Preke

Omdat ék so sê… (15-09-2024)

Omdat ék so sê… (15-09-2024)

Banie Swanepoel:

Lukas 4: 5  Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 6  En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. 7  As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. 8  En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. 

Johannes 8: 44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 45  Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. 

Romeine 3: 28  Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. 

Lukas 18: 16  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. 17  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. 

1 Kronieke 28: 9  En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.

Matthéüs 10: 32  Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. 33  Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. 34  Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35  Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. 

Matthéüs 8: 19  En ‘n sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan. 20  En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie. 

Matthéüs 10: 21  Maar die een broer sal die ander tot die dood oorlewer en die vader sy kind, en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak. 22  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 23  En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie. 24  ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie. 25  Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote! 26  Vrees hulle dan nie; want daar is niks bedek wat nie ontdek sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 27  Wat Ek vir julle in die donker sê, vertel dit in die lig; en wat julle in die oor hoor, verkondig dit op die dakke. 28  En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. 

Exodus 20: 11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. 

Deutoronómium 7: 6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 

Matthéüs 1: 21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Johannes 3: 3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 

Handelinge 2: 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Jesaja 44: 6  So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie. 

Jesaja 9: 5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— 

Hebreërs 1: 5  Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6  En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. 

Lukas 1: 31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 

Josua 24: 15  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. 

Hebreërs 8: 13  As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning. 

Hebreërs 7: 11  As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? 12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 13  omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie. 14  Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie. 

Filippense 2: 12  Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 

Romeine 14: 11  Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely. 12  So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Wat is ‘n verhouding met YHWH? (08-09-2024)

Wat is ‘n verhouding met YHWH? (08-09-2024)

Banie Swanepoel:

Ons kan ons lewe lank God dien en aanbid, maar aan die einde daarvan, hoor ons dalk hierdie woorde van God af: Hebreërs 3:10-11  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,  11  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

Wat is God se weë en wat is dit wat ons moet leer ken?, want as ons dit nie leer ken het nie, sal ons in sy rus nie ingaan nie. Dit is nie noodwendig dinge wat ons met die vlees moet doen nie. Ons moet Sy hart leer ken en weet wat Hom gelukkig maak en waarvan Hy hou.

Elke Christen en elke denominasie het ‘n verskillende idee van wat sy weë is en wat dit is wat Hom gelukkig maak met ‘n verhouding met Hom, maar weet ons werklik wat Hy van ons wil hê? Weet ons wat Hom gelukkig maak met ‘n verhouding met Hom?

  1. As ons kan uitvind waarom God vir Adam geskape het en wat sy verwagting van Adam was, sal ons kan sien wat God uit sy verhouding met Adam verwag het.
  2. Adam was na sy beeld geskape en het dus karaktereienskappe van God gehad.
  3. Adam het met God gekommunikeer omdat God hom met sulke vermoë geskape het.
  4. Adam het namens God die aarde regeer en met God daaroor gesels.
  5. God het met hom in die aandwindjie gewandel.

God wil met ons ‘n verhouding hê en dit is die rede waarom Hy vir Adam en ook vir ons geskape het. Ons wil ook met Hom ‘n verhouding hê, want dit is waarom ons onsself Christene noem. Die probleem is dat ons nie met Hom ‘n verhouding kan hê wat óns kies en wat óns gelukkig maak nie, maar Hy skryf voor en ons moet uitvind wat sy voorskrifte is, voordat Hy met ons verhouding sal hê.

Elke persoon moet dus stil word en kyk wat sy eie verhouding met die Almagtige is en dan die Skrif ondersoek om te sien wat Hy in sy verhouding met ons wil hê en dan besluit of ons verhouding met Hom daaraan voldoen.

Omdat alle verhoudings tussen persone verskil, sal ons elkeen se verhouding met Vader ook verskil, maar dit moet binne God se voorskrif van verhouding wees.

  • Party van ons, soos Abraham, sal met Hom ‘n baie goeie verhouding hê.
  • Ander van ons sal soos Dawid ook ‘n baie goeie verhouding met Hom hê, maar verskillend van Abraham en verskillend van Dawid.
  • Party van ons sal met Hom ‘n oppervlakkige verhouding hê en party van ons sal met Hom ‘n swak verhouding hê.
  • Laastens sal party van ons ‘n vyandige verhouding met Hom hê.

Wat is dit wat ‘n goeie verhouding bepaal en wat is dit wat ‘n slegte verhouding bepaal, en dan is die vraag of ek met ‘n slegte verhouding sy Koninkryk sal kan beërwe? Wat is ‘n verhouding met God en hoe het ek ‘n goeie verhouding met Hom?

Wat is volgens die algemene Christen die kriteria wat ‘n verhouding met God kwalifiseer?

  1. Ek is lid van my kerk en gaan gereeld kerk toe.
  2. Ek gee geld vir die kerk en vir die arm mense.
  3. Ek sing in die kerk se koor.
  4. Ek werk naweke by ‘n tehuis vir siek mense.
  5. Ek leef moreel goed en probeer om my naaste lief te hê soos myself.
  6. Ek hou sekere van sy wette wat Hy deur Moses voorgeskryf het en veral die tien gebooie:
    1. Ek hou die sabbat.
    1. Ek hou die Pasga.
    1. Ek het my selfs laat besny.
    1. Ek eet nie varkvleis nie.
    1. Ek eet nie varkvleis nie en ook nie volstruis en ander onrein diere en seediere nie.
  7. Ek misbruik nie drank nie en vloek nie.
  8. Ek bid gereeld by openbare plekke en in my binnekamer.
  9. Ek kyk nie verkeerde dinge op TV nie en neem nie deel aan swak gesprekke nie.

Hierdie is dalk soms goeie standaarde om volgens te lewe, maar nie een van hierdie dinge dui op verhouding nie en ook nie op ‘n verhouding met God nie, maar is alles werke wat ek met my liggaam kan doen, al is daar nie ‘n God betrokke nie.

Die probleem met vormgodsdiens is, is dat daar vir die lid voorgeskryf word van hoe hy ‘n verhouding met God moet hê en net soos ons as mense nie met mekaar ‘n voorgeskrewe verhouding kan hê nie, kan ons dit ook nie met God hê nie, want dan is dit nie meer ‘n verhouding nie.

  1. Ses dae is jou eie tyd, maar die sewende dag is heilig aan God.
  2. Dan moet jy kerk toe gaan en mag nie sport doen nie.
  3. By die kerk gebeur alles volgens voorafbepaalde gebeure en meeste mense is net bystanders en toeskouers. Die enigste deelname is gewoonlik die sang. Daar is geen verhouding met God nie.
  4. Al wanneer ons dan andersins werklik tot God nader, is as ons in die nood is en bid vir verlossing.
  5. Ons verhouding met Hom is dus net as ons Hom nodig het, maar as ons Hom nie nodig het nie, is daar geen toenadering nie.

In die wêreld is daar 50 000 denominasies en elke denominasie het sy eie voorskrif van wie God is, hoe Hy aanbid moet word en hoe ons verhouding met Hom moet wees. In die kerk waar ons na God gaan soek, word ons dan geleer hoe om met Hom verhouding te hê en almal in daardie kerk het met Hom dieselfde voorgeskrewe verhouding.

As ‘n pa 10 kinders het, gaan hy beslis 10 verskillende verhoudings beleef en as hulle begin om dieselfde vorm aan te neem, sal hy onraad vermoed en begin ondersoek instel, want dit is onnatuurlik. Tog het almal in een kerk-denominasie almal soortgelyke verhoudings met God. Dit beteken ons het met Hom ‘n kerk-verhouding en nie ‘n persoonlike verhouding nie. Ons het nie sy weë leer ken nie. Ons doen niks waarvan Hy noodwendig hou nie, want ons weet nie waarvan Hy hou nie.

Om radikaal te wees en die probleem te identifiseer moet ons onsself afvra of dit moontlik is om met Vader ‘n verhouding te kan hê sonder die insette van enige kerk, en die antwoord is beslis ja. As die antwoord dan ja is, wat is die nut van die kerk dan? Onderlinge byeenkomste is nie verhouding met God nie, maar onderlinge verhouding met mekaar. Waar is die verhouding met Vader dan? Ons is onder die indruk dat wanneer ons kerk toe gaan en oor Hom praat en saam musiek maak oor Hom, dat ons met Hom verhouding gehad het. Dit veroorsaak egter dat ons geen verhouding met Hom het nie.

Nie Abraham of Dawid was ooit in ‘n kerk of ‘n ander onderlinge byeenkoms om met God ‘n verhouding te hê nie. Toe Adam die enigste mens op aarde was, het hy met God verhouding gehad. Verhouding met vader is nie ‘n groep-oefening nie, maar “ek en Hy” en “Hy en ek”- verhouding. Vir meeste mense wat hul self as Christine beskou, is dit ‘n vreemde en selfs skrikkerige gedagte: alleen-tyd met God. Selfs hulle wat vieruur in die oggend opstaan om te gaan bid, het dalk net verval in ‘n ritueel om God te probeer beïndruk en doen geen verhouding nie.

