Preke

Is Daar Gif In Die Brood? (29-09-2019)
Banie Swanepoel:
Ons almal het brood en water nodig om te kan oorleef. As jy brood of water met gif inkry, sal jy sterwe.
Dieselfde geld vir ons op Geestelike gebied. Yahshua is die brood van die lewe en Hy is die lewendige water. (Die Nagmaal is net ‘n simboliek hiervan.)
Wat as daar gif in die Brood en Water is…?

Drie Godsdienste (01-09-2019)
Banie Swanepoel:
In hierdie reeks word drie godsdienste met mekaar vergelyk. Christen-, Islam- en die Joodse godsdiens.
Staan terug asof jy ‘n buitestaander is en sien die ooreenkomste tussen hierdie drie godsdienste, dan meet jy waarmee jy besig is.
Een van die drie godsdienste is Christenskap en ons noem onsself Christene.
Waar pas ons is?
Statistiek
Christenskap:
Christenskap is die grootste godsdiens in die wêreld. 33% (2.4 biljoen) van die wêreldbevolking is Christene, alhoewel die Bybel sê dit is ‘n smal pad en min sal dit vind.
So, Christene is nie wat ons dink dit is nie, of die Bybel is verkeerd.
Islam:
Moslems, 24% (1.8 biljoen) van die wêreldbevolking. Hulle is baie, maar minder as die Christene.
Ateïste:
16% (1.2 biljoen) van die wêreldbevolking.
Hindoes:
15% (1.15 biljoen) van die wêreldbevolking.

Bosdiens 1 – Waaroor gaan die lewe? (28-04-2019)
Banie Swanepoel:
Ons leef op die aarde al vir sesduisend jaar, geslagte kom en gaan, maar die meeste van ons het nie eintlik ‘n idee wat gebeur nie.
Dit is soos ‘n film wat jy kyk, maar jy kyk net 5 minute lank, dan wil jy verstaan wat daar aangaan.
Dit is omtrent hoe die lewe werk. Jy kom hier aan en die mense is klaar hier en jy val maar net in. Jy doen maar net wat almal doen en jy sien mense word ouer en gaan dood.
Dan wonder ‘n mens; waaroor gaan die lewe? Wat maak jy hier en wie se besluit was dit dat jy hier moes wees…
Ironies genoeg het ons al die antwoorde, ons weet net nie daarvan nie.
Die antwoorde is in die Woord van GOD, ook genoem die Bybel. ‘n Wonder-boek. Die enigste bo-menslike item op die aarde. GOD se gesproke Woord, met al die antwoorde.
(Verduideliking oor GOD se Heilige Name is ook saamgevat in hierdie boodskap)

Bosdiens 2 – “Die Einde” (25-08-2019)
Banie Swanepoel:
Die grootste vyand van die evangelie is godsdiens. As jy in godsdiens verval, dan mis jy die punt.
Daar is teorie en daar is praktyk. Die Woord van GOD is die teorie en die praktyk is die lewe.
Die Woord wat ons lees is teorie. Dit is soos iemand wat gaan studeer vir ‘n dokter en hy gaan universiteit toe en hy gaan leer al die teorie, maar voordat hy nie die mes vat en iemand opereer nie, is daar nie praktyk nie. Godsdiens maak dat die Woord vir ons teorie bly.
Elke keer as jy iets in die Woord lees, moet jy gaan kyk hoe dit op jou betrekking het.
Hierdie boodskap gaan oor “die einde”.
Hierdie wêreled kan nie meer lank aangaan, soos hy aangaan nie. As jy kyk na waar wapentuig, medici, moraliteit en elke ander aspek gaan, dan sien jy dit is só oordrewe, dit is soos ‘n ballon wat jy opblaas en sien hierdie ballon is op sy einde, dit gaan enige tyd bars.
Ons is op die einde van hierdie despensasie.
Kom ons kyk wat sê die Woord van GOD, want die waarheid maak ons vry…

Die Doop (13-02-2022)
Banie Swanepoel:
Hoekom moet ons gedoop word?
Die doel met hierdie boodskap is om die doop met ‘n baie elementêre en tog met diepte te verduidelik. Maklik om te verstaan, maklik om te verduidelik en maklik om ‘n besluit te kan neem. Hoekom moet ons gedoop word ?
Die doop het baie moeilik en baie ingewikkeld geraak om te verstaan, maar die eerste gemeente het dit baie maklik gehad. Hulle het dit net gedoen, maar in ons tyd is dit baie ingewikkeld. Die apostels het dit vir die onbekeerde mense verduidelik en saam met die evangelie van Yahshua se verlossing, het hulle dit gehoor en dit gedoen.

Onseker Oor Môre (30-01-2022)
Banie Swanepoel: