Preke

Waaroor gaan die Bybel? (2024)
Banie Swanepoel: Die Bybel gaan nét oor die herstel van die skepping van God.
001 – Waaroor gaan die Bybel? (24-11-2024)
- Die Bybel gaan nét oor die herstel van die skepping van God wat verwoes lê en ons as mense vorm net ‘n deel daarvan.
- Indien die sondeval nie plaasgevind het nie, was daar nie ‘n Bybel nie. Daar sou ook nie ‘n uitverkiesing of ‘n Ou- en Nuwe Testament gewees het nie, ook selfs nie ‘n verlossingsplan nie.
- Die enigste rede waarom daar dus ‘n Bybel is, is ter wille van die herstel van dit wat verkeerd gegaan het in die Paradys.
In die begin, toe God die hemel en die aarde gemaak het, het Hy gesê dat dit goed was, maar nou sien ons nie dat dit goed is nie, maar dit is sleg, baie sleg.
Génesis 1:31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Die hemel en die aarde soos ons dit vandag ken is nie ‘n goeie getuienis vir die Skepper nie, want dit is nie ‘n goeie skepping nie.
Psalm 90:10 Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.
Maar Hy laat dit nie in so ‘n toestand nie, want Hy gaan dit herstel en dit is waaroor die Bybel gaan.
- Omdat die Skepper volmaak is, en alles wat Hy skep volmaak is, is die huidige skepping ‘n ontheiliging van sy Naam.
- Die kroon van sy skepping, die mens, is verdoem tot die ewige dood en die aarde is vervloek deur die Skepper en bring dorings en distels voort.
- Die hemelwesens van die heelal kyk na die skepping en is bewus dat dit nie ‘n beeld van God is nie en wonder wat Hy gaan doen om dit te herstel.
- Die Almagtige is volmaak en hierdie skepping getuig nie van ‘n volmaakte Skepper nie.
- Die Bybel verklaar hoe Hy dit alles gaan herstel.
Die Bybel word ongelukkig deur meeste mense aangewend as ‘n middel om hulself te bevoordeel, in plaas van om te sien wat dit sê oor die herstel van God se skepping. Omdat mense die Bybel selfsugtig lees, gaan die hele boodskap vir hulle oor hulself en watter voordeel daar vir hulle in is. Die teendeel is dat dit meestal te doen het met God, sy skepping en sy herstel daarvan. Wanneer ons dus die Bybel lees, moet ons van onsself vergeet en sien wat dit van God sê, en sy herstelling van sy skepping en sy Naam.
- Ons het voorafopgestelde idees van wat die evangelie is, wat ons deur oorlewering gekry het, ter wille van ons eie voordeel.
Vandag bestaan daar duisende kerke en elkeen verkondig sy eie weergawe van die Bybel. Meestal ken hulle net ‘n paar begrippe uit die Bybel en dit gaan gewoonlik oor die verlossing en die voorspoed van die mens, en nie oor die eer van God se Naam nie.
- Die bose kringloop is dat ware soekers na die waarheid in hierdie selfde slaggat trap en oorlewering van mense glo en nie die Bybel nie.
Omdat ons nie vanaf die regte beginpunt begin nie en nie weet waar die eindpunt is nie, gaan ons soos blinde mense rondtas en ons eie gevolgtrekkings probeer maak uit die Boek waarvan ons geen kennis het nie.
1 Korinthiërs 15:34 Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
Ons gryp na verse wat ons beïndruk en weef dit dan saam, sodat ons vir onsself ‘n evangelie kan maak, wat pas by dit wat ons wil glo.
2 Petrus 1:16 Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;
- Die begin van die Bybel is in die Paradys waar God se Naam ontheilig was en weet dat dit weer daar gaan eindig, waar sy Naam weer geheilig gaan word.
Ons as mens speel nie die hoofrol in die Bybel nie en moet weet dat die Bybel nie primêr oor ons gaan nie. God het sy Koninkryk verloor, Hy het sy nageslag verloor en sy Naam is ontheilig. Dit alles gaan Hy herstel en dit is waaroor die Bybel gaan. Ons as mens is net ‘n deel daarvan.
Alles wat Hy doen word in geregtigheid gedoen en dit mag soms vir ons nie sin maak nie, omdat ons nie al die inligting het nie. Die feit dat ons nie saam met Hom stem nie, maak geen verskil aan Hom nie en Hy sal bereik dit wat Hy van plan is om te doen.
Jeremia 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, …
Jesaja 51:5-6 My oorwinning is naby, My heil trek uit en My arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op My arm sal hulle hoop. (6) Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos ‘n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar My heil sal vir ewig bestaan en My geregtigheid nie verbreek word nie.
Jesaja 55:8-9 Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie, spreek die HERE. (9) Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.
Kry die groter prentjie:
Ons lewe nou min of meer ses duisend jaar na die skepping van hierdie hemel en aarde en vir die laaste ses duisend jaar is die skepping vervloek en in wanorde. Vir die eerste twee duisend jaar lyk dit selfs, uit die geskiedenis volgens die Bybel, of God baie min belang het by dit wat op die aarde gebeur.
Ons lees van Adam en Noag in die eerste paar hoofstukke, tog is dit ‘n tydperk van ‘n duisend seshonderd jaar. Gedurende hierdie tydperk van oënskynlike onbetrokkenheid van die Skepper, word die aarde en sy mense oorrompel deur bose hemelwesens. Die bose hemelwesens is vyande van die Skepper wat voor die skepping van hierdie hemel en aarde in vyandskap met die Skepper gegaan het, deur van Hom afvallig te geraak het deurdat hulle die Satan gevolg het toe hy besluit het om sy troon gelyk te stel aan die van die Almagtige Skepper. Hierdie is ‘n rebellie en ‘n oorlog waar geen mens betrokke was nie, tog dink ons dat alles om ons draai en dat ons belangriker as God is.
Om te dink dat hemelwesens vir hulle self vrouens geneem het, onder die kinders van die mens en by hulle kinders verwek het; half mens en half hemelwesens. Dit was die tyd van die reuse op die aarde.
Génesis 6:1-7 Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, (2) sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. (3) Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. (4) In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. (5) Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, (6) het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart. (7) En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
Die mens is nie die middelpunt van alles nie en die evangelie van die Bybel gaan nie primêr oor ons nie. As ons dinge in die Bybel sien waarvan ons nie hou nie en nie mee saamstem nie, verander ons dit, want ons dink ons is die belangrikste. Ons verklaar dat die Bybel verkeerd is en blameer dit op vertalings, maar ons bewaar nie God se Woord nie, want ons het geen begrip waaroor dit gaan nie. Al wat vir ons belangrik is, is hoe dit op my betrekking het en watter voordeel dit vir my inhou.
Ons sien vandag nog getuienis van hierdie wesens wat lank voor ons op die aarde was. Die moderne mens verstaan byvoorbeeld nie waar die piramides vandaan gekom het nie, omdat ons vandag nog nie die vermoë het om sulke geboue te bou nie. As ons die Bybel lees en verstaan dat hierdie reuse kragtig was en die hemelse kennis van hulle “hemelwese-vaders” af gekry het, sal dit nie vir ons moeilik wees om te verstaan dat hierdie “half-mens”, “half-hemelwesens” die vermoë gehad het om al ons onverklaarbare bouwerk te kon doen nie.
Hierdie hemelwesens het die sondeval van Adam en die vervloeking van die aarde net vererger en die Skepper se volmaakte skepping verder vermink. Dit het later so beroerd gegaan dat die Skepper besluit het om alle lewe op die aarde te vernietig, maar daar was egter nog een opregte man saam met sy gesin, Noag. God spaar Noag en sy gesin se lewe toe hy die hele aarde met water verwoes.
Deur Noag gaan die herstelplan van God voort, want God laat vaar nooit die werke van sy hande nie. Die skepping van hemel en aarde het verkeerd gegaan toe Adam teen God sondig. Hierdie skepping het byna tot niet gegaan in die dae van Noag, maar God bewaar dit ter wille van sy Naam, en dit is onmoontlik dat die herstel nie sal gebeur nie, want Hy is almagtig en misluk nooit.
- Wanneer ons die Bybel lees en wil verstaan is dit dus kardinaal belangrik om hierdie verlede te weet en te verstaan dat God sy vervalle Koninkryk gaan herstel.
Ons as mens is net ‘n deel daarvan en ons speel nie die hoofrol nie, maar God speel die hoofrol. Ons moet as beginpunt dus eerstens uitvind wie Hy is in hierdie verhaal, wat sy Naam is wat geheilig moet word, en dan eers wie ons is en wat ons rol is.
Omdat ons humanisties grootgemaak is, is ons oortuig dat God se wil ondergeskik is aan wat ons beskou as reg en geregtig en regverdigheid.
2 Sameul 21:4-10 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen? (5) En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan— (6) laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in Gíbea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee. (7) Maar die koning het Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul. (8) Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armóni en Mefibóset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Adriël, die seun van Barsíllai, die Meholatiet, gebaar het; (9) en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes. (10) En Rispa, die dogter van Aja, het ‘n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.
ऑ`~`~`~ ऑ`~`~`~ ऑ`~`~`~ ऑ`~`~`~ ऑ`
002 – Waaroor gaan die Bybel? (01-12-2024)
Na die sondvloed is alle vlees wat op die aarde is verdelg,behalwe hulle wat in die ark saam met Noag en die diere was. ‘n Kort tydjie na die sondvloed (in die tyd van Nimrod) verval die mens weer in verrotting en God verskerp sy strategie van herstel deur een persoon uit te kies en met hom en sy nageslag ‘n verbond te maak. Hierdie persoon is Abraham.
Die geslag deur Abraham, sy seun Isak en dié se seun Jakob, word die volk waarmee die Skepper ‘n verbond maak. Indien daar nie ‘n sondeval in die Paradys was nie en God nie die aarde vervloek het nie, was daar geen rede vir ‘n uitverkiesing van ‘n volk nie. Die uitverkiesing van Abraham en sy nageslag was dus ter wille van die herstel van dit wat in die Paradys verkeerd gegaan het.
Indien ons nie sou saamstem met die uitverkiesing van Abraham en sy nageslag nie, sal dit geen verskil aan God maak nie, want Hy gaan sy skepping herstel en ons kan deel daarvan wees, of nie. Dit is ons keuse of ons wil of nie, maar God is onveranderlik.
God maak ‘n verbond met hierdie geslag en ons lees van dit in die Bybel as die eerste verbond. Wanneer ons hierdie verbond wil bestudeer en sekere gevolgtrekkinge en afleidings maak, moet ons onthou wat die groter doel van die verbond is. Om te herstel wat verkeerd gegaan het in die Paradys.
As daar nie ‘n sondeval in die Paradys was nie, was daar nie ‘n verbondsvolk nie en was daar nie ‘n verbond nie. Die verbond van God is nie ‘n instelling van God om die mens te bevoordeel en ons dogma te gee om oor te stry nie, maar die doel van die verbond is die herstel van die skepping.
Wat was die doel van die eerste verbond en hoe het dit betrekking op die herstel van alle dinge?
Hoewel baie mense meer van die eerste verbond wil maak as wat God se bedoeling was, was die doel van die eerste verbond om die uitverkore verbondsvolk onder bewaring te hou totdat God weer met hulle ‘n nuwe verbond kan maak, maar dan ‘n beter verbond as die eerste verbond. ‘n Verbond wat in staat is om hulle siele te red.
Galásiërs 3:23-25 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. (24) Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. (25) Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie.
Die vraag wat ons dan op ons lippe het is, waarom het God dan ‘n tydelike eerste verbond gemaak en nie sommer dadelik die tweede verbond wat ons siele kan red nie? Die Volmaakte offer vir die sonde van sy volk moes eers gebring word, voordat Hy met hulle ‘n nuwe verbond kon sluit en daardie offer moes op die regte tyd gebring word.
Romeine 5:6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.
Alles wat deel was van die eerste verbond het heengewys na die tweede verbond en is vervul in die tweede verbond. Die tweede verbond moet voldoen aan die vooruitskouing van die eerste verbond, want dit is die bewys dat dit van God is. Die Pasga het heengewys na die volmaakte Offer vir ons sonde. Die besnydenis van die vlees het heengewys na die besnydenis van ons hart deurdat ons die sonde aflê. Die rus van die sabbat het heengewys na die rus wat daar is in ons Middelaar. Die eet van onrein voedsel het heengewys na die eet van onrein evangelie.
- Die voorwaarde om hierdie openbaringe te kan sien, is om die hele Bybel te lees en te ken en dit te bestudeer sonder voorafopgestelde idees van wat ons dink dit behoort te wees.
- Na wedergeboorte kom woon YHWH in ons harte deur sy Gees en openbaar aan ons wat sy bedoelinge met sy Woord is.
- God onderwerp Hom nie aan ons opinie van sy Woord nie, maar sy Woord is waarheid en ons opinies is leuens.
- As ons dus die verwantskap tussen die Ou- en die Nuwe Verbond bestudeer, moet ons die oorhoofse rede in ag neem, naamlik die herstel van alle dinge.
Elke vorm van dogma kan onderwerp word aan hierdie vraag en getoets word of dit bestaansreg het; dra dit by tot die herstel van alle dinge?
‘n Praktiese voorbeeld: Wat het die onderhouding van die Pasga te doen met die herstelling van dit wat in die Paradys gebeur het? Tydens die eerste verbond was dit ‘n gebod wat getrou deur die verbondsvolk onderhou moes word, omdat dit heengewys het na die volmaakte offer wat nog gebring moes word. Yahshua was die volmaakte Offer en die onderhouding van die Pasga word nie meer gedoen nie, want daar word nie meer heengewys na die offer nie, omdat dit reeds gebeur het.
Wat het die volmaakte offer van die nuwe verbond te doen met die herstel van dit wat gebeur het in die Paradys? Omdat daar ‘n volmaakte Offer, ‘n dood van ‘n onskuldige Mens in die plek van die sondige mense se dood, gedoen was, hoef die sondige mense nou nie meer vir hulle eie sonde te boet met hulle lewe nie, maar Hy het in hulle plek gesterf.
In die Paradys het Adam en sy nageslag dus die dood geërf, maar met die dood van Yahshua, die volmaakte Pasgalam, het hulle dit weer teruggekry. Dit het dus herstel.
Indien ons dus nou nog die Pasga wil hou, is ons besig met ons eie godsdiens, want dit wys heen na ‘n offer wat nog gebring moet word en ontken dan eintlik dat die offer wat deur Yahshua gedoen was, nie die ware offer was nie en dat dit nog gaan gebeur. Dit is ook so ten opsigte van die besnydenis, die Sabbat, die eet van voedsel, die feeste (of watter ander instelling of wet ook al) van die eerste verbond.
Die toets of ons nog die Pasga moet hou? Indien ons vandag nog die Pasga sou onderhou, moet ons vir onsself afvra hoe dit bydra tot die herstel van alle dinge? Dit doen nie, want die doel van die Pasga was om te verkondig dat daar ‘n volmaakte offer gebring gaan word, maar dit het reeds gebeur. Indien iemand besluit om wel die Pasga te onderhou, want die wet sê so, is hy verwaand en weet niks nie.
1 Timótheüs 6:3-6 As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, (4) dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, (5) nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense. (6) Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.
Die Bybel gaan oor die herstel van die skepping en die herstel van die eer van God en oor die heerskappy oor sy skepping. Hy het sy plan volmaak uitgewerk en ons is deel van die plan, maar ons is nie die plan nie. As ons onsself verneder en ons ons aan sy plan onderwerp, sal ons deel van sy verheerliking wees, maar as ons in verwaandheid dink dat ons die evangelie bepaal, sal God nog steeds sy heerlikheid verkry, maar sonder ons.
Kerke verkondig dat Yahshua terug kom aarde toe en met sy bruid trou en hierdie bruid is sogenaamd die kerk. As ons hierdie evangelie toets aan die herstel van alle dinge, is daar geen koppeling tussen die bruid en die skepping nie. Vader het nie met Adam en Eva getrou en toe het die huwelik op die rotse geloop nie, maar Hy het aan Adam heerskappy oor die hele aarde gegee wat Adam verloor het. Daar moet dus ‘n koninkryk herstel word, nie ‘n huwelik nie.
Wanneer die tweede Adam terug kom, kom Hy self die heerskappy wat die eerste Adam verloor het terugvat. Hy kom op die wolke met die weermag van die hemele en sal elke mens op aarde dwing om sy gesag te aanvaar, elke knieg sal voor Hom buig.
1 Korinthiërs 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; (23) maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. (24) Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. (25) Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. (26) Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. (27) Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. (28) En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Daar is nie ‘n bruilof met sy koms nie, maar oorlog.
Openbaring 17:14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
Hy gaan ook die natuur herstel na dit wat dit was voor die sondeval.
Jesaja 11:1-9 Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; (2) en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. (3) En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; (4) maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. (5) En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees. (6) Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja. (7) Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; (8) en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk. (9) Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
Wat is dan die doel van die kerk?
Die kerk is ‘n menslike instelling en het geen deel aan die koninkryk van God nie, maar is uitvloeiings van die Rooms-Katolieke Kerk. Ons lees wel van die gemeente van Christus, maar dit is slegs die samekoms van die heiliges en nie ‘n organisasie met ‘n geloofsbelydenis en rangordes nie.
- Exodus 12:6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
- Númeri 14:5 Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.
- 1 Konings 8:5 En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie.
- Sefánja 3:10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.
- Matthéüs 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
- Handelinge 2:47 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
Die doel van die gemeente is dat die wat die Lam volg waar Hy ook al heengaan, onderlinge byeenkomste kan hê, sodat hulle mekaar kan bemoedig, leer, vermaan, vertroos, versterk en mekaar kan liefhê. Die gemeente het nie ‘n rangorde nie, maar dit is net lede van Christus se liggaam en Hy is die hoof van die gemeente.
Kollosense 1:17-18 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. (18) En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
Die lede van die liggaam het ook verskillende bedienings waarmee hulle mekaar bedien. Romeine 12:4-8 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, (5) so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. (6) En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: (7) is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; (8) of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.
Wat is dus die doel van die gemeente in die herstel van die skepping wat verval het?
Adam se sonde het sy dood veroorsaak en saam met hom het sy hele nageslag gesterf. Yahshua sterf in hulle plek sodat hulle kan leef. Nadat Hy opgestaan het stuur hy sy dissipels uit met die boodskap om vir sy verbondsvolk te gaan sê dat hulle God Hom met hulle versoen het en dat hulle hul nou met God moet versoen. Hulle wat glo en hulle laat doop, sal gered word, maar hulle wat nie glo nie sal verlore gaan.
2 Korinthiërs 5:18-20 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, (19) naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. (20) Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.
Die kerk het ‘n ander doel waarvan hierdie boodskap ‘n klein gedeelte uitmaak. Hierdie doel van die kerk is egter nie ‘n opdrag van God nie en veroorsaak dat mense dan meeste van hulle tyd spandeer aan dinge wat min, tot geen waarde het nie. Die kerk het geen waarde nie, behalwe dat dit ‘n vervulling van die vlees is.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Antichris (2024)
Banie Swanepoel:
Die rede waarom ons as soekers baie keer sukkel om die openbaring van God se waarheid te kry, is omdat ons reeds ‘n vooraf besluit in ons hart het betreffende ‘n onderwerp. Die Antichris is so ‘n onderwerp.
Hoewel meeste mense ‘n baie beperkte hoeveelheid kennis van hierdie onderwerp het, is hulle in hul onderbewussyn oortuig dat dit iemand is wat aan die einde van die dae op die aarde gaan regeer en die Christene vervolg. Dit is die dae van die groot verdrukking, volgens oorlewering.
Vir die van ons wat waarlik na die waarheid soek en bereid is om enige prys te betaal, moet ons dan eerstens ontslae raak van die gedagtes wat ons oor ‘n onderwerp het en dan in die Bybel gaan soek na alle skrif wat oor die betrokke onderwerp handel. Dit maak dan ook nie saak of ons huidige oorlewering gedagte reg of verkeerd is nie. Al is dit dalk reg, raak ontslae van dit en indien dit reg was, sal jy in elk geval weer by daardie antwoord uitkom.
As dit ‘n wye onderwerp is soos “genade” of “die verbonde” moet ons die hele Bybel ondersoek, omdat ons al die inligting nodig het voor ons ‘n besluit kan maak wat ons gaan glo. Lees die Bybel van voor tot agter met ‘n spesifieke fokus op die onderwerp wat ondersoek word.
Ons word deur ons geloof in God gered, maar as ons nie in Hom glo nie, maar ons glo iets anders wat ons deur oorlewering gekry het, sal ons nie gered word nie, want ons is ongelowig aan dit wat Hy is. Ons glo aan ‘n alternatief tot die ware Christus; ons glo in die Antichrus.
Filippense 3:7-9 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (9) en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet (oorlewering, eie afleidings, aanvaarde godsdiens) is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;
Een van ons grootste redes wat veroorsaak dat ons aan ‘n leuen vaskleef, is oorlewering. Ons word groot met ‘n gedagte rondom ‘n geestelike onderwerp en aanvaar dat daardie oorlewering van geslag na geslag die waarheid is. Die oorlewering-geloof aanvaar alle geloof wat aan hulle oorgedra word en bevraagteken niks wat hulle van hul voorgeslag ontvang het nie. Ongelukkig doen elke geslag dit en niemand ondersoek eerder self God se Woord nie.
Die ware Christus sê dat ons in Hom moet glo, maar sulke mense glo in hulle oorlewering en ken God nie. As hulle oorlewering egter verskil met God se Woord, en dit doen, anders sou hulle nie nodig gehad het om oorlewering te hê nie, aanbid hulle die alternatiewe Christus; die Antichris.
(As die kerkbeleid dieselfde as die Woord van God is, waarom is daar dan ‘n aparte kerkbeleid? ‘n Gelowige in die ware Christus se beleid is die Bybel en nie ‘n organisasie se beleid nie.)
Matthéüs 15:6-9 So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. (7) Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: (8) Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. (9) Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
Kollosense 2:8 Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Markus 7:13 So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.
Is hierdie mense baie?
Openbaring 13:3-4 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. (4) En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Matthéüs 24:4-5 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. (5) Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Lukas 21:7-8 En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur? (8) En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
Wat is die Antichris?
Die Antichris is enige iemand wat ‘n ander Christus verkondig as die regte EEN. Daar is net Een ware Christus en Hy is openbaar deur die Ou- en die Nuwe Testament, nie uit enige ander bron nie. Ons behoort Hom dus te ken vir wie Hy is as ons die hele Bybel ken. As iemand dus afwyk van die lering van daardie Christus, verkondig hy ‘n alternatiewe Christus, ‘n Antichris. Galásiërs 1:6-10 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, (7) terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. (8) Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! (9) Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! (10) Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
Hy maak sy Naam bekend aan Moses en sy Naam is EK IS WAT EK IS. As ons nou iets van Hom sê wat HY NIE IS nie, dan is dit nie Hy nie en is ons besig met ‘n alternatiewe Christus; die Antichris.
2 Johannes 1:7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. Hulle wat bely dat Yahshua anders is as wat die Skrifte van Hom sê.
1 Johannes 2:18-23 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. (19) Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. (20) En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. (21) Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. (22) Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (23) Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
Ons oorlewering oortuig ons egter dat dit een persoon is wat aan die einde van hierdie tyd gaan opstaan, maar die Skrifte sê nie so nie. Die persone wat dus so ‘n evangelie verkondig praat nie van die Antichris nie, maar ís ‘n Antichris.
Daar is dus twee tipe misleide persone wat Christus nie ken vir wie Hy is nie.
- Die verleiers wat ‘n ander Christus verkondig
- Die verleide mense wat glo in ‘n ander Christus as wie Hy is.
Elke eienskap en woord van Hom moet ons ken en glo, soos wat dit is.
As daar twee predikers is wat met mekaar verskil oor ‘n eienskap van Christus, is ten minste een van hulle verkeerd en dalk is albei verkeerd. Dit beteken dat ten minste een van hulle ‘n verleier is en waarskynlik albei. Hy wat ‘n leuen oor Yahshua verkondig, is ‘n Antichris. Alle predikers soek na die Antichris, maar as hy dinge van Christus verkondig wat nie waar is nie, is hý die Antichris.
- Predikers is oortuig dat hulle kan sê wat hulle wil oor die karakter van God en dit maak niks saak nie. Hulle is verkeerd. Dit maak van jou ‘n vals profeet.
Deuteronómium 18:19-20 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis. (20) Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.
Maar wie is dan reg en wie mag iets sê?
Jesaja 66:1-2 So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees? (2) Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
Ons bewe vir die oorlewering en die woorde van die predikant en ken nie eers God se Woord nie.
Na wie moet ons dan luister, waar is die waarheid, watter kerk is reg en watter kerk moet ek glo?
Psalm 119:158-160 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie. (159) Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid. (160) Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Ons glo wel dat God se Woord waarheid is, maar ons ken glad nie sy Woord nie en gaan na mense toe om te hoor wat God se woord sê asof ons nie self kan lees nie. Ons wil iemand glo. Ons wil ‘n kerk glo. Ons wil nie self in God glo nie.
Bykans geen kerk verkondig die waarheid van God se Woord nie, want dan sal die wêreld hulle haat. Kerke wil gewild wees om te kan groei in lidmaatskap en daarom kan hulle nie bekostig om ‘n ongewilde evangelie te verkondig nie.
Johannes 17:14-18 Ek het hulle U woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. (15) Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. (16) Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. (17) Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. (18) Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. (Ons is gestuur met die waarheid, nie met oorlewering nie)
2 Timótheüs 4:3-4 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (4) en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
God se Woord is die enigste waarheid en dit verskil radikaal met dit wat die wêreld aanvaar. Enige persoon wat in Christus glo sal deur die wêreld gehaat word, want die wêreld haat die waarheid.
Johannes 15:18-21 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. (19) As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~`
002 – Die Antichris (17-11-2024)
1 Johannes 2:18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
1 Johannes 2:22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (Die Pous is die Christus, my kerk, my predikant my oorlewering my eie geloof, is my Christus, want die Christus is my verlosser.)
1 Johannes 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
2 Johannes 1:7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
Verskille tussen die Christus en die Antichris.
1. Die Christus is die Verlosser van Israel van wie die profete jare lank geprofeteer het, en die Antichris moet dus iemand anders as dit wees.
Matthéüs 1:20-21 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; (21) en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Psalm 130:6-8 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. (7) Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; (8) en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.
Jesaja 43:21-25 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. (22) Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel! (25) Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
- Die Antichris het sy lewe gegee vir die hele wêreld en nie net vir die nageslag van Jakob nie.
2. Die ware Christus het ‘n verbond met die twaalf stamme van Israel gemaak en daarna het Hy weer ‘n nuwe verbond met dieselfde twaalf stamme se nageslag gemaak.
Hebreërs 8:8-9 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, (9) nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.
- Die Antichris het ‘n nuwe verbond gemaak met alle mense. Volgens sy verbond kan enige persoon deur hom gered word deur in hom te glo.
3. Die ware Christus kom weer terug aarde toe as die Koning van Israel en kom regeer saam met hulle oor die hele aarde.
Lukas 1:31-33 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. (32) Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, (33) en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Daniël 7:13-14 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom (Yahshua) nader gebring voor Hom (Vader Yahweh). (14) En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. 27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
- Die Antichris kom terug aarde toe om met sy kerk te trou. Omdat daar 50 000 kerke is, wonder mens watter een sy regte kerk is en met watter een hy gaan trou. In die Bybel is daar egter geen getuienis van ‘n bruilof tussen die ware Christus en die kerk op aarde nie. In Openbaring 21:9 is die enigste plek waar ons lees van die Lam en sy bruid, en daardie bruid is nie die kerk van die wêreld nie, maar die nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaal. Hierdie bruid verskyn eers na die duisend jaar regering van Yahshua.
4. Die ware Christus het vir sy volk ‘n weg na saligheid gemaak, in geregtigheid, sodat hulle deur wedergeboorte in die ware Christus se koninkryk kan gaan.
Johannes 3:3-7 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (7) Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
1 Petrus 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Deur die Woord van God en nie deur oorlewering of kerkbeleid nie.
- Sommige Antichriste vereis nie wedergeboorte nie en elkeen kan maar net glo soos en wat hy wil t.o.v. redding en hulle Antichris sal hulle red. Volgelinge van hierdie Antichriste se geloof word bepaal deur hoe hulle die weg na saligheid verstaan en nie hoe die ware Christus dit voorskryf nie.
5. Die ware Christus het vir sy volk gesterf en hulle laat hulle sonde afwas deur sy bloed, deur hulle in sy dood te laat doop.
Handelinge 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
1 Petrus 3:18-21 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; (19) in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, (20) wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; (21) waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus.
- Die Antichris doop kinders asook grootmense, sodat hulle daardeur lid van die kerk van hulle christus kan word en so deur die kerk gered word. Redding is dus deur die kerk, want die kerk moet jou doop.
6. Die ware Christus is die Middelaar van die nuwe verbond volgens die orde van Melgisédek, met sy nuwe wet.
Hebreërs 7:11-12 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? (12) Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;
2 Korinthiërs 3:7-11 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, (8) hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? (9) Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. (10) Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid. (11) Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.
- Daar is baie Antichriste wat die Ou- en die Nuwe Verbond in mekaar verweef en hulle eie evangelie maak op grond van hoe hulle dit verstaan. In die een hand wil hulle nog die wet van Moses onderhou, maar in die ander hand verkondig hulle genade in Yahshua.
7. Die ware Christus haat vir Esau en sy nageslag en het nooit ‘n hartsverandering gehad nie.
Maleági 1:1-4 Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági. (2) Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, (3) maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee. (4) As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
Romeine 9:10-15 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. (11) Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep (12) is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. (13) Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. (14) Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! (15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
- Die Antichris diskrimineer nie teen enige persoon nie en het almal ewe lief en is barmhartig oor alle mense en niemand is uitgesluit van sy genade en redding nie, selfs nie Esau nie. Vir die Antichris is diskriminasie op grond van afkoms en nageslag die grootste sonde wat iemand kan doen, maar die ware Christus se verlossing is net vir Jakob en sy nageslag.
8. Die ware Christus haat homoseksualiteit.
Romeine 1:26-27 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; (27) en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
- Die Antichris noem dit “ware liefde” en het geen probleem as sulke mense selfs in sý bediening staan nie.
9. Die ware Christus het die hemel en aarde in ses dae geskep.
Exodus 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig.
Johannes 1:3-10 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. (4) In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (5) En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. (6) Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. (7) Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. (8) Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. (9) Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. (10) Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
- Die Alternatiewe Christus het wat ons vandag sien,met die hulp van evolusie deur miljoene jare tot stand gebring omdat hy nie in staat was om dit in ses dae te doen nie.
10. Die ware Christus is God self en daar is nie drie gode nie.
Exodus 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
Jesaja 44:6 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
Jesaja 9:5-6 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— (6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
- Die Antichriste glo in verskillende weergawes van die verhouding tussen die Skepper God en die Seun wat gesterf het terwille van die sonde van die mense. Sommige glo dat die God van die Ou Testament en die God van die Nuwe Testament nie dieselfde God is nie, maar dat die wraaksugtige God van die Ou Testament vervang is met die liefdevolle God van die Nuwe Testament.
11. Die enigste manier om die ware Christus te behaag is deur geloof en dit is soos die geloof van Abraham.
Hebreërs 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
- Daar is net vier skrifte in die Bybel wat handel oor die Antichris en dit is baie ooglopend dat dit nie ‘n spesifieke persoon is wat iewers in die toekoms op die toneel gaan verskyn nie, maar dat elke persoon wat nie in die ware Christus glo nie, in die Antichris glo, en dat elke prediker wat nie die ware Christus verkondig nie, die Antichris verkondig en voor God veroordeeld staan.
Die einddoel van ons geloof is nie terwille van ‘n kerk of voorouers of huweliksmaats of kinders of selfs vir myself nie, maar die einddoel van ons geloof is die saligheid van ons siele. Ons is almal verlore en net die waarheid sal ons vrymaak, nie oorlewering, kerkbeleid, aannames of leuens nie. Ons is nie in ‘n kompetisie met mekaar oor wat ons glo nie, en om dus ‘n menslike instelling soos jou kerk te beskerm ten koste van jou eie siel, is dwaasheid.
Aan die einde van ons lewe gaan ons nie saam met ons kerk voor God verskyn nie, maar alleen. Ons word deur ons geloof in Christus gered en as ons in ‘n verkeerde Christus glo, sal ons nie gered word nie. As ons oorlewering glo, is ons vertroue in oorlewering en ons vertrou oorlewering om ons te red, maar dit kan nie, net God kan red.
Johannes 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die “Wegraping” (03-11-2024)
- Banie Swanepoel:
Die “wegraping” is ‘n geloof onder sommige Christene wat glo dat alle gelowiges deur Yahshua weggeraap gaan word en dan saam met Hom hemel toe gaan en dit gebeur met sy tweede koms. Hulle glo hierdie is ‘n geheime koms en Hy self sal nie geopenbaar wees nie, maar mense sal net in die lug in verdwyn. Hierdie geloof is gebaseer op 1 Thessalonicense 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Volgens die Bybel is dit korrek en gaan mense Hom wel tegemoet in die lug, maar daar is bewerings deur die “wegraping”-geloof wat nie deur die Bybel ondersteun word nie. Die vorige twee verse van
1 Thessalonicense 4:15-16 sê: Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. (16) Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
Hoewel die geloof van die “wegraping” verklaar dat dit ‘n geheime koms is en Yahshua nie gesien gaan word nie, sê die Bybel dat Hy gaan neerdaal met die roep van ‘n aartsengel en die geklank van die basuin van God. Dit lyk dus of daar wel mense gaan wees wat in die lug opgaan, maar daar dan die verskyning van Yahshua gaan wees. As vers 16 praat van sy wederkoms en vers 18 van mense wat Hom in die lug tegemoet gaan, is dit tog dieselfde gebeurtenis.
Hoewel dit uit hierdie Skrifgedeeltes duidelik is dat dit dieselfde gebeurtenis is, het die geloof van die “wegraping” dit verander na ‘n aparte gebeurtenis. Die “wegraping” word nou die “tweede koms” wat in die geheim gebeur en dan is daar ‘n “derde koms” wanneer Hy terugkom aarde toe en Homself openbaar. Hoewel daar geen ondersteuning van die Bybel is vir hierdie geloof nie, is dit tog die algemene aanvaarde gebeure tydens die koms van die Christus.
Volgens hierdie geloof word die Christene weggeneem voordat die groot verdrukking gebeur, sodat hulle nie deur die verdrukking moet gaan nie. Matthéüs 24:29-31 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae 1: sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. (30) En 2: dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. (31) 3: En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompet geluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Hoewel hierdie Skrifte gebruik word om die “wegraping” te motiveer as ‘n gebeurtenis vóór die groot verdrukking, is die kronologie van die gedeelte in die teenoorgestelde volgorde.
- Die groot verdrukking.
- Die teken van die Seun van die mens in die wolke.
- Sy engele gaan haal sy uitverkorenes.
Volgens die Skrif is daar ‘n groot verdrukking, maar die uitverkorenes gaan deel daarvan wees. Ná die verdrukking gaan Yahshua kom op die wolke, en dán eers gaan sy uitverkorenes Hom in die lug tegemoet.
Volgens die “wegraping”-geloof gaan die uitverkorenes dus tydelik hemel toe terwyl die groot verdrukking op die aarde gebeur. Die groot verdrukking gaan plaasvind deur ‘n sogenaamde “mens van sonde”, die Antichris. 2 Thessalonicense 2:3-4 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf (4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. 1 Johannes 2:18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. 1 Johannes 2:22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. 1 Johannes 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
Volgens die “wegraping”-teorie gaan die Antichris dan sy eie koninkryk vestig en dan die groot verdrukking veroorsaak . Vir sewe en ‘n half jaar gaan hy regeer as heerser oor die hele aarde en verkondig dat hy die ware Christus is. In hierdie tyd gaan daar geen Christene op die aarde wees nie, want hulle gaan in die hemel bewaar word. Hierdie geloof rondom die Antichris is egter ook nie in die Bybel nie, maar deur inlegkunde, is dit ‘n geloof gemaak wat nie in die Bybel is nie.
Wie is die Antichris dan?
- Die Antichris sit in die tempel van God en gee voor dat hy God is. 1 Korinthiërs 3:16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? 1 Korinthiërs 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Die verkondigers van die “wegraping”-teorie glo verder dat die Antichris die tempel van die ou verbond in Jerusalem gaan herbou en dan gaan hy vanuit daardie sogenaamde “derde tempel” regeer en voorgee dat hy God is.
- Esegiël 40 tot 48 het ‘n detail beskrywing van hoe die tempel moet lyk wat gebou moet word. Hierdie hoofstukke word nou deur die “wegraping”-teorie mense gebruik om te bewys dat daar ‘n “derde tempel” gebou sal word voordat Yahshua terug kom aarde toe en die mens van sonde sal dan in daardie tempel sit. Kronologies gaan Esegiël 39 oor die Gog en die Magog wat aan die einde van Yahshua se duisend jaar regering optrek om Jerusalem te verwoes en die volk van Yahshua saam met Hom te vernietig. Natuurlik word hulle in die oorlog verwoes en dan gee Yahshua die volmaak-herstelde skepping terug aan die Vader.
- Na hoofstuk 39 is dit dan hoofstuk 40 wat praat oor die herstel van die tempel en dit is wat die verwarring veroorsaak. Esegiël profeteer kronologiese van 1: die herstel van God se volk en die 2: wederkoms van Yahshua en dan sy 3: regering op die aarde en dan die 4: opstand van Gog en Magog aan die einde van sy regering, en dan die 5: herstel van die tempel.
- Hierdie letterlike argitek bloudruk van die tempel is nie die herstel van die “derde tempel” nie, maar van die tweede tempel. Esegiël is ‘n profeet tydens die Babiloniese ballingskap. Die ballingskap was net vir sewentig jaar en daarna gaan Juda terug na hulle land en gaan hulle die land weer opbou. Na sewentig jaar is daar nie meer iemand tussen hulle wat weet hoe die tempel gelyk het nie en daarom gee hoofstuk 40 tot 48 detail inligting van hoe hulle die tempel moet herbou.
Wie is die Antichris dus?
- Hy gee voor dat hy God is en is in die plek van die ware Christus is. Hy is téén die ware Christus. Hy is in die plek van Christus; ‘n alternatief van die ware. Daar is baie Antichriste. Dit is enige persoon wat verskil met die ware Christus en ‘n ander evangelie verkondig as wat die ware Christus verkondig het. Galásiërs 1:8-10 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! (9) Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! (10) Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
- Hy sit in die tempel van God. Omdat ons die tempel van God is en die Heilige Gees in ons liggaam bly sal die Antichris daardie plek van God vat. Ons is die tempel van God en in plaas dat Christus in ons hart woon, woon ‘n vals Christus; ‘n Antichris met ‘n vals evangelie in ons hart.Matthéüs 24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. Matthéüs 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
- Die mens van sonde is die Pous en is die groot Antichris wat ‘n ander evangelie verkondig, die evangelie dat die kerk ‘n instelling van God is en ‘n weg tot saligheid. Hy was geopenbaar as die een wat gesê het hy is in die plek van Christus en die verteenwoordiger van God op die aarde. Nog baie ander het na hom gekom en gesê: “Hier is die Christus” en “ek is die Christus”, “verlossing is in die kerk en nie in Christus nie”, is die woorde van die Antichris.
Waar kom die verwarring van die “wegraping” dan vandaan?
Daar is wel ‘n tyd wanneer die uitverkorenes van Yahshua Hom in die lug tegemoet sal gaan, maar hulle gaan nie weg nie, hulle gaan Hom in die lug tegemoet en kom dan saam met Hom terug aarde toe. Die tydperk wanneer hierdie gebeur is met sy tweede koms wat gepaard gaan met harde trompet geluid. Nie ‘n geheime koms nie. Hy is dus op pad na óns toe. Sy uitverkorenes gaan Hom dan in die lug tegemoet en kom dan saam met Hom terug en so sal hulle altyd by Hom wees. Wanneer hulle Hom in die lug tegemoet gaan, word hulle liggame verander en hulle kry ‘n nuwe, verheerlikte liggaam.
1 Korinthiërs 15: 52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. (53) Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. (54) En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.
Beteken dit dan dat hulle wat Hom in die lug tegemoet gaan nie in die groot verdrukking gaan wees nie?Matthéüs 24: 6 1: En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. (7) 2: Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (8) Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. (9) 3: Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. (10) En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. (11) En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. (12) En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. (13) 4: Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Daar is egter ‘n verskil tussen die groot verdrukking en die oordele van Yahshua wat Hy oor die bewoners van die aarde gaan uitstort. Hierdie oordele van wraak deur Hom, vind plaas ná sy wederkoms en die groot verdrukking vind plaas vóór sy wederkoms.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Hoop (27-10-2024)
Banie Swanepoel:
Alle mense het probleme en ons almal soek na hoop. Hoop is ‘n ander situasie wat ons huidige situasie sal verbeter.
- As ek net die plaas erf, sal my finansiële probleme opgelos wees.
- As die operasie ‘n sukses is, sal my gesondheidsprobleem op ‘n einde wees.
Daar is egter baie onaangename situasies wat terminaal is:
- My geliefde is dood.
- Ek is reeds oud en vergete en wens die dae om.
- Ek is jonk en staan aan die begin van my lewe, maar daar is geen toekoms nie.
- Ek is gebreklik en elke dag is ‘n worsteling.
- Ek het die hoogste sport in die lewe bereik en uitgevind dat dit toe waarlik ‘n gejaag na wind was.
Psalm 39:6-8 Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela. (7) Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie. (8) En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.
Wat beteken dit as ons sê ons hoop is op Hom? Hoe gaan dit my situasie verander? As ek dan blind is, is my hoop op Hom om te kan sien? As ek arm en ellendig is, is my hoop op Hom om in beter omstandighede te kan wees? As ek my geliefde deur die dood verloor het, is my hoop dat my geliefde uit die dood uit opgewek gaan word?
Die antwoord is “ja”, op al ons moeilike situasies. Hy is die een wat enige situasie kan verander. Terwyl ons egter nog in hierdie tydelike liggaam is, is ons blootgestel aan die omstandighede van hierdie vervloekte wêreld, maar ons word deur ons God gewaarborg dat dit nie vir altyd sal aanhou nie en dat Hy dit met sy wederkoms gaan verander.
Exodus 3:7-8 En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. (8) Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ‘n goeie en wye land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.
Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Omdat hierdie wêreld waarin ons lewe deur God vervloek was en die heerskappy van Adam verlore gegaan het en deur die Satan opgeneem is, is dit ‘n moeilike lewe vol probleme en hartseer.
Daar is egter verlossing van dit alles deur God wat ons daarvan gaan verlos en dit is ons hoop. Hoewel die mens die kroon van die skepping was, het die mens saam met die skepping verval in ‘n lewe van moeite en verdriet, maar Yahshua se roeping is om ons siele te red van die hel, maar ook ons slegte situasies te verander na sy heerlikheid.
Wanneer ons bely dat ons hoop op Hom is, is dit nie kanseltaal of mooi woorde nie, maar dit is waarlik ons hoop vir die toekoms. Die van ons wat weer gebore is, het hulle met God versoen en sal in sy Koninkryk van heerlikheid ingaan.
Om die hoop deelagtig te kan word, is egter voorwaardelik:
Johannes 3:3-7 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (7) Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
Na ons dood, of na Yahshua se wederkoms, gaan ons as mens na twee verskillende bestemmings. Hulle wat nie nog ‘n keer gebore was nie, sal as gevolg van hulle sonde verlore gaan en die slegte aardse omstandighede sal dan voel of dit hemels was. Die wat wel weer ‘n keer gebore was, sal in die volmaakte Koninkryk van God ingaan.
Ons hoop op God is nie net alleen vir hierdie wêreld nie. Hier sal ons verdrukking hê, maar ons hoop is op Hom vir ‘n hemelse toekoms.
Waar trek ons nou op hierdie pad na hoop en wat gaan nog gebeur?
- Ons moet ons huidige omstandighede verdra en weet dat God dit toelaat sodat ons geestelik kan groei. 1 Petrus 1:6-9 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, (7) sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; (8) vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, (9) en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
- Oorloë en gerugte van oorloë. Matthéüs 24:6-13 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. (7) Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (8) Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. (9) Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. (10) En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. (11) En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. (12) En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. (13) Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
- Die koms van die Koning: Mat 24:29-31 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. (30) En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. (31) En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompet geluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
- Hy vernietig al die koninkryke wat nou hier op die aarde is: Daniël 2:34-35 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. (35) Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. Daniël 2:44 (44) Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan— (45) net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het.
- Hy onderwerp almal aan sy heerskappy en sluit die satan op. Openbaring 20:1-4 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. (2) En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, (3) en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. (4) En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
- Yahshua regeer vir duisend jaar in sy vrede-koninkryk. 1 Korinthiërs 15:25-28 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. (26) Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. (27) Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. (28) En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
- Die satan word losgelaat en vir altyd verdelg. Openbaring 20:7-10 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; (8) en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. (9) En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. (10) En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
- Ware troos en nie net mooi woorde nie. Openbaring 21:1-8 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. (2) En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. (3) En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. (4) En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. (5) En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. (6) En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. (7) Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. (8) Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Wat moet ons dan nou doen? Efésiërs 6:10-17 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. (11) Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. (12) Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. (13) Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. (14) Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, (15) en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. (16) Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. (17) En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—
Die eerste bestemming: Openbaring 20:13-15 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. (14) En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. (15) En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Die tweede bestemming: Openbaring 21:4-8 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. (5) En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En H ny het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. (6) En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. (7) Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. (8) Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Moenie moedeloos word oor jou eie omstandighede nie. Hoop op God, want sy Koninkryk kom. Moenie op die stasie sit en wag vir die trein en dan moedeloos word omdat hy nog nie gekom het nie. Wag geduldig en wees gereed vir wanneer hy kom. Romeine 5:3-5 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, (4) en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; (5) en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Jeróbeam se nalatenskap (10-2024)
Banie Swanepoel:
Ons verhouding met die Almagtige kan nie op ons voorwaardes wees nie.
- Waar kom ons vorm van aanbidding vandaan?
- Hoekom is daar so baie verskille tussen denominasies?
- Is dit sonde om Hom anders te aanbid as wat Hy wil hê?
- Is daar dan ‘n regte manier, en hoe weet ons wat dit is?
Jeróbeam se nalatenskap:
1 Konings 12: 25 En Jeróbeam het Sigem op die gebergte van Efraim gebou en daarin gewoon, en daarvandaan uitgetrek en Pnuel gebou. 26 En Jeróbeam het in sy hart gesê: Nou sal die koningskap na die huis van Dawid terugkeer: 27 as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda. 28 Daarom het die koning raad gehou en twee goue kalwers gemaak en aan hulle gesê: Julle het lank genoeg opgegaan na Jerusalem—hier is, o Israel, jou gode wat jou uit Egipteland laat optrek het! 29 En die een het hy in Bet-el opgerig en die ander in Dan opgestel. 30 En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan. 31 Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie. 32 En Jeróbeam het ‘n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het. 33 En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel ‘n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.
Selfs al noem hulle die beeld “die God wat hulle uit Egipte gelei het” word dit nie die God wat hulle uit Egipte gelei het nie. Ons doen vandag dieselfde: Ons maak ‘n beeld van aanbidding en sê dan vir mekaar dat dit YHWH is, maar deur ons dan ons eie god “YHWH” te noem, maak nie van ons eie god YHWH nie, daarom spel Hy dit uit dat “Hy is wat Hy is” en nie wat Jeróbeam sê Hy is nie, en ook nie wat ons sê wat Hy is nie. As ons ‘n afbeelding van Hom in ons gedagtes gemaak het, maar dit is ‘n goue kalf, dan doen ons presies dieselfde as Jeróbeam.
- Hoe lyk ons God?
- Wie is Hy?
- Waarvan hou Hy en waarvan hou Hy nie?
- Hoe aanbid ons Hom?
- Hoekom aanbid ons Hom?
Jeróbeam se motief vir sy aanbidding was terwille van homself en wat vir hom gemaklik en veilig was. Dit het nie oor God gegaan nie. (Humanisme) Net soos hy ‘n afgod aanbid het, het sy volk hom slaafs nagevolg. Hoewel dit die koning is wat hulle verlei het, het hulle self die gevolge van hulle optrede gedra.
Waar kom ons beeld van God vandaan?
Ons almal wat onsself as Protestante sien, weet dat die Rooms-Katolieke Kerk ‘n vals beeld van die Almagtige gegee het en dat ons daarvan af moet wegvlug, maar het ons? Is ons vorm godsdiens en rituele wat ons van die Rooms-Katolieke Kerk af oorgedra het, nie maar ook net ‘n beeld wat ons van God gemaak het nie?
Wanneer ons verlei word om ander gode te aanbid, sal God se oordeel oor ons kom:
1 Konings 13: 1 Toe kom daar ‘n man van God uit Juda deur die woord van die HERE in Bet-el aan, terwyl Jeróbeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan; 2 en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, ‘n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Josía, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word. 3 En hy het dieselfde dag ‘n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken dát die HERE gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word. 4 En net toe die koning die woord van die man van God hoor wat hy teen die altaar in Bet-el uitgeroep het, steek Jeróbeam sy hand uit bo van die altaar af en sê: Gryp hom! Maar sy hand wat hy teen hom uitgesteek het, het styf geword, sodat hy dit nie weer kon terugtrek nie. 5 En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die HERE. 6 Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was. 7 Daarop sê die koning aan die man van God: Kom met my saam huis toe en versterk jou, en laat ek jou ‘n geskenk gee. 8 Maar die man van God sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie. 9 Want so het die HERE my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
Vader praat met ons deur sy Woord en waarsku ons dat ons Hom moet ken vir wie Hy is, dat ons die weg moet ken wat Yahshua vir ons in geregtigheid gemaak het, wandel soos wat Yahshua ons geleer het, anders is ons besig met ‘n ander God en dit is nie die God van die Bybel nie. Ondersoek jou eie lewe: Is ons algemene kerk-aanbidding dit wat God behaag, of het Hy nooit so iets gesê nie, maar ons wandel in die spore van Jeróbeam, die Pous?
- As ons dink dat sy genade net bloot almal se sonde vergewe, is ons besig met Jeróbeam se sonde.
- As ons dink dat Hy liewe Jesus is en nie ‘n God van wraak wat elke dag toornig is nie, is ons besig met Jeróbeam se afgode.
- As ons dink dat ons vir onsself ‘n kerkorganisasie kan stig en dan self besluit hoe ons daarbinne gaan wandel en wat ons gaan glo, het ons soos Jeróbeam ‘n altaar gebou wat deur God self verwoes sal word, nie net die kerk nie, maar die mense van die kerk.
- As ons bely dat al die Gode van die wêreld die selfde God is en elkeen hom net met ‘n ander naam noem, is ons totaal vasgevang in die teologie van Jeróbeam.
Di’s jou lewe wat op die spel is, moenie jou ore uitleen nie. Glo net God se Woord.
1 Konings 13: 10 Hy het toe met ‘n ander pad gegaan en nie teruggekeer met die pad waarmee hy na Bet-el gekom het nie. 11 En daar het ‘n sekere ou profeet in Bet-el gewoon; en sy seuns het gekom en hom alles vertel wat die man van God dié dag in Bet-el gedoen het; ook die woorde wat hy met die koning gespreek het. En toe hulle dit aan hul vader vertel, 12 sê hul vader vir hulle: Met watter pad het hy gegaan? Want sy seuns het die pad gesien waarmee die man van God weer weg is wat uit Juda gekom het. 13 Toe sê hy aan sy seuns: Saal vir my die esel op. En hulle het vir hom die esel opgesaal, en hy het daarop gery. 14 En hy het agter die man van God aan gegaan en hom aangetref terwyl hy onder die terpentynboom sit; en hy sê vir hom: Is jy die man van God wat uit Juda gekom het? En hy antwoord: Ja. 15 Toe sê hy vir hom: Gaan met my saam huis toe en eet brood. 16 Maar hy antwoord: Ek kan nie met jou saam omdraai of met jou saam ingaan nie; ek mag ook nie brood eet of met jou saam water in hierdie plek drink nie; 17 want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie. 18 Maar hy sê vir hom: Ek is ook ‘n profeet net soos jy, en ‘n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg. 19 Toe het hy met hom saam omgedraai en in sy huis brood geëet en water gedrink. 20 Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die HERE tot die profeet wat hom laat omdraai het; 21 en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie, 22 maar omgedraai en brood geëet en water gedrink het in die plek waarvan Hy aan jou gesê het: Jy moet geen brood eet of water drink nie—daarom sal jou lyk nie in die graf van jou vaders kom nie. 23 Nadat hy dan geëet en gedrink het, saal hy vir hom die esel op—vir die profeet wat hy laat omdraai het— 24 en hy gaan weg; toe kom ‘n leeu hom teë op die pad en maak hom dood.
Selfs nadat Jeróbeam die wonderwerk gesien het en die woord van God gehoor het, het hy hom nie bekeer van sy afgode nie.
Ons kyk vandag na Jeróbeam en dink watter dwaas was hy om ander gode te aanbid, maar vir wie aanbid ons? Ons sê met ons mond dat ons in die God van die Bybel glo, maar ons ken Hom nie. Die enigste manier om Hom te ken, is om sy Woorde te ken, maar ons ken dit nie en daarom val ons so maklik vir Jeróbeam, net omdat hy vir ons sê: “Hier is julle God wat julle uit Egipte gelei het.” Jeróbeam staan vandag op die preekstoel en sê: “Hier is julle God van die Bybel”, maar dit is nie Hy nie.
1 Konings 13: 33 Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word. 34 En hierdeur was daar sonde vir die huis van Jeróbeam, en wel om dit te verdelg en uit te roei van die aarde af.
Dit is ironies, wanneer ons siek is of in die moeilikheid is, gaan ons nie na die God van die kerk toe nie, maar dan weet ons waar ons hulp is:
1 Konings 14: 1 In dieselfde tyd het Abía, die seun van Jeróbeam, siek geword. 2 En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word. 3 En neem met jou saam tien brode en koeke en ‘n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.
1 Konings 14: 7 Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek die HERE, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as ‘n vors oor my volk Israel aangestel het 8 en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie, 9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het— 10 kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos ‘n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie. 11 Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die HERE het dit gespreek. 12 Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.
Die God van die Bybel is nie ‘n teologie of ‘n positiewe gedagte nie, maar Hy is die Almagtige Skepper van hemel en aarde. Hy is ‘n God van geregtigheid en maak met ons bemoeienis omdat Hy vir ons lief is en nie omdat Hy ons nodig het nie. Ons is die party wat verlore is, nie Hy nie. Wanneer ons egter sy genade verwerp en ons eie waarheid uitdink en bepaal, ons eie priesters aanstel om vir ons ‘n evangelie te bring wat ons in die gehoor moet streel, dan sal Hy ons verwerp en ons vernietig.
1 Konings 15: 27 Maar Baésa, die seun van Ahía, van die huis van Issaskar, het ‘n sameswering teen hom gesmee, en Baésa het hom verslaan by Gíbbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om Gíbbeton te beleër. 28 So het Baésa hom dan gedood in die derde jaar van Asa, die koning van Juda, en koning geword in sy plek. 29 En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ahía, die Siloniet— 30 vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy geterg waarmee hy die HERE, die God van Israel, geterg het.
Die nalatenskap van Jeróbeam is deur Oorlewering.
1 Konings 15: 33 In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Baésa, die seun van Ahía, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier en twintig jaar lank. 34 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en gewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
*uU*uU**uU*uU**uU*uU*
002 Jeróbeam se nalatenskap (Jeróbeam aanbid net soos hy wil) (20-10-2024)
1 Konings 18:1 En geruime tyd daarna het die woord van die HERE in die derde jaar tot Elía gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde. 2 En Elía het gegaan om hom aan Agab te vertoon. En die hongersnood was swaar in Samaría.
Agab het aanbid volgens die oorlewering van Jeróbeam, maar omdat hy op sand gebou het, was hy iemand wat rondgeslinger was deur enige vreemde lering. Nadat hy met Isébel getrou het, aanbid hy sommer haar god ook.
- Jesaja 5: 13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
- Hoséa 4: 6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
1 Konings 18: 17 En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel? 18 Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het. 19 Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet. 20 En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom. 21 En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie. 22 Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE, terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is. 23 Maar laat hulle vir ons twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies en dit in stukke verdeel en op die hout sit, maar sonder om vuur te maak; en ék sal die ander bul gereedmaak en op die hout sit, maar ek sal geen vuur maak nie. 24 Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed. 25 Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie. 26 En hulle het die bul wat hy hulle gegee het, geneem en dit gereedgemaak en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep en gesê: o Baäl, gee ons antwoord! Maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En hulle het rondgespring by die altaar wat hulle gemaak het. 27 En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos ‘n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. 28 En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het. 29 En toe die middag verby was, het hulle begin raas tot op die tyd dat die spysoffer gebring word; maar daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie. 30 Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was. 31 Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees— 32 en hy bou met die klippe ‘n altaar in die Naam van die HERE. Daarna het hy ‘n sloot gemaak rondom die altaar, ‘n ruimte vir omtrent twee mate saad, 33 en die hout gerangskik en die bul in stukke verdeel en bo-op die hout gelê. 34 Toe sê hy: Maak vier kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En hulle het dit vir die derde maal gedoen, 35 sodat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak. 36 En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het. 37 Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer. 38 Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. 39 En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God! 40 Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.
- Hoewel ons as “gelowiges” dink ons geloof gaan oor wie is reg en wie is verkeerd, gaan dit oor wie aanbid die God van Israel en wie dínk hy aanbid die God van Israel. Daar is nie ‘n klop op die skouer vir die een wat reg is en ‘n vernedering vir die verkeerde een nie, maar dit is ‘n geval van wie van ons gaan in die Koninkryk van God in en wie gaan hel toe.
- Matthéüs 7: 13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
- Matthéüs 7: 21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
- Markus 13: 21 En as iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Kyk, daar! —moet dit nie glo nie. 22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. 23 Maar julle moet op jul hoede wees. Kyk, Ek het alles vir julle vooruit gesê.
- Vir die van ons wat dan wel na die waarheid wil soek ter wille van ons lewe, waar is die ware God dan en hoe sal ek kan weet dat dit nie ‘n verkeerde god is nie?
- Johannes 14: 5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. 7 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
- Lukas 11: 9 En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
- Matthéüs 10: 34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
- Matthéüs 16: 24 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. 25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? 27 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.
- Ons mag nooit ophou om agterdogtig en versigtig te wees vir die vals afgode wat hulself voordoen as die ware God van Israel nie.
- Johannes 10: 9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. 10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. 11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.
- Matthéüs 24: 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. (11) En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
- Beteken dit dat die kennis van die waarheid my red en as ek verkeerde kennis het, gaan ek nie gered word nie? Nee, maar die kennis wat ek het, is die saad wat die geloof in my hart veroorsaak en die geloof red my. My geloof is die produk van die saad wat in my hart gesaai word.
- Is dit dan moontlik dat ons ons hele lewe gelowig kan wees en dan nog steeds nie gered sal word van ons sonde nie? Ja, verkeerde kennis veroorsaak verkeerde geloof en verkeerde geloof veroorsaak dat ek Agab se gode aanbid.
- Is dit moontlik dat almal dan verkeerdelik ‘n afgod aanbid en dink dit is die ware God van die Bybel?
Exodus 32: 1 Toe die volk sien dat Moses vertoef om van die berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moses, die man wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. 2 En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my. 3 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring. 4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met die beitel bewerk en daar ‘n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het. 5 Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor ‘n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE. 6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en brandoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.
- God het hulle nie verskoon omdat hulle verkeerd van Hom geglo het nie, maar hulle is vernietig.
- Ons as gelowiges is onder die indruk dat enige tipe van geloof betreffende die Almagtige, vir Hom aanvaarbaar is en ons sal daardeur hemel toe gaan.
- Sommige van ons se gelowe oor God stem nie ooreen met die Bybel nie, maar ons dink God sal maar daarmee tevrede moet wees:
Ons glo ons hoef Hom nie te ken vir wie Hy werklik is nie, maar ons moet Hom ken vir wie my kerk sê Hy is en wat ek wil glo wie Hy is, bv:
- Hoewel God self gesê het ons moet weer ‘n keer gebore word, vind sommige van ons dit onnodig, want dit klink vir ons nie logies nie en ons kerk sê dit is nie nodig nie. As God dus sê ons moet weer gebore word en ons opinie van Hom is dat ons Hom kan ignoreer in verband daarmee, aanbid ons dan werklik die God van die Bybel, of aanbid ons ‘n afgod wat ons net God noem.
- As Hy Homself beskryf en openbaar as net die God van Israel en daardeur self sê dat Hy die sonde van net sy volk verlos het en dat Hy verder sê dat Hy sy nuwe verbond net met die huis van Israel en Juda sluit, maar ons reken dat dit is nie nodig om dit te glo nie, want ons dink dit is onregverdig en ons kerk sê bowenal dat dit nie so is nie, is ons dan besig om die God van Elía te aanbid, of die God van Agab?
- As Yahshua sê dat Hy Middelaar is van ‘n beter verbond en dat die ou verbond naby die verdwyning is en dat Hy nie volgens die orde van Aäron Hoëpriester is nie, maar Hoëpriester volgens Melgisédek se orde en ons verkies om onder die wet van die orde van Aäron te bly en nie volgens Melgisédek se orde nie, is Hy dan ons Hoëpriester wat vir ons intree, of is Aäron ons hoëpriester.
- As ons vir ons ‘n kerkstelsel geskep het wat ons weekliks ondersteun met bywoning omdat ons dink dat ons God daardeur behaag en aanbid, maar Hy het dit nêrens in sy Woord beveel of voorgeskryf nie; watter God het dan gesê dat ons weekliks kerk toe moet gaan om Hom te behaag? Is dit dalk Agab se God?
Net soos wat die volk by Sinai Hom nie geken het nie en die huis van Israel saam met Jeróbeam Hom nie geken het nie en Israel by Karmel Hom nie geken het nie, net so ken ons gelowiges Hom nie vandag nie en enige opinie van Hom wat vir ons geloofwaardig klink, word ons geloof. Die rede hoekom ons Hom nie ken nie, is omdat ons sy Woord nie gehoor het nie en dan self besluit wie Hy is. Die resultaat is die God van Jeróbeam en Agab.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Israeliete se God (2024)
- Banie Swanepoel:
001 Die Israeliete se God (22-09-2024)
Die Israeliete het ‘n God wat geen ander volk het nie. Net hulle kan Hom hulle God noem. Anders as met ander volke, het die Israeliete nie hulle God gekies nie, maar Hy het hulle gekies. Reeds voordat hulle ‘n volk was, het hulle God ‘n ooreenkoms met hulle Vaders gemaak waarin Hy gesê het dat Hy hulle God is en hulle, met hulle nageslag, sal sy volk wees. (Die beginsel is dat jy nie hierdie God kan kies om jou God te wees nie, maar dat Hy jou kies) Johannes 6: 44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Die persoon met wie God die ooreenkoms gemaak het, was natuurlik Abraham. Génesis 17: 5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. 6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. 7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. (Die ooreenkoms)
Hoewel Abraham 8 seuns gehad het, het die God van Abraham sy ooreenkoms met net één van daardie agt seuns voortgesit, naamlik Isak. Dus, hoewel Ismael die eersgeborene van Abraham was, was God nié die God van Ismael nie, ook nie vir die van die ander ses broers nie, maar nét Isak.
Isak het op sy beurt weer twee seuns gehad, en hoewel die God van Abraham en die God van Isak gesê het hy sal Abraham en sy nageslag se God wees, gebeur dieselfde met die seuns van Isak, as wat met die seuns van Abraham gebeur het. Hoewel Isak twee seuns gehad het, is Hy net die God van een van hulle. Die ander een het Hy verwerp en Hy is nie sy God nie. Esau was nie geregtig om te sê dat die God van Isak, sy God is nie.
Romeine 9: 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. (Ons is onder die indruk dat ons God moet kies, maar intussen moet Hy ons kies.)
Jakob het twaalf seuns gehad en God maak sy ooreenkoms met hulle almal. Jakob se naam word deur sy God verander na Israel en al sy kinders is sy kinders en daarom praat God van die kinders van Israel, dit beteken die kinders van Jakob. As ons dan 187 keer in die Bybel lees van “Die God van Israel” beteken dit Hy is die God van Israel en nie van iemand anders nie. Die Israeliete se God is nie die God van die hele wêreld nie, maar van die Israeliete alleen.
Toe die kinders van Jakob na hulle uittog uit Egipte by die berg Sinai kom, , het hulle God sy ooreenkoms met hulle bevestig. Hy praat met hulle met ‘n hoorbare stem en sê dat Hy hulle God is en hulle sy volk is. So het Hy met geen ander volk gedoen nie. Hy openbaar ook sy rede vir sy ooreenkoms met hulle deur aan hulle te sê; hoewel hulle die geringste van al die nasies was, Hy nog steeds met hulle alleen ‘n ooreenkoms gemaak het. Die rede vir sy ooreenkoms was omdat Hy hulle liefgehad het. Dit impliseer dan dat Hy geen ander van die nasies op die aarde liefhet nie, ander sou Hy hulle God ook gewees het. Ons verstaan dus dat die Israeliete se God nie met alle mense ‘n ooreenkoms het nie, maar net met die mense wat Hy lief het.
Deuteronómium 7: 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
- As dit dan net die nageslag van Israel is wie se God die God van die Bybel is, watter gode moet die ander mense dan aanbid?
- As die God van die kinders van Israel al die beloftes in die Bybel met die kinders van Israel gemaak het, wat van al die ander mense op die aarde?
- As die kinders van Israel by Hom geliefd is, wat dan van al die ander mense op die aarde? Miga 4: 5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.
Wanneer God dan sê dat Hy sy Seun gestuur het om vir die wêreld se sonde te betaal deur aan die kruis te sterf, op watter punt het Hy dan vir al die ander mense van die wêreld begin lief word as Hy by Sinai nog nie vir hulle lief was nie?
Daar word gesê dat Hy by die kruis vir die hele wêreld lief geword het, maar dan is die tyd-orde verkeerd, want voor die kruis moes Hy vir hulle lief geword het, anders sou Hy nie by die kruis vir hulle lief gewees het nie. As God dus sê: Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Dan moes hierdie liefde gebeur het voor die besluit om sy Seun as offer te stuur, want Hy het net die kinders van Jakob lief gehad met die kruisiging.
As Hy dus sy Seun gestuur het om vir die mense te sterf vir wie Hy lief is, dan beteken dit tog seker dat Hy gesterf het vir die kinders van Jakob met wie Hy ‘n ooreenkoms het slegs omdat Hy vir hulle lief is. Hoewel Johannes 3: 16 ons verwar, is daar tog ander woorde van God wat nie verwarrend is nie: Matthéüs 1: 20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Die ooreenkoms was: Ek sal vir julle ‘n God wees en julle sal vir my ‘n volk wees.
As die God van die kinders van Jakob dan net gesterf het vir die vir wie Hy lief was, hoe verklaar ons dan Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.? Die punt van verwarring is dat God nie vir die Israeliete liefgeword het omdat Hy vir hulle gekruisig was nie, Hy het hulle voor die kruisiging reeds liefgehad. Die Engel was dus reg.
Dit lyk dus of die God van die kinders van Jakob nog steeds net die God van die kinders van Jakob alleen is, en dat Hy net vir hulle sonde gesterf het. Dit is ‘n gewigtige onderwerp met geweldige implikasies. As dit wel so is, was ons as mensdom al die jare verkeerd betreffende die liefde van God.
Daar word wêreldwyd deur alle kerke verkondig en aanvaar dat Hy vir die wêreld se mense gesterf het, hoewel alle kerke aanvaar dat Hy ‘n ooreenkoms met die kinders van Jakob het. Maar as Hy dan net gesterf het vir die mense vir wie Hy lief was, dan is daar ‘n groot misverstand iewers. Johannes 3: 16 se verklaring van God se liefde blyk om loodreg in te druis teen sy liefdesverklaring aan die nageslag van Jakob by Sinai en dit veroorsaak ‘n groot verwarring omdat dit lyk na ‘n teenstelling.
Johannes wat geskryf het van die liefde vir die wêreld in 3:16 het ook in Johannes 13:1 daarvan geskryf, maar dan sien ons dat die wêreld ‘n plek is en nie die mense van die wêreld nie. Johannes 13: 1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
Hy het die wêreld lief, maar tog kan Hy uit die wêreld weggeneem word, dit is dus ‘n plek. Hy het die hele wêreld lief gehad, want dit is die plek waar die kinders van Jakob is wie se God Hy is en vir wie Hy lief is. In die wêreld is baie mense, maar in die wêreld is ook sy eie mense: die kinders van Jakob, wat Hy lief het.
Matthéüs 13: 44 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.
Matthéüs 13: 37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, 38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, 39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
Buiten Johannes 3: 16 is daar ook ander gedeeltes in die Bybel wat van die heidene praat en die vrede wat God met hulle gemaak het. Ons moet oënskynlike teëspraak deur God versigtig benader omdat ons nie die agtergrond van die skepping van ons hemel en aarde ken nie. Ons wil ons reëls en agtergrond toepas op God, soos wat ons dit verstaan. Ons is ook ongelukkig baie beïnvloedbaar en net soos met Eva kry die Satan dit maklik reg om ons denke te beïnvloed, sodat ons anders begin dink as wat God dink.
Die eerste beginsel waarby ons moet bly is dat God is wat Hy is en Hy verander nie. Hy sê baie dinge van Homself en dit is die beginsels wat nie kan verander nie. Die Satan val ons juis aan om te vra of dinge wat God gesê het regtig so is.
God sê Hy is waarheid en Hy kan nie lieg nie. Dan sê Hy vir Israel dat Hy hulle God is en dat Hy hulle alleen uitverkies het uit al die nasies wat op die aarde is om hulle God te wees. Indien Hy ná die kruis al die volke sou liefhê en hulle almal uitverkies het, lieg Hy dan nie vir Israel nie? Indien Hy by die kruis nét vir die sonde van sy volk betaal het, soos wat die engel gesê het, sal sy Naam nie dan gestand bly en geëer word nie? Ons is banger om aan mense aanstoot te gee, as aan God.
Net soos wat daar ‘n verklaring is van Johannes 3: 16 om te kan sien dat God se liefde nie verander het nie, net so is daar ‘n verklaring van die heidene wat deel van God se volk word. Uit beginsel uit en uit geloof in God se Naam moet ons dit reeds weet, want dit is wat geloof beteken. Ek glo God net omdat Hy so gesê het en wanneer ek sy Woord nie verstaan nie, sal Hy dit aan my openbaar as ek dit soek met my hele hart.
**&&**
002 Die Israeliete se God (29-09-2024)
Maar wie is sy volk dan?
- Is dit die Jode en hulle wat hul-self Jode noem?
- Openbaring 2: 9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
- Die Moderne Jood is nie ‘n geslag nie, maar ‘n kultuur. God se ooreenkoms is met Abraham en sy nageslag deur Jakob.
- Is dit die kerk en die geredde mense?
- Niemand van ons kan gered word tensy ons die volk van God is nie.
- Ons word nie die volk van God omdat ons gered is nie, maar die nageslag van Jakob is die volk van God, ongeag of hulle gered is of nie
- Jesaja 59: 20 Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. 21 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
- Is dit die mense aan wie die apostels die evangelie gaan verkondig het?
- Ons kan die kaart agter in ons Bybel gaan bestudeer
Matthéüs 28: 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Romeine 15: 24 sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ‘n tyd lank van julle geniet het.
Handelinge 20: 1 En nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedónië te reis. 2 En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.
Handelinge 19: 21 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedónië en Acháje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.
Markus 16: 15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
Kollesense 1: 23 as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.
Tog is Paulus na die heidene gestuur
Romeine 11: 13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening 14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
Galásiërs 2: 7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes— 8 want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene— 9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;
As die God van die Israeliete dan net hulle God is, wie is hierdie heidene vir wie Paulus bedien het?
Romeine 9 is deur Paulus geskryf en verduidelik wie die heidene is:
- 1. Paulus noem homself ‘n Israeliet en is die Apostel vir die heidene.
- 2. Hy sê dat nie almal wat uit Abraham is Israeliete is nie, maar net
hulle wat deel is van die belofte aan Abraham, kinders van God is.
- 3. Die belofte was net aan sy seun Isak en nie aan die ander sewe
seuns nie, dus was net Isak ‘n kind van die belofte.
- 4. Die belofte was net aan sy seun Jakob en nie aan Jakob se broer Esau nie, dus was net Jakob ‘n kind van die belofte. Wat dan van Esau? Hom het God gehaat en is vertorend op sy nageslag tot in ewigheid.
- 5. Is God dan nie onregverdig nie? Nee Hy kan doen wat Hy wil, Hy is God.
- 6. Hy maak die kinders van die belofte as voorwerpe tot eer en die ander mense as voorwerpe tot oneer, daarom handel Hy met die kinders van die belofte anders as met die kinders sonder belofte.
- 7. Die kinders van die belofte wat Hy gemaak het tot eer, is egter nie
net uit die Jode nie, maar ook uit die heidene wie deel is van die belofte van Abraham, Isak en Jakob, soos wat Hy in Hoséa sê.
- 8. Hoséa profeteer dat God sy liefdesverbond met tien van die stamme van Israel gaan breek, omdat hulle nooit aan Hom gehoorsaam is nie.
- 9. Dit gebeur ook so en toe hulle 700 vC. in ballingskap gaan,
verheidens hulle omdat God nie meer hulle God is nie.
- 10. Hoewel God nie meer hulle God is nie, is dit ‘n tydelike toestand, want terwyl Hoséa profeteer dat Hy nie meer hulle God gaan wees nie, profeteer hy ook dat Hy weer hulle God sal wees.
- 11. Hierdie heidene aan wie Paulus die evangelie verkondig is hierdie 10 stamme wat verheidens het, maar nou deur die offer van Yahshua deur ‘n nuwe verbond kan hulle weer deel van die huis van Dawid word.
- 12. Daar is dus “heidene” en “heidene”. Daar is dus “Israeliete” en “Israeliete”.
Romeine 9: 1 Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2 dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5 aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê. 10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Hoséa 1: 1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 2 Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4 En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 5 Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6 Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 12 Sê aan julle broers: Ammi, (my volk) en aan julle susters: Rugáma (vergifnis).
**&&**
003 Die Israeliete se God
Dit gaan oor ‘n liefdesverhouding (06-10-2024)
Psalm 50: 7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
Wanneer kerke kyk na die verhouding tussen God en sy volk, is dit ‘n akademiese oefening en word dan deel van elke kerk se dogma op grond van hoe hulle dit insien. Ons speel egter met ons lewe wanneer ons hierdie onderwerp sonder respek en vrees hanteer.
YHWH is nie die God van die Israeliete terwille van hulle verlossingsplan, terwille van die verlossing van die wêreld, terwille van geregtigheid of enige ander rede, behalwe terwille van sy verhouding met hulle nie.
Van Abraham se tyd af het dit vir God gegaan oor ‘n verhouding met hom en sy nageslag na hom. Hierdie verhouding van God met hulle, is nie net ‘n vriendskapsverhouding nie, maar ‘n liefdesverhouding.
By die berg Sinai gee God sy rede waarom Hy Israel uitverkies het bo al die ander nasies wat op die aarde is; Hy het hulle lief gehad. Hy kies dus uit, omdat Hy sommige nasies liefhet en ander nie, anders sou Hy met die ander nasies ook ‘n verhouding gehad het.
Exodus 20: 4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou (Israel) God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; 6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
By Sinai sê Hy vir die Israeliete dat Hy hulle God is en dat hulle geen ander gode mag hê nie, want Hy is jaloers op hulle, omdat Hy in ‘n liefdesverhouding met hulle is. Net soos wat ‘n man met ‘n vrou trou en sy nie met ander mans ‘n verhouding mag hê nie, net so mag Israel nie met ander gode ‘n verhouding hê nie.
Wanneer God vir Israel sê dat hulle nie ander gode mag liefhê nie, sê Hy ook vir hulle dat Hy geen ander nasies sal liefhê nie. Dieselfde belofte wat ons tydens huwelike doen, het God met sy volk gedoen. Ons moet dus baie versigtig wees om te sê, of om selfs net te dink, dat Hy sy gelofte verbreek het.
Deuteronómium 4: 15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele — want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie — 16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ‘n gesnede beeld, ‘n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: ‘n afbeelding van man of vrou, 17 ‘n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ‘n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg, 18 ‘n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ‘n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is; 19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie — dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het. 20 Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is.
Deuteronómium 4: 25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, 26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. 27 En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. 28 En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. 29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. 30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. 31 Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie. 32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is. 33 Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? 34 Of het ‘n god probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? 35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. 36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor. 37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is — 39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie
Deuteronómium 7: 16 En jy sal al die volke verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou ‘n strik wees. 17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? — 18 wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het, 19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
Deuteronómium 23: 5 Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in ‘n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het. 6 Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.”
Deuteronómium 10: 12 En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, 13 om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? 14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.”
Deuteronómium 7: 6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 9 Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte. 10 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
Die nasies sal na goëlaars en waarsêers luister, maar Israel sal na Yahshua luister.
Deuteronómium 18: 13 Opreg moet jy wees met die HERE jou God. 14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie. 15 ‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —
Die Israeliete se beloftes vanaf hulle God
Josua 1: 9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Jesaja 41: 8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, 9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy (Israel) is my kneg; jou (Israel) het Ek uitverkies en jou (Israel) nie verwerp nie. 10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou (Israel); kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. 11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. 12 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer. 13 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. 14 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.
Jesaja 43: 1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. 6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, 7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. 8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. 9 Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!
Matthéüs 10: 34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Efésiërs 5: 14 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
Jeremia 31: 31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. 35 So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37 So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
**&&**
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE