Preke

Die evangelie van die Koninkryk van GOD (2024)
- Banie Swanepoel:
001 – Die evangelie van die Koninkryk van God gaan oor God en sy Koninkryk.
- In die begin het God die hemel en die aarde geskape. Dit was sy hemel en aarde en Hy het daaroor regeer.
• ‘n Koning moet ook burgers vir sy Koninkryk hê om oor te regeer en Hy skape vir Adam, die mens.
• Hy het sy eie asem in die lewelose liggaam van Adam geblaas en so het Adam lewendig geword en het uit God voortgekom.
• Omdat God ‘n geslag vir Homself gesoek het, het Hy Eva uit Adam gemaak en so het sy uit Adam voortgekom.
• God gee aan hulle twee opdragte. 1. Wees vrugbaar en vermeerder as ‘n geslag. 2. Heers oor die volheid van die aarde. - Hierdie was die begin van die Koninkryk van God in hierdie skepping en God se beplanning was presies wat Hy vir Adam beveel het.
• Adam se nageslag moet die hele aarde vul as God se nageslag en heers oor God se volmaakte skepping.
• In God se Koninkryk is daar geen dood, hartseer, teleurstelling, verlange, haat of enige iets anders wat duister en verkeerd is nie, maar net heerlikheid en vreugde en vervulling en liefde.
• Na 6000 jaar beleef ons egter nie ‘n volmaakte skepping waaroor ons heers nie, maar ‘n lewe van moeite en verdriet.
• Iets baie tragies het intussen gebeur en alles verander. - Wat het dan gebeur?
• God het die heerskappy van hierdie Koninkryk van Hom oorhandig aan sy geliefde seun, Adam, maar Adam was deur die Satan bedrieg en het sonde gedoen deur God nie te glo nie en het die heerskappy verloor.
• Die sonde van Adam het ook ander gevolge gehad. 1. Die dood wat nie bestaan het nie, is nou die normale. 2. God het die aarde vervloek ter wille van Adam. - Daar was nou baie slegte gevolge vir Adam, sy nageslag, en vir God.
• Vir Adam en sy nageslag het die Paradys en die volmaakte aarde verander in moeite en verdriet en deur die sweet van hulle aangesig, moet hulle hul brood verdien.
• Voor die sondeval het die dood nie bestaan nie, maar nou is dit hulle deel en wanneer hulle sterf is hulle vir ewig van God verwyder in die dood en die hel.
• Vir God is dit ‘n tragedie want sy geliefde seun en sy hele nageslag is vir ewig verlore en die skepping van hierdie Koninkryk is ‘n mislukking. Dit is ook ‘n skande vir die Naam van God, want Hy is volmaak en kan nie misluk nie. - Die Satan het hierdie tragedie veroorsaak, maar Adam het in God getwyfel.
• Die Satan was ook in die paradys, maar as ‘n gevalle engel wat veroordeel staan. Hy het teen God gesondig deur homself te verhoog gelyk aan die Allerhoogste te stel.
• Omdat hy nog toegang tot die hemele gehad het, het hy Adam beïnvloed om teen God te sondig.
• Die Satan is reeds veroordeel en kan niks teen die Allerhoogste doen nie, maar hy kan Hom saboteur in sy werke en Hom baie skade en hartseer veroorsaak, dit is waarom hy gedoen het wat hy gedoen het in die Paradys. - Dit is die rede dat daar ‘n evangelie van die Koninkryk van God is.
• Hy gaan die nederlaag beslis nie daar laat nie, maar herstel wat verkeerd gegaan het.
• Om dit te herstel moet Hy die heerskappy van die aarde terugkry.
• Hy moet die geslag wat uit Hom voortgekom het verlos van hulle verdoemende einde.
• Indien Adam God geglo het i.p.v. die Satan, was daar nie ‘n evangelie van die Koninkryk van God nie. - Ons verantwoordelikheid teenoor die Koninkryk is kritiek.
• Die trein na die Koninkryk van God is vas op sy spoor en ons kan deel daarvan wees, of dit mis.
• Die E vd KK v G gaan nie oor ons saligheid nie en nie oor die kerk nie, maar oor sy KK en sy Naam wat bespot word.
• Ons ag ons self te belangrik want ons dink dit gaan oor ons.
• Die evangelie van die Koninkryk van God het die vermoë om ons deel te maak van sy Koninkryk, maar as ons dit mis, sal ons ewig verlore wees en van God verlate wees.
• Hy gaan dit nie mis nie, maar suksesvol wees. Meeste van ons gaan egter onsuksesvol wees.
• Omdat die pad smal is en die poort nou is wat na die Koninkryk van God lei, is daar baie wat sal probeer om die Koninkryk te vind, maar min sal dit regkry.
• Gevolgtrekking: Ons kan nie voorskryf wat die voorwaardes vir ons redding moet wees nie, maar ons moet soek wat die weg na die ewige lewe is en daarop wandel, anders sal die trein ons net agterlaat. - Ons lewe aan die einde van die ses duisend jaar van die koninkryk van die Satan.
• Die tyd voor die sondvloed was 2000 jaar.
• Die tyd tot die nuwe verbond is 2000 jaar.
• Die tyd tot vandag is 2000 jaar.
• Dis is ses duisend jaar van arbeid en een duisend jaar van vrede wat nou gaan aanbreek.
• Ses dae moet julle arbei, maar die sewende dag is ‘n dag van rus. - Hoe naby is ons aan die einde van die 6000 jaar en die begin van die Koninkryk van God?
• Ons gaan binnekort nie kan koop en verkoop sonder die goedkeuring van die dier nie.
• CCTV en AI toesig met ‘n kredietstelsel om alle mense totaal te kan beheer.
• Hibried tussen ‘n mens en ‘n masjien. Nou sal niks meer vir hulle onmoontlik wees nie.
• AI staan op die punt om intelligenter te wees as die mens.
• Mense neem beheer oor die natuur en kan vuur uit die hemel laat neerdaal.
• VSA verkiesing in November en die Elites.
• Oorloë en gerugte van oorloë. - Hoe gaan Hy hierdie toestand herstel?
• Hy gaan kom op die wolke as mens soos sy dissipels Hom sien opvaar het.
• Hulle wat aan Hom behoort met sy koms, sal Hom in die lug tegemoet gaan en dan saam met Hom aarde toe kom.
• Vanaf die aarde gaan Hy sy wraak op die bewoners van die aarde uitgiet
• Hoewel die mense Hom gaan haat met sy koms, sal die uiteinde van sy wraak hulle dwing om hulle knie voor Hom te buig, want Hy is die Koning van die konings. - So, hoe gaan sy Koninkryk anders wees as hierdie koninkryk van die wêreld?
• Hy gaan die Koning wees en Hy gaan in streng geregtigheid heers oor die hele aarde.
• Hy gaan die vervloekte natuur herstel en die leeu gaan langs die lam lê en die beer sal strooi eet soos die os.
• Die reën gaan kom op sy tyd.
• Al die nasies van die aarde gaan in vrede lewe en in absolute gehoorsaamheid aan die Koning.
• Die Duiwel gaan opgesluit wees en geen probleme op die aarde kan veroorsaak nie.
• Kontinente gaan nog wees soos dit nou is. Die see gaan nog steeds daar wees. Mense gaan nog steeds eet.
• Die wat aan Hom behoort het met sy koms, gaan verheerlikte liggame hê, soos syne, en gaan saam met Hom oor sy Koninkryk regeer
• Hulle is erfgename van God en mede-erfgename van Yahshua. - Dit is die Koninkryk van God en dit is die evangelie wat Hy verkondig het.
Lukas 4:43 Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.
Lukas 8:1 En daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,
Lukas 16:16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
Yahshua is die Koning, sy volk is die kinders van sy Koninkryk en oor die aarde is sy heerskappy. Aan die einde van die duisend jaar sal alles herstel wees soos wat God dit van die begin af beplan het. Die Satan sal verslaan wees en in die poel van vuur gewerp wees. Die kinders van God wat verlore was, kan hulle weer met hul God versoen en gered te word van die ewige dood. Die aarde in sy volheid sal perfek wees, soos in die begin na die ses dae van die skepping. Die laaste vyand wat verslaan word, is die dood
1 Korinthiërs 15:19-28 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. 20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 21 Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. 22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
002 – Die Koninkryk van God en die mens (12-05-2024)
Ons is die kinders van die Koninkryk van God, maar ons het verlore gegaan en moet nou teruggaan na ons Vader. Die pad na sy Koninkryk is ‘n baie moeilike pad, omdat dit volgens geregtigheid moet geskied. Ons moet dus eerstens weet wat die pad is en tweedens daarop wandel, volgens die voorskrifte van geregtigheid. Hierdie gaan nie oor lidmaatskap en aanvaarding deur ‘n kerk-instansie nie, maar oor burgerskap in die Koninkryk van God.
Matthéüs 7:13-27 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! 17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. 18 ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. 19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. 21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. 26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. 27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Hy kom op die wolke en sy begeerte is dat ons deel van sy Koninkryk moet wees, maar dit is streng voorwaardelik. Ons is nie almal eenvoudig deur genade geregverdig nie, maar daar is baie mense wat so dink en níé in die Koninkryk sal ingaan nie.
Matthéüs 25:1-13 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. 2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. 3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. 4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. 5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. 6 En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! 7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. 8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. 9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. 10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. 11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! 12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. 13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
Matthéüs 11: 12 Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
Daar is net een manier vir ons om die Koninkryk van God te beërwe. Net ‘n dwase maagd sal probeer om sy eie manier na die Koninkryk te kry.
Johannes 3:1-8 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
Ons moet uit water en Gees gebore word:
Handelinge 2:37-40 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
1 Petrus 3:20-21 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus
‘n Nuwe skepsel met ‘n nuwe burgerskap.
Filippense 3:20-21 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, 21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
Johannes 18:36-38 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.
Om die Koninkryk van God te vind, vereis dat ons die koninkryk van hierdie wêreld moet afskryf en ons hart daaruit onttrek. Ons het geen belang hier meer nie, maar die Gees van God sal ons harte vul met die Koninkryk van God, tensy ons te lief is vir hierdie wêreld en ons hart gevul bly met hierdie koninkryk.
Matthéüs 13:44-46 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. 45 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; 46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.
Jakobus 4:4-5 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. 5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?
Wanneer die Koninkryk van God in ons hart kom woon verander Hy, deur sy Woord, ons hart om te word soos Yahshua se hart is. Sy Koninkryk is dus in ons hart.
2 Korinthiërs 3:17-18 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Die evangelie van die Koninkryk van God kom tot ons ore en ons het die keuse wat daarvan gaan word. Gaan ons God glo en doen wat Hy sê of gaan ons die Woord hoor, maar verwerp?
Lukas 8:5-15 ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. 6 En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. 7 En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. 8 En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! 9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog? 10 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie. 11 Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God. 12 Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. 13 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. 14 En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. 15 En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
Dit is egter nie net die goeie saaier wat saai nie, maar daar is ook slegte saaiers wat ons weg hou van die ewige lewe af.
Matthéüs 23:13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
Vir ons is die Evangelie van die Koninkryk van God ‘n nuwe lewe, ‘n ander lewe, ‘n ander Koninkryk, ‘n ander uiteinde. Dit maak nie saak wat ons bereik het in hierdie lewe nie, want hierdie is ‘n ander Koninkryk. Of jy in hierdie koninkryk suksesvol is of totaal onsuksesvol, of jy jou doelwitte bereik het, of nie bereik het nie, of die lewe jou uitgespoeg het omdat jy nie presteer het nie en of jy die hoogste sport bereik het, maak geen verskil nie. Wanneer ons deel word van die Koninkryk van God is ons ‘n nuwe skepsel en al die ou dinge het verbygegaan en alles is nuut. Di’s ‘n ander Koninkryk met ‘n ander Koning, di’s ‘n ander orde en ‘n ander heerskappy.
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
003 – Die Koning kom met wraak.
Psalm 96: 11-13 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis. Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
Sy verlostes gaan Hom in die lug tegemoet, voordat sy wraak begin.
Matthéüs 24: 30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. 31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
1 Thessalonisense 4: 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
Openbaring 7: 2 En ek het ‘n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ‘n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig 3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.
Sy gevreesde en wraaksugtige koms.
Openbaring 6: 12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; 13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; 14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; 15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, 16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; 17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Openbaring 19: 11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. 12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. 13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. 14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. 15 En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige.
Die wraak en oordele van Yahshua na sy koms.
Openbaring 8: 6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas. 7 En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.
Openbaring 16: 2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword, 9 en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan.
Openbaring 16: 3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
10 En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine. 11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
Openbaring 16: 4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword. 5 En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het; 6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien. 7 En ek het ‘n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
12 En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so. 13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!
Openbaring 16: 8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei. 9 En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
Openbaring 9: 1 En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee. 2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister. 3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het. 4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie. 5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek. 6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
Openbaring 16: 10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn; 11 en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.
Openbaring 9: 13 En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is, 14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. 15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak. 16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor. 17 En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. 18 Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; 19 want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. 20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. 21 En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.
Openbaring 16: 12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word. 13 En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. 14 Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. 15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. 16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
Joël 3: 9 Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk! 10 Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held. 11 Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek! 12 Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom. 13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot. 14 Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing! 15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in. 16 En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal ‘n toevlug wees vir sy volk en ‘n skuilplek vir die kinders van Israel.
Openbaring 11: 15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Openbaring 16: 17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
Openbaring 19: 16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
Romeine 14: 11 Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
004 – Regering van die volgende Koninkryk (26-05-2024)
Lukas 19: 12 Hy het dan gesê: ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom. 13 En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. 14 Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. 15 En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. 16 En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak. 17 En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. 18 En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien. 19 En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede. 20 En ‘n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in ‘n doek weggesit het; 21 want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie. 22 Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek ‘n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie. 23 Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het. 24 En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het— 25 en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde 26 want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het. 27 Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.
Jesaja 9: 5 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— 6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Lukas 1: 28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. 29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. 30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus (Yahshua) noem. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Daniël 2: 44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—
Daniël 7: 13 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een (Yashua) gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue(Yahaweh) van dae, en hulle het Hom (Yahshua) nader gebring voor Hom b(Yahweh). 14 En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Daniël 7: 25 En hy (Romeinse Ryk, Pous, Inkwisisie) sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd. 26 Maar die gereg sal sit, en hulle sal hom die heerskappy ontneem om dit vir goed te verdelg en te vernietig. 27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
1 Korinthiërs 15: 22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy (Yahweh) uitgesonder is wat alles aan Hom (Yahshua) onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Miga 4:1 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. 2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. 3 En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. 4 Maar hulle (die nasies) sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek. 5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. 6 In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het. 7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot ‘n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot ‘n magtige nasie. En die HERE (Yahshua) sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.
Jesaja 11: 1 Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; 2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. 3 En Hy het ‘n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; 4 maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. 5 En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees. 6 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja. 7 Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; 8 en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk. 9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek. 10 En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees. 11 En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand (Yahshua) uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see; 12 en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
Jeremia 23: 1 Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. 2 Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE. 3 En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig. 4 En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die HERE. 5 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit (Yahshua) sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. 6 In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID (Yahshua). 7 Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie, 8 maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.
Openbaring 20: 1 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. 4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. 7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. 10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
Jesaja 65: 19 En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie. 20 Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want ‘n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word. 21 En hulle sal huise bou en bewoon, en wingerde plant en die vrug daarvan eet: 22 hulle sal nie bou dat ‘n ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ‘n ander dit eet nie; want die dae van my volk sal wees soos die dae van die bome, en my uitverkorenes sal die werk van hulle hande self geniet. 23 Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is ‘n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle. 24 En voordat hulle roep, sal Ek antwoord; terwyl hulle nog spreek, verhoor Ek. 25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
005 – Wie is die volk- en waar bly die volk van die Koninkryk van GOD? (02-06-2024)
Eségiël 11: 16 Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle ‘n kort rukkie ‘n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het— 17 daarom sê: So spreek die Here HERE: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee. 18 En hulle sal daarnatoe kom en al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder. 19 En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee, 20 sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees. 21 Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop—hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE.
Eségiël 34: 11 Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg. 12 Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid. 13 En Ek sal hulle uitlei uit die volke en versamel uit die lande en hulle bring in hul land; en Ek sal hulle laat wei op die berge van Israel, in die klowe en in al die bewoonbare plekke van die land. 14 Op ‘n goeie weiveld sal Ek hulle laat wei, en op die hoë berge van Israel sal hulle weiplek wees. Daar sal hulle lê op ‘n goeie plek en wei in ‘n geil weiveld op die berge van Israel. 15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. 16 Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.
Eségiël 34: 28 En hulle sal nie meer ‘n prooi vir die nasies wees nie, en die wilde diere van die land sal hulle nie opeet nie; maar hulle sal veilig woon sonder dat iemand hulle verskrik. 29 En Ek sal vir hulle plante van naam verwek, sodat hulle nie meer deur hongersnood in die land weggeruk sal word nie en die smaad van die nasies nie meer sal dra nie. 30 Maar hulle sal weet dat Ek, die HERE hulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here HERE. :31 En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.
Eségiël 36: 1 En jy, mensekind, profeteer tot die berge van Israel en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die HERE! 2 So sê die Here HERE: Omdat die vyand ha, ha! oor julle roep; en: Die ewige hoogtes het vir ons ‘n besitting geword! — 3 daarom profeteer en sê: So spreek die Here HERE: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies ‘n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is— 4 daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat ‘n buit en ‘n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is— 5 daarom, so sê die Here HERE: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het (1948) —in volle vreugde van die hart, met diepste veragting—sodat die weiveld daarvan ‘n buit sou wees. :6 Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het. 7 Daarom, so sê die Here HERE, hef Ek my hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is—hulle sal hul smaad dra. 8 Maar julle, o berge van Israel, sal jul takke gee en jul vrugte dra vir my volk Israel; want hulle koms is naby. 9 Want kyk, Ek kom na julle en wend My na julle toe, en julle sal bewerk en besaai word. 10 En Ek sal mense op julle vermenigvuldig, die hele huis van Israel, almal saam; en die stede sal bewoon en die puinhope opgebou word. 11 Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die HERE is. 12 En Ek sal mense op julle laat loop, my volk Israel; en hulle sal jou in besit neem, en jy sal vir hulle ‘n erfenis wees en hulle verder nie meer kinderloos maak nie. 13 So spreek die Here HERE: Omdat hulle vir julle sê: ‘n Menseter is jy en een wat sy eie nasie kinderloos maak— 14 daarom sal jy nie meer mense opeet en jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here HERE.
Eségiël 36: 16 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 17 Mensekind, toe die huis van Israel in hulle land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul wandel en met hul handelinge; hulle wandel was voor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. 18 Daarom het Ek my grimmigheid oor hulle uitgegiet, vanweë die bloed wat hulle in die land vergiet het, terwyl hulle dit met hul drekgode verontreinig het. 19 En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge. 20 En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek. 21 Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het. 22 Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het. 23 En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken. 24 En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. 25 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. 26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. 27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. 28 En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My ‘n volk en Ek sal vir julle ‘n God wees. 29 En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie. 30 En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie. 31 Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels. 32 Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel. 33 So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word. 34 En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ‘n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. 35 En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon. 36 Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen. 37 So sê die Here HERE: Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape. 38 Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
006 – Israel word herstel – [Die dor bene] (09-06-2024)
Eségiël 37:1 Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene. 2 En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor. 3 Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit. 4 Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! 5 So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. 6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is. 7 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar ‘n geruis, en kyk—’n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been. 8 Toe kyk ek en—daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ‘n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie. 9 Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word. 10 En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër! 11 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons! 12 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
1 Thessalonicense 4: 13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
Hebreërs 11:39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40 omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.
Eségiël 37:13 En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! 14 En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE. 15 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 16 En jy, mensekind, neem vir jou ‘n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ‘n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote. 17 Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. 18 En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie? 19 sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.
Efésiërs 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. (Hoséa 1, Romeine 9) 13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was (10 stamme) en aan die wat naby was (2 stamme); 18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
Eségiël 37: 19 sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. 20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë; 21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. 22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie. 23 En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees. 24 En my kneg Dawid (Yahshua) sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. 25 En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid (Yahshua) sal hulle vors wees vir ewig. 26 En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. 27 En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees. 28 En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
Eségiël 39:25 Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam. 26 En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie. 27 As Ek hulle terugbring uit die volke en hulle versamel uit die lande van hulle vyande, sal Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies. 28 En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie. 29 En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
~~
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die ontstaan van die Kerk (2024)
– Banie Swanepoel:
2000 jaar gelede gebeur daar iets in Jerusalem wat die duiwel onkant vang:
- Die profesieë ontknoop nie soos wat hy dit verstaan het nie.
- Sy toegang tot die hemele word ingeperk.
(001 – Satan se nederlaag en strategie van leuens)
Openbaring 12:3-18 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; 4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. 5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. 7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. 12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Hy roep ‘n noodvergadering saam met sy bose geeste en moet dringend sy strategie en toekoms-beplanning aanpas.
- Die profesieë moet herinterpreteer word.
- Die doel van Christus dood moet verstaan word.
- Nuwe profesieë moet in diepte bestudeer word om te probeer verstaan wat die Almagtige se beplanning is.
- Planne moet in plek gebring word om God se werk teë te staan, maar eers moet ontdek word wat God strategie en beplanning is.
Daar is chaos in die geledere van die Satan, want dit wat hy beskou het as sy grootse triomf ooit, naamlik om Yahshua dood te maak, het nou uitgedraai in die grootste terugslag.
Hy stuur al sy bose geeste uit om so veel as moontlik inligting van God se beplanning in te samel. Hulle metode is:
- Om die dissipels dop te hou en te luister na hulle gesprekoninkryke en uit te vind wat Yahshua gesê het toe Hy nog op die aarde was.
- Om so veel as moontlik uit te vind wat Yahshua se opdragte aan sy volgelinge was en te probeer bepaal wat God se beplanning daarmee is.
(Die Satan is die teenstander van God wat sy eie troon gelykgestel het aan die Almagtige se troon. Hy is van sy posisie onttroon en sy heerlikheid het hom verlaat en al wat in hom oorgebly het, is duisternis.)
Eségiël 28:13-18 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekoninkryking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 14 Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. 15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. 16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! 17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. 18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
Hy is die vader van die leuen en daar is geen waarheid in hom nie. Hy het twee sondelose, goddelike mense met sy geoefende en geslepe leuentaal oortuig dat hulle Skepper hulle bedrieg deur inligting van hulle te weerhou, wat hulle in staat sou stel om soos God te wees. Dit was maar net een van sy prestasies met leuens, want hy was reeds in staat om ‘n derde van die engele van God te oortuig dat hy die vermoë het om God te onttroon.
Die waarneming van die Satan se spioene was die volgende:
- Die waarheid sal die kinders van God vrymaak en omdat hy die vader van die leuen is en sy koninkryk deur leuens funksioneer, is dit vir hom eenvoudig om hierdie verlossingsplan van die Almagtige te neutraliseer. As die waarheid hulle vry maak, en hulle bly op die aarde waar hy die god is, dan sal hy eenvoudig net sy koninkryk se vermoë gebruik om die waarheid te verander na leuens, sonder dat die mense dit weet. Dit is waarin hy spesialiseer en hy het dit al baie gedoen en was suksesvol. Hy moet dus net uitvind wat die waarheid van die verlossingsplan is en dit verander, of selfs net besoedel.
Lukas 21:8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; 2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; 3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
- Hoewel Yahshua opgevaar het, gaan Hy voort met sy werk op die aarde deurdat Hy sy volgelinge bemagtig deur sy eie Gees binne in hulle harte uit te stort en hulle in staat stel om sy werk te volbring. Vir die Satan en sy volgelinge is dit onduidelik hoe dit gebeur, want dit gebeur nie met hulle nie. Die volgelinge van Yahshua het dus bomenslike vermoë waarvan die Satan geen kennis het nie en nie weet hoe dit werk nie. Hierdie situasie skep vir die Satan ‘n groot krisis, want nou werk die Gees van God in die mense se harte en hy het geen insae of invloed daarin nie.
Yahshua praat van sy gemeente en gee hulle die opdrag om sy evangelie van verlossing te verkondig aan sy volk. Die Satan is uitgesluit van hierdie liggaam en kry nie toegang nie. Hy veroorsaak dat die gemeente vervolg word, maar die effek is dat hulle net meer ywerig word.
Om hierdie Geesvervulde liggaam van Yahshua te keer, mobiliseer hy ‘n paar aksies.
- Voorkom dat Yahshua se volgelinge weergebore word, sodat hulle nie die Heilige Gees kan ontvang nie. Sonder die leiding van die Heilige Gees in die gemeente, sal die mense nie in staat wees om die geopenbaarde woord van God te hoor nie, omdat die Gees nie in hulle is nie en hulle sal verplig wees om Geestelike met vleeslike te vergelyk. Hulle sal geen openbaring van God se verborgenhede kry nie en die gevolg is dat hulle die verborgenhede van God met hulle verstand sal moet bedink.
1 Korinthiërs 2:7-8 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, 8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie—
1 Korinthiërs 2:10-14 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
- Yahshua noem hierdie volgelinge van Hom, wat sy eie werk op die aarde voortsit, “sy liggaam” of “sy gemeente”. Hulle is die wat die lig wat die waarheid skyn op ‘n donker plek. Hulle is die wat die leuens waarmee die Satan die wêreld beheer, ontbloot. Hulle is die wat die evangelie van verlossing verkondig aan die kinders van God wat deur die Satan in kerkers toegesluit is, wat dan hulle verlossing veroorsaak. Hierdie mense het die volle wapenrusting van God aan en maak groot skade vir die Satan se koninkryk. Sy oplossings is om die liggaam van Yahshua te verander in ‘n mensgemaakte organisasie wat vasgevang is in dogma en menslike filosofie en leringe wat so min as moontlik waarheid in het, sodat dit die lede nie kan bevry nie en hulle ook nie in staat stel om die werke van die satan te verbreek nie. Sy metode is om die gemeente self te kaap deur dit van binne te infiltreer en dan vreemde, verderflike ketterye aan te bied in die plek van die woorde van God, wat in staat is om ons siele te red.
Die Satan is slim, hy weet dat die gemeente ‘n doel het en as hy die doel kan verydel het die gemeente gefaal. Iemand wat vir rehabilitasie gaan, se doel is om van sy verslawing genees te word. Iemand wat die trein gebruik om Kaapstad toe te gaan, se doel is om in die Kaap aan te kom. Ons moet eers weet wat die doel van die gemeente is, voordat ons kan bepaal of ons besig is om die doel te bereik en of die Satan daarin geslaag het om ons besig te hou met sý weergawe van die gemeente.
Meer as 200 jaar nadat Yahshua opgevaar het sien die Satan sy geleentheid om die liggaam van Christus (die gemeente) te verander in ‘n organisasie (die kerk) toe ‘n keiser van die magtige Romeinse Ryk, Konstantin, die Christene se aanbidding van YHWH verklaar het as een van die amptelike godsdienste van die Romeinse Ryk.
Daar het ‘n geweldige vermenging van Pagan godsdiens en Christelike aanbidding plaasgevind. Die uiteinde was dat ‘n grootliks Pagan godsdiens voortgesit was, met Christelike benamings en karakters. Die liggaam van Christus was getransformeer in die Romeins-Katolieke Kerk.
Die doel waarvoor die gemeente deur Yahshua begin was, was totaal verander en die oorspronklike doel was vergeet. Ander waardes en beginsels is aan die kerkorganisasie toegeskryf. Verlossing was nou nie meer uit genade deur Yahshua nie, maar deur die onderhouding van sakramente wat net deur die kerk bedien kan word.
Die sewentig dissipels wat in die bovertrek in Jerusalem deur die Heilige Gees op Pinksterdag vervul was, was die eerste lede van die liggaam van Christus wat gefunksioneer het in dít wat hulle opdrag was. Uit hulle het baie ander gekom wat net een doel voor oë gehad het en dit was om die verlossing wat daar in Christus vir die mense is, te vertel wat dit nie weet nie.
Die einddoel van ons geloof is die saligheid van ons siele en daarom het hulle hul nie besig gehou met dinge wat nie met die saligheid van hulle siele, of die van hulle naaste se siele te doen het nie. Die gemeente het gefunksioneer soos wat die Hoof van die gemeente, Yahshua, dit bepaal het en dit is die bloudruk waarheen ons altyd kan teruggaan om te sien wat van ons verwag word.
Al hierdie gebeure het in die tyd en agtergrond van die Romeinse Ryk gebeur. Vir die Romeine was die Christelike geloof vreemd en hulle het nie van nuwe gelowe gehou nie en veral nie van ‘n geloof wat in net een God glo nie.
Die beginsel wat Pagan godsdiens gehad het, is dat dit ander gode kon insluit by hulle godsdiens. Wanneer hulle dus ‘n ander nasie oorwin in oorlog, het hulle na daardie nasie se gode gekyk en wanneer hulle ‘n god onder daardie nasies sien wat vir hulle ‘n voordeel sou inhou, het hulle daardie god in hulle godsdiens ingebring. Wanneer ‘n ander nasie se god ooreenstem met wat hulle reeds het, sou hulle die nuwe god net as deel van hulle bestaande godsdiens maak, wat beteken “Zeus”, wat ‘n Griekse god was, is “Jupiter” vir die Romeine.
Nadat die Christelike godsdiens met die Pagan godsdiens verenig is, het baie van die Pagan geloof agtergebly in die Rooms-Katolieke Kerk en dit is vandag nog sigbaar in hulle geloof. Ongelukkig is dit nie waar dit gestop het nie, maar as ons na al die ander kerke van die wêreld kyk, sien ons dat daardie Pagan gelowe op baie plekke in gewone kerke uitslaan.
Die oorspronklike Christelike geloof was nooit ‘n keuse omdat dit gewild was nie, maar God het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered wasHandelinge 2:47. Die Christelike geloof het nooit oor ‘n organisasie met lede en belang gegaan nie, maar slegs mense met ‘n gemeenskaplike geloof wat ‘n opdrag gekry het om die evangelie van die koninkryk van God te gaan verkondig.
In die tyd van keiser Konstantin (306Nc.) het daar egter baie groot veranderinge in die gemeente van Christus gebeur. Hy maak nie die Christelike geloof die amptelike godsdiens van die Romeinse Kerk nie, maar een van die godsdienste van die Romeinse Kerk. Met hierdie gebeurtenis verander die gemeente van ‘n geloof, na ‘n godsdiens.
Vir tweehonderd en vyftig jaar is daar geen organisasie, geen hiërargie, geen geboue, geen spesifieke klere, geen heilige dae, geen vormgodsdiens nie, maar net geloof in God en ‘n afwagting vir sy koninkryk om te kom terwyl die evangelie vertel word, maar hier verander alles drasties.
~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~
002 – Die onafwendbare verandering van Christen geloof na Pagan geloof (21-04-2024)
- Die keiser is die hoogste gesag in die Romeinse Ryk en hy word ‘n Christen en verander die status van die Christelike geloof, gelyk aan die amptelike Pagan godsdiens.
- By Konstantin was daar geen wedergeboorte nie, geen berou en bekering nie, maar bloot net die inkorporering van nog ‘n god in die godsdiens van die Romeinse Ryk.
- Amptenare van die Romeins-Pagan godsdiens was vergoed deur die Romeinse regering en het sekere voordele in die gemeenskap gehad. Nou was die Christelike geloof deel daarvan, maar daar was geen struktuur om die bediening van die godsdiens waar te neem nie.
- Daar was nie priesters nie, daar was ook nie ‘n hoofpriester soos die “Pontifex Maximus”, nie. Daar was geen tempels waar die god van die Christene kon bly nie.
Daar was dus dringend aanpassings nodig van die Romeinse ryk af.
- Die Pagan godsdiens in die Romeinse Ryk was baie goed gevestig en het bestaande ordes en rituele gehad en ‘n uitgewerkte hiërargie. Dit was baie maklik vir hulle om die Christelike geloof in hulle bestaande godsdiens te inkorporeer.
- Christelike katedrale en tempels het oral opgeskiet en amptenare is aangestel om te help met die bediening van die Christelike godsdiens.
- Nuwe amptenare was in oorvloed, want die regering betaal amptenare vir hulle dienste en elke Pagan was bereid om in die Christelike bediening in te gaan.
- Die ware gelowige Christen het homself dadelik gedistansieer van hierdie nuwe beweging, maar die voorspoed van hierdie nuwe beweging was onbetwisbaar, want dit was ondersteun deur die hoogste gesag op aarde.
Die Christelike godsdiens word later die enigste en verpligte godsdiens
In die tyd van keiser Theodosius (380Nc.) kom die grootste spyker in die Christelike gemeente se kis. Hy ag die Christelike geloof nie net as een van die amptelike godsdienste van die Romeinse Ryk nie, maar hy maak dit die enigste amptelike godsdiens. Niemand het dus ‘n ander keuse gehad as om die god van die staat te aanbid nie.
Nadat die Christelike geloof deel van die godsdienste van die Romeinse Ryk geword het, het daar geweldig baie verandering plaasgevind. Meeste van hierdie veranderinge was deur Pagan gelowiges gedoen, wat gehelp het om die Christelike godsdiens te inkorporeer in die Romeinse ryk. Hulle het dit aangepas by die Romeinse Ryk en nie die Romeinse Ryk aangepas by die Christelike geloof nie.
Let op hoe baie Pagan godsdiens ooreenstem met ons eie Godsdiens:
- Die Romeine was nie gelowiges nie en het geen verhouding met hulle gode gehad nie. Die rede waarom hulle gode vereer het, was ter wille van beskerming en voorspoed en oorwinning en vrugbaarheid en al sulke bonatuurlike dinge te verkry, tydens hulle aardse bestaan.
- Die groot gode was deur die priester in die tempels vereer, terwyl elke huis sy eie huisgode gehad het. Die gewone mens het geen verband tussen homself en Jupiter getrek nie en hy het Jupiter ook nie aanbid nie. Elke gesin het deur oorlewering sy eie gode gehad wat hulle vereer het. Hierdie gode was gewoonlik iemand uit hulle voorgeslag wat iets uitsonderliks bereik het en dan verafgod was. Na sy dood word hy ‘n god en beskerm dan sy familie.
- Hierdie verering van hulle gode was nie aanbidding nie, maar verering. Daar was geen geloof ter sprake nie en dit was vir die Romeine bygelowig as iemand emosioneel raak oor sy god se verering. Daar was ook geen voorskrif deur die Pagan godsdiens van hoe so ‘n huisgod vereer moes word nie, maar dit was deel van die oorlewering van die voorgeslagte. Die presiese volg en uitvoer van die oorgelewerde voorskrif was egter baie streng en daarvan mag nie afgewyk geword het nie. Indien die ritueel ‘n seker tipe wyn of meel voorgeskryf het, moes dit streng nagekom word en ‘n alternatief was buite die kwessie.
- Hierdie godsdiens het dus bestaan uit rituele wat op onemosionele wyse en op streng voorskrif van oorlewering gedoen was. Die doel van die verering was om bonatuurlike gawes van die god af te ontvang en na die gesin se welsyn om te sien. Daar was ‘n afgesonderde plek in die huis waar daardie god gebly het en waar hy vereer was.
- Wanneer dit by die groot gode gekom het was hulle slegs deur die aangestelde priester vereer en dit het in die tempel gebeur omdat die god in daardie tempel gebly het. Daar was ook rituele waardeur die groot gode vereer was en dit het ook deur oorlewering gekom en moes streng uitgevoer word. Hierdie groot gode het omgesien na ‘n volk en nie ‘n huisgesin nie. Ook was hier geen sprake van geloof in ‘n god nie, of ‘n verhouding met ‘n god nie, maar bloot net dinge wat gedoen moet word, sodat hulle die guns van die god kan kry.
Met hierdie duisend jaar se agtergrond van Pagan godsdiens, het die Christelike geloof nou die amptelike godsdiens van die Romeinse Ryk geword. Die Romeine het nie almal verander en Christene geword nie, maar die Christelike geloof het Pagan geword. Dit was en is nie moontlik om almal wat in die Romeinse ryk is (1miljoen volwassenes) te verander van afgodeaanbidders tot oortuigde, wedergebore gelowiges in Christus, met ‘n liefdesverhouding met Hom, bloot net omdat die keiser ‘n verklaring gemaak het nie.
Wat nog meer druk op die ware Christelike geloof geplaas het, is dat hierdie Christelike godsdiens van die Romeinse Ryk nou die enigste wettige godsdiens was en dat enige ander aanbidding verbied was. Pagans mag nie meer Pagan wees nie, maar moet nou Christene wees. Die natuurlike verloop van transformasie het veroorsaak dat “Christen” en “Pagan” dieselfde betekenis gehad het. Christelike godsdiens word Pagan godsdiens bloot net omdat die Pagan godsdiens duisend maal sterker was as die Christen geloof.
Tempels en katedrale is die noodwendige gevolg. Hiërargie moet gebeur, want hoe gaan orde gehandhaaf word in so ‘n enorme organisasie? Wie is dan nou in beheer van hierdie organisasie en wie dui die rigting aan? Hierdie is nou nie meer onbelangrike mense wat op lukraak geleenthede bymekaar kom in mense se huise nie, maar hierdie het nou betrekking op die ganse mensdom onder die regering van die Romeinse Ryk. Maak ‘n plan, maak dit werk, want dit is nou julle enigste opsie, di’s die amptelike geloof.
Weg is die aanbidding, want ‘n Pagan sien dit as bygelowigheid. Weg is die verhouding met God, want Pagans het nie verhouding met hulle gode nie. Wie in die kerk is die hoofleier?, die Pontifex Maximus. Die hoofpriester van die Pagan godsdiens was die Pontifex Maximus en nou is die hoof van die Christelike kerk die Pontifex Maximus. Vandag is die hoof van die Romeinse kerk nog steeds die Pontifex Maximus. Priesters van die Pagan godsdiens word vervang met priesters van die Christelike kerk. In meeste gevalle was die ou en die nuwe priester dieselfde persoon.
Priesters moet ‘n gesagstruktuur hê en daarom word biskoppe aangestel met die pous as hoof van die kerk. Beelde van die Pagan gode kry nuwe name en soms nuwe beelde en Zeus word Apollos en Apollos word Petrus. Petrus se beeld is tot vandag een van die gewildste items in die kerk in Rome.
Was dit nie vir die woorde van Christus self nie, sou hierdie situasie seker die ondergang van die ware gemeente beteken het. Matthéüs 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Dit is en was die perfekte plan van die Satan om die lig van God se Woord dood te maak. Kaap die posman en sy briewetas en sit jou eie briewe, met jou eie boodskap en stuur jou eie posman. Ons moet agterkom dat ons posman verander is en nie die briewe bring wat God gestuur het nie, maar die briewe van Satan.
Die krag van die keiser word al minder en die gesag van die Romeinse Ryk verskuif stelselmatig na die pous, die hoof van die kerk. Stelselmatig word verderflike ketterye heimlik ingevoer tot voordeel van die kerk en nadeel van die hoorder. Om toegang tot die Bybel te voorkom, word alle weergawes wat nie in Latyn is nie verbied. Meeste mense was nie Latyn magtig nie en moes net die woorde van sy priester aanvaar. Gewone mense, en selfs priesters, kan nie die Skrif uitlê nie en net die Pous mag dit doen. Niemand mag met die pous verskil nie.
Dit is die begin van die donker eeue. Die kerk neem beheer oor almal se denke. Die pous se mag word goddelik, want hy kan mense tot die hel veroordeel, of tot die hemel toelaat. ‘n Vrees vir hom hang oor alle konings, vorste, grondeienaar, asook slawe. Niemand kom in opstand teen die pous en teen die kerk nie. Alle konings onderwerp hulle aan die gesag van die pous, omdat hy hulle met die hel kan dreig. Die keiser van die Romeinse Ryk bestaan nie meer nie, maar lank lewe die pous wat die heerskappy van die Romeinse Ryk voortsit.
Openbaring 13:1-4 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Duisend vyfhonderd jaar na Christus kom Martin Luther op die toneel. Hy is soos enige ander persoon ‘n toegewyde kerkmens, want di’s die enigste opsie wat daar was. Ander mense het al die kerk bevraagteken, maar nadat hulle as ketters verklaar was het hulle op die brandstapel beland, want die kerk duld geen opposisie nie. Daar bestaan geen godsdiensvryheid nie en alle lande se konings forseer die Romeinse Kerk se godsdiens af.
Luther was ‘n student op pad terug stad toe na ‘n vakansie by die huis, toe hy deur ‘n geweldige donderstorm oorval was en hy gevrees het vir sy lewe. Tydens sy pleit vir sy lewe beloof hy aan sy eie gesin se huisgod dat hy sy lewe sal afsonder vir die kerk.
Hy verlaat die universiteit en word deel van ‘n baie streng monnik-orde. Omdat hy so ‘n noue ontkoming van die dood ervaar het, verlaat daardie benoudheid hom nooit nie en hy vrees die dood omdat hy nie weet wat met hom gaan gebeur as hy sou sterf nie. ‘n Geweldig soeke na verlossing oorval hom en hy doen alles waarvan hy weet om die hel vry te spring.
Omdat hy so toegewyd aan die kerk is en sy erns vir almal opsigtelik is, word hy na Wittenberg gestuur om by hulle universiteit te studeer. Hy was reeds ‘n priester van die kerk, maar na ‘n kort tydjie word hy ‘n professor by Wittenberg Universiteit. Sy soeke het egter nooit opgehou nie en volgens die voorskrif van die kerk, bely hy vier keer ‘n dag sy sonde voor die priester, maar soms op pad terug van die belydenis af gaan hy alweer terug, want hy twyfel in sy eie opregtheid tydens sy belydenis en vrees dat hy dalk nie vergewe is nie.
By Wittenberg was hy die eerste keer blootgestel aan die Nuwe Testament en hoewel hy al ‘n priester in die kerk was, het hy geen kennis van die evangelie van verlossing gehad nie. Die rituele van die kerk en die sakramente was veronderstel om sy saligheid te bewerk, maar toe lees hy iets in die nuwe testament wat sy lewe verander. Hebreërs 10:38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.
Luther besef dat daar groot misleiding in die kerk is en dat regverdigmaking nie is wat hy en die res van die kerk aan die lede verkondig nie. Terwyl hy nog ‘n priester in die kerk is, skryf hy verskeie boeke oor misleiding en waarheid. Hy spyker ook sy 95 stellinge op die deur van die universiteit vas. Die doel van hierdie stellinge was ter bespreking van die studente by hulle volgende byeenkoms, maar hierdie stellinge se tydsberekening was anders as vorige stellinge.
Hierdie 95 stellinge het ook soos die voriges gegaan oor die vergrype van die kerk en verkeerde leringe, maar hierdie stellinge was teen die deur geplaas net toe die drukpers uitgevind was. Van Luther se studente het sy stellinge in Duits vertaal en dit deur ‘n drukpers gesit en menigte afskrifte gemaak wat hulle onder die publiek versprei het.
Die gevolg van hierdie klein aksie is wat ons vandag ken as die “hervorming”. Luther het dit nie beplan nie en hy het ook nie in opstand teen die kerk gekom nie, maar nadat die publiek gehoor het wat Luther sê, het hulle begin vrae vra oor die kerk. Luther word bekend deur die hele kerk en trek selfs die aandag van die pous. Sy doel is nie om die kerk te veg nie, maar te hervorm. Hy het net nie besef hoe ver die kerk van die oorspronklike gemeente in die bovertrek was nie.
Later kom hy tot die gevolgtrekking dat hervorming buite die kwessie is en verlaat die kerk. Die lewe van daardie tyd was totaal anders as ons tyd en ons verstaan soms nie wat by hulle gebeur het nie, omdat ons die gebeure aan ons omstandighede meet. Daar was in hulle tyd geen godsdiensvryheid nie, maar die staat het vir alle mense voorgeskryf wat hulle mag en moet glo. In Luther se tyd was dit die Romeinse Kerk. Selfs ateïsme was nie ‘n opsie nie.
Nou is Luther as ‘n ketter verklaar en die kerk vervolg hom. In Duitsland het hy geweldig baie steun, maar almal word deur die owerhede verplig om in die kerk te wees en te ondersteun wat hulle sê. ‘n Burgeroorlog gebeur in Duitsland. Die regering, wat die kerk en sy lering voorskryf, veg teen hulle wat protesteer teen die kerk, daarom noem ons hulle protestante. Om weer vrede te kry besluit die verskillende prinse van die verskillende provinsies om elke provinsie die vryheid te gee om self te kies tussen Romeins-Katoliek of Protestant.
Dit veroorsaak ‘n sekere mate van godsdiensvryheid, maar beperk tot twee keuses en daardie keuse word ook vir die burgers van die provinsie gemaak. Die Romeins-Katolieke keuse is makliker as die Protestantse, want die prins van elke staat wil nie noodwendig die kerk herontdek nie. ‘n Alternatief vir die Romeinse Kerk moet gou gekry word en dit het die Lutherse Kerk tot stand gebring. Die regering van die prins verwag ook nie ‘n los manier van aanbidding nie, maar ‘n struktuur met ordes en dissiplines. Wat volg is ongelukkig nie dit wat Christus aan sy dissipels oorgelaat het nie, maar bloot net ‘n alternatief tot die Romeinse godsdiens.
Luther verminder die sewe sakramente van die Romeinse Kerk na drie, maar los die doop van die Romeinse Kerk onveranderd. Nagmaal bly ‘n sakrament, maar hy verklaar nie dat die broodjie letterlik in die liggaam van Christus verander nie. Verder hoef mense nie hulle sonde voor ‘n priester van die kerk te bely nie, en verlossing is nie net in, en deur die kerk nie.
Hierdie gebeure in Duitsland het die hele wêreld aan die gons en al meer mense begin die kerk bevraagteken. Baie lande en stede verander na Protestantisme, maar omdat dit vreemd en onbekend is, vind baie geledere dit moeilik om te verander. Baie lande se konings vind die verandering vreemd en soms selfs verkeerd en verbied dit. Ons moet onthou dat godsdiensvryheid nie bestaan het nie en dat die kerk wat jy dien, die kerk is wat vir jou voorgeskryf was.
Die Franse koning het Romeins-Katoliek gekies en die burgers moes dit ook kies. Die Engelse koning het ‘n argument met die pous gehad en sy eie kerk “Anglikaans”, begin en die burgers van Engeland moes verander. Switserland het gehink op twee gedagtes en was oop vir voorstelle. Spanje was fanaties Romeins-Katoliek en het ander gelowe uitgeroei. Holland het Protestantisme gekies en was daardeur vir tagtig jaar in oorlog met Spanje.
~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~
003 Die doel van die Gemeente en Calvyn se invloed. (28-04-2024)
- Gaan heen en maak dissipels en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.Matt. 28:19
- Die Liggaam van Yahshua was dus ‘n middel tot ‘n doel en die Liggaam was nie die doel nie.
- Die Rooms-Katolieke Kerk is die doel en meeste kerke vandag is die doel van die gelowiges.
- Iemand wat ‘n dissipel word, moet oorgaan van die koninkryk van duister na die Koninkryk van lig.
- Hy moet sekerheid hê oor sy geregtigheid in Yahshua en sy reg om in die Koninkryk van God in te gaan.
- Het die Rooms-Katolieke Kerk daarin geslaag? Het die Protestantse kerke daarin geslaag? Slaag die kerke van vandag daarin?
- Watter kerklidmaat weet of hy gered is en op grond waarvan is hy gered? Word die weg na die Koninkryk van God verkondig volgens die enigste smal weg, of hou ons net kerk, want dit is ‘n bevrediging van die vlees en ons voel goed oor onsself as ons byeenkomste bywoon?
- Die enigste manier hoe ons kan oorgaan van die koninkryk van duisternis na die Koninkryk van Lig, is om die Woord van God hoor, en al hoe ons die Woord kan hoor, is as iemand dit verkondig. Doen kerke dit, of bestaan byeenkomste net uit rituele en sogenaamde lofprysing?
- Ons kan die evangelie van verlossing verkondig sonder ‘n kerk en ‘n preekstoel, maar ons kan nie die evangelie van verlossing verkondig met ‘n kerk, sonder die evangelie van verlossing nie. Ons kan dus kerk hou, maar sonder om die doel te bereik.
Hoekom is ons dan so bang om die kerk te verlaat?
- Ons is geleer deur oorlewering dat verlossing binne die kerk geskied
- Ons soek ‘n middelaar tussen ons en YHWH en die kerk vervul daardie rol. Christus is egter ons Middelaar en niemand anders nie. As iemand anders as Christus daardie rol sou vervul, is hy die Antichris (in die plek van Christus). Ons wil nie direk met God praat nie en ons wil nie direk by Hom hoor nie, daar moet iemand tussen ons en Hom wees en dit is ons Dominee, Pastoor, Priester, Oudste, ens. My liefde gaan na my kerk, my offers gaan na my kerk, my lojaliteit gaan na my kerk, maar ek ken God nie.
Calvyn dra geweldig baie by tot vormgodsdiens en die vorming van die Protestantse Kerk:
Calvyn was ‘n student aan ‘n universiteit in Frankryk. Hy het gehoor van protestantisme en het dit baie interessant gevind. Sy pa was ‘n opsigter in die Romeinse Kerk en Calvyn was bekend met die leringe van die kerk. Op Universiteit het hy baie gesprekke en aanbiedinge oor- en van die protestantse alternatief bygewoon en het oortuig geraak dat hulle siening meer reg is as die van die kerk. In daardie tyd het die verdraagsaamheid teenoor protestante in Frankryk begin verander en hy het besluit om liewer die land te verlaat.
Sy plan was om Duitsland toe te gaan, want daar is die bron van protestantisme, sodat hy hom meer daarmee kan vergewis. Op pad Duitsland toe slaap hy oor in Genève, Switserland, en ‘n protestantse kennis van hom oortuig hom om daar te bly en hulle geestelike leier in hulle nuutgevonde protestantse stad te word. Die stadsraad besluit watter godsdiens die stad handhaaf en die stadsraad stel ook die amptenare aan. Hulle was vir honderde jare gewoond aan die Romeinse Kerk en nou het hulle ‘n Protestantse Kerk, maar hulle is onkundig en onbeholpe met die uitvoering en aanbieding van die praktiese.
Calvyn blink uit in die ontwerp en praktiese uitvoering van ‘n Protestantse alternatiewe Kerk in plek van die Romeinse Kerk. Hy is bekend vir sy Institusies wat hy geskryf het, wat as ‘n riglyn funksioneer vir enige Protestantse Kerk. Hiervolgens verklaar hy die Bybel aan, en vir sy volgelinge. Tot vandag toe is hy een van die mense met die meeste invloed in Protestantse Kerke. Daar word egter steeds onderskeid gemaak tussen Protestantisme en Calvinisme.
Die toestant was nou as volg:
‘n Skot moes ‘n Calvinis wees, ‘n Brit moes ‘n Anglikaan wees, ‘n Fransman moes ‘n Romeins-Katoliek wees en ‘n Duitser kon kies tussen Romeins-Katoliek en Lutheraan, afhangende wat sy prins gekies het. Wat ‘n toestand! Niemand se godsdiens is gebaseer op oortuiging nie, maar bloot die aanhang en ondersteuning van ‘n organisasie wat deur sy regering vir hom aangewys was.
Die hervorming van die Romeinse-Katolieke Kerk het dus nie veel gevorder van waar die Romeinse Kerk was nie, en die Romeinse Kerk was ‘n aangepaste Pagan godsdiens.
Geen een van die protestantse kerke het hierdie volgende verse in die Bybel gelees en dit verstaan nie:
Johannes 3:1-12 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. 9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? 10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? 11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. 12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
Handelinge 2:37-40 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
Johannes 18:36-38 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. 37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na My stem. 38 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.
Die Romeins-Katolieke Kerk en die Protestantse Kerk was vir- en van hierdie wêreld. Die heersers het die mense net toegelaat om een van die twee te kies, dus was hulle albei vir hierdie wêreld, omdat hulle goedgekeur was deur die heersers van die wêreld. Yahshua het nie deel van die Romeinse Ryk geword nie, maar die kerk het.
~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Geloof vra opoffering (07-04-2024)
– Banie Swanepoel:
Wat is geloof?
- Dit waarvan ons oortuig is.
- Dit wat ons optrede bepaal.
Waar kom ons aan dit wat ons glo?
- Ons glo dít waarmee ons grootgeword het.
- Ons hou vas aan geloof wat pas by lewensstyl.
- Ons lewensstyl is gevorm deur hoe ons grootgeword het, dit het ook ons geloof gevorm en daarom is dit baie moeilik om dit te verander.
Gevolgtrekking: Iemand wat ernstig is om die waarheid te vind en dit dan te glo, se lewensstyl sal daardeur beïnvloed word en dit vra dapperheid en opoffering omdat daar ‘n prys gaan wees om te betaal. Omdat die wêreld ‘n vyand van God is, sal alle waarheid van God my algemene lewensstyl negatief in hierdie wêreld beïnvloed.
Matthéüs 10:34-36 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
As ek nie my lewe verander wil hê nie, wat is my alternatief? Ek kry vir my ‘n prediker wat vir my sê wat ek wil hoor deur my te kan oortuig dat ek nie anders hoef te glo nie en dan nog steeds die ewige lewe sal beërwe. Dit is die gewilde opsie, want dit vra nie ‘n offer om te betaal nie.
2 Timótheüs 4:1-4 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
Omdat die woorde van die profete, apostels en Yahshua hard is en dit ‘n verpligting op ons plaas, verkies ons om eerder na ‘n veranderde weergawe van hulle woorde te luister, net solank ek seker is dat ek nog steeds gered gaan word.
Judas 1:3-4 Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. 4 Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
Omdat ons deur ons geloof gered word, en ons glo, maar iets anders as God se woord, sal ons geloof ons nie kan red nie. Ons moet in Hom glo. Hý is die Woord, so ons moet sý Woord glo. As ons dan ‘n veranderde weergawe ontvang van wat sý Woord is, glo ons nie in Hom nie, want ons ken Hom nie vir wie Hy is nie, maar vir wie iemand anders vir ons gesê het Hy is.
Matthéüs 7:21-27 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! 24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. 25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. 26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. 27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Ons word deur geloof gered. Ons word gered deur wat ons glo. As ons glo want alle mense glo, maar ons glo anders as wat God gesê het, dan glo ons Hom nie en sal verlore gaan.
Johannes 8:24 Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.
1 Johannes 5:10 Wie in die Seun van God glo, het die getuienis in homself. Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het wat God aangaande sy Seun getuig het nie.
Ons probleem is dat ons geen kennis van God het om in Hom te kan glo nie en dan enige vals prediker se woorde glo.
Romeine 10:2-3 Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
Hoe weet ons wie is die slegte herders?
- ‘n Profeet kan nie die waarheid van God se woord verkondig en ook leuens nie.
‘n Fontein kan nie vars water en brak water voortbring nie.
Jakobus 3:10-12 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie. 11 ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? 12 ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
Matthéüs 7:15-20 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! 17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. 18 ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. 19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
Ons is grootgemaak met die gedagte dat iemand wat kom in die Naam van God onberispelik is in hulle motief en kennis, tog waarsku Yahshua self ons om nie so te wees nie, maar om versigtig te wees.
- ‘n Profeet wat teen betaling profeteer is altyd onder verdenking.
Miga 3:5-11 So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle ‘n heilige oorlog! 6 Daarom sal dit nag word vir julle, sonder ‘n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word. 7 En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsêers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie. 8 Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde. 9 Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg ‘n afsku het en al wat reg is, verdraai; 10 julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg! 11 Sy hoofde spreek vonnisse uit vir ‘n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
- ‘n Profeet wat die eer en goedkeuring van mense soek
Johannes 5:44 Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie?
1 Thessalonisense 2:4-6 maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef. 5 Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie. 6 Ook het ons nie eer van mense, òf van julle òf van ander gesoek nie, al kon ons as apostels van Christus met gesag optree.
Galàsiërs 1:8-10 Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! 9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! 10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
Ons mag nie net enige prediker glo nie, dit is lewens gevaarlik. Ons word almal deur die Heilige Gees gelei en het almal die vermoë om te kan onderskei wat waarheid en wat leuen is.
2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; 2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; 3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
Jeremia 14:14 En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ‘n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.
Watter kerk is dan reg en watter profeet kan ons glo?
Die Bybel is vol profete, ons moet húlle glo. Yahshua self se woorde is vir ons opgeskryf, ons kan dit net lees en glo. Ons het nie mense as tussengangers nodig om vir ons te sê wat God se wil is nie, ons het sy eie woorde.
1 Johannes 2:26-27 Dit het ek aan julle geskrywe met betrekking tot die wat julle mislei. 27 En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.
Beteken dit dan dat ons nie leraars nodig het nie? Nee, die leraar bring die perd tot by die water en dan moet die perd self drink. Die leraar bring die Bybelstudent tot by die evangelie, maar dan moet die student dit self in die Woord ondersoek of dit so is, en as hy dit doen sal sy geloof nie gegrond wees op die leraar nie, maar op die Woord wat hy self ondersoek het.
Handelinge 17:11-12 En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. 12 Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne.
2 Timótheüs 3:14-17 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. 16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.
Spreuke 14:12 Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
Lukas 13:24 Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
Vader waarborg self dat ons die waarheid sal vind as ons dit soek
Matthéüs 7:7-8 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word
Matthéüs 7:13-14 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Bly gefokus (17-03-2024)
– Banie Swanepoel:
Wat is besig om te gebeur?
Matthéüs 24:1-13 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. 2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. 3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. 6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. 9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.
Exodus 3:6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.
Matthéüs 22:32 Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.
Waarheen is die NWO op pad?
Openbaring 13:11-17 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. 12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. 13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. 15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. 16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Stappe van die NWO om ons gemerk te kry:
- Veroorsaak oorloë sodat niemand kyk wat hulle in die agtergrond doen nie.
- Veroorsaak misdaad, sodat hulle ‘n alternatief van CCTV kan inbring en almal dit gaan verwelkom.
- Verwyder kontant as ‘n betaalmetode.
- Implimenteer “sosial credit score” as ‘n betaalmetode wat streng met AI tegnologie beheer word.
Wat moet ons dan doen?
Johannes 14:16-27 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. 19 Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. 20 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. 21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. 22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie? 23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak. 24 Hy wat My nie liefhet nie, bewaar my woorde nie; en die woord wat julle hoor, is nie myne nie, maar is van die Vader wat My gestuur het. 25 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; 26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. 27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Yahshua se volgelinge was net soos ons in verwarring oor wat nou vir hulle voorlê in die toekoms en hoe hulle die toekoms moet tegemoet gaan en hoe hulle moet optree. Ons wonder ook, maar hulle het nie beplan of besluit wat om te doen nie. Hulle het net gewag en gesien wat gebeur.
- Handelinge 10:20 Staan dan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want Ek het hulle gestuur.
- Handelinge 8:26 En ‘n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is ‘n eensame pad.
- Matthéüs 10:19-20 Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; 20 want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.
Onthou: God is ‘n verbonds-God en Hy het ‘n verbond met ons.
Hebreërs 13:5-6 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. 6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?
Josua 1:5-9 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. 6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee. 7 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan. 8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel. 9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Geloof in God:
Hebreërs 11:32-40 En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal, 33 wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, 34 die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het. 35 Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry. 36 Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis. 37 Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel— 38 die wêreld was hulle nie werd nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond. 39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40 omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.
Bly gefokus:
1 Korinthiërs 7:29-31 Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie; 30 en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie; 31 en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
Romeine 13:11-14 En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het. 12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. 13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. 14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
1 Thessalonisense 5:1-11 Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; 2 want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. 3 Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. 4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie. 5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. 6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. 7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. 8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. 9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus 10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. 11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
Jakobus 1:1-8 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete! 2 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, 3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. 4 Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. 5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. 6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. 7 Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie— 8 so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die doop – 10 vrae met antwoorde (10-03-2024)
– Stefan Botha:
- Wie is dit wat sê dat mense gedoop moet word?
- Wat is die doop?
- Klein doop, of groot doop?
- Vervang die doop die besnydenis?
- Wie kan en moet gedoop word?
- Red die doop ons?
- Waarom moet ‘n persoon wat hom bekeer, gedoop word?
- Wat gebeur wanneer ‘n persoon gedoop word?
- Wat is ons verwagting na die doop?
- Is ek nou gered, net omdat ek gedoop is?
1. Wie is dit wat sê dat mense gedoop moet word?
Handelinge 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
2. Wat is die doop?
Handelinge 8:38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. 39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
Matthéüs 3:16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
3. Klein doop, of groot doop?
Handelinge 16: 31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
Handelinge 18:8 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
Efésiërs 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; 5 een Here, een geloof een doop, 6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
4. Vervang die doop die besnydenis?
1 Korinthiërs 10:1 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,
Romeine 4:1 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? 2 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. 3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste; 5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken. 6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: 7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. 8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. 9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. 10 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene. 11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; 12 en ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
Galásiërs 6:11 Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe. 12 Almal wat ‘n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. 13 Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem. 14 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. 15 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. 16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!
5. Wie kan en moet gedoop word?
Handelinge 8:35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. 36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? 37 Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. 38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. 39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
6. Red die doop ons?
1 Petrus 3:18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus
Génesis 6:13 En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. 14 Maak vir jou ‘n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.
7. Waarom moet ‘n persoon wat hom bekeer, gedoop word?
Matthéüs 3:15 Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. 16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Handelinge 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Handelinge 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
8. Wat gebeur wanneer ‘n persoon gedoop word?
Romeine 6:1 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
9. Wat is ons verwagting na die doop?
1 Korinthiërs 12:28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
Johannes 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
10. Is ek nou gered, net omdat ek gedoop is?
2 Timótheüs 4:7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 8 Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
Lukas 14:27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. 28 Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — 29 sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot 30 en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
2 Timótheüs 4:10 Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.
Hebreërs 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
2 Korinthiërs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Wat is my waarde? (10-03-2024)
– Banie Swanepoel:
Wat is waarde in die samelewing?
Getrouheid, eerlikheid, integriteit, spanwerk, geregtigheid, moraliteit, vertroue…
Die dinge wat voorspoed en geluk veroorsaak. Dit het vir ons waarde, want dit is waardevol.
Hoe bepaal ‘n mens sy eie waarde?
- Ons almal kom in die wêreld as ‘n kindjie met die behoefte dat ons eie lewe saak maak en ‘n waarde het.
- Daarom ontsyfer ons die kriteria wat ons waarde gee, sodat ons deur mense aanvaar kan word en met hulle ‘n koppeling kan maak en ‘n verhouding kan hê.
- Hierdie ontdekking van die kriteria wat ons waarde bepaal, gebeur van baba-tyd af en die persone wat die grootste invloed op ons ontsyfering van waardebepaling het, is ons ouers.
- Ons opvoeders bepaal dus grootliks ons eie waardesisteem waarvolgens ons ons eie waarde bepaal.
- Slotsom: Ons almal se waardebepaling verskil en ons almal het dit by mense geleer wat geen idee het van wat dit moet wees nie.
Die natuurlike behoeftes van kinders.
- Om waardeer te word (jou waarde moet deur jou ouers en ander mense bepaal word en dit moet goed wees). Op grond van die ouers se waardering bepaal die kind wat sy eie waarde is.
Voorbeeld:
- “Jy is so oulik om altyd die huis skoon te maak”, beteken my waarde is daarin om die huis skoon te maak en indien ek altyd die huis skoonmaak, is ek waardevol.
- “Jy is so mooi, as jy groot is gaan al die seuns van jou hou”, so my waarde is in my liggaam en hoe ek lyk.
- “Hou op om altyd so sensitief te wees”, beteken vir die kind dat hy minder waarde het as hy sensitief is. Sensitiwiteit is ‘n nadeel en maak my waarde minder.
- Om aanvaar te word deur die gemeenskap, gee my waarde. (Die dinge wat maak dat mense met my vriende wil wees)
- Goed met sport
- Is grappig en kan stories vertel
- Mooi
Sodra ‘n kind agterkom dat sekere prestasies waarin hy kan presteer maak dat mense hom waardeer, begin hy daarna streef. Later, as hy suksesvol daarin word, word dit sy bates en eienskappe wat hom waarde gee.
Die gesin se waardesisteem word die kind se waardesisteem:
- Wat is dit wat pa nastreef en wat maak hom gelukkig?, want dit word die kind se waardes.
- ‘n Groot huis, ‘n groot kar, ‘n hoë posisie by ‘n groot maatskappy. Vir die kind word dit die belangrike goed en dit moet bereik word om waarde te hê.
- As hy dit nie bereik nie het hy ‘n lae, of selfs geen waarde in sy eie oë nie.
Die gemeenskap-waardesisteem
Dit wat die gemeenskap bepaal, word my waarde en waar my eie gesin swak in was, volg my waardesisteem die gemeenskap. Wat gebeur op skool, wat is op die TV?
- Mooi mense
- Ryk mense
- Atlete
- Suksesvolle mense
Ek moet dus mooi wees, goed in sport wees en baie geld hê en dan sal ek ‘n hoë waarde hê en geliefd wees en met mense verhouding kan hê. As ek nie presteer soos die mense op die TV nie, het ek nie waarde nie.
Gevolgtrekking:
- ‘n Kind glo alles wat vir hom gesê word, ongeag of dit waarheid is en of dit leuens is.
- Sy waardebepaling word gebou op sy waarneming van dit wat sy ouers en die samelewing bepaal en daarmee gaan hy die lewe in.
- Ons almal se waardebepaling van ons self, gebeur deur ons self met die maatstaf wat iemand anders vir ons gegee het.
- Omdat ons onsself dus meet aan wat ons is en nie wie ons is nie, en omdat ons nie kan presteer volgens die standaard wat ons vir onsself gestel het, volgens die kriteria waarop ons self besluit het nie, sal ons altyd ‘n swak selfbeeld hê en altyd teleurgesteld in onsself wees.
- Ons het ons waarde bepaal op wat ons is, en nie wie ons is nie. Dit geld vir alle mense, selfs die wat reken dat hulle nie ‘n swak waarde het nie, hulle het net ‘n manier gevind om dit te ignoreer en te verwerk.
- Die van ons wat wel presteer volgens die vereistes wat volgens onsself vir ons ‘n hoë waarde gee, goeie sportman, mooi liggaam, goeie werk, ens, sal net tydelik tevrede wees met ons eie hoë waarde, want daar kom altyd ‘n beter sportman wat jou uitstof. My liggaam word oud en onaantreklik en ek tree af by die werk en my waarde van ‘n hoë pos verdwyn.
- Ons waarde is dus in wat ons doen en nie in wie ons is nie, want ons weet nie wie ons is nie en die waardebepalings-kriteria wat ons vir onsself aangeneem het, kan net die sienlike waarneem, maar ons waarde is nie in die sienlike nie.
Wat is ons waarde volgens ons Vader?
1 Korinthiërs 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Openbaring 5:9-10 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, 10 en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
1 Petrus 1:18-19 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,
Romeine 5:6-8 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. 7 Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe 8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Wat is ons waarde?
Ons waarde is gelykstaande aan Yashua se lewe, want Hy het sy lewe vir ons gegee sodat ons kan lewe. Hierdie waarde van ons is nie bepaal volgens ons optrede of prestasie wat deur ons ouers of die gemeenskap bepaal en goedgekeur is nie, maar hierdie waarde was bepaal toe ons nog sondaars was. Gevolgtrekking: Ons het dus ‘n waarde (ons is waardevol), maar hierdie waarde van ons word nie deur ons bepaal nie, maar dit is in dit wat God geskape het, die mens, sy nageslag.
Maleági 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek.
Jakobus 3:8-9 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. 9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
Ten spyte van hoe ons gelewe het en hoe ons soms nog lewe, het ons ‘n waarde en daardie waarde word bepaal deur wie ons is en nie wat ons is nie. Ons waarde is dus onveranderlik.
Ons waarde is nie in ons geleerdheid, posisie, finansies, gemeenskapsdiens, aanvaarding deur mense, ens. nie, maar ons waarde is in wie ons is.
Ons is die nageslag van die Almagtige en ons is na sy beeld geskape. Wat die mense ook al van jou dink en wat jy ook al van jouself dink maak nie saak nie. Jou waarde is vir Vader hoër as sy eie lewe en daarom het Hy sy lewe gegee terwille van jou lewe.
Yahshua se waarde was deur die wêreld bepaal en Hy het so min waarde gehad, dat hulle Hom doodgemaak het. As ons in sy voetspore volg, sal die maatstaf van die wêreld ons ook as nutteloos meet.
Omdat Hy ons waarde so hoog ag, en ons verlore is, het Hy met ons ‘n verbond gemaak om ons verlore toestand te kan verander in ‘n lewe van ewige vreugde saam met Hom. Hierdie lewe kan ons deelagtig word deur weer gebore te word.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE
As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.
Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.
Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?
Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.
Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.
Jesaja 54:5-8 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. 6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. 7 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.
Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.
Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.
Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.
Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.
As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.
Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.
Jesaja 49:14-16 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!
Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.
Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.