En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom 

Matthéüs 2:11  En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre. 

Lukas 2:6  En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; 7  en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. 8  En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 

Génesis 10:8  Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om ‘n geweldenaar op aarde te wees. 9  Hy was ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ‘n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. 10  En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear. 

Eségiël 8:14  Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween. 15  En Hy sê vir my: Het jy dit gesien, mensekind? Jy sal nog ander gruwels, groter as hierdie, sien. 

Génesis 11:7  Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. 8  So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou. 9  Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi. 

Jeremia 10:2  So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. 3  Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. 4  Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. 5  Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie. 

1 Konings 18:21  En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie. 

Levítikus 20:2  Jy moet ook aan die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van die land moet hom stenig. 3  En Ek sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan Molog gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig. 

2 Korinthiërs 11:3  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 4  Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

Hebreërs 9:27  En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28  so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. 

1 Petrus 2:25  Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele. 

Deuteronómium 12:29  As die HERE jou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon, 30  neem jou dan in ag dat jy nie, agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? —dat ek ook so kan doen. 31  So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE ‘n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode. 

1 Korinthiërs 10:19  Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? 20  Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. 21  Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. 22  Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy? 

Efésiërs 5:11  en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. 

Efésiërs 5:14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. 15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. 

#%#%#%#%#%#%#%#%#%#%#%#%#%#

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Ons Houding Teenoor Sonde (14-04-2019)

Ons Houding Teenoor Sonde (14-04-2019)

Banie Swanepoel:

Hierdie boodskap is slegs vir Geestelik volwassenes.

Almal van ons is nie Geestelik volwasse nie, want Geestelik volwasse is ook in jare. Hierdie boodskap kan jou maklik van stryk bring. As jy dit verkeerd hoor, kan jy verdwaal, want die boodskap gaan oor die Gees en die vlees.

Volwasse is volwasse in die GEES en onvolwasse in die vlees (swak in die vlees).

As jy weer gebore is, is jy ‘n kind in die Gees. Jy is ywerig in die Gees, maar nog swak. As jy onvolwasse is, moet jy versigtig wees. Dit is soos ‘n kind; as jy vir ‘n kind van twee jaar iets gee om te drink, dan drink hy dit sonder om navraag te doen, al was dit miergif… Geestelik-onvolwasse mense is geneig tot dieselfde.

So, disekteer hierdie boodskap se inhoud. As jy voel hierdie onderwerp is nie vir jou nie, plaas dit op ys en gee dit kans.

Sonde is ‘n moeilike onderwerp. Dit maak ‘n skeidsmuur tussen ons en die Almagtige en dit veroorsaak die ewige dood. Dit veroorsaak dat jy die Konikryk van GOD mis, so wie wil dan nou iets met sonde te doene hê?

Ons sien hoe streng dit is en ons kyk ons na ons eie lewens, dan word ons bang, want ons sien ons kry nie van sonde ontslae geraak nie. Dit maak ons mismoedig, want ons sukkel selfs ná wedergeboorte om van die sonde ontslae te raak.

Hierdie boodskap het nie “versagtende omstandighede” nie…

God Se Oordeel Ter Wille Van Geregtigheid (18.8.2019)

God Se Oordeel Ter Wille Van Geregtigheid (18.8.2019)

Banie Swanepoel:

Die tema gaan oor ‘hoekom is daar ‘n oordeel’?

As ons byvoorbeeld luister na wat Yahshua al vertel het in Sy tyd, toe Hy gepraat het van die ryk man en Laserus waar die een reeds in die plek van smart was en die ander een in die boesem van Abraham en ons lees daar kom aan die einde, ná die duisend jaar, die finale oordeel, wil ons weet hoekom dit nodig is vir ‘n oordeel, as ons reeds weet wie waar is.