Wat is verhouding met Vader?

  1. In die begin het God Adam gemaak, na sy beeld, en met hom ‘n perfekte verhouding gehad. Adam breek Vader se hart en die verhouding gaan ten gronde. Vader se weë is dat Hy ‘n hart het wat liefkry en daarom ook kan breek.
  2. Menslik gesproke lyk dit of Vader belangstelling verloor het in die mens en vir 2000 jaar laat Hy dinge maar net gebeur met die mens en maak nie bemoeienis met hulle nie. Hy erken selfs dat Hy spyt is dat Hy hulle gemaak het.
  3. Dan, na die sondvloed kom Abraham op die toneel. ‘n Man wat God glo en Hom aanbid, nie vir dit wat Hy uit God uit kan kry nie, maar vir wie God is. Hy vertrou sy lewe aan God toe en betaal enige prys wat God se vriendskapsverhouding vereis, omdat Hy vir Hom lief is. God maak ‘n verbond met Abraham en noem hom ‘n vriend.
  4. Met Abraham beleef Vader weer verhouding met die mens en Hy reik opnuut uit na die mens en verklaar selfs sy liefde teenoor hulle by die berg Sinai, maar na Abraham is daar weer ‘n leemte vir verhouding en meeste van die kinders van die verbond dien Hom met hulle lippe, maar hulle harte is ver van Hom af.
  5. Dawid is ‘n man na God se hart en omdat God sy Vader en vertroueling is, raadpleeg hy Hom oor alle fassette van sy lewe. Ons sien dit in baie van sy psalms.

 Dawid het verhouding met God gehad:

  1. Terwyl hy skape opgepas het.
    1. Toe hy die reus verslaan het.
    1. Toe hy vir Saul wapendraer was en Saul hom wou doodmaak.
    1. Toe hy vir Saul gevlug het en in Felistia gaan skuil het.
    1. Toe die vyande al hulle mense en besittings geroof het en Dawid se eie mense hom wou doodmaak.
    1. Toe Dawid teen die Filistyne oorlog gemaak het en hy wou weet of hy hulle voor, of agter die bos, moes aanval.
    1. Toe Dawid moord en owerspel gepleeg het.
    1. Toe Dawid vir sy eie seun, Absalom, gevlug het dié hom wou doodmaak.
    1. Toe Dawid se seun Absolom deur Dawid se weermag doodgemaak was en Dawid nie oor sy dood kon rou nie.
    1. Toe Dawid oud was en sy koninkryk moes oorgaan na sy seun Salomo.

Matthéüs 5: 1  En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;  2  en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:  3  Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.  4  Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.  5  Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.  6  Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.  7  Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.  8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.  9  Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.  10  Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.  11  Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. 

Omdat ons almal verskil, sal ons verhoudings met God ook verskil, maar Hy vereis:

  1. Geloof in Hom.
  2. Ons eerste liefde is Syne.
  3. Omdat ons vertrou in Hom en ons lewe aan Hom behoort, mag ons niks vrees nie.
  4. Moet ons Hom ken vir wie Hy is en moet Hy ons ken, sodat ons verhouding kan hê, omdat ons mekaar ken.

Dinge wat Hy nie vereis om verhouding te hê nie:

  1. Vormgodsdiens.
  2. Rituele.
  3. Vasgestelde datums en tye.
  4. Lofprysing.

Wanneer ons self besluit, of as daar vir ons deur ‘n denominasie besluit word waarvan God hou, maar Hy hou nie noodwendig daarvan nie, is ons verhouding met Hom net in ons gedagte.

Ons besluit sommer dat Hy daarvan hou as ons byeenkomste het en met mekaar kuier en saam sing en mekaar druk, maar geen verhouding met Hom gehad het nie.

Ons maak vir onsself sekere reëls en wette waarvolgens ons lewe en wat ons besluit het Hy van hou. Wanneer ons redelik in staat is om by daardie reëls te hou, dink ons dit maak God gelukkig. Intussen is dit net ons eie gedagte om saligheid te verdien.

As ons God soek net terwille van ons verlossing, is ons nog steeds nie besig met verhouding met Hom nie, maar ons gebruik hom net as ‘n middel tot verlossing.

‘n Goeie verhouding gee, maar ‘n slegte verhouding wil net hê.

As ons lewe volgens God se wil sodat ons geregverdig kan word en hemel toe gaan, is ons motief ons verlossing en nie ons verhouding met Hom nie.

Omdat ons Hom lief het en ‘n verhouding met Hom het, werk ons aan ons verhouding met Hom om dit beter te maak. Dan doen ons nie dinge waarvan Hy nie hou nie, terwille van ons verhouding met Hom.

As jou kind die grassny sodat Hy R10 kan kry, doen hy dit vir die voordeel wat jy vir hom inhou en nie omdat hy ‘n liefdesverhouding met jou het nie. ‘n Vrou kan vir haar man broodjies insit werk toe omdat dit die regte ding is om te doen, of omdat sy vir hom lief is en in ‘n verhouding met hom is.

Waarom maak ons met God bemoeienis? Is dit omdat ons nie wil hel toe gaan nie, of omdat ons Hom ken en met Hom ‘n verhouding het? Ons eerste verhouding moet met Hom wees ten koste van alle ander verhoudings, indien nodig.

Lukas 18: 10  Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander ‘n tollenaar. 13  En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! 

Markus 10: 15  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kan die Duiwel mense aanval? (01-09-2024)

Kan die Duiwel mense aanval? (01-09-2024)

Banie Swanepoel:

Openbaring 20: 10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 

Johannes 8: 44  Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 

Matthéüs 9: 32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense ‘n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe. 33  En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie! 

Matthéüs 15: 22  En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 

Matthéüs 17: 15  Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. 16  En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie. 17  Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My. 18  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. 

Lukas 8: 27  En toe Hy aan wal uitklim, kom ‘n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir ‘n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in ‘n huis gewoon nie, maar in die grafte. 28  En toe hy Jesus sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie— 29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe. 

2 Thessalonicense 2: 7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, 9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 

Matthéüs 13: 19  As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 

Matthéüs 17: 17  Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My. 18  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. 

Jakobus 4: 7  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. 

Job 1: 13  En op ‘n dag, terwyl sy seuns en sy dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer, 14  kom ‘n boodskapper na Job en sê: Terwyl die beeste aan ploeë was en die esels aan wei langs hulle, 15  het die Sabeërs ‘n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 16  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 17  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: Die Chaldeërs het drie leërafdelings opgestel en ‘n aanval op die kamele gemaak en dit weggeroof, maar hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 18  Terwyl dié een nog spreek, kom daar ‘n ander een en sê: U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in die huis van hulle oudste broer, 19  toe daar meteens ‘n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. 

Job 7: 4  As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe. 5  My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. 

Job 19: 20  My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap. 

Génesis 1: 31  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag. 

Génesis 3: 16  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. 17  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. 18  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. 19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. 

Psalm 90: 9  Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte. 10  Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen. 

Matthéüs 6: 9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

Génesis 37: 33  En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef! 34  Toe skeur Jakob sy klere en trek ‘n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank. 35  En al sy seuns en al sy dogters het moeite gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee, treurende sal ek na my seun in die doderyk afdaal! So het sy vader hom dan beween. 

Génesis 45: 4  Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.  Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur. 

Matthéüs 6: 19  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. 

Hebreërs 11: 8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

Openbaring 3: 12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. 

1 Petrus 1: 6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; 8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, 9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

Jakobus 1: 2  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. 5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. 6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. 

Romeine 5: 3  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, 4  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop; 5  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. 

Openbaring 2: 8  En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: 9  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan. 10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. 

Psalm 70: 1  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer. 2  o God, maak tog gou om my te red, o HERE, om my te help! 3  Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my ongeluk, agteruitwyk en in die skande kom. 4  Laat hulle wat sê: Ha, ha! teruggaan vanweë hul beskaming. 5  Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God! 6  Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie! 

Psalm 50: 14  Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; 15  en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. 16  Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond— 17  terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? 

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Om Hom te kan ken (25-08-2024)

Om Hom te kan ken (25-08-2024)

  • Banie Swanepoel:

Psalm 34: 12  Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.

Filippense 3:7-11  Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  8  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry  9  en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;  10  sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word,  11  of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.

‘n Groot rede vir twyfel in God en ons wantroue in God, is oënskynlike teenstrydighede wat ons in die Bybel lees. In ons verstand aanvaar ons nie dat daar vir ons teenstrydighede in die Woord bestaan nie, maar ons uitsprake en vrae verklap soms ons twyfel wat ons in ons hart het.

  1. Ons bely God as die Skepper van hemel en aarde, maar in ons gesprekke praat ons van die aarde wat miljoene jare oud is. Ons impliseer dus dat God nie heeltemal die waarheid gepraat het toe Hy gesê het dat Hy alles in 6 dae geskape het nie. Exodus 20:11  Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus.
  2. Ons bely God as waarheid en dat Hy nie kan lieg nie en nie teruggaan op iets wat Hy gesê het nie, maar dan vind ons gereeld Skrifgedeeltes waar ons reken Hy nie die waarheid gepraat het nie. Hy sê dat Hy net een volk uit al die volke op die aarde lief gehad het, maar later vind ons uit dat Hy wel al die volke liefhet. Deuteronómium 7:6-8  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendoms volk te wees.  7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
  3. Ons bely God as onveranderlik, konsekwent en eerlik, maar hoewel God in Romeine 1 sê dat manne met manne skandelike dade gepleeg het en dat Hy sulke optrede haat, glo ons dat dit tog deur God toegelaat word, want dit is liefde.

Omdat daar sulke onbeantwoorde onsekerhede in ons gemoed is, kry geloof in God nie vashouplek in ons hart nie. Ons wil Hom graag op sy Woord neem, maar dan twyfel ons omdat daar vir ons dubbel standaarde van God se kant af is. Ons is te bang om daaraan te dink, omdat dit verkeerd voel, maar voordat ons nie hierdie onsekerheid uitgeklaar het nie, sal ons Hom nie kan glo en vertrou nie. Ons ken Hom, maar ken ons Hom vir wie Hy werklik is?, want ons ondersoek nie sy karakter nie.

God sê sy Naam is EK IS WAT EK IS. Dit impliseer dat Hy is wie Hy is en as ons Hom wil ken vir wie Hy is, moet ons uitvind wie Hy is. Deuteronómium 4:29  Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. Indien Hy sou verander, is Hy nie is wie Hy sê Hy is nie, maar ons sal dan elke dag maar kyk wie Hy vandag is. Indien Hy altyd 100% die waarheid praat en indien Hy hou by wat Hy gesê het, sal ons ‘n vaste vertroue in Hom kan hê, maar as Hy dubbel standaarde het, sal ons Hom nie kan vertrou nie.

As Hy dus byvoorbeeld sê dat Hy ‘n ewige verbond met die kinders van Israel het en Hy by sy verbond hou, bewys Hy Hom as geloofwaardig en betroubaar, maar indien Hy die verbond laat vaar omdat die omstandighede verander het, is sy verbonde nie baie werd nie. Omdat ons as moderne kerkmense geleer word dat Hy wel sy ewige verbond met die kinders van Israel gebreek het, twyfel ons nou vanselfsprekend aan sy ander beloftes. As Hy nou vir ons die ewige lewe belowe, wonder ons of Hy daarby gaan hou en of Hy dit dalk ook oor duisend jaar sal verander.

As Hy sê Hy is waarheid, maar Hy praat nie die hele waarheid nie, dan is Hy nie wie Hy sê Hy is nie. As Hy sê Hy het die hemel en die aarde in ses dae geskape, maar die wetenskap het bewys dat dit miljoene jare gevat het, is Hy nie Waarheid nie.

Sodra ons met hierdie stellinge gekonfronteer word, en ons eerlik is, besef ons dat ons gedagte van God heeltemal verskil van ons belydenis van God. Ons bely dat Hy waarheid is, maar ons glo egter dat Hy nie altyd die waarheid praat nie. Enige persoon wat nou met hierdie stelling verskil, sal sy geloof op die proef moet stel om te sien of hy dit wat God sê, soos ‘n kind glo.

Voorbeeld: God verbied die kinders van Israel om met nasies buite Israel te trou en nadat Salomo ongehoorsaam was en dit gedoen het, vat God die grootste deel van sy koningskap van hom af weg.

  • 1 Konings 11:1-2  En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese—  2  uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang.

Dit glo en bely ons, want Salomo het mos God se gebod gebreek.

Hierdie selfde God het net so ook vir die kinders van Israel by Sinai belet om met nasies buite Israel te trou, maar toe hulle die land Kanaän ingegaan het, het hulle ‘n verbond met Ragab die hoer gemaak en haar lewe gespaar. Later het sy met een van die kinders van Israel getrou en God was daarmee tevrede. Wat maak ons nou met hierdie dubbel standaard van God? Aanvaar ons dat Hy nie konsekwent is nie, of glo ons soos ‘n kind dat Hy konsekwent is en dat daar by ons ‘n misverstand is?

Wat is die probleem? Ragab was ‘n Kanaäniet van een van die volke waarvan God die kinders van Israel verbied het om mee te trou.

  • Josua 6:25  Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.
  • Hebreërs 11:31  Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.
  • Jakobus 2:25  En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie?

Nou sien ons ‘n God met dubbel standaarde. Ragab, wat ‘n Kanaäniet is word deel van die volk en word geregverdig deur haar geloof, maar toe Salomo met ander volke meng, toe is God hoogs ontsteld oor sy optrede en vat die koninkryk van Israel by hom weg.

Hierdie geloofsvraagstuk is vir ons almal opsigtelik, maar meeste mense vermy liewers die onderwerp. Ons moet egter besluit en nie op twee gedagtes hunker nie. Is God dan so opreg en eerlik soos wat ons dink en sê?, want hierdie gebeure uit die geskiedenis laat Hom oneerlik lyk.

As ons verkies om nie ondersoek tot hierdie vraagstuk te doen nie, sal dit ons verhouding met God en ons geloof in God beïnvloed. Dit beteken dat ons denke van Hom verkeerd sal wees en ons minder van Hom sal dink as wat Hy is.

En wat van Moses se Kusitiese vrou en Rut wat ‘n Moabitiese vrou was en later deel van die voorgeslag van Yahshua geword het? Is daar miskien onreg by God? Ons sal dadelik antwoord en verklaar dat daar nie is nie, maar in ons agterkop vertrou ons Hom nie, want Hy is nie eerlik nie… So dink ons, want kyk hoe tree Hy op.

Daar is ander verklarings van Ragab en Rut, maar ons aanvaar dadelik dat God self sy eie gebod oortree en aan die een kant verbied dat die kinders van Israel met Moabiete mag trou, maar aan die ander kant dit toelaat. Ons verklaar God dus skuldig, totdat Hy Homself onskuldig bewys het. Ons lees van sy gebod teen verbastering, maar vra dan onmiddellik, ja, maar wat van Rut, of wat van Ragab? Ons verdink God van bedrog en dit is laster teen die Almagtige, omdat ons Hom nie ken nie. Waarom gee ons Hom nie eerder die voordeel van die twyfel nie?

As dit lyk of Hy oneerlik is, behoort ons onmiddellik te weet dat Hy nie oneerlik kan wees nie en dat ons iets verkeerd verstaan. As Hy sê die kinders van Israel mag nie trou met die Moabiete nie en Boas trou met Rut, wat ‘n Moabiet is, sal ‘n gelowige in YHWH nooit waag om Hom te wantrou nie, maar weet dat daar ‘n verklaring is, want God sal nooit skuldig wees aan so iets nie, bloot net omdat Hy is wat Hy is. Om God te bevraagteken oor sy eerlikheid, is absolute laster en ongeloof in dit wie Hy is. Iemand wat dink dat Hy iets haat en verbied en dit dan tog self toelaat, ken Hom nie en sal ook nie deur Hom geken word nie.

Iemand wat sy Naam ken, sal weet dat Hy is wat Hy is en nie kan lieg nie, en nie oneerlik kan wees nie, nie iets verbied en dan soms dit goedkeur nie, nie iets sê en dan later sy woorde terug trek nie. Iemand wat sy Naam ken, sal weet dat ‘n oënskynlike teenstrydigheid net een uitkoms kan hê en dit is ten gunste van die eer en heerlikheid van God se Naam.

Die implikasie van hierdie stelling is dat ‘n ware gelowige, in die Naam van God, sal weet dat God nie dubbel standaarde het nie. Indien dit egter sou lyk of Hy sy eie Woord breek deur toe te laat dat ‘n Moabiet met ‘n Israeliet trou, dan sal ‘n ware gelowige weet en glo dat sy nie ‘n Moabiet is nie, maar wel ‘n kind van Israel. Dit sal ‘n ware gelowige se enigste gevolgtrekking wees, omdat God so gesê het en hy God se Woorde glo.

Dit beteken dat ‘n gelowige in die Naam van God sal aanvaar dat God nie sy eie Woord kan breek nie, want Hy is wie Hy is en ons verstaan net iets verkeerd. Ons as moderne Christene verwag egter dat God Homself moet verdedig en onskuldig bewys voordat ons Hom gaan glo, maar Hy verwag van ons om Hom blindelings te glo, ten spyte van hoe die omstandighede lyk. Dit is juis wat geloof in God beteken.

‘n Moontlike verklaring van die Kanaänitiese Ragab. Dalk net het haar oupa as jong man uit Egipte gevlug met sy gesin want die slawerny in Egipte was te erg en hy het hom gaan vestig in Kanaän. Sy is daar gebore en het later met nog een van die ander vlugtelinge van die kinders van Israel, uit Egipte getrou. Sy is dus in Kanaän gebore en het daar skool gegaan en het daar groot geword as ‘n Kanaäniet, maar sy is ‘n kind van Abraham. Ons het geen bewys dat dit met haar gebeur het nie, maar ons het ‘n bewys dat sy ‘n kind van Abraham is, want God vereis dit en dit is genoeg. Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

Moses was deur sy toekomstige vrou as ‘n Egiptiese man beskryf omdat hy van Egipte af gekom het, maar hy was ‘n kind van Abraham. Ons glo dit, want ons lees dit in die Bybel. Ons hoef egter nie die geskiedenis te weet in Ragab se geval nie, want ons het God se Woord deur die verbod op die trou tussen Moabiet en Israeliet, en daarom weet ons sy was van Moab, maar sy was ‘n Israeliet, dit is wat geloof in God is.

Hierdie is net ‘n moontlike verklaring van Ragab, maar waarom vertrou ons God nie uit die staanspoor nie, en vereis ons eers van Hom om Homself te bewys voordat ons sal aanvaar wat Hy sê? As Hy sê ons moet in Hom glo, is dit dan nie juis wat Hy van ons verwag nie? Geloof in Hom beteken nie dat ek die bewyse wil sien nie, maar dat sy Woord vir my genoeg is en ek die saak as afgehandel beskou. As God dus sê ons mag nie verbaster nie, is dit vir my genoeg rede om dit te glo. Indien ek dan Skrifgedeeltes sou lees wat nie vir my sin maak nie, twyfel ek nie in God se Woord nie, maar weet dat ek iets verkeerd verstaan het, want God kan nie ‘n fout maak nie.

Ons word deur ons geloof in Hom gered. As ek Hom glo met my hele hart in alles wat Hy sê sal ek gered word, maar as ek twyfel in Hom en in wat Hy gesê het, sal ek verlore gaan. Die Satan wil hê ons moet ongelowig in God bly, sodat ons saam met hom verlore kan gaan. Sy metode van die begin af was om ongeloof in God se woorde te veroorsaak met alternatiewe.

Is dit so dat God gesê het…?

Is dit so dat God gesê het jy mag nie verbaster nie, want wat dan van Ragab die Kanaäniet? Die Satan vra vir Eva, is dit so dat God gesê het… en Eva se regte antwoord sou gewees het dat sy nie verstaan waarom God hulle verbied het om van die boom te eet nie, maar omdat sy in Hom glo en Hom vertrou wil sy nie van die boom eet nie want sy weet dit sal haar dood veroorsaak.

Ons antwoord van verbastering behoort te wees dat ons nie noodwendig verstaan waarom Rut op die oog af na ‘n nie Israeliet lyk nie, maar omdat God verbastering verbied het, is dit beslis ‘n uitgemaakte saak dat sy wel ‘n Israeliet was, want dan is haar betrokkenheid by die volk van God en haar deelname aan die voorgeslag van Yahshua, nie verbode nie en God het nie dubbel standaarde nie.

Waarom gee ons God nie die voordeel van die twyfel nie? Is Hy dan nie geloofwaardig nie? Wanneer ons sy Woord bevraagteken ontheilig ons sy Naam, want sy Naam is EK IS volmaak, maar dan betwyfel ons of Hy waarlik volmaak is. As ons bid, laat U Naam geheilig word, het ons ‘n bydra daartoe.

Jakobus 2:18-23  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.  19  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder.  20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is?  21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?  22  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?  23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.

Matthéüs 8:8-10  En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ‘n woord, en my kneg sal gesond word.  9  Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.  10  Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.

As Hy sê ons moet weer gebore word, bedoel Hy dit of praat Hy maar net?

As Hy sê ‘n nuwe verbond, is dit ‘n nuwe of bedoel Hy eintlik ‘n herstelde ou verbond?

As Hy sê …

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die onwettige Hoëpriester (18-08-2024)

Die onwettige Hoëpriester (18-08-2024)

Banie Swanepoel –

Die priesters was net uit die stam van Levi en uit dieselfde geslag:

Esra 6: 18  En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.

Levítikus 6: 22  Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as ‘n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word.

Levítikus  6: 32  En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linne klere, die heilige klere, aantrek

Dis sonde om iemand aan te stel as priester wat nie uit Levi was nie:

1 Konings 12: 30  En hierdie saak het tot sonde geword; ja, die volk het voor die een gaan aanbid tot by Dan.  31  Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.

Vader veroordeel as mense sy woorde nie gehoorsaam nie.

Levítikus 10: 1 En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.  2  Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE. 

Volgens die Bybel is Yahshua ook Hoëpriester.

Hebreërs 3: 1  Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,

Hebreërs 4: 14  Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

Is Hy ‘n onwettige Hoëpriester omdat Hy nie uit Levi is nie?

Hebreërs 7: 14  Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.

Daar is net twee moontlikhede:

  1. Yahshua breek die wet van Moses deur ‘n priester te wees uit die stam van Juda
  2. Yahshua is nie priester onder die wet van Moses nie

Yahshua is priester volgens die orde van Melgisédek en nie volgens die orde van Aäron nie.

Hebreërs 7: 17  Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

Die gesag van die priesters:

Deuteronómium 21: 5  Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die HERE jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die HERE te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.

Wat is die orde van Aäron en wat is die orde van Melgisédek?

Die doel van die wet van Moses was om die orde van Aäron te handhaaf. Dit beteken dat die kinders van Israel die wet van Moses gehou het en dan ordelik daarvolgens geleef het om te bereik wat die verbond verwag het. Hierdie orde was bewerk deur die diens van die priesters volgens die orde van Aäron. Volgens die orde van Aäron mag hierdie priesters net aangestel word uit die stam van Levi.

Nou verskyn Yahshua op die toneel as priester, maar Hy is uit die geslag van Juda en nie uit Levi nie. Die orde volgens Aäron maak Hom dus ‘n onwettige priester. Ons weet egter dat Hy nie ‘n onwettige priester is nie, omdat Hy nie priester is volgens die orde van Aäron nie, maar volgens die orde van Melgisédek.

Melgisédek is nie Aäron nie, en Aäron is nie Melgisédek nie. Aäron was die broer van Moses uit die stam van Levi en Melgisédek het geleef voor die kinders van Israel, reeds in die tyd van Abraham.

Wie was Melgisédek dan?

Génesis 14: 18  En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring  19  en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.  20  En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.

Hebreërs 7: 1 Want hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het;  2  aan wie Abraham ook ‘n tiende deel van alles gegee het—hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;  3  sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur.  4  Let nou op hoe groot hierdie man was, aan wie selfs Abraham, die aartsvader, ‘n tiende van die buit gegee het.  5  Nou het hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, wel ‘n gebod om, volgens die wet, van die volk tiendes te neem, dit is van hulle broers, ofskoon hulle uit die lendene van Abraham voortgekom het;  maar hy wat nie uit húlle sy geslagsregister aflei nie, het van Abraham tiendes geneem en die besitter van die beloftes geseën.  7  Nou word sonder enige teëspraak die mindere deur die meerdere geseën.  8  En hier neem wel sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie getuig word dat hy lewe.  9  En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee;  10  want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het.

Yahshua is dus Priester volgens die orde van Melgisédek en nie Aäron nie. Melgisédek en Aäron het elkeen sy eie orde, wet en Hoëpriester. Yahshua was nie Hoëpriester volgens die orde en wet van Aäron nie.

Hebreërs 7: 12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

Hoekom is dit noodsaaklik dat daar ‘n ander wet moet wees, as die wet van Moses, volgens die orde van Aäron?

As dit nie ‘n ander wet as die wet van Moses is nie sal die wet van Moses volgens die orde van Aäron Yahshua veroordeel as ‘n onwettige priester omdat Hy nie uit die stam van Levi is nie. Yahshua sal ‘n wetverbreker wees.

Hoekom was dit nodig vir ‘n nuwe priester orde volgens Melgisédek en kan ons nie nog onder die orde van Aäron wees nie?

Hebreërs 7: 20 En vir sover dit nie sonder eed swering was nie—want húlle het sonder eed swering priesters geword,  21  maar Hy met eed swering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek—  22  in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword.  23  En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;  24  maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie.  25  Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.  26  Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;  27  wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het.  28  Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eed swering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.

As die orde van Aäron ons nie kan red nie, maar die orde van Melgisédek kan wel, wat is die waarde van die orde van Aäron en sy meegaande wet vandag as die orde van Melgisédek sy eie wet het?

Hebreërs 7: 12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

Hebreërs 8: 1   Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,  2  ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.  3  Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer.  4  Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,  5  hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.  6  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.  7  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.  8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  9  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.  10  Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  11  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.  12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.  13  As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.

Waarom kan ons ons nie onder die orde van Aäron skaar en die wet van Moses hou nie?

Yahshua is ons verlosser en het in ons plek vir ons gesterf en ons sonde op Hom geneem. Hy is nie Priester volgens die orde van Aäron nie en kan ons nie red as ons onder die orde van Aäron wil leef nie.

Galásiërs 3: 22  Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. 23  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 

As ons wil leef volgens die wet van Moses onder die orde van Aäron is ons verplig om die hele wet te hou en nie net die wette wat ons kies nie, want as ons in een wet struikel is ons skuldig aan die hele wet. Die wet het geen genade nie, maar straf altyd alle wetsoortredinge met die dood.

Yahshua het die wet vervul en nie ontbind nie.

Matthéüs 5: 17  Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18  Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 

Wanneer ons in Hom sterf is ons dood vir die wet en die wet vir ons en dit is die enigste manier om onder die oordeel van die wet uit te kom, omdat ons nie die hele wet kan hou nie. Omdat die wet nie ontbind is nie veroordeel die wet nog steeds almal wat onder die wet is en nie vrygekom het deur in Yahshua te sterf nie.

Romeine 6: 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.  5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die geleikvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;  6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.  7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

Galàsiërs 2: 18  Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder;  19  want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.  20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.  21  Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

Romeine 7: 1  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?  2  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.  3  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.  4  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.  5  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.  6  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

Beteken dit dat ons nou wetteloos is en dat ons kan doen wat ons wil?

Nee, ons is nie sonder wet nie, maar onder die wet volgens die orde van Melgisédek en nie die wet volgens die wet van Aäron nie. Die wet van Aäron is met letters op klippe gegraveer en die wet van Yahshua is op ons harte gegee deur die Heilige Gees. Die mense onder die wet van Moses was gelei deur die wet op klippe gegraveer en die mense onder die wet van Yahshua word gelei deur die Gees van God. Vir die natuurlike mens maak die wet op klippe baie sin en is die wet op ons hart dwaasheid en daarom verwerp hulle die nuwe verbond, maar daarmee saam verwerp hulle ook hulle eie verlossing

Galàsiërs 5:14   Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Dit sê nie die volheid van die nuwe wet is jy moet jou naaste liefhê soos jouself nie, maar dit sê dat die wet van Moses vervul was deur die liefde tot die naaste. Die wet van Yahshua bevat dus dit en meer.) 15  Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.  16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;  17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.  18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.  19  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;  20  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;  21  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.  22  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.  23  Teen sulke dinge is die wet nie.  24  Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.  25  As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kerk of Volk? (2024)

Kerk of Volk? (2024)

  • Banie Swanepoel:

001 – Kerk of volk (30-06-2024)

  • Die volk by die berg Karmel kan nie glo dat hulle verkeerd kan wees nie, selfs na die vuur uit die hemel het hulle hul nie tot God bekeer nie. Ons word ook gewaarsku en gewaarsku om ons te bekeer tot God, maar dit kan tog nie ék wees nie, di’s seker die ander mense.
  • Jeróbeam verander die plek van aanbidding van Jerusalem na Samaría en die hele volk is tevrede en aanvaar dit. Die profete waarsku hulle, maar hulle kan nie dink dat hulle verkeerd is nie

Hoekom val ons so maklik vir misleiding?

  1. Almal glo dit, en almal kan nie verkeerd wees nie.
  2. My voorgeslagte het almal so geglo.
  3. As ek nie glo nie sal ek hel toe gaan, want dan is ek ‘n ongelowige.
  4. Die prys is te hoog om die waarheid te glo, want dit sal my hele lewe omverwerp soos Elía se lewe, en wie wil soos hy lewe?
  5. Is die waarheid nou ooit só belangrik? Ek wil tog net hemel toe gaan.

Het God volgens die Bybel ‘n verbond, en daarmee saam ‘n verhouding met die kerk, of met sy volk?

  • God van Israel = 203
  • God van Jakob = 22
  • God van die leërskare = 263
  • God van die kerk = 0

Yahshua waarsku ons; “pasop dat niemand julle mislei nie, want baie sal in My Naam kom en baie mense mislei.” Is die kerk nie dalk een van húlle vir wie ons moet pasop nie, want waarom lees ons so baie van “die volk van God” en nooit van “die kerk van God” nie?

Daar is die Christus van die Bybel en dan is daar die Antichris. Wie is die ware Christus en wie is die een wat voordoen dat hy die Christus is? As iemand voorgee dat hy die koning is en die regte koning sê dat hy die koning is, hoe gaan ons weet wie die regte koning is? Die profete bewys wie die regte Christus is:

  1. Is die Christus die God van Israel of die God van die kerk? Wat sê die profete?
  2. Is die Christus die Verlosser van Israel of die Verlosser van die kerk? Wat sê die profete?
  3. Gaan die Christus trou met die kerk, of regeer oor die hele aarde met sy volk Israel?  Wat sê die profete?
  4. Waar kom die volk Israel vandaan en waar kom die kerk vandaan?

Net soos wat die Profete die ware Christus aanwys, net so wys die profete ook die Antichris uit.

Antichris, wat is die Christus? Die Christus is die Verlosser wat deur die profete openbaar was en die Antichris is die een wat voorgee dat hy die verlosser is, maar hy is nie die verlosser nie, maar almal sal dink dat hy is.

Die Christus wat deur die profete openbaar word, het gekom om die sonde van God se volk weg te neem. As daar dan vandag ‘n christus verkondig word wat die sonde van die wêreld wegneem, is dit:

  1. Nog ‘n Christus, ‘n ander Christus?
  2. Of het die Verlosser van Israel verander en verlos Hy nou die hele wêreld?
  3. Of word daar leuens namens God verkondig dat Hy die sonde van die wêreld wegneem, want dan is die Christus van die profete, die vals Christus.

Die ware Christus het gekom om die sonde van sy volk te verlos.

Jesaja 43: 22 Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel23  Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie.  24  Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.  25  Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.

Jesaja 44: 21 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie.  22  Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.  23  Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel24  So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei—wie was met My? —

Jesaja 53: 1  Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar?  2  Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.  3  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie.  4  Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.  5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom6  Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.  7  Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.  8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom9  En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.  10  Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.  11  Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.  12  Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.

Matthéüs 1: 19   En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.  20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos22  En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:  23  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

Handelinge 13: 38  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,  39  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.

Handelinge 5: 29   En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.  30  Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang.  31  Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.

Jesaja 59: 20   Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE.  21  Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.

Psalm 85: 1   Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm.  2  U het, o HERE, ‘n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander3  U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.  4  U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.  5  Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!  6  Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?  7  Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie8  Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!

Johannes 3: 16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Johannes 13: 1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. 

Die ware Christus gaan saam met sy volk vir duisend jaar regeer oor die Koninkryk van die ware Christus en die wêreld se christus gaan met die kerk trou.

Sagaria 8: 7  So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste  8  en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My ‘n volk wees, en Ék sal vir hulle ‘n God wees, in trou en geregtigheid.  9  So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word.    13  En soos julle ‘n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle ‘n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees.  14  Want so sê die HERE van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die HERE van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie—

Jesaja 43: 1   Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.  3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe5  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af.  6  Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af,  7  elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.

~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~

002 – Kerk of volk? (30-06-2024)

001 Hersien:

Ek het afgesluit deur te se Calvyn het die kerk begin. Dit was nie Calvyn nie, maar Constantyn.

  1. Daar is ‘n God van Israel. Daar is nie ‘n God van die kerk nie.
  2. Christus het sy lewe gegee vir sy volk en nie vir die kerk, of vir die hele wêreld nie.
  3. Christus kom terug na sy volk en kom saam met hulle in sy Konikryk regeer. Wie is die christus wat met die kerk kom trou?

Jesaja 49: 5  En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word—en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte—  6  Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde7  So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat ‘n afsku is by die volk, ‘n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.  8  So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe9  om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees.  10  Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.  11  En Ek sal al my berge tot ‘n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees.  12  Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete.  13  Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.  14  Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!  15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!  16  Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. 17  Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek.  18  Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die HERE, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos ‘n versiersel, hulle ombind soos ‘n bruid.  19  Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land—sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!

Jeremia 30: 1  Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het.  2  So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;  3  want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.  4  En dit is die woorde wat die HERE gespreek het oor Israel en Juda5  Want so sê die HERE: Ons het ‘n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie!  6  Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?  7  Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.  8  En op dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.  9  Maar hulle sal die HERE hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek.  10  Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.  11  Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.    16  Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ‘n buit.  17  Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.  18  So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.  19  En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie.  20  En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.  21  En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.  22  En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees.  23  Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.  24  Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.

Jeremia 31: 1  In dié tyd, spreek die HERE, sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  2  So sê die HERE: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.  3  Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.  4  Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers.  5  Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet.  6  Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God.  7  Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel8  Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ‘n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe.  9  Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene10  Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde.  11  Want die HERE het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.  12  En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.  13  Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer.  14  En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.

 31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;  32  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.  33  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.  34  En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.  35  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:  36  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd.  37  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.  38  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE herbou sal word, van die toring Hanáneël af tot by die Hoekpoort. 

~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~

003 – Kerk of Volk? (14-07-2024)

Daar is nie ‘n bruilof met sy wederkoms nie

Johannes 3: 26  En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.  27  Johannes antwoord en sê: ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.  28  Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.  29  Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.  30  Hy moet meer word, maar ek minder.

Lukas 19: 11  En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.  12  Hy het dan gesê: 1. ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom.  13  En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.  14  Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.  15  2. En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.  16  En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.  17  En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.  18  En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.  19  En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede. 

Openbaring 19: 6  En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.  7  Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.  8  En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.  9  Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.  10  En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie.  11  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.  12  En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self.  13  En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.  14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.  15  En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.  16  En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.  17  En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,  18  dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.  19  En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër.  20  En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.  21  En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.

Openbaring 20: 1  En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.  2  En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,  3  en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.  4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  5  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.  6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.  7  En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;  8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.  9  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.  10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.  11  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.  13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Openbaring  21: 1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.  2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.  3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.  4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.  5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.  6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.  7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.  8  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.  9  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.  10  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;  11  en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.  12  En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel.  13  Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte.  14  En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.  15  En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.  16  En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.  17  En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is.  18  En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas.  19  En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag;  20  die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís.  21  En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas.  22  En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.  23  En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.  24  En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin.  25  En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie;  26  en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring.  27  En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.

Markus 2: 18  En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?  19  En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.  20  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.

Jesaja 62: 1  Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos ‘n glans en sy heil soos ‘n fakkel wat brand.  2  En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ‘n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem.  3  En jy sal ‘n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ‘n koninklike tulband in die hand van jou God.  4  Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees.  5  Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees.  6  o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes—moenie rus nie

Hoséa 2: 14  Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot ‘n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het.  15  En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie.  16  Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.  17  Verder sluit Ek in dié dag vir hulle ‘n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus.  18  En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.  19  En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken.  20  En in dié dag sal Ek verhoor, spreek die HERE, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor.  21  En die aarde sal die koring verhoor en die mos en die olie, en dié sal Jísreël verhoor.  22  En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rugáma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God!

  • Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 
  • Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.

Jesaja 54: 1  Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.  2  Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in.  3  Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk.  4  Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.  5  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.  6  Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.  7  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.  8  In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.  9  Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie.  10  Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.

~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~

004 – Kerk of volk (21-07-2024)

Die oorsprong van die kerk

Wat is die verskil tussen “gemeente” en “kerk”?

Exodus 12: 5   Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.  6  En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.

Númeri 14: 3  En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ‘n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?  4  En hulle sê vir mekaar: Laat ons ‘n hoof aanstel en na Egipte teruggaan.  5  Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.  6  En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur  7  en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n buitengewoon goeie land.

1 Konings 8: 5  En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie. (1 Kings 8: 5  And king Solomon, and all the congregation of Israel)

Spreuke 5: 12   en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,  13  en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie!  14  Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.

Joël 2: 15  Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!  16  Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

Sefánja 3: 10  Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.  11  Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.

Matthéüs 16: 18  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Matthéüs 18: 15  En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;  16  maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.  17  En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.

In 1526 vertaal Wiliam Tindale die Bybel in Engels. Hy het nie die woord “kerk” gebruik nie, maar “gemeente”. In 1611 word die King James vertaling van die Bybel gedoen en die vertalers het die woord “kerk” verkies en nie “gemeente” nie, omdat hulle begrip van ‘n kerk dit was wat hulle as ‘n kerk gesien het.

Wat was die oorsprong van die kerk?

Konstantyn verander die Christelike geloof in ‘n amptelike geloof van die Romeinse Ryk. Die bestaande Pagan godsdiens word nie Christene nie, maar die Christelike godsdiens word Pagan. Baie dinge wat Yahshua nie sy dissipels beveel het nie, word die kerk.

  1. Dit word ‘n organisasie en nie meer die gemeenskap van die heiliges nie.
  2. Dit het ‘n gebou en die gebou word die kerk genoem.
  3. Alle byeenkomste gebeur by die kerk en draai om die kerk.
  4. Die kerk kry ‘n naam.
  5. Die kerk kry ‘n hiërargie.
  6. Die hoof van die kerk is die Pous en nie Yahshua nie.
  7. Die Pous is die enigste persoon wat Skrif kan verklaar en geen ander mens nie.
  8. Die kerklede moet op vaste dae bymekaar kom kerk-hou.
  9. Lede moet tiendes aan die kerk betaal.
  10.  Daar is heilige dae en feeste wat gehou moet word.
  11.  Amptenare in die kerk moet sekere klere dra wanneer hulle bymekaar kom.
  12.  Priesters en nonne mag nie trou nie, want hulle lewe ‘n heilige lewe.
  13.  Die kerk bepaal wat die evangelie van God is en noem dit hulle geloof en belydenis. Hierdie kerk-belydenis het hoër gesag as die Bybel en as die Bybel verskil met wat die Pous sê, word die Pous en die kerk se woord bo God se woord aanvaar.
  14.  Die kerk is deel van die staat en die kerk se voorskrif word deur die staat afgedwing.
  15.  Wanneer iemand ‘n ander evangelie as die kerk verkondig, word hy as ‘n ketter verklaar en word verbrand.
  16.  Die kerk is dus ‘n organisasie wat deur die staat voorgeskryf word en wat die mag het om mense te red of te laat verlore gaan.
  17.  Jy word ‘n lid van die kerk deur jou te laat doop.
  18.  Die kerk is die bruid van Christus en die lede van die kerk gaan saam met Hom hemel toe.
  19.  God het ‘n verbond met die kerk en nie meer met die volk Israel nie.
  20.  Die uitverkiesing en die drie-eenheid van God bly onbeantwoorde vraagstukke.
  21.  Die evangelie en Woord van God is nie vas nie, maar elke Pous verklaar dit soos wat God dit aan hom openbaar.
  22.  Die evangelie is letter en nie Gees nie en alles word met die verstand beredeneer en verstaan en neergeskryf vir die lede om te glo en te bely.
  23.  Almal glo wat die kerk glo en voorskryf.
  24.  Die kerk skep sewe sakramente. ‘n Sakrament kan slegs deur die kerk gedoen word en daarom is daar nie saligheid buite die kerk nie.

Die sewe sakramente van die Rooms-Katolieke Kerk is:

  1. Doop: Die sakrament waarmee ‘n persoon ‘n lid van die Christelike gemeenskap word en in die Kerk ingelyf word.
  2. Belydenis (Confirmation): Die sakrament waardeur die Heilige Gees op die gedoopte gegee word.
  3. Eucharist: Ook bekend as die Heilige Nagmaal of die Here se Avondmaal, is die sakrament waarin die gelowiges die Liggaam en Bloed van Jesus Christus ontvang met die eet van brood en wyn.
  4. Belydenis (Confession): Die sakrament waardeur sondes wat na die Doop begaan is, vergewe word deur die gesag wat aan ‘n priester verleen word.
  5. Sterwende Salwing (Last Rites): Ook bekend as Laaste Oliesalf of Laaste Gebede. Hierdie sakrament word toegedien aan diegene wat ernstig siek is, of in gevaar van dood verkeer.
  6. Heilige Ordening (Holy Orders): Die sakrament waarmee biskoppe, priesters en diakens ingewy word en die mag en genade ontvang om hul heilige pligte in die Kerk uit te voer.
  7. Matrimonium (Huwelik): Die sakrament waarmee ‘n gedoopte man en vrou ‘n lewenslange en eksklusiewe unie vestig, wat saamkom in ‘n vennootskap van liefde en ondersteuning.

Wat van die Protestante?

  1. Martin Luther
  1. Hy is ‘n priester in die kerk, maar ook ‘n professor in teologie en omdat hy ‘n naby doodse ervaring gehad het, kyk hy met ‘n ander oog na die kerk. Hy vrees die hel en smag na verlossing en sien dat dit nie deur die kerk verkondig word nie.
  2. Hy probeer eers om die kerk te verander, maar besef later dat die kerk van Rome nie die liggaam van Christus is nie en verlaat die kerk.
  3. Hy het egter nog steeds probeer om ‘n kerk daar te stel wat die evangelie reg verkondig in plaas van om terug te keer na die oorspronklike blou druk van Yahshua, wat deur ‘n gemeente werk en nie deur ‘n kerk-instansie nie.
  4. Hy verander die sewe sakramente van die Romeinse kerk na drie, maar dit het ook heilswaarde en daarom is die verlossing weereens steeds in die kerk.
    1. Doop: Dieselfde siening as die Romeinse kerk en dit is waar ‘n baba deel word van die gemeenskap van die kerk.
    2. Nagmaal (Heilige Avondmaal): Dieselfde siening as die Romeinse kerk. Lutherane glo aan die teenwoordigheid van die werklike Liggaam en Bloed van Christus in die brood en wyn van die Nagmaal. Dit word gesien as ‘n sakrament wat die genade van vergifnis en geestelike voeding aan die gelowiges bied.
    3. Belydenis: Hierdie sakrament is net soos die Katolieke belydenis, berouvolle kerklede vergifnis ontvang deur die prediker of pastoor, wat die vergifnis van sonde in die naam van God aankondig.

Luther het die probleem in die kerk gesien, maar nie daarvan afgewyk nie, maar net aangepas.

  • Johannes Calvyn
  1. Anders as Luther was Calvyn nie gedryf deur ‘n begeerte na verlossing nie, maar hy was akademies oortuig dat Protestantisme ‘n beter opsie as Romeins Katoliek is.
  2. Hy word deur die stadsraad van Genève aangestel as die Pastoor van die nuutgevonde protestantse kerk en word ook deur hulle betaal en onderhou.
  3. Gedurende sy lewe skryf hy die bekende institute waarvolgens moderne gereformeerde kerke nog steeds kerk hou.
  4. Al sy lering is letter en nie gees nie.

Die Calvinistiese, of Gereformeerde tradisie, erken gewoonlik twee sakramente:

  1. Doop: Net soos in die Katolieke en Lutherse tradisies word die doop in die Calvinistiese tradisie erken as ‘n sakrament. Dit is ‘n simboliese daad van toetrede tot die Christelike geloof gemeenskap en ‘n aanduiding van verbondenheid met die Kerk as die liggaam van Christus.
  2. Nagmaal (Heilige Avondmaal): Die Calvinistiese tradisie beskou die Nagmaal as ‘n sakrament waarin gelowiges geestelik gevoed word deur die teenwoordigheid van Christus se Liggaam en Bloed. Dit is ‘n simboliese herdenking van Christus se offer aan die kruis en ‘n geleentheid vir die gelowiges om gemeenskap met God en mekaar te beleef.

Wat dan van my kerk?

  1. Die kerk is nie ‘n instelling van Christus nie.
  2. Die kerk is ons alternatief vir die liggaam van Christus.
  3. Ons is geneig om ‘n verhouding te hê met die kerklede en die kerk, in plaas van met Christus.

Matthéüs 24: 3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?  4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.  5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. 

Openbaring 13: 1   En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.  2  En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.  3  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.  4  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?  5  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.  6  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.  7  Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.  8  En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.  9  As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.

1)  Waarom is ons almal in die kerke?

2) Waarom is ons so gehoorsaam aan die kerk, al weet ons meestal nie wat ons kerk glo en bely nie?

3) Hierdie lede van die kerk is oningeligte en onbetrokke lede wat nie die ware  Woord van God en die evangelie ken nie.

4) Ons moet vrykom daarvan.

~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~

005 – Kerk of volk – Die oorsprong van die volk (28-07-2024)

Génesis 15: 1  Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.  2  Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?  3  Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.  4  Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.  5  Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.  6  En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.  7  Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.  8  En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?  9  En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif.  10  En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.  11  Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.  12  En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.  13  Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.  14  Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.  15  Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.  16  En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.  17  En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.  18  Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:

Génesis 17: 1  Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.  2  En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder.  3  Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:  4  Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word.  5  Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies.  6  En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.  7  En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.  8  En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.

Exodus 2: 23  En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God.  24  En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.  25  En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.

Exodus 2: 11   En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.  12  En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.  13  Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?

Exodus 11: 4  Toe sê Moses: So het die HERE gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;  5  dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee.  6  En daar sal ‘n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie.  7  Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ‘n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.  8  Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.

Exodus 14: 22   En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle ‘n muur aan hul regter— en aan hul linkerkant.  23  Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek—al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters—die see in.  24  En in die môrewaak het die HERE, in die vuur— en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring.  25  En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars.  26  Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.  27  En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.  28  En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.

Jesaja 43: 3   Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.  4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.

Deuteronómium 7: 1  As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;  2  en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie. 

6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.  7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.  8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 

Deuteronómium 10: 14   Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.  15  Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

1 Konings 11: 1   En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese—  2  uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang 

11  Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee.  12  Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur.  13  Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het.

1 Konings 11: 29  Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ahía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ‘n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld.  30  Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke,  31  en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;  32  maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel—   

34  Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het.  35  Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme.

Hoséa 1: 1   Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.  2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.  3  Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar.  4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.  5  Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël.  6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.  7  Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.  8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar.  9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.  10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.  11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!  12  Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma.

Romeine 9: 25   Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;  26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

Romeine 9: 13   Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.  14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.  16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.  17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?  22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,  23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,  24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?  25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;  26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~

006 – Kerk of volk – Die oorsprong van die volk (b) (04-08-2024)

Die noodwendige reaksie in ons gemoed as ons iets ander hoor as waarvan ons nog altyd oortuig is:

Ek hoor wat jy sê en ek sien wat in die Bybel staan, maar die waarheid is vir my te erg.

  1. Dit is soos ‘n persoon wat op die Titanic ry en iemand sê vir hom dat die skip gaan sink. Hy wil dit nie glo nie, want daar is gevolge waarvan hy nie hou nie en wat sy lewe gaan beïnvloed.
    1. Hy gaan nie meer op sy droomreis nie.
    1. Hy gaan moontlik verdrink.
    1. Sy gesin gaan moontlik verdrink.
    1. Sy kosbare besittings gaan in die see vergaan.

Die natuurlike reaksie van enige persoon sal wees:

  • Om die nuus van die sinkende skip te verwerp, want dit pas hom glad nie, maar is dit die regte optrede?
  • Dan sal hy rondkyk na bewyse van die gerug om te probeer besluit of dit waar, of onwaar is.
  • As hy sien almal op die skip gaan aan of dit normaal is, sal hy aanvaar dat dit ‘n vals gerug is en weier om verder aandag te gee aan inligting wat sy lewe drasties gaan beïnvloed
  • Dit is soos ‘n man wat op 25 jaar oud hoor dat sy pa wat hom grootgemaak het, nie sy pa is nie. Sy hele wese skop daarteen en hy weier om eers aandag daaraan te gee, want dit gaan sy hele lewe beïnvloed.
  • Dit is soos iemand wat in die kerk grootgeword het en sy lewe lank getrou geglo en ondersteun wat die kerk sê, en dan hoor dat Yahshua nie terugkom aarde toe om met die kerk in die huwelik te tree nie, maar om oor sy volk te kom regeer en dat die kerk ‘n menslike instelling is.

So, dit is normaal om so ‘n vreemde boodskap onmiddelik te verwerp. Dit is die natuur van die mens. Sodra ons egter oor die skok gekom het, moet ons rasioneel na die inligting kyk en dit verantwoordelik oorweeg. Om bloot net rond te kyk en te sien dat almal doodgerus in die kerk is, is dieselfde as om op die Titanic te sit en te sien dat niemand paniekerig is nie. Dit beteken nie dat die skip nie besig is om te sink nie.

Wat is die gevolge van ons besluite of van ons apatie?

Wat is op die spel vir die Titanic-reisiger? Sy lewe en sy gesin se lewe. Hy kan nie bekostig om te besluit om dit te ignoreer nie. Dit is soos ‘n volstruis wat sy kop in die grond druk; as ek dit nie sien nie en nie daaroor dink nie sal dit nie gebeur nie. Wat is op die spel vir die gelowige? As ek nie aandag daaraan gee nie, sal ek nie verantwoordelik gehou word nie.

Die oplossing:

  1. Kry die feite van die saak en maak seker wat die waarheid is. Die waarheid is in God se woord. Verwerp alles wat nie van Hom af kom nie.
  2. Eet die Woord sodat die onewe gedagtes in jou verstand en jou hart uitgebalanseer kan word met die nuwe gedagtes. Lees die Woord en verwerp alles wat nie saamstem met die Bybel nie.
  3. Verwag misleiding. Yahshua het gesê dat baie in sy Naam sal kom en baie mense sal mislei.

Wat het dan by die kruis gebeur?

Lukas 1: 28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. 29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. 30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. 

Jeremia 31: 31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;  32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.  33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

Hebreërs 8: 6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.  7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.  8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,  9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. 10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 

Hoséa 1: 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.  10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.

Romeine 9: 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?  25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;  26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

Johannes 11: 49 En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie 50 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie. 51 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe. 52 En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot ‘n eenheid saam te voeg. 

Efésiërs 2: 11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,  12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.  13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.  14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het  15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep  16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.  17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;  18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

Handelinge 1: 6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; 

Handelinge 5: 30  Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. 31  Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. 

Handelinge 8: 26 En ‘n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is ‘n eensame pad. 27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ‘n man van Ethiópië, ‘n hofdienaar, ‘n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. 28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. 29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. 30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees? 

Handelinge 10: 34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, 35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. 36  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal. 

Handelinge 11: 1 En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.  2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis  3 en gesê: By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet. 

Handelinge 11: 16  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.  17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?  18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.

Handelinge 15: 7  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.  8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.  9 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.

Handelinge 15: 14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.  15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:  16 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,  17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

Handelinge 10: 34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, 35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. 36  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal. 

Handelinge 26: 6 En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is,  7 waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.

Handelinge 28: 19 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie.  20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.

Jeremia 3: 11  Toe het die HERE vir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda. 12  Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die HERE. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek die HERE; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie. 13  Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen die HERE jou God oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, spreek die HERE. 14  Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring. 

Jeremia 30: 3  want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem. 

Jeremia 30: 10  Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak. 11  Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. 

Jeremia 30: 16  Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ‘n buit. 17  Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie. 18  So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan. 19  En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie. 20  En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers. 

Jeremia 30: 22  En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees. 

Jeremia 30: 11  Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. 

~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~

007 – Kerk of volk

Wat is die gemeente as daar dan nie ‘n kerk is nie? (11-08-2024)

Die doel van die gemeente is:

  1. Om die evangelie van die Koninkryk van God te verkondig aan alle mense oor wie God se naam uitgeroep is, sodat hulle hul met God kan versoen en deur die verdienste van Yahshua die ewige lewe kan beërwe en saam met Yahshua die Koninkryk van God kan erf. 1 Petrus 1: 9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. Die doel is nie om die kerk te groei nie, maar om die saligheid van siele te veroorsaak.
  • Om in die Koninkryk van God te kan ingaan moet iemand weer gebore wees. Johannes 3: 3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.  4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?  5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
  • Die gemeente moet aan mense die evangelie van verlossing verkondig en wanneer hulle hul tot God wil bekeer, moet die gemeente hulle help om gedoop te word. Die doop maak iemand nie deel van die gemeente nie, maar dit is ‘n teken van die afwassing van die sonde deur hom met die dood van Yahshua te vereenselwig. Romeine 6: 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.  5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;  6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Om iemand te doop vereis nie ‘n spesiale persoon en plek nie, maar iemand van die liggaam van Christus is genoeg.
  • Wanneer iemand gered is word hy deel van die gemeente, maar hy kan nie by die gemeente aansluit nie en kan nie uit sy eie besluit ‘n lid van die liggaam van Christus word nie. Handelinge 2: 46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,  47  terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
  • ‘n Mens word nooit deel van ‘n kerk en word lid van ‘n kerk nie, want dit is ‘n menslike instelling. Die Rooms-Katolieke Kerk is nie deur God ingestel nie, en die Lutherse Kerk is nie deur God ingestel nie, so ook geen ander kerkorganisasie nie. Die gevaarlike verwarring wat hierdie instelling veroorsaak, is dat mense onder die indruk is dat as hulle lid van een of ander kerkinstelling is, hulle lid van die liggaam van Christus is. Dit is ‘n baie suksesvolle set waarmee die Satan ons vang en wat hy begin het met Konstantyn.
  • Wanneer die gemeente onder ‘n boom bymekaar kom, is dit die liggaam van Christus en as hulle in ‘n gebou bymekaar, kom is dit die liggaam van Christus. Die gebou self word egter nooit die gemeente nie. Vir die gemeente om hulle eie gebou te hê, maak dit nie verkeerd nie, maar dit is beslis nie die gebou wat die gemeente maak nie.
  • Die gemeente moet aan mekaar die evangelie van die Koninkryk van Yahshua verkondig sodat hulle ‘n vaste hoop in hulle lewe het om deur die verdrukking van hierdie lewe te kom. Romeine 1: 9  Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink  10  en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik ‘n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom;  11  want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;  12  dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my. 1 Thessalonisense 5: 9  Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus  10  wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe.  11  Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
  • Die gemeente het geen hiërargie of rangorde nie. Yahshua is die Hoof van die gemeente en die res is almal lede afsonderlik met afsonderlike bedienings. Dit is nie die dominie, of die pastoor se gemeente nie, maar Christus se gemeente. Die instelling van sulke range kom ook uit die  Rooms-Katolieke Kerk en is nie in die Bybel nie. 1 Thessalonisense 5: 12  Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;  13  en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.  14  En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
  • Ouderlinge en diakens is nie rangorde nie, maar verantwoordelikhede. Die ouderlinge is nie biskoppe soos in die Rooms-Katolieke Kerk nie, maar is die ouer mans van die gemeente wat ervaring en standvastigheid het en dan om oor die res van die gemeente te kan waak, nie heers nie. Net soos wat daar in die Ou Testament  oudstes was  is daar ouderlinge in die Nuwe Testament. Lukas 22: 66  En toe dit dag word, het die oudstes van die volk—die owerpriesters en skrifgeleerdes—vergader en Hom voor hulle Raad gebring
  1. Wanneer die gemeente groei en daar ‘n mate van orde gehandhaaf moet word is daar leiding deur Paulus vir sulke gevalle soos wat hy dit deurgegee het aan gemeente van sy tyd. Ons moet net nooit in die strik val om die doel van die gemeente te verander nie, soos wat baie kerke self erken, ons is besig met die dinge van God en nie met die God van die dinge nie. Die kerk bestaan nie en om dit in stand te hou terwille van die organisasie is nutteloos. Die gemeente is ook nie die doel nie, maar die middel tot ‘n doel. Die gemeente van Yahshua is die wat in Hom glo en Hom volg waar Hy ook al heen gaan en dan as lede bymekaar kom in onderlinge byeenkomste.
  1. Onderlinge byeenkomste is uiters belangrik, maar daar is nie sekere dae en tye wanneer dit moet gebeur nie. Die gemeente kan onderling besluit wanneer hulle bymekaar gaan kom. Om op ‘n Saterdag of ‘n Sondag onderling bymekaar te kom is nie sonde nie, behalwe as die gemeente dink dat daar geregtigheid daarin is om op ‘n sekere dag bymekaar te kom. Die Rooms-Katolieke Kerk vereis dat daar byeenkomste op ‘n Sondag moet wees en ander kerke vereis weer dat dit op ‘n Saterdag moet wees. Yahshua het geen voorskrif gegee nie en Hy is die Hoof van die gemeente, maar Hy verwag dat ons so gereeld as moontlik onderling bymekaar moet kom. Hebreërs 10: 23  Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;  24  en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;  25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
  1. Enige persoon of organisasie wat ‘n Christus verkondig wat nie ooreenstem met die Christus van die Bybel nie is besig om die Antichris (ander Christus) te verkondig. As daar 50 000 denominasies is wat met mekaar verskil, hoeveel van hulle verkondig ‘n evangelie van ‘n Antichris (ander Christus). 1 Johannes 2: 15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.  16  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.  17  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.  18  Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.  19  Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie.  20  En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.  21  Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.  22  Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën.  23  Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
  2. Enige persoon wat sê dat ons nie weer gebore hoef te wees nie, verkondig ‘n ander christus, want die ware Christus het gesê ons moet weergebore word.
  3. Enige persoon wat sê dat Yahshua sy bloed vir alle mense gestort het, is besig om ‘n ander Christus te verkondig en loën die ware Christus en ook die Vader. Ons mag nie ons eie evangelie opmaak nie. Matthéüs 1: 20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
  4. Enige persoon wat verkondig dat Yahshua terugkom om met die kerk te trou, is besig met sy eie evangelie en verkondig ‘n ander Christus, want die ware Christus kom om sy Koninkryk op aarde te vestig en oor sy volk te regeer vanaf die troon van sy vader Dawid. Matthéüs 6: 9  Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;  10  laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; Lukas 1: 30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.  31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.  32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,  33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
  5. Enige persoon of organisasie wat beweer dat God sy volk vergeet het en nou ‘n verbond met ‘n kerk het, verkondig ‘n ander evangelie en is dienaars van die dier wat uit die see uit gekom het. Die dier wat uit die see uit kom, is die Romeinse Ryk wat verander het in die Romeinse Kerk. Openbaring 13: 1  En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.  2  En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.  3  En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.  4  En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?  5  En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.  6  En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.  7  Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.  8  En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.  9  As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.

~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWEESKRYWE