Preke

Die doop – 10 vrae met antwoorde (10-03-2024)

Die doop – 10 vrae met antwoorde (10-03-2024)

– Stefan Botha:

  1.  Wie is dit wat sê dat mense gedoop moet word?
  2.  Wat is die doop?
  3. Klein doop, of groot doop?
  4. Vervang die doop die besnydenis?
  5. Wie kan en moet gedoop word?
  6. Red die doop ons?
  7. Waarom moet ‘n persoon wat hom bekeer, gedoop word?
  8. Wat gebeur wanneer ‘n persoon gedoop word?
  9. Wat is ons verwagting na die doop?
  10. Is ek nou gered, net omdat ek gedoop is?

1. Wie is dit wat sê dat mense gedoop moet word?

Handelinge 22:16  En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. 

2. Wat is die doop?

Handelinge 8:38  En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. 39  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. 

Matthéüs 3:16  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. 

3. Klein doop, of groot doop?

Handelinge 16: 31  Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 32  En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. 

Handelinge 18:8  En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop. 

Efésiërs 4:4  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; 5  een Here, een geloof een doop, 6  een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is. 

4. Vervang die doop die besnydenis?

1 Korinthiërs 10:1  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 

Romeine 4:1  Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? 2  Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. 3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 4  Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; 5  aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. 6  Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: 7  Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. 8  Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. 9  Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. 10  Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene. 11  En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; 12  en ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was. 

Galásiërs 6:11  Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe. 12  Almal wat ‘n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. 13  Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem. 14  Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. 15  Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. 16  En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God! 

5. Wie kan en moet gedoop word?

Handelinge 8:35  En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. 36  En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? 37  Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. 38  En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. 39  En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. 

6. Red die doop ons?

1 Petrus 3:18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 

Génesis 6:13  En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. 14  Maak vir jou ‘n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk. 

7. Waarom moet ‘n persoon wat hom bekeer, gedoop word?

Matthéüs 3:15  Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. 16  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. 

Markus 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

Handelinge 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Handelinge 22:16  En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep. 

8. Wat gebeur wanneer ‘n persoon gedoop word?

Romeine 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. 

9. Wat is ons verwagting na die doop?

1 Korinthiërs 12:28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. 

Johannes 14:26  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 

10. Is ek nou gered, net omdat ek gedoop is?

2 Timótheüs 4:7  Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 8  Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het. 

Lukas 14:27  En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. 28  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — 29  sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot 30  en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie. 

2 Timótheüs 4:10  Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië. 

Hebreërs 12:1  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 

2 Korinthiërs 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Wat is my waarde? (10-03-2024)

Wat is my waarde? (10-03-2024)

– Banie Swanepoel:

Wat is waarde in die samelewing?

Getrouheid, eerlikheid, integriteit, spanwerk, geregtigheid, moraliteit, vertroue…

Die dinge wat voorspoed en geluk veroorsaak. Dit het vir ons waarde, want dit is waardevol.

Hoe bepaal ‘n mens sy eie waarde?

  • Ons almal kom in die wêreld as ‘n kindjie met die behoefte dat ons eie lewe saak maak en ‘n waarde het.
  • Daarom ontsyfer ons die kriteria wat ons waarde gee, sodat ons deur mense aanvaar kan word en met hulle ‘n koppeling kan maak en ‘n verhouding kan hê.
  • Hierdie ontdekking van die kriteria wat ons waarde bepaal, gebeur van baba-tyd af en die persone wat die grootste invloed op ons ontsyfering van waardebepaling het, is ons ouers.
  • Ons opvoeders bepaal dus grootliks ons eie waardesisteem waarvolgens ons ons eie waarde bepaal.
  • Slotsom: Ons almal se waardebepaling verskil en ons almal het dit by mense geleer wat geen idee het van wat dit moet wees nie.

Die natuurlike behoeftes van kinders.

  1. Om waardeer te word (jou waarde moet deur jou ouers en ander mense bepaal word en dit moet goed wees). Op grond van die ouers se waardering bepaal die kind wat sy eie waarde is.

Voorbeeld:

  • “Jy is so oulik om altyd die huis skoon te maak”, beteken my waarde is daarin om die huis skoon te maak en indien ek altyd die huis skoonmaak, is ek waardevol.
  • “Jy is so mooi, as jy groot is gaan al die seuns van jou hou”, so my waarde is in my liggaam en hoe ek lyk.
  • “Hou op om altyd so sensitief te wees”, beteken vir die kind dat hy minder waarde het as hy sensitief is. Sensitiwiteit is ‘n nadeel en maak my waarde minder.
  • Om aanvaar te word deur die gemeenskap, gee my waarde. (Die dinge wat maak dat mense met my vriende wil wees)
  • Goed met sport
  • Is grappig en kan stories vertel
  • Mooi

Sodra ‘n kind agterkom dat sekere prestasies waarin hy kan presteer maak dat mense hom waardeer, begin hy daarna streef. Later, as hy suksesvol daarin word, word dit sy bates en eienskappe wat hom waarde gee.

Die gesin se waardesisteem word die kind se waardesisteem:

  • Wat is dit wat pa nastreef en wat maak hom gelukkig?, want dit word die kind se waardes.
  • ‘n Groot huis, ‘n groot kar, ‘n hoë posisie by ‘n groot maatskappy. Vir die kind word dit die belangrike goed en dit moet bereik word om waarde te hê.
  • As hy dit nie bereik nie het hy ‘n lae, of selfs geen waarde in sy eie oë nie.

Die gemeenskap-waardesisteem

Dit wat die gemeenskap bepaal, word my waarde en waar my eie gesin swak in was, volg my waardesisteem die gemeenskap. Wat gebeur op skool, wat is op die TV?

  • Mooi mense
  • Ryk mense
  • Atlete
  • Suksesvolle mense

Ek moet dus mooi wees, goed in sport wees en baie geld hê en dan sal ek ‘n hoë waarde hê en geliefd wees en met mense verhouding kan hê. As ek nie presteer soos die mense op die TV nie, het ek nie waarde nie.

Gevolgtrekking:

  • ‘n Kind glo alles wat vir hom gesê word, ongeag of dit waarheid is en of dit leuens is.
  • Sy waardebepaling word gebou op sy waarneming van dit wat sy ouers en die samelewing bepaal en daarmee gaan hy die lewe in.
  • Ons almal se waardebepaling van ons self, gebeur deur ons self met die maatstaf wat iemand anders vir ons gegee het.
  1. Omdat ons onsself dus meet aan wat ons is en nie wie ons is nie, en omdat ons nie kan presteer volgens die standaard wat ons vir onsself gestel het, volgens die kriteria waarop ons self besluit het  nie, sal ons altyd ‘n swak selfbeeld hê en altyd teleurgesteld in onsself wees.
  2. Ons het ons waarde bepaal op wat ons is, en nie wie ons is nie. Dit geld vir alle mense, selfs die wat reken dat hulle nie ‘n swak waarde het nie, hulle het net ‘n manier gevind om dit te ignoreer en te verwerk.
  3. Die van ons wat wel presteer volgens die vereistes wat volgens onsself vir ons ‘n hoë waarde gee, goeie sportman, mooi liggaam, goeie werk, ens, sal net tydelik tevrede wees met ons eie hoë waarde, want daar kom altyd ‘n beter sportman wat jou uitstof. My liggaam word oud en onaantreklik en ek tree af by die werk en my waarde van ‘n hoë pos verdwyn.
  4. Ons waarde is dus in wat ons doen en nie in wie ons is nie, want ons weet nie wie ons is nie en die waardebepalings-kriteria wat ons vir onsself aangeneem het, kan net die sienlike waarneem, maar ons waarde is nie in die sienlike nie.

Wat is ons waarde volgens ons Vader?

1 Korinthiërs 6:20  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Openbaring 5:9-10  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,  10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.

1 Petrus 1:18-19  omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,  19  maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,

Romeine 5:6-8  Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.  7  Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe  8  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Wat is ons waarde?

Ons waarde is gelykstaande aan Yashua se lewe, want Hy het sy lewe vir ons gegee sodat ons kan lewe. Hierdie waarde van ons is nie bepaal volgens ons optrede of prestasie wat deur ons ouers of die gemeenskap bepaal en goedgekeur is nie, maar hierdie waarde was bepaal toe ons nog sondaars was. Gevolgtrekking: Ons het dus ‘n waarde (ons is waardevol), maar hierdie waarde van ons word nie deur ons bepaal nie, maar dit is in dit wat God geskape het, die mens, sy nageslag.

Maleági 2:15  Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek.

Jakobus 3:8-9  Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.  9  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

Ten spyte van hoe ons gelewe het en hoe ons soms nog lewe, het ons ‘n waarde en daardie waarde word bepaal deur wie ons is en nie wat ons is nie. Ons waarde is dus onveranderlik.

Ons waarde is nie in ons geleerdheid, posisie, finansies, gemeenskapsdiens, aanvaarding deur mense, ens. nie, maar ons waarde is in wie ons is.

Ons is die nageslag van die Almagtige en ons is na sy beeld geskape. Wat die mense ook al van jou dink en wat jy ook al van jouself dink maak nie saak nie. Jou waarde is vir Vader hoër as sy eie lewe en daarom het Hy sy lewe gegee terwille van jou lewe.

Yahshua se waarde was deur die wêreld bepaal en Hy het so min waarde gehad, dat hulle Hom doodgemaak het. As ons in sy voetspore volg, sal die maatstaf van die wêreld ons ook as nutteloos meet.

Omdat Hy ons waarde so hoog ag, en ons verlore is, het Hy met ons ‘n verbond gemaak om ons verlore toestand te kan verander in ‘n lewe van ewige vreugde saam met Hom. Hierdie lewe kan ons deelagtig word deur weer gebore te word.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.

Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.

Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?

Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.

Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.

Jesaja 54:5-8  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.  6  Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.  7  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.  8  In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.

Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.

Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.

Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.

Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.

As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.

Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.

 Jesaja 49:14-16  Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!  15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!  16  Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.  11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!

Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.

Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.

Wees sterk en vol moed. {Die optrede van iemand wat glo} (03-03-2024)

Wees sterk en vol moed. {Die optrede van iemand wat glo} (03-03-2024)

– Banie Swanepoel:

Deuteronómium 31: 1  Daarna het Moses gegaan en die hele Israel met hierdie woorde toegespreek 6  Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.  7  Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oë van die hele Israel gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal met hierdie volk in die land ingaan wat die HERE aan hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy sal hulle dit laat erwe.  8  En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.

Hebreërs 3: 16   Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?  17  En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?  18  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?  19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

Wees sterk en vol moed en moenie toelaat dat faktore dit beïnvloed nie

Josua 1:16 Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons gaan.  17  Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die HERE u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.  18  Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood word; wees net sterk en vol moed.

Behou jou geloof en wees sterk en vol moed en moenie dat die sienlike logiese dinge dit beïnvloed nie.

Markus 5:22  En daar kom een van die owerstes van die sinagoge met die naam van Jaïrus; en toe hy Hom sien, val hy aan sy voete neer  23  en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe.  24  En Hy het saam met hom gegaan. En ‘n groot menigte het Hom gevolg en Hom verdring. 42  Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?  36  Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net. 

Wanneer ons nie sterk en vol moed is nie het ons nie geloof nie.

Matthéüs 17: 18 Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af.  19  Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?  20  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.

Sonder geloof kan God nie deur ons werk nie, daarom maan Hy dat ons sterk en voel moed moet wees.

Markus 6: 2  En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?  3  Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.  4  En Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.  5  En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ‘n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het.  6  En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.

Yahshua waarsku hulle om  nie te vrees nie, maar te glo. Petrus begin goed, maar dan begin hy vrees en sy geloof hou op.

Matthéüs 14: 25 Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.  26  En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.  27  Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.  28  En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.  29  En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.  30  Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!  31  En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?  32  Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.

Wees sterk en vol moed, glo en moenie vrees nie en dit sal in jou eie optrede deur jouself gesien kan word.

Markus 4: 35  En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.  36  En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.  37  En ‘n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.  38  Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?  39  En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom.  40  Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?  41  En ‘n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!

Omdat jy glo in God se Woord en nie vrees nie is jy sterk en vol moed en daarom tree jy dadelik op in geloof.

Génesis 17 :23  Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.

Génesis 22: 2  Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.  3  Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.

Génesis 21: 11 En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun.  12  Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word.  13  Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ‘n nasie maak, omdat hy jou kind is.  14  Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ‘n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba.

Daniël 6: 10  Hierom het koning Daríus die bevelskrif en die verbod geskrywe.  11  En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ‘n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het.  12  Daarop het daardie manne aangestorm en Daniël gevind terwyl hy bid en voor sy God om genade smeek.

Wanneer Vader vir hulle se – Wees ster en vol moed – is dit nie om hulle aan te moedig nie, ook nie om te toets of hulle gehoorsaam is nie, maar dit is ‘n vereiste. Die vorige geslag het geen moed gehad nie, maar net vrees en kon nie die land ingaan nie. Hulle vrees was nie vir Vader net ‘n teleurstelling en skande nie, maar deur hulle ongeloof KON hulle nie ingaan nie. Vir hulle om te kon ingaan, moes Vader wonderwerke doen, maar as hulle hom nie glo nie, gebeur wonderwerke moeilik en as hulle ongeloof het en vrees kan wonderwerk nie gebeur nie. Wanneer ons dus op Vader vertrou vir uitredding deur ‘n wonderwerk en ons Glo nie dat Hy dit kan doen nie, dan sal Hy dit nie doen nie.

Josua 1: 1  En ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:  2  My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee.  3  Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het.  4  Van die woestyn en hierdie Libanon af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele land van die Hetiete, en tot by die Groot See in die weste sal julle grondgebied wees.  5  Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.  6  Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee.  7  Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Wat word van my sonde? (25-02-2024)

Wat word van my sonde? (25-02-2024)

– Banie Swanepoel:

  • Waar kom my sonde vandaan?

Romeine 5: 12  Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het

Psalms 143: 1  ‘n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.  2  En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.

Romeine 3: 9  Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,  10  soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.

  • Gaan alle mense dan verlore?

Romeine 2: 11  Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.  12  Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word;

Romeine 3: 23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

  • Is daar vir ons genade dat God ons sonde sal vergewe?

Levitikus 16: 16  So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.  17  En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.  18  Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk  19  en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.  20  En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;  21  en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ‘n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.  22  So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ‘n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.

Hebreërs 9: 6  En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,  7  maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan—  8  waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.  9  Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie,  10  omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.  11  Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,  12  ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring.  13  Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ‘n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,  14  hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

  • As Hy in ons plek geoffer was word ons nie geoffer nie, al was dit ons wat die sonde gedoen het.

Génesis 22:7  Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ‘n brandoffer?  8  En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.  9  Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reg gelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.  10  Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.  11  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!  12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.  13  En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.

Hebreërs 10: 18  Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.  19  Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus  20  op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,  21  en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het,  22  laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloof versekerdheid, die harte deur besprinkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

  • Net soos wat die bok die sonde van die volk af weg geneem het, net so neem Yahshua ons sonde weg.

Jesaja 1: 16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,  17  leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.  18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.  19  As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.  20  Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.

Psalms 103: 8  Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.  9  Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.  10  Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.  11  Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.  12  So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.  13  Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.  14  Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.  15  Die mens—soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy.  16  As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.  17  Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,  18  vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.

  • Hoe kan ons rein word?

Eségiël 36: 25  Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.  26  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.  27  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

Jeremia 31: 33  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  34  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Jeremia 33: 7  En Ek sal die lot van Juda en die lot van Israel verander en hulle bou soos tevore.  8  En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. 

  • Hoe kry ek my gewete stil oor my sonde van my verlede?

1 Petrus 3: 18  Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;  19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,  20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;  21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus   

Romeine 6: 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.  5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;  6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.  7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.  8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,  9  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.  10  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.  11  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

2 Korinthiërs 4:16-18  Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.  17  Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;  18  omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Efésiërs 4:20-32  Maar julle het Christus nie so leer ken nie,  21  as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:  22  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,  23  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed  24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.  25  Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.  26  Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;  27  en gee aan die duiwel geen plek nie.  28  Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.  29  Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.  30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.  31  Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.  32  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

Kolossense 3:8-17  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.  9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het  10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,  11  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.  12  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.  13  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.  14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.  15  En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.  16  Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.  17  En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Logika neutraliseer geloof (want geloof maak nie sin nie)  (18-02-2024)

Logika neutraliseer geloof (want geloof maak nie sin nie) (18-02-2024)

– Banie Swanepoel:

Wat moet ons glo?

  1. God se beloftes aan ons. 2 Korinthiërs 1:20  Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.
  2. Dat Hy is wie Hy is
  3. Dat alles wat Hy gesê het die waarheid is. 2 Timótheüs 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
  4. Glo die evangelie van Yahshua. Markus 16:15-16  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.  16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Moenie enige iets sommer net glo nie.

Markus 13:21-22  En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie.  22  Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.

Sien is nie glo nie.

Númeri 13:25-33  En ná verloop van veertig dae het hulle teruggekom van die land te verken.  26  En hulle het weggegaan en by Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel gekom in die woestyn Paran, in Kades, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die vrugte van die land laat sien.  27  En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom in die land waarheen u ons gestuur het; en waarlik, dit loop oor van melk en heuning, en dít is sy vrugte.  28  Maar die volk wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die Enakiete gesien.  29  Die Amalekiete woon in die Suidland, maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.  30  Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig.  31  Maar die manne wat saam met hom opgetrek het, het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.  32  So het hulle dan slegte gerugte onder die kinders van Israel versprei oor die land wat hulle verken het, deur te sê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is groot manne.  33  Ons het daar ook die reuse gesien, die kinders van Enan, van die reuse afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë. Númeri 14:1-11  Toe het die hele vergadering uitgeroep—hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween.  2  En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!  3  En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ‘n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?  4  En hulle sê vir mekaar: Laat ons ‘n hoof aanstel en na Egipte teruggaan.  5  Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.  6  En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur  7  en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n buitengewoon goeie land.  8  As die HERE ‘n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning.  9  Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!  10  Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.  11  Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?

Markus 5:35-36  Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?  36  Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.

Hebreërs 3:12-19  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.  13  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.  14  Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;  15  omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.  16  Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?  17  En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?  18  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?  19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

  • Die natuurlike mens gebruik logika om ‘n natuurlike besluit te neem, maar ‘n gelowige mens kyk nie na die sienlike dinge nie, maar kyk na die Woord van God.
  • Geloof is onlogies en alle logiese volwasse mense sal vir ‘n gelowige mens sê dat hy van sy verstand af is en inderwaarheid is hy van sy verstand af, want Hy gebruik nie sy verstand nie

2 Korinthiërs 5:7  Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

  • Ons moet ons logika kan afskakel en volkome hoop en vertrou op dit wat God gesê het.
  • ‘n Kind het nog nie logika nie en kan dit nie gebruik om ‘n besluit te maak nie en daarom glo hy alles wat ander mense vir hom se.
  • Logika is vir grootmense en geloof is vir kinders, daarom moet ons word soos kindertjies

Matthéüs 11:25-26  In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.  26  Ja, Vader, want so was dit u welbehae.

Matthéüs 18:3  en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

Markus 10:15  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

Logika:

2 Konings 7:1-2  Toe sê Elísa: Hoor die woord van die HERE! So spreek die HERE: Môre omtrent sulke tyd sal ‘n maat fynmeel ‘n sikkel, en twee mate gars ‘n sikkel kos in die poort van Samaría.  2  Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê: Al maak die HERE ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie. 2 Konings 7:14-20  Hulle neem toe twee strydwaens met perde; en die koning het agter die leër van die Arameërs aan gestuur en gesê: Gaan kyk.  15  En hulle het agter hulle aan gegaan tot by die Jordaan; en kyk, die hele pad was vol klere en voorwerpe wat die Arameërs in hulle oorhaastige vlug weggegooi het. Daarop draai die boodskappers om en deel dit aan die koning mee.  16  Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en ‘n maat fynmeel het ‘n sikkel gekos, en twee mate gars ‘n sikkel, volgens die woord van die HERE.  17  En die koning het die adjudant op wie se arm hy geleun het, oor die poort aangestel; maar die volk het hom in die poort vertrap, sodat hy gesterf het volgens die woord van die man van God, deur hom uitgespreek toe die koning na hom afgekom het. 

  • Geloof het risiko in, want ons gee die uiteinde van die situasie oor aan die Een in wie ons glo
  • Ons is bang vir die risiko in geloof en deur te glo, want as dit nie sou slaag nie sal mense ons veroordeel omdat ons onverantwoordelik opgetree het en nie ons verstand gebruik het nie.

Abraham:

  1. Trek uit jou gunstige omstandighede. Geloof vs. Logika
  2. Stuur vir Ismael weg die woestyn is. Geloof vs. Logika
  3. Slag jou ander kind en offer hom vir My. Geloof vs. Logika

1 Samuel 13:6-13  Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood is—want die volk was in die noute gedruk—het die volk weggekruip in die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die kuile.  7  En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na die land Gad en Gílead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe wat bewende agter hom aan gegaan het.  8  En hy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat Samuel bepaal het; maar toe Samuel nie na Gilgal kom nie en die manskappe van hom af verstrooid raak,  9  het Saul gesê: Bring na my die brandoffer en die dankoffers; en hy het die brandoffer geoffer.  10  En toe hy net gereed was om die brandoffer te bring, kom Samuel meteens daar aan; en Saul het uitgegaan hom tegemoet om hom te groet.  11  Daarop vra Samuel: Wat het jy gedoen? En Saul sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom,  12  het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.  13  Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou die HERE jou koningskap oor Israel vir goed bevestig het.

Ons wil Hom glo, maar ons logika neutraliseer ons geloof:

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Matthéüs 10:28-31  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.  29  Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.  30  En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.  31  Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.

Hebreërs 11:8-16  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.  9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.  10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is.  13  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.  14  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.  15  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.  16  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

 Die Naam van GOD (11-02-2024)

 Die Naam van GOD (11-02-2024)

– Banie Swanepoel:

Genesis 32:27  En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. 28  Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. 29  Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën. 

Psalm 91:14  Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken. 15  Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. 

Exodus 6:1  Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. 2  En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. 

Rigters 13:17  Daarop vra Manóag die Engel van die HERE: Wat is u naam, dat ons U kan vereer as u woord uitkom? 18  En die Engel van die HERE sê vir hom: Waarom vra jy dan na my naam terwyl hy wonderbaar is? 

Psalm 139:6  Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. 

Exodus 3:13  Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? 14  En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. 

Psalm 139:6  Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. 

Jesaja 43:1  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 5  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. 

Handelinge 4:11  Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat ‘n hoeksteen geword het. 12  En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie

Jesaja 48:9  Om my Naam ontwil vertraag Ek my toorn, en om my roem ontwil bedwing Ek My jou ten goede, om jou nie uit te roei nie. 10  Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende. 11  Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen—want ag, hoe is my Naam ontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie. 12  Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste. 13  Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam. 

Maleági 4:1  Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. 2  Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. 

Matthéüs 10: 21  Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 22  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 

Matthéüs 19:29  En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe. 

Matthéüs 24:8  Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. 9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 

Romeine 9:16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 

Openbaring 3:8  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. 

Exodus 15:26  en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak. 

Exodus 22:27  want dit is sy enigste bedekking, dit is die bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek hoor, want Ek is genadig. 

Levítikus 20:24  En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke afgesonder het. 

Deuteronómium 32:39  Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie. 40  Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef— 41  as Ek my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde. 42  Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders. 43  Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk. 

Jesaja 43:25  Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie. 

Jesaja 45:18  Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het—Hy is God! —wat die aarde geformeer en dit gemaak het—Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word—Ek is die HERE, en daar is geen ander nie. 19  Ek het in die geheim nie gespreek nie—op ‘n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig. 

Matthéüs 11:28  Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30  want my juk is sag en my las is lig. 

Johannes 6:35  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. 

Johannes 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. 

Johannes 10:7  Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. 

Johannes 10:11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 

Johannes 11:25  Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; 

Johannes 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 

Johannes 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 

Openbaring 1:7  Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen! 8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige. 

Openbaring 2:23  En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke. 

Openbaring 22:16  Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE