Reekse

Die Antichris (2024)
Banie Swanepoel:
Die rede waarom ons as soekers baie keer sukkel om die openbaring van God se waarheid te kry, is omdat ons reeds ‘n vooraf besluit in ons hart het betreffende ‘n onderwerp. Die Antichris is so ‘n onderwerp.
Hoewel meeste mense ‘n baie beperkte hoeveelheid kennis van hierdie onderwerp het, is hulle in hul onderbewussyn oortuig dat dit iemand is wat aan die einde van die dae op die aarde gaan regeer en die Christene vervolg. Dit is die dae van die groot verdrukking, volgens oorlewering.
Vir die van ons wat waarlik na die waarheid soek en bereid is om enige prys te betaal, moet ons dan eerstens ontslae raak van die gedagtes wat ons oor ‘n onderwerp het en dan in die Bybel gaan soek na alle skrif wat oor die betrokke onderwerp handel. Dit maak dan ook nie saak of ons huidige oorlewering gedagte reg of verkeerd is nie. Al is dit dalk reg, raak ontslae van dit en indien dit reg was, sal jy in elk geval weer by daardie antwoord uitkom.
As dit ‘n wye onderwerp is soos “genade” of “die verbonde” moet ons die hele Bybel ondersoek, omdat ons al die inligting nodig het voor ons ‘n besluit kan maak wat ons gaan glo. Lees die Bybel van voor tot agter met ‘n spesifieke fokus op die onderwerp wat ondersoek word.
Ons word deur ons geloof in God gered, maar as ons nie in Hom glo nie, maar ons glo iets anders wat ons deur oorlewering gekry het, sal ons nie gered word nie, want ons is ongelowig aan dit wat Hy is. Ons glo aan ‘n alternatief tot die ware Christus; ons glo in die Antichrus.
Filippense 3:7-9 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. (8) Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry (9) en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet (oorlewering, eie afleidings, aanvaarde godsdiens) is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;
Een van ons grootste redes wat veroorsaak dat ons aan ‘n leuen vaskleef, is oorlewering. Ons word groot met ‘n gedagte rondom ‘n geestelike onderwerp en aanvaar dat daardie oorlewering van geslag na geslag die waarheid is. Die oorlewering-geloof aanvaar alle geloof wat aan hulle oorgedra word en bevraagteken niks wat hulle van hul voorgeslag ontvang het nie. Ongelukkig doen elke geslag dit en niemand ondersoek eerder self God se Woord nie.
Die ware Christus sê dat ons in Hom moet glo, maar sulke mense glo in hulle oorlewering en ken God nie. As hulle oorlewering egter verskil met God se Woord, en dit doen, anders sou hulle nie nodig gehad het om oorlewering te hê nie, aanbid hulle die alternatiewe Christus; die Antichris.
(As die kerkbeleid dieselfde as die Woord van God is, waarom is daar dan ‘n aparte kerkbeleid? ‘n Gelowige in die ware Christus se beleid is die Bybel en nie ‘n organisasie se beleid nie.)
Matthéüs 15:6-9 So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. (7) Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: (8) Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. (9) Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
Kollosense 2:8 Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Markus 7:13 So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie.
Is hierdie mense baie?
Openbaring 13:3-4 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. (4) En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Matthéüs 24:4-5 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. (5) Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Lukas 21:7-8 En hulle vra Hom en sê: Meester, wanneer sal dit dan wees, en wat is die teken wanneer dit gaan gebeur? (8) En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
Wat is die Antichris?
Die Antichris is enige iemand wat ‘n ander Christus verkondig as die regte EEN. Daar is net Een ware Christus en Hy is openbaar deur die Ou- en die Nuwe Testament, nie uit enige ander bron nie. Ons behoort Hom dus te ken vir wie Hy is as ons die hele Bybel ken. As iemand dus afwyk van die lering van daardie Christus, verkondig hy ‘n alternatiewe Christus, ‘n Antichris. Galásiërs 1:6-10 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ‘n ander evangelie toe, (7) terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. (8) Maar al sou ons of ‘n engel uit die hemel julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ‘n vervloeking wees! (9) Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees! (10) Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
Hy maak sy Naam bekend aan Moses en sy Naam is EK IS WAT EK IS. As ons nou iets van Hom sê wat HY NIE IS nie, dan is dit nie Hy nie en is ons besig met ‘n alternatiewe Christus; die Antichris.
2 Johannes 1:7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris. Hulle wat bely dat Yahshua anders is as wat die Skrifte van Hom sê.
1 Johannes 2:18-23 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. (19) Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. (20) En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. (21) Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. (22) Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (23) Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
Ons oorlewering oortuig ons egter dat dit een persoon is wat aan die einde van hierdie tyd gaan opstaan, maar die Skrifte sê nie so nie. Die persone wat dus so ‘n evangelie verkondig praat nie van die Antichris nie, maar ís ‘n Antichris.
Daar is dus twee tipe misleide persone wat Christus nie ken vir wie Hy is nie.
- Die verleiers wat ‘n ander Christus verkondig
- Die verleide mense wat glo in ‘n ander Christus as wie Hy is.
Elke eienskap en woord van Hom moet ons ken en glo, soos wat dit is.
As daar twee predikers is wat met mekaar verskil oor ‘n eienskap van Christus, is ten minste een van hulle verkeerd en dalk is albei verkeerd. Dit beteken dat ten minste een van hulle ‘n verleier is en waarskynlik albei. Hy wat ‘n leuen oor Yahshua verkondig, is ‘n Antichris. Alle predikers soek na die Antichris, maar as hy dinge van Christus verkondig wat nie waar is nie, is hý die Antichris.
- Predikers is oortuig dat hulle kan sê wat hulle wil oor die karakter van God en dit maak niks saak nie. Hulle is verkeerd. Dit maak van jou ‘n vals profeet.
Deuteronómium 18:19-20 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis. (20) Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.
Maar wie is dan reg en wie mag iets sê?
Jesaja 66:1-2 So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees? (2) Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
Ons bewe vir die oorlewering en die woorde van die predikant en ken nie eers God se Woord nie.
Na wie moet ons dan luister, waar is die waarheid, watter kerk is reg en watter kerk moet ek glo?
Psalm 119:158-160 Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie. (159) Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid. (160) Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Ons glo wel dat God se Woord waarheid is, maar ons ken glad nie sy Woord nie en gaan na mense toe om te hoor wat God se woord sê asof ons nie self kan lees nie. Ons wil iemand glo. Ons wil ‘n kerk glo. Ons wil nie self in God glo nie.
Bykans geen kerk verkondig die waarheid van God se Woord nie, want dan sal die wêreld hulle haat. Kerke wil gewild wees om te kan groei in lidmaatskap en daarom kan hulle nie bekostig om ‘n ongewilde evangelie te verkondig nie.
Johannes 17:14-18 Ek het hulle U woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. (15) Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. (16) Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie. (17) Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. (18) Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. (Ons is gestuur met die waarheid, nie met oorlewering nie)
2 Timótheüs 4:3-4 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, (4) en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
God se Woord is die enigste waarheid en dit verskil radikaal met dit wat die wêreld aanvaar. Enige persoon wat in Christus glo sal deur die wêreld gehaat word, want die wêreld haat die waarheid.
Johannes 15:18-21 As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. (19) As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.
Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~` Ç~`
002 – Die Antichris (17-11-2024)
1 Johannes 2:18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
1 Johannes 2:22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. (Die Pous is die Christus, my kerk, my predikant my oorlewering my eie geloof, is my Christus, want die Christus is my verlosser.)
1 Johannes 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
2 Johannes 1:7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
Verskille tussen die Christus en die Antichris.
1. Die Christus is die Verlosser van Israel van wie die profete jare lank geprofeteer het, en die Antichris moet dus iemand anders as dit wees.
Matthéüs 1:20-21 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; (21) en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Psalm 130:6-8 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. (7) Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; (8) en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.
Jesaja 43:21-25 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. (22) Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel! (25) Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
- Die Antichris het sy lewe gegee vir die hele wêreld en nie net vir die nageslag van Jakob nie.
2. Die ware Christus het ‘n verbond met die twaalf stamme van Israel gemaak en daarna het Hy weer ‘n nuwe verbond met dieselfde twaalf stamme se nageslag gemaak.
Hebreërs 8:8-9 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, (9) nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.
- Die Antichris het ‘n nuwe verbond gemaak met alle mense. Volgens sy verbond kan enige persoon deur hom gered word deur in hom te glo.
3. Die ware Christus kom weer terug aarde toe as die Koning van Israel en kom regeer saam met hulle oor die hele aarde.
Lukas 1:31-33 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. (32) Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, (33) en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Daniël 7:13-14 Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom (Yahshua) nader gebring voor Hom (Vader Yahweh). (14) En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. 27 Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.
- Die Antichris kom terug aarde toe om met sy kerk te trou. Omdat daar 50 000 kerke is, wonder mens watter een sy regte kerk is en met watter een hy gaan trou. In die Bybel is daar egter geen getuienis van ‘n bruilof tussen die ware Christus en die kerk op aarde nie. In Openbaring 21:9 is die enigste plek waar ons lees van die Lam en sy bruid, en daardie bruid is nie die kerk van die wêreld nie, maar die nuwe Jerusalem wat uit die hemel neerdaal. Hierdie bruid verskyn eers na die duisend jaar regering van Yahshua.
4. Die ware Christus het vir sy volk ‘n weg na saligheid gemaak, in geregtigheid, sodat hulle deur wedergeboorte in die ware Christus se koninkryk kan gaan.
Johannes 3:3-7 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. (6) Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. (7) Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
1 Petrus 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. Deur die Woord van God en nie deur oorlewering of kerkbeleid nie.
- Sommige Antichriste vereis nie wedergeboorte nie en elkeen kan maar net glo soos en wat hy wil t.o.v. redding en hulle Antichris sal hulle red. Volgelinge van hierdie Antichriste se geloof word bepaal deur hoe hulle die weg na saligheid verstaan en nie hoe die ware Christus dit voorskryf nie.
5. Die ware Christus het vir sy volk gesterf en hulle laat hulle sonde afwas deur sy bloed, deur hulle in sy dood te laat doop.
Handelinge 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
1 Petrus 3:18-21 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; (19) in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, (20) wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; (21) waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus.
- Die Antichris doop kinders asook grootmense, sodat hulle daardeur lid van die kerk van hulle christus kan word en so deur die kerk gered word. Redding is dus deur die kerk, want die kerk moet jou doop.
6. Die ware Christus is die Middelaar van die nuwe verbond volgens die orde van Melgisédek, met sy nuwe wet.
Hebreërs 7:11-12 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? (12) Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;
2 Korinthiërs 3:7-11 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, (8) hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? (9) Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. (10) Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid. (11) Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.
- Daar is baie Antichriste wat die Ou- en die Nuwe Verbond in mekaar verweef en hulle eie evangelie maak op grond van hoe hulle dit verstaan. In die een hand wil hulle nog die wet van Moses onderhou, maar in die ander hand verkondig hulle genade in Yahshua.
7. Die ware Christus haat vir Esau en sy nageslag en het nooit ‘n hartsverandering gehad nie.
Maleági 1:1-4 Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági. (2) Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, (3) maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee. (4) As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
Romeine 9:10-15 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. (11) Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep (12) is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. (13) Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. (14) Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! (15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
- Die Antichris diskrimineer nie teen enige persoon nie en het almal ewe lief en is barmhartig oor alle mense en niemand is uitgesluit van sy genade en redding nie, selfs nie Esau nie. Vir die Antichris is diskriminasie op grond van afkoms en nageslag die grootste sonde wat iemand kan doen, maar die ware Christus se verlossing is net vir Jakob en sy nageslag.
8. Die ware Christus haat homoseksualiteit.
Romeine 1:26-27 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; (27) en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
- Die Antichris noem dit “ware liefde” en het geen probleem as sulke mense selfs in sý bediening staan nie.
9. Die ware Christus het die hemel en aarde in ses dae geskep.
Exodus 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die Sabbatdag geseën en dit geheilig.
Johannes 1:3-10 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. (4) In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. (5) En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. (6) Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. (7) Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. (8) Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. (9) Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. (10) Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
- Die Alternatiewe Christus het wat ons vandag sien,met die hulp van evolusie deur miljoene jare tot stand gebring omdat hy nie in staat was om dit in ses dae te doen nie.
10. Die ware Christus is God self en daar is nie drie gode nie.
Exodus 3:14 En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
Jesaja 44:6 So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
Jesaja 9:5-6 Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors— (6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
- Die Antichriste glo in verskillende weergawes van die verhouding tussen die Skepper God en die Seun wat gesterf het terwille van die sonde van die mense. Sommige glo dat die God van die Ou Testament en die God van die Nuwe Testament nie dieselfde God is nie, maar dat die wraaksugtige God van die Ou Testament vervang is met die liefdevolle God van die Nuwe Testament.
11. Die enigste manier om die ware Christus te behaag is deur geloof en dit is soos die geloof van Abraham.
Hebreërs 11:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
- Daar is net vier skrifte in die Bybel wat handel oor die Antichris en dit is baie ooglopend dat dit nie ‘n spesifieke persoon is wat iewers in die toekoms op die toneel gaan verskyn nie, maar dat elke persoon wat nie in die ware Christus glo nie, in die Antichris glo, en dat elke prediker wat nie die ware Christus verkondig nie, die Antichris verkondig en voor God veroordeeld staan.
Die einddoel van ons geloof is nie terwille van ‘n kerk of voorouers of huweliksmaats of kinders of selfs vir myself nie, maar die einddoel van ons geloof is die saligheid van ons siele. Ons is almal verlore en net die waarheid sal ons vrymaak, nie oorlewering, kerkbeleid, aannames of leuens nie. Ons is nie in ‘n kompetisie met mekaar oor wat ons glo nie, en om dus ‘n menslike instelling soos jou kerk te beskerm ten koste van jou eie siel, is dwaasheid.
Aan die einde van ons lewe gaan ons nie saam met ons kerk voor God verskyn nie, maar alleen. Ons word deur ons geloof in Christus gered en as ons in ‘n verkeerde Christus glo, sal ons nie gered word nie. As ons oorlewering glo, is ons vertroue in oorlewering en ons vertrou oorlewering om ons te red, maar dit kan nie, net God kan red.
Johannes 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Israeliete se God (2024)
- Banie Swanepoel:
001 Die Israeliete se God (22-09-2024)
Die Israeliete het ‘n God wat geen ander volk het nie. Net hulle kan Hom hulle God noem. Anders as met ander volke, het die Israeliete nie hulle God gekies nie, maar Hy het hulle gekies. Reeds voordat hulle ‘n volk was, het hulle God ‘n ooreenkoms met hulle Vaders gemaak waarin Hy gesê het dat Hy hulle God is en hulle, met hulle nageslag, sal sy volk wees. (Die beginsel is dat jy nie hierdie God kan kies om jou God te wees nie, maar dat Hy jou kies) Johannes 6: 44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Die persoon met wie God die ooreenkoms gemaak het, was natuurlik Abraham. Génesis 17: 5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. 6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. 7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. (Die ooreenkoms)
Hoewel Abraham 8 seuns gehad het, het die God van Abraham sy ooreenkoms met net één van daardie agt seuns voortgesit, naamlik Isak. Dus, hoewel Ismael die eersgeborene van Abraham was, was God nié die God van Ismael nie, ook nie vir die van die ander ses broers nie, maar nét Isak.
Isak het op sy beurt weer twee seuns gehad, en hoewel die God van Abraham en die God van Isak gesê het hy sal Abraham en sy nageslag se God wees, gebeur dieselfde met die seuns van Isak, as wat met die seuns van Abraham gebeur het. Hoewel Isak twee seuns gehad het, is Hy net die God van een van hulle. Die ander een het Hy verwerp en Hy is nie sy God nie. Esau was nie geregtig om te sê dat die God van Isak, sy God is nie.
Romeine 9: 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. (Ons is onder die indruk dat ons God moet kies, maar intussen moet Hy ons kies.)
Jakob het twaalf seuns gehad en God maak sy ooreenkoms met hulle almal. Jakob se naam word deur sy God verander na Israel en al sy kinders is sy kinders en daarom praat God van die kinders van Israel, dit beteken die kinders van Jakob. As ons dan 187 keer in die Bybel lees van “Die God van Israel” beteken dit Hy is die God van Israel en nie van iemand anders nie. Die Israeliete se God is nie die God van die hele wêreld nie, maar van die Israeliete alleen.
Toe die kinders van Jakob na hulle uittog uit Egipte by die berg Sinai kom, , het hulle God sy ooreenkoms met hulle bevestig. Hy praat met hulle met ‘n hoorbare stem en sê dat Hy hulle God is en hulle sy volk is. So het Hy met geen ander volk gedoen nie. Hy openbaar ook sy rede vir sy ooreenkoms met hulle deur aan hulle te sê; hoewel hulle die geringste van al die nasies was, Hy nog steeds met hulle alleen ‘n ooreenkoms gemaak het. Die rede vir sy ooreenkoms was omdat Hy hulle liefgehad het. Dit impliseer dan dat Hy geen ander van die nasies op die aarde liefhet nie, ander sou Hy hulle God ook gewees het. Ons verstaan dus dat die Israeliete se God nie met alle mense ‘n ooreenkoms het nie, maar net met die mense wat Hy lief het.
Deuteronómium 7: 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
- As dit dan net die nageslag van Israel is wie se God die God van die Bybel is, watter gode moet die ander mense dan aanbid?
- As die God van die kinders van Israel al die beloftes in die Bybel met die kinders van Israel gemaak het, wat van al die ander mense op die aarde?
- As die kinders van Israel by Hom geliefd is, wat dan van al die ander mense op die aarde? Miga 4: 5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.
Wanneer God dan sê dat Hy sy Seun gestuur het om vir die wêreld se sonde te betaal deur aan die kruis te sterf, op watter punt het Hy dan vir al die ander mense van die wêreld begin lief word as Hy by Sinai nog nie vir hulle lief was nie?
Daar word gesê dat Hy by die kruis vir die hele wêreld lief geword het, maar dan is die tyd-orde verkeerd, want voor die kruis moes Hy vir hulle lief geword het, anders sou Hy nie by die kruis vir hulle lief gewees het nie. As God dus sê: Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Dan moes hierdie liefde gebeur het voor die besluit om sy Seun as offer te stuur, want Hy het net die kinders van Jakob lief gehad met die kruisiging.
As Hy dus sy Seun gestuur het om vir die mense te sterf vir wie Hy lief is, dan beteken dit tog seker dat Hy gesterf het vir die kinders van Jakob met wie Hy ‘n ooreenkoms het slegs omdat Hy vir hulle lief is. Hoewel Johannes 3: 16 ons verwar, is daar tog ander woorde van God wat nie verwarrend is nie: Matthéüs 1: 20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. Die ooreenkoms was: Ek sal vir julle ‘n God wees en julle sal vir my ‘n volk wees.
As die God van die kinders van Jakob dan net gesterf het vir die vir wie Hy lief was, hoe verklaar ons dan Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.? Die punt van verwarring is dat God nie vir die Israeliete liefgeword het omdat Hy vir hulle gekruisig was nie, Hy het hulle voor die kruisiging reeds liefgehad. Die Engel was dus reg.
Dit lyk dus of die God van die kinders van Jakob nog steeds net die God van die kinders van Jakob alleen is, en dat Hy net vir hulle sonde gesterf het. Dit is ‘n gewigtige onderwerp met geweldige implikasies. As dit wel so is, was ons as mensdom al die jare verkeerd betreffende die liefde van God.
Daar word wêreldwyd deur alle kerke verkondig en aanvaar dat Hy vir die wêreld se mense gesterf het, hoewel alle kerke aanvaar dat Hy ‘n ooreenkoms met die kinders van Jakob het. Maar as Hy dan net gesterf het vir die mense vir wie Hy lief was, dan is daar ‘n groot misverstand iewers. Johannes 3: 16 se verklaring van God se liefde blyk om loodreg in te druis teen sy liefdesverklaring aan die nageslag van Jakob by Sinai en dit veroorsaak ‘n groot verwarring omdat dit lyk na ‘n teenstelling.
Johannes wat geskryf het van die liefde vir die wêreld in 3:16 het ook in Johannes 13:1 daarvan geskryf, maar dan sien ons dat die wêreld ‘n plek is en nie die mense van die wêreld nie. Johannes 13: 1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
Hy het die wêreld lief, maar tog kan Hy uit die wêreld weggeneem word, dit is dus ‘n plek. Hy het die hele wêreld lief gehad, want dit is die plek waar die kinders van Jakob is wie se God Hy is en vir wie Hy lief is. In die wêreld is baie mense, maar in die wêreld is ook sy eie mense: die kinders van Jakob, wat Hy lief het.
Matthéüs 13: 44 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.
Matthéüs 13: 37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, 38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, 39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
Buiten Johannes 3: 16 is daar ook ander gedeeltes in die Bybel wat van die heidene praat en die vrede wat God met hulle gemaak het. Ons moet oënskynlike teëspraak deur God versigtig benader omdat ons nie die agtergrond van die skepping van ons hemel en aarde ken nie. Ons wil ons reëls en agtergrond toepas op God, soos wat ons dit verstaan. Ons is ook ongelukkig baie beïnvloedbaar en net soos met Eva kry die Satan dit maklik reg om ons denke te beïnvloed, sodat ons anders begin dink as wat God dink.
Die eerste beginsel waarby ons moet bly is dat God is wat Hy is en Hy verander nie. Hy sê baie dinge van Homself en dit is die beginsels wat nie kan verander nie. Die Satan val ons juis aan om te vra of dinge wat God gesê het regtig so is.
God sê Hy is waarheid en Hy kan nie lieg nie. Dan sê Hy vir Israel dat Hy hulle God is en dat Hy hulle alleen uitverkies het uit al die nasies wat op die aarde is om hulle God te wees. Indien Hy ná die kruis al die volke sou liefhê en hulle almal uitverkies het, lieg Hy dan nie vir Israel nie? Indien Hy by die kruis nét vir die sonde van sy volk betaal het, soos wat die engel gesê het, sal sy Naam nie dan gestand bly en geëer word nie? Ons is banger om aan mense aanstoot te gee, as aan God.
Net soos wat daar ‘n verklaring is van Johannes 3: 16 om te kan sien dat God se liefde nie verander het nie, net so is daar ‘n verklaring van die heidene wat deel van God se volk word. Uit beginsel uit en uit geloof in God se Naam moet ons dit reeds weet, want dit is wat geloof beteken. Ek glo God net omdat Hy so gesê het en wanneer ek sy Woord nie verstaan nie, sal Hy dit aan my openbaar as ek dit soek met my hele hart.
**&&**
002 Die Israeliete se God (29-09-2024)
Maar wie is sy volk dan?
- Is dit die Jode en hulle wat hul-self Jode noem?
- Openbaring 2: 9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
- Die Moderne Jood is nie ‘n geslag nie, maar ‘n kultuur. God se ooreenkoms is met Abraham en sy nageslag deur Jakob.
- Is dit die kerk en die geredde mense?
- Niemand van ons kan gered word tensy ons die volk van God is nie.
- Ons word nie die volk van God omdat ons gered is nie, maar die nageslag van Jakob is die volk van God, ongeag of hulle gered is of nie
- Jesaja 59: 20 Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. 21 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
- Is dit die mense aan wie die apostels die evangelie gaan verkondig het?
- Ons kan die kaart agter in ons Bybel gaan bestudeer
Matthéüs 28: 19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Romeine 15: 24 sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ‘n tyd lank van julle geniet het.
Handelinge 20: 1 En nadat die oproer verby was, het Paulus die dissipels na hom geroep en gegroet en het vertrek om na Macedónië te reis. 2 En hy het daardie streke deurgegaan, en nadat hy hulle met baie woorde bemoedig het, in Griekeland gekom.
Handelinge 19: 21 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedónië en Acháje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesê: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.
Markus 16: 15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
Kollesense 1: 23 as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.
Tog is Paulus na die heidene gestuur
Romeine 11: 13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening 14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
Galásiërs 2: 7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes— 8 want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes, het my ook bekragtig met die oog op die heidene— 9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;
As die God van die Israeliete dan net hulle God is, wie is hierdie heidene vir wie Paulus bedien het?
Romeine 9 is deur Paulus geskryf en verduidelik wie die heidene is:
- 1. Paulus noem homself ‘n Israeliet en is die Apostel vir die heidene.
- 2. Hy sê dat nie almal wat uit Abraham is Israeliete is nie, maar net
hulle wat deel is van die belofte aan Abraham, kinders van God is.
- 3. Die belofte was net aan sy seun Isak en nie aan die ander sewe
seuns nie, dus was net Isak ‘n kind van die belofte.
- 4. Die belofte was net aan sy seun Jakob en nie aan Jakob se broer Esau nie, dus was net Jakob ‘n kind van die belofte. Wat dan van Esau? Hom het God gehaat en is vertorend op sy nageslag tot in ewigheid.
- 5. Is God dan nie onregverdig nie? Nee Hy kan doen wat Hy wil, Hy is God.
- 6. Hy maak die kinders van die belofte as voorwerpe tot eer en die ander mense as voorwerpe tot oneer, daarom handel Hy met die kinders van die belofte anders as met die kinders sonder belofte.
- 7. Die kinders van die belofte wat Hy gemaak het tot eer, is egter nie
net uit die Jode nie, maar ook uit die heidene wie deel is van die belofte van Abraham, Isak en Jakob, soos wat Hy in Hoséa sê.
- 8. Hoséa profeteer dat God sy liefdesverbond met tien van die stamme van Israel gaan breek, omdat hulle nooit aan Hom gehoorsaam is nie.
- 9. Dit gebeur ook so en toe hulle 700 vC. in ballingskap gaan,
verheidens hulle omdat God nie meer hulle God is nie.
- 10. Hoewel God nie meer hulle God is nie, is dit ‘n tydelike toestand, want terwyl Hoséa profeteer dat Hy nie meer hulle God gaan wees nie, profeteer hy ook dat Hy weer hulle God sal wees.
- 11. Hierdie heidene aan wie Paulus die evangelie verkondig is hierdie 10 stamme wat verheidens het, maar nou deur die offer van Yahshua deur ‘n nuwe verbond kan hulle weer deel van die huis van Dawid word.
- 12. Daar is dus “heidene” en “heidene”. Daar is dus “Israeliete” en “Israeliete”.
Romeine 9: 1 Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2 dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4 Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5 aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê. 10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Hoséa 1: 1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 2 Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4 En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 5 Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6 Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 12 Sê aan julle broers: Ammi, (my volk) en aan julle susters: Rugáma (vergifnis).
**&&**
003 Die Israeliete se God
Dit gaan oor ‘n liefdesverhouding (06-10-2024)
Psalm 50: 7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
Wanneer kerke kyk na die verhouding tussen God en sy volk, is dit ‘n akademiese oefening en word dan deel van elke kerk se dogma op grond van hoe hulle dit insien. Ons speel egter met ons lewe wanneer ons hierdie onderwerp sonder respek en vrees hanteer.
YHWH is nie die God van die Israeliete terwille van hulle verlossingsplan, terwille van die verlossing van die wêreld, terwille van geregtigheid of enige ander rede, behalwe terwille van sy verhouding met hulle nie.
Van Abraham se tyd af het dit vir God gegaan oor ‘n verhouding met hom en sy nageslag na hom. Hierdie verhouding van God met hulle, is nie net ‘n vriendskapsverhouding nie, maar ‘n liefdesverhouding.
By die berg Sinai gee God sy rede waarom Hy Israel uitverkies het bo al die ander nasies wat op die aarde is; Hy het hulle lief gehad. Hy kies dus uit, omdat Hy sommige nasies liefhet en ander nie, anders sou Hy met die ander nasies ook ‘n verhouding gehad het.
Exodus 20: 4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. 5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou (Israel) God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; 6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
By Sinai sê Hy vir die Israeliete dat Hy hulle God is en dat hulle geen ander gode mag hê nie, want Hy is jaloers op hulle, omdat Hy in ‘n liefdesverhouding met hulle is. Net soos wat ‘n man met ‘n vrou trou en sy nie met ander mans ‘n verhouding mag hê nie, net so mag Israel nie met ander gode ‘n verhouding hê nie.
Wanneer God vir Israel sê dat hulle nie ander gode mag liefhê nie, sê Hy ook vir hulle dat Hy geen ander nasies sal liefhê nie. Dieselfde belofte wat ons tydens huwelike doen, het God met sy volk gedoen. Ons moet dus baie versigtig wees om te sê, of om selfs net te dink, dat Hy sy gelofte verbreek het.
Deuteronómium 4: 15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele — want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie — 16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle vir julle ‘n gesnede beeld, ‘n gelykenis van enige afgodsbeeld, maak nie: ‘n afbeelding van man of vrou, 17 ‘n afbeelding van enige dier wat op die aarde is, ‘n afbeelding van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg, 18 ‘n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ‘n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is; 19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie — dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het. 20 Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is.
Deuteronómium 4: 25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, 26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. 27 En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. 28 En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. 29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. 30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. 31 Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie. 32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is. 33 Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? 34 Of het ‘n god probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? 35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. 36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor. 37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is — 39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie
Deuteronómium 7: 16 En jy sal al die volke verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou ‘n strik wees. 17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? — 18 wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het, 19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
Deuteronómium 23: 5 Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in ‘n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het. 6 Jy mag hulle vrede en hulle geluk solank as jy lewe, vir ewig nie soek nie.”
Deuteronómium 10: 12 En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, 13 om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan? 14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.”
Deuteronómium 7: 6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 9 Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte. 10 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
Die nasies sal na goëlaars en waarsêers luister, maar Israel sal na Yahshua luister.
Deuteronómium 18: 13 Opreg moet jy wees met die HERE jou God. 14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie. 15 ‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister —
Die Israeliete se beloftes vanaf hulle God
Josua 1: 9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Jesaja 41: 8 Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, 9 jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy (Israel) is my kneg; jou (Israel) het Ek uitverkies en jou (Israel) nie verwerp nie. 10 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou (Israel); kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand. 11 Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. 12 Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou oorlog voer. 13 Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou. 14 Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.
Jesaja 43: 1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. 6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, 7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. 8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. 9 Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid!
Matthéüs 10: 34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Efésiërs 5: 14 Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
Jeremia 31: 31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. 35 So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37 So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
**&&**
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Kerk of Volk? (2024)
- Banie Swanepoel:
001 – Kerk of volk (30-06-2024)
- Die volk by die berg Karmel kan nie glo dat hulle verkeerd kan wees nie, selfs na die vuur uit die hemel het hulle hul nie tot God bekeer nie. Ons word ook gewaarsku en gewaarsku om ons te bekeer tot God, maar dit kan tog nie ék wees nie, di’s seker die ander mense.
- Jeróbeam verander die plek van aanbidding van Jerusalem na Samaría en die hele volk is tevrede en aanvaar dit. Die profete waarsku hulle, maar hulle kan nie dink dat hulle verkeerd is nie
Hoekom val ons so maklik vir misleiding?
- Almal glo dit, en almal kan nie verkeerd wees nie.
- My voorgeslagte het almal so geglo.
- As ek nie glo nie sal ek hel toe gaan, want dan is ek ‘n ongelowige.
- Die prys is te hoog om die waarheid te glo, want dit sal my hele lewe omverwerp soos Elía se lewe, en wie wil soos hy lewe?
- Is die waarheid nou ooit só belangrik? Ek wil tog net hemel toe gaan.
Het God volgens die Bybel ‘n verbond, en daarmee saam ‘n verhouding met die kerk, of met sy volk?
- God van Israel = 203
- God van Jakob = 22
- God van die leërskare = 263
- God van die kerk = 0
Yahshua waarsku ons; “pasop dat niemand julle mislei nie, want baie sal in My Naam kom en baie mense mislei.” Is die kerk nie dalk een van húlle vir wie ons moet pasop nie, want waarom lees ons so baie van “die volk van God” en nooit van “die kerk van God” nie?
Daar is die Christus van die Bybel en dan is daar die Antichris. Wie is die ware Christus en wie is die een wat voordoen dat hy die Christus is? As iemand voorgee dat hy die koning is en die regte koning sê dat hy die koning is, hoe gaan ons weet wie die regte koning is? Die profete bewys wie die regte Christus is:
- Is die Christus die God van Israel of die God van die kerk? Wat sê die profete?
- Is die Christus die Verlosser van Israel of die Verlosser van die kerk? Wat sê die profete?
- Gaan die Christus trou met die kerk, of regeer oor die hele aarde met sy volk Israel? Wat sê die profete?
- Waar kom die volk Israel vandaan en waar kom die kerk vandaan?
Net soos wat die Profete die ware Christus aanwys, net so wys die profete ook die Antichris uit.
Antichris, wat is die Christus? Die Christus is die Verlosser wat deur die profete openbaar was en die Antichris is die een wat voorgee dat hy die verlosser is, maar hy is nie die verlosser nie, maar almal sal dink dat hy is.
Die Christus wat deur die profete openbaar word, het gekom om die sonde van God se volk weg te neem. As daar dan vandag ‘n christus verkondig word wat die sonde van die wêreld wegneem, is dit:
- Nog ‘n Christus, ‘n ander Christus?
- Of het die Verlosser van Israel verander en verlos Hy nou die hele wêreld?
- Of word daar leuens namens God verkondig dat Hy die sonde van die wêreld wegneem, want dan is die Christus van die profete, die vals Christus.
Die ware Christus het gekom om die sonde van sy volk te verlos.
Jesaja 43: 22 Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel! 23 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie. 24 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede. 25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
Jesaja 44: 21 Dink aan hierdie dinge, o Jakob en Israel! Want jy is my kneg; Ek het jou geformeer; jy is my kneg, Israel! Jy sal deur My nie vergeet word nie. 22 Ek delg jou oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos. 23 Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel. 24 So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei—wie was met My? —
Jesaja 53: 1 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? 2 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. 3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. 4 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. 5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. 7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. 8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. 9 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. 10 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees. 11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. 12 Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
Matthéüs 1: 19 En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. 20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 22 En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: 23 Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Handelinge 13: 38 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, 39 en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
Handelinge 5: 29 En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense. 30 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. 31 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.
Jesaja 59: 20 Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. 21 Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
Psalm 85: 1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm. 2 U het, o HERE, ‘n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander. 3 U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela. 4 U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend. 5 Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons! 6 Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag? 7 Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie? 8 Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Johannes 13: 1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
Die ware Christus gaan saam met sy volk vir duisend jaar regeer oor die Koninkryk van die ware Christus en die wêreld se christus gaan met die kerk trou.
Sagaria 8: 7 So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste 8 en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My ‘n volk wees, en Ék sal vir hulle ‘n God wees, in trou en geregtigheid. 9 So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word. 13 En soos julle ‘n vloek gewees het onder die nasies, o huis van Juda en huis van Israel, so sal Ek julle verlos, dat julle ‘n seën kan wees. Wees nie bevrees nie, laat julle hande sterk wees. 14 Want so sê die HERE van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die HERE van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie—
Jesaja 43: 1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. 6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, 7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.
~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~
002 – Kerk of volk? (30-06-2024)
001 Hersien:
Ek het afgesluit deur te se Calvyn het die kerk begin. Dit was nie Calvyn nie, maar Constantyn.
- Daar is ‘n God van Israel. Daar is nie ‘n God van die kerk nie.
- Christus het sy lewe gegee vir sy volk en nie vir die kerk, of vir die hele wêreld nie.
- Christus kom terug na sy volk en kom saam met hulle in sy Konikryk regeer. Wie is die christus wat met die kerk kom trou?
Jesaja 49: 5 En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word—en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte— 6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde. 7 So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat ‘n afsku is by die volk, ‘n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het. 8 So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe; 9 om te sê aan die gevangenes: Gaan uit! aan hulle wat in duisternis is: Kom te voorskyn! By die paaie sal hulle wei, en op al die kaal heuwels sal hulle weiveld wees. 10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water. 11 En Ek sal al my berge tot ‘n weg maak, en my grootpaaie sal opgevul wees. 12 Kyk, hulle hiér kom van ver, en kyk, hulle dáár kom van die noorde en van die weste, en hulle dáár kom uit die land van die Siniete. 13 Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges. 14 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. 17 Jou seuns kom gou, maar jou verwoesters en jou vernielers sal van jou af wegtrek. 18 Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die HERE, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos ‘n versiersel, hulle ombind soos ‘n bruid. 19 Want jou puinhope en jou verwoeste plekke en jou verwoeste land—sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners, en die wat jou verslind het, is ver weg!
Jeremia 30: 1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het. 2 So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het; 3 want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem. 4 En dit is die woorde wat die HERE gespreek het oor Israel en Juda: 5 Want so sê die HERE: Ons het ‘n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie! 6 Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander? 7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word. 8 En op dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie. 9 Maar hulle sal die HERE hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek. 10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak. 11 Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. 16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ‘n buit. 17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie. 18 So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan. 19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie. 20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers. 21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE. 22 En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees. 23 Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los. 24 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
Jeremia 31: 1 In dié tyd, spreek die HERE, sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 2 So sê die HERE: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel. 3 Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. 4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers. 5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet. 6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God. 7 Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel! 8 Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ‘n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe. 9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene. 10 Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde. 11 Want die HERE het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy. 12 En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie. 13 Dan sal die jonkvrou haar verheug in die koordans, ja, die jongmanne en die oues tesame; en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer. 14 En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.
31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. 35 So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37 So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE. 38 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE herbou sal word, van die toring Hanáneël af tot by die Hoekpoort.
~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~
003 – Kerk of Volk? (14-07-2024)
Daar is nie ‘n bruilof met sy wederkoms nie
Johannes 3: 26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe. 27 Johannes antwoord en sê: ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie. 28 Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is. 29 Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome. 30 Hy moet meer word, maar ek minder.
Lukas 19: 11 En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn. 12 Hy het dan gesê: 1. ‘n Man van hoë geboorte het na ‘n ver land gereis om vir homself ‘n koningskap te ontvang en dan terug te kom. 13 En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. 14 Maar sy medeburgers het hom gehaat en ‘n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. 15 2. En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het. 16 En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak. 17 En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede. 18 En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien. 19 En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.
Openbaring 19: 6 En ek het iets gehoor soos die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar. 7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. 8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. 9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God. 10 En ek het voor sy voete neergeval om hom te aanbid; maar hy het vir my gesê: Moenie! Ek is ‘n mededienskneg van jou en van jou broeders wat die getuienis van Jesus het. Aanbid God. Want die getuienis van Jesus is die gees van die profesie. 11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. 12 En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. 13 En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. 14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. 15 En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige. 16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. 17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ‘n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God, 18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot. 19 En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. 20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. 21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.
Openbaring 20: 1 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. 4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank. 7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. 10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. 11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Openbaring 21: 1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. 8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. 9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. 10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; 11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen. 12 En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel. 13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte. 14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam. 15 En hy wat met my gespreek het, het ‘n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet. 16 En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk. 17 En hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el, volgens ‘n mens se maat, wat die maat van ‘n engel is. 18 En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos suiwer glas. 19 En die fondamente van die muur van die stad was versierd met allerhande edelgesteentes. Die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde chalcedoon, die vierde smarag; 20 die vyfde sardóniks, die sesde sardius, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrísopraas, die elfde hiasínt, die twaalfde ametís. 21 En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel, en die straat van die stad was suiwer goud soos deurskynende glas. 22 En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam. 23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. 24 En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin. 25 En bedags want nag sal daar nie meer wees nie sal sy poorte nooit gesluit word nie; 26 en hulle sal die heerlikheid en die eer van die nasies daarin bring. 27 En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam.
Markus 2: 18 En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie? 19 En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. 20 Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.
Jesaja 62: 1 Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos ‘n glans en sy heil soos ‘n fakkel wat brand. 2 En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met ‘n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem. 3 En jy sal ‘n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en ‘n koninklike tulband in die hand van jou God. 4 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees. 5 Want soos ‘n jonkman ‘n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees. 6 o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes—moenie rus nie
Hoséa 2: 14 Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee en die dal Agor tot ‘n deur van hoop, en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het. 15 En in dié dag, spreek die HERE, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baäl nie. 16 Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie. 17 Verder sluit Ek in dié dag vir hulle ‘n verbond met die wilde diere van die veld en met die voëls van die hemel en die kruipende diere van die aarde; ja, boog en swaard en oorlog sal Ek verbreek uit die land, en Ek sal hulle in veiligheid laat rus. 18 En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming. 19 En Ek sal My met jou verloof in trou; dan sal jy die HERE ken. 20 En in dié dag sal Ek verhoor, spreek die HERE, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor. 21 En die aarde sal die koring verhoor en die mos en die olie, en dié sal Jísreël verhoor. 22 En Ek sal haar vir My saai in die land en My oor Lo-Rugáma ontferm, en aan Lo-Ammi sê: Jy is my volk; en hy sal sê: My God!
- Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie.
- Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.
Jesaja 54: 1 Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE. 2 Maak die plek van jou tent wyd, en laat hulle die doeke van jou tentwonings oopspan. Verhinder dit nie! Maak jou lyne lank en slaan jou penne styf in. 3 Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk. 4 Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie; en vrees geen skande nie, want jy sal nie nodig hê om te bloos nie; maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie. 5 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. 6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. 7 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser. 9 Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. 10 Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.
~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~
004 – Kerk of volk (21-07-2024)
Die oorsprong van die kerk
Wat is die verskil tussen “gemeente” en “kerk”?
Exodus 12: 5 Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. 6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.
Númeri 14: 3 En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ‘n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie? 4 En hulle sê vir mekaar: Laat ons ‘n hoof aanstel en na Egipte teruggaan. 5 Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel. 6 En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur 7 en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ‘n buitengewoon goeie land.
1 Konings 8: 5 En terwyl koning Salomo en die hele by hom vergaderde gemeente van Israel saam met hom voor die ark staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanweë die menigte nie getel of bereken kon word nie. (1 Kings 8: 5 And king Solomon, and all the congregation of Israel)
Spreuke 5: 12 en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad, 13 en nie geluister na die stem van my onderwysers en geen gehoor gegee aan die wat my geleer het nie! 14 Amper was ek heeltemal in die ongeluk, in die vergadering en die gemeente.
Joël 2: 15 Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! 16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
Sefánja 3: 10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring. 11 Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.
Matthéüs 16: 18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Matthéüs 18: 15 En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin; 16 maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan. 17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
In 1526 vertaal Wiliam Tindale die Bybel in Engels. Hy het nie die woord “kerk” gebruik nie, maar “gemeente”. In 1611 word die King James vertaling van die Bybel gedoen en die vertalers het die woord “kerk” verkies en nie “gemeente” nie, omdat hulle begrip van ‘n kerk dit was wat hulle as ‘n kerk gesien het.
Wat was die oorsprong van die kerk?
Konstantyn verander die Christelike geloof in ‘n amptelike geloof van die Romeinse Ryk. Die bestaande Pagan godsdiens word nie Christene nie, maar die Christelike godsdiens word Pagan. Baie dinge wat Yahshua nie sy dissipels beveel het nie, word die kerk.
- Dit word ‘n organisasie en nie meer die gemeenskap van die heiliges nie.
- Dit het ‘n gebou en die gebou word die kerk genoem.
- Alle byeenkomste gebeur by die kerk en draai om die kerk.
- Die kerk kry ‘n naam.
- Die kerk kry ‘n hiërargie.
- Die hoof van die kerk is die Pous en nie Yahshua nie.
- Die Pous is die enigste persoon wat Skrif kan verklaar en geen ander mens nie.
- Die kerklede moet op vaste dae bymekaar kom kerk-hou.
- Lede moet tiendes aan die kerk betaal.
- Daar is heilige dae en feeste wat gehou moet word.
- Amptenare in die kerk moet sekere klere dra wanneer hulle bymekaar kom.
- Priesters en nonne mag nie trou nie, want hulle lewe ‘n heilige lewe.
- Die kerk bepaal wat die evangelie van God is en noem dit hulle geloof en belydenis. Hierdie kerk-belydenis het hoër gesag as die Bybel en as die Bybel verskil met wat die Pous sê, word die Pous en die kerk se woord bo God se woord aanvaar.
- Die kerk is deel van die staat en die kerk se voorskrif word deur die staat afgedwing.
- Wanneer iemand ‘n ander evangelie as die kerk verkondig, word hy as ‘n ketter verklaar en word verbrand.
- Die kerk is dus ‘n organisasie wat deur die staat voorgeskryf word en wat die mag het om mense te red of te laat verlore gaan.
- Jy word ‘n lid van die kerk deur jou te laat doop.
- Die kerk is die bruid van Christus en die lede van die kerk gaan saam met Hom hemel toe.
- God het ‘n verbond met die kerk en nie meer met die volk Israel nie.
- Die uitverkiesing en die drie-eenheid van God bly onbeantwoorde vraagstukke.
- Die evangelie en Woord van God is nie vas nie, maar elke Pous verklaar dit soos wat God dit aan hom openbaar.
- Die evangelie is letter en nie Gees nie en alles word met die verstand beredeneer en verstaan en neergeskryf vir die lede om te glo en te bely.
- Almal glo wat die kerk glo en voorskryf.
- Die kerk skep sewe sakramente. ‘n Sakrament kan slegs deur die kerk gedoen word en daarom is daar nie saligheid buite die kerk nie.
Die sewe sakramente van die Rooms-Katolieke Kerk is:
- Doop: Die sakrament waarmee ‘n persoon ‘n lid van die Christelike gemeenskap word en in die Kerk ingelyf word.
- Belydenis (Confirmation): Die sakrament waardeur die Heilige Gees op die gedoopte gegee word.
- Eucharist: Ook bekend as die Heilige Nagmaal of die Here se Avondmaal, is die sakrament waarin die gelowiges die Liggaam en Bloed van Jesus Christus ontvang met die eet van brood en wyn.
- Belydenis (Confession): Die sakrament waardeur sondes wat na die Doop begaan is, vergewe word deur die gesag wat aan ‘n priester verleen word.
- Sterwende Salwing (Last Rites): Ook bekend as Laaste Oliesalf of Laaste Gebede. Hierdie sakrament word toegedien aan diegene wat ernstig siek is, of in gevaar van dood verkeer.
- Heilige Ordening (Holy Orders): Die sakrament waarmee biskoppe, priesters en diakens ingewy word en die mag en genade ontvang om hul heilige pligte in die Kerk uit te voer.
- Matrimonium (Huwelik): Die sakrament waarmee ‘n gedoopte man en vrou ‘n lewenslange en eksklusiewe unie vestig, wat saamkom in ‘n vennootskap van liefde en ondersteuning.
Wat van die Protestante?
- Martin Luther
- Hy is ‘n priester in die kerk, maar ook ‘n professor in teologie en omdat hy ‘n naby doodse ervaring gehad het, kyk hy met ‘n ander oog na die kerk. Hy vrees die hel en smag na verlossing en sien dat dit nie deur die kerk verkondig word nie.
- Hy probeer eers om die kerk te verander, maar besef later dat die kerk van Rome nie die liggaam van Christus is nie en verlaat die kerk.
- Hy het egter nog steeds probeer om ‘n kerk daar te stel wat die evangelie reg verkondig in plaas van om terug te keer na die oorspronklike blou druk van Yahshua, wat deur ‘n gemeente werk en nie deur ‘n kerk-instansie nie.
- Hy verander die sewe sakramente van die Romeinse kerk na drie, maar dit het ook heilswaarde en daarom is die verlossing weereens steeds in die kerk.
- Doop: Dieselfde siening as die Romeinse kerk en dit is waar ‘n baba deel word van die gemeenskap van die kerk.
- Nagmaal (Heilige Avondmaal): Dieselfde siening as die Romeinse kerk. Lutherane glo aan die teenwoordigheid van die werklike Liggaam en Bloed van Christus in die brood en wyn van die Nagmaal. Dit word gesien as ‘n sakrament wat die genade van vergifnis en geestelike voeding aan die gelowiges bied.
- Belydenis: Hierdie sakrament is net soos die Katolieke belydenis, berouvolle kerklede vergifnis ontvang deur die prediker of pastoor, wat die vergifnis van sonde in die naam van God aankondig.
Luther het die probleem in die kerk gesien, maar nie daarvan afgewyk nie, maar net aangepas.
- Johannes Calvyn
- Anders as Luther was Calvyn nie gedryf deur ‘n begeerte na verlossing nie, maar hy was akademies oortuig dat Protestantisme ‘n beter opsie as Romeins Katoliek is.
- Hy word deur die stadsraad van Genève aangestel as die Pastoor van die nuutgevonde protestantse kerk en word ook deur hulle betaal en onderhou.
- Gedurende sy lewe skryf hy die bekende institute waarvolgens moderne gereformeerde kerke nog steeds kerk hou.
- Al sy lering is letter en nie gees nie.
Die Calvinistiese, of Gereformeerde tradisie, erken gewoonlik twee sakramente:
- Doop: Net soos in die Katolieke en Lutherse tradisies word die doop in die Calvinistiese tradisie erken as ‘n sakrament. Dit is ‘n simboliese daad van toetrede tot die Christelike geloof gemeenskap en ‘n aanduiding van verbondenheid met die Kerk as die liggaam van Christus.
- Nagmaal (Heilige Avondmaal): Die Calvinistiese tradisie beskou die Nagmaal as ‘n sakrament waarin gelowiges geestelik gevoed word deur die teenwoordigheid van Christus se Liggaam en Bloed. Dit is ‘n simboliese herdenking van Christus se offer aan die kruis en ‘n geleentheid vir die gelowiges om gemeenskap met God en mekaar te beleef.
Wat dan van my kerk?
- Die kerk is nie ‘n instelling van Christus nie.
- Die kerk is ons alternatief vir die liggaam van Christus.
- Ons is geneig om ‘n verhouding te hê met die kerklede en die kerk, in plaas van met Christus.
Matthéüs 24: 3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Openbaring 13: 1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? 5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. 6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. 7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. 8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. 9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.
1) Waarom is ons almal in die kerke?
2) Waarom is ons so gehoorsaam aan die kerk, al weet ons meestal nie wat ons kerk glo en bely nie?
3) Hierdie lede van die kerk is oningeligte en onbetrokke lede wat nie die ware Woord van God en die evangelie ken nie.
4) Ons moet vrykom daarvan.
~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~
005 – Kerk of volk – Die oorsprong van die volk (28-07-2024)
Génesis 15: 1 Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot. 2 Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? 3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. 4 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. 5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. 6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. 7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. 8 En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? 9 En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. 18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
Génesis 17: 1 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. 2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. 3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: 4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. 5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. 6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. 7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Exodus 2: 23 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. 24 En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. 25 En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.
Exodus 2: 11 En in dié dae toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan. 12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe. 13 Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die een wat ongelyk gehad het: Waarom slaan jy jou naaste?
Exodus 11: 4 Toe sê Moses: So het die HERE gespreek: Omtrent middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte; 5 dan sal al die eersgeborenes in Egipteland sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die vee. 6 En daar sal ‘n groot gejammer in die hele Egipteland wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer sal wees nie. 7 Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal ‘n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE ‘n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete. 8 Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende toorn.
Exodus 14: 22 En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle ‘n muur aan hul regter— en aan hul linkerkant. 23 Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter hulle aan getrek—al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters—die see in. 24 En in die môrewaak het die HERE, in die vuur— en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring. 25 En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars. 26 Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters. 27 En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort. 28 En toe die waters terugvloei, het hulle die strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.
Jesaja 43: 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe.
Deuteronómium 7: 1 As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy; 2 en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Deuteronómium 10: 14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
1 Konings 11: 1 En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese— 2 uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang
11 Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee. 12 Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur. 13 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het.
1 Konings 11: 29 Terwyl Jeróbeam in dié tyd uit Jerusalem uitgaan, kry die profeet Ahía, die Siloniet, hom op die pad; en dié was bekleed met ‘n nuwe mantel; en hulle twee was alleen in die veld. 30 Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke, 31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; 32 maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel—
34 Ek sal ewenwel die koningskap as geheel nie uit sy hand neem nie, maar Ek sal hom as vors aanstel al die dae van sy lewe ter wille van my kneg Dawid wat Ek verkies het, wat my gebooie en my insettinge gehou het. 35 Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme.
Hoséa 1: 1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 2 Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4 En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 5 Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6 Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 12 Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma.
Romeine 9: 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Romeine 9: 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~
006 – Kerk of volk – Die oorsprong van die volk (b) (04-08-2024)
Die noodwendige reaksie in ons gemoed as ons iets ander hoor as waarvan ons nog altyd oortuig is:
Ek hoor wat jy sê en ek sien wat in die Bybel staan, maar die waarheid is vir my te erg.
- Dit is soos ‘n persoon wat op die Titanic ry en iemand sê vir hom dat die skip gaan sink. Hy wil dit nie glo nie, want daar is gevolge waarvan hy nie hou nie en wat sy lewe gaan beïnvloed.
- Hy gaan nie meer op sy droomreis nie.
- Hy gaan moontlik verdrink.
- Sy gesin gaan moontlik verdrink.
- Sy kosbare besittings gaan in die see vergaan.
Die natuurlike reaksie van enige persoon sal wees:
- Om die nuus van die sinkende skip te verwerp, want dit pas hom glad nie, maar is dit die regte optrede?
- Dan sal hy rondkyk na bewyse van die gerug om te probeer besluit of dit waar, of onwaar is.
- As hy sien almal op die skip gaan aan of dit normaal is, sal hy aanvaar dat dit ‘n vals gerug is en weier om verder aandag te gee aan inligting wat sy lewe drasties gaan beïnvloed
- Dit is soos ‘n man wat op 25 jaar oud hoor dat sy pa wat hom grootgemaak het, nie sy pa is nie. Sy hele wese skop daarteen en hy weier om eers aandag daaraan te gee, want dit gaan sy hele lewe beïnvloed.
- Dit is soos iemand wat in die kerk grootgeword het en sy lewe lank getrou geglo en ondersteun wat die kerk sê, en dan hoor dat Yahshua nie terugkom aarde toe om met die kerk in die huwelik te tree nie, maar om oor sy volk te kom regeer en dat die kerk ‘n menslike instelling is.
So, dit is normaal om so ‘n vreemde boodskap onmiddelik te verwerp. Dit is die natuur van die mens. Sodra ons egter oor die skok gekom het, moet ons rasioneel na die inligting kyk en dit verantwoordelik oorweeg. Om bloot net rond te kyk en te sien dat almal doodgerus in die kerk is, is dieselfde as om op die Titanic te sit en te sien dat niemand paniekerig is nie. Dit beteken nie dat die skip nie besig is om te sink nie.
Wat is die gevolge van ons besluite of van ons apatie?
Wat is op die spel vir die Titanic-reisiger? Sy lewe en sy gesin se lewe. Hy kan nie bekostig om te besluit om dit te ignoreer nie. Dit is soos ‘n volstruis wat sy kop in die grond druk; as ek dit nie sien nie en nie daaroor dink nie sal dit nie gebeur nie. Wat is op die spel vir die gelowige? As ek nie aandag daaraan gee nie, sal ek nie verantwoordelik gehou word nie.
Die oplossing:
- Kry die feite van die saak en maak seker wat die waarheid is. Die waarheid is in God se woord. Verwerp alles wat nie van Hom af kom nie.
- Eet die Woord sodat die onewe gedagtes in jou verstand en jou hart uitgebalanseer kan word met die nuwe gedagtes. Lees die Woord en verwerp alles wat nie saamstem met die Bybel nie.
- Verwag misleiding. Yahshua het gesê dat baie in sy Naam sal kom en baie mense sal mislei.
Wat het dan by die kruis gebeur?
Lukas 1: 28 En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. 29 En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. 30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
Jeremia 31: 31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Hebreërs 8: 6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. 10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Hoséa 1: 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
Romeine 9: 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Johannes 11: 49 En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie 50 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie. 51 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe. 52 En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot ‘n eenheid saam te voeg.
Efésiërs 2: 11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
Handelinge 1: 6 Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? 7 En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
Handelinge 5: 30 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. 31 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.
Handelinge 8: 26 En ‘n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is ‘n eensame pad. 27 Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ‘n man van Ethiópië, ‘n hofdienaar, ‘n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. 28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. 29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. 30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees?
Handelinge 10: 34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, 35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. 36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.
Handelinge 11: 1 En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het. 2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis 3 en gesê: By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.
Handelinge 11: 16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. 17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder? 18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.
Handelinge 15: 7 En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. 8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 9 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.
Handelinge 15: 14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 16 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
Handelinge 10: 34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, 35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. 36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.
Handelinge 26: 6 En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, 7 waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig.
Handelinge 28: 19 Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie. 20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.
Jeremia 3: 11 Toe het die HERE vir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda. 12 Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die HERE. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek die HERE; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie. 13 Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen die HERE jou God oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, spreek die HERE. 14 Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring.
Jeremia 30: 3 want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.
Jeremia 30: 10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak. 11 Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Jeremia 30: 16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ‘n buit. 17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie. 18 So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan. 19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie. 20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers.
Jeremia 30: 22 En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees.
Jeremia 30: 11 Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~
007 – Kerk of volk
Wat is die gemeente as daar dan nie ‘n kerk is nie? (11-08-2024)
Die doel van die gemeente is:
- Om die evangelie van die Koninkryk van God te verkondig aan alle mense oor wie God se naam uitgeroep is, sodat hulle hul met God kan versoen en deur die verdienste van Yahshua die ewige lewe kan beërwe en saam met Yahshua die Koninkryk van God kan erf. 1 Petrus 1: 9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry. Die doel is nie om die kerk te groei nie, maar om die saligheid van siele te veroorsaak.
- Om in die Koninkryk van God te kan ingaan moet iemand weer gebore wees. Johannes 3: 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
- Die gemeente moet aan mense die evangelie van verlossing verkondig en wanneer hulle hul tot God wil bekeer, moet die gemeente hulle help om gedoop te word. Die doop maak iemand nie deel van die gemeente nie, maar dit is ‘n teken van die afwassing van die sonde deur hom met die dood van Yahshua te vereenselwig. Romeine 6: 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. Om iemand te doop vereis nie ‘n spesiale persoon en plek nie, maar iemand van die liggaam van Christus is genoeg.
- Wanneer iemand gered is word hy deel van die gemeente, maar hy kan nie by die gemeente aansluit nie en kan nie uit sy eie besluit ‘n lid van die liggaam van Christus word nie. Handelinge 2: 46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, 47 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
- ‘n Mens word nooit deel van ‘n kerk en word lid van ‘n kerk nie, want dit is ‘n menslike instelling. Die Rooms-Katolieke Kerk is nie deur God ingestel nie, en die Lutherse Kerk is nie deur God ingestel nie, so ook geen ander kerkorganisasie nie. Die gevaarlike verwarring wat hierdie instelling veroorsaak, is dat mense onder die indruk is dat as hulle lid van een of ander kerkinstelling is, hulle lid van die liggaam van Christus is. Dit is ‘n baie suksesvolle set waarmee die Satan ons vang en wat hy begin het met Konstantyn.
- Wanneer die gemeente onder ‘n boom bymekaar kom, is dit die liggaam van Christus en as hulle in ‘n gebou bymekaar, kom is dit die liggaam van Christus. Die gebou self word egter nooit die gemeente nie. Vir die gemeente om hulle eie gebou te hê, maak dit nie verkeerd nie, maar dit is beslis nie die gebou wat die gemeente maak nie.
- Die gemeente moet aan mekaar die evangelie van die Koninkryk van Yahshua verkondig sodat hulle ‘n vaste hoop in hulle lewe het om deur die verdrukking van hierdie lewe te kom. Romeine 1: 9 Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink 10 en altyd in my gebede smeek of ek tog nou eindelik ‘n goeie geleentheid sal vind deur die wil van God om na julle te kom; 11 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; 12 dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my. 1 Thessalonisense 5: 9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus 10 wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. 11 Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.
- Die gemeente het geen hiërargie of rangorde nie. Yahshua is die Hoof van die gemeente en die res is almal lede afsonderlik met afsonderlike bedienings. Dit is nie die dominie, of die pastoor se gemeente nie, maar Christus se gemeente. Die instelling van sulke range kom ook uit die Rooms-Katolieke Kerk en is nie in die Bybel nie. 1 Thessalonisense 5: 12 Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan; 13 en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar. 14 En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal.
- Ouderlinge en diakens is nie rangorde nie, maar verantwoordelikhede. Die ouderlinge is nie biskoppe soos in die Rooms-Katolieke Kerk nie, maar is die ouer mans van die gemeente wat ervaring en standvastigheid het en dan om oor die res van die gemeente te kan waak, nie heers nie. Net soos wat daar in die Ou Testament oudstes was is daar ouderlinge in die Nuwe Testament. Lukas 22: 66 En toe dit dag word, het die oudstes van die volk—die owerpriesters en skrifgeleerdes—vergader en Hom voor hulle Raad gebring
- Wanneer die gemeente groei en daar ‘n mate van orde gehandhaaf moet word is daar leiding deur Paulus vir sulke gevalle soos wat hy dit deurgegee het aan gemeente van sy tyd. Ons moet net nooit in die strik val om die doel van die gemeente te verander nie, soos wat baie kerke self erken, ons is besig met die dinge van God en nie met die God van die dinge nie. Die kerk bestaan nie en om dit in stand te hou terwille van die organisasie is nutteloos. Die gemeente is ook nie die doel nie, maar die middel tot ‘n doel. Die gemeente van Yahshua is die wat in Hom glo en Hom volg waar Hy ook al heen gaan en dan as lede bymekaar kom in onderlinge byeenkomste.
- Onderlinge byeenkomste is uiters belangrik, maar daar is nie sekere dae en tye wanneer dit moet gebeur nie. Die gemeente kan onderling besluit wanneer hulle bymekaar gaan kom. Om op ‘n Saterdag of ‘n Sondag onderling bymekaar te kom is nie sonde nie, behalwe as die gemeente dink dat daar geregtigheid daarin is om op ‘n sekere dag bymekaar te kom. Die Rooms-Katolieke Kerk vereis dat daar byeenkomste op ‘n Sondag moet wees en ander kerke vereis weer dat dit op ‘n Saterdag moet wees. Yahshua het geen voorskrif gegee nie en Hy is die Hoof van die gemeente, maar Hy verwag dat ons so gereeld as moontlik onderling bymekaar moet kom. Hebreërs 10: 23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
- Enige persoon of organisasie wat ‘n Christus verkondig wat nie ooreenstem met die Christus van die Bybel nie is besig om die Antichris (ander Christus) te verkondig. As daar 50 000 denominasies is wat met mekaar verskil, hoeveel van hulle verkondig ‘n evangelie van ‘n Antichris (ander Christus). 1 Johannes 2: 15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig. 18 Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is. 19 Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie. 20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles. 21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie. 22 Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. 23 Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.
- Enige persoon wat sê dat ons nie weer gebore hoef te wees nie, verkondig ‘n ander christus, want die ware Christus het gesê ons moet weergebore word.
- Enige persoon wat sê dat Yahshua sy bloed vir alle mense gestort het, is besig om ‘n ander Christus te verkondig en loën die ware Christus en ook die Vader. Ons mag nie ons eie evangelie opmaak nie. Matthéüs 1: 20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
- Enige persoon wat verkondig dat Yahshua terugkom om met die kerk te trou, is besig met sy eie evangelie en verkondig ‘n ander Christus, want die ware Christus kom om sy Koninkryk op aarde te vestig en oor sy volk te regeer vanaf die troon van sy vader Dawid. Matthéüs 6: 9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; 10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; Lukas 1: 30 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, 33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.
- Enige persoon of organisasie wat beweer dat God sy volk vergeet het en nou ‘n verbond met ‘n kerk het, verkondig ‘n ander evangelie en is dienaars van die dier wat uit die see uit gekom het. Die dier wat uit die see uit kom, is die Romeinse Ryk wat verander het in die Romeinse Kerk. Openbaring 13: 1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? 5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. 6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. 7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. 8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. 9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor.
~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~~`~`~`~`~`~
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWEESKRYWE

Die ontstaan van die Kerk (2024)
– Banie Swanepoel:
2000 jaar gelede gebeur daar iets in Jerusalem wat die duiwel onkant vang:
- Die profesieë ontknoop nie soos wat hy dit verstaan het nie.
- Sy toegang tot die hemele word ingeperk.
(001 – Satan se nederlaag en strategie van leuens)
Openbaring 12:3-18 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; 4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. 5 En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon. 7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; 8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. 9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. 10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. 12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Hy roep ‘n noodvergadering saam met sy bose geeste en moet dringend sy strategie en toekoms-beplanning aanpas.
- Die profesieë moet herinterpreteer word.
- Die doel van Christus dood moet verstaan word.
- Nuwe profesieë moet in diepte bestudeer word om te probeer verstaan wat die Almagtige se beplanning is.
- Planne moet in plek gebring word om God se werk teë te staan, maar eers moet ontdek word wat God strategie en beplanning is.
Daar is chaos in die geledere van die Satan, want dit wat hy beskou het as sy grootse triomf ooit, naamlik om Yahshua dood te maak, het nou uitgedraai in die grootste terugslag.
Hy stuur al sy bose geeste uit om so veel as moontlik inligting van God se beplanning in te samel. Hulle metode is:
- Om die dissipels dop te hou en te luister na hulle gesprekoninkryke en uit te vind wat Yahshua gesê het toe Hy nog op die aarde was.
- Om so veel as moontlik uit te vind wat Yahshua se opdragte aan sy volgelinge was en te probeer bepaal wat God se beplanning daarmee is.
(Die Satan is die teenstander van God wat sy eie troon gelykgestel het aan die Almagtige se troon. Hy is van sy posisie onttroon en sy heerlikheid het hom verlaat en al wat in hom oorgebly het, is duisternis.)
Eségiël 28:13-18 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekoninkryking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. 14 Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. 15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. 16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! 17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien. 18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
Hy is die vader van die leuen en daar is geen waarheid in hom nie. Hy het twee sondelose, goddelike mense met sy geoefende en geslepe leuentaal oortuig dat hulle Skepper hulle bedrieg deur inligting van hulle te weerhou, wat hulle in staat sou stel om soos God te wees. Dit was maar net een van sy prestasies met leuens, want hy was reeds in staat om ‘n derde van die engele van God te oortuig dat hy die vermoë het om God te onttroon.
Die waarneming van die Satan se spioene was die volgende:
- Die waarheid sal die kinders van God vrymaak en omdat hy die vader van die leuen is en sy koninkryk deur leuens funksioneer, is dit vir hom eenvoudig om hierdie verlossingsplan van die Almagtige te neutraliseer. As die waarheid hulle vry maak, en hulle bly op die aarde waar hy die god is, dan sal hy eenvoudig net sy koninkryk se vermoë gebruik om die waarheid te verander na leuens, sonder dat die mense dit weet. Dit is waarin hy spesialiseer en hy het dit al baie gedoen en was suksesvol. Hy moet dus net uitvind wat die waarheid van die verlossingsplan is en dit verander, of selfs net besoedel.
Lukas 21:8 En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
2 Petrus 2:1-3 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring; 2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; 3 en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie.
- Hoewel Yahshua opgevaar het, gaan Hy voort met sy werk op die aarde deurdat Hy sy volgelinge bemagtig deur sy eie Gees binne in hulle harte uit te stort en hulle in staat stel om sy werk te volbring. Vir die Satan en sy volgelinge is dit onduidelik hoe dit gebeur, want dit gebeur nie met hulle nie. Die volgelinge van Yahshua het dus bomenslike vermoë waarvan die Satan geen kennis het nie en nie weet hoe dit werk nie. Hierdie situasie skep vir die Satan ‘n groot krisis, want nou werk die Gees van God in die mense se harte en hy het geen insae of invloed daarin nie.
Yahshua praat van sy gemeente en gee hulle die opdrag om sy evangelie van verlossing te verkondig aan sy volk. Die Satan is uitgesluit van hierdie liggaam en kry nie toegang nie. Hy veroorsaak dat die gemeente vervolg word, maar die effek is dat hulle net meer ywerig word.
Om hierdie Geesvervulde liggaam van Yahshua te keer, mobiliseer hy ‘n paar aksies.
- Voorkom dat Yahshua se volgelinge weergebore word, sodat hulle nie die Heilige Gees kan ontvang nie. Sonder die leiding van die Heilige Gees in die gemeente, sal die mense nie in staat wees om die geopenbaarde woord van God te hoor nie, omdat die Gees nie in hulle is nie en hulle sal verplig wees om Geestelike met vleeslike te vergelyk. Hulle sal geen openbaring van God se verborgenhede kry nie en die gevolg is dat hulle die verborgenhede van God met hulle verstand sal moet bedink.
1 Korinthiërs 2:7-8 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, 8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie—
1 Korinthiërs 2:10-14 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
- Yahshua noem hierdie volgelinge van Hom, wat sy eie werk op die aarde voortsit, “sy liggaam” of “sy gemeente”. Hulle is die wat die lig wat die waarheid skyn op ‘n donker plek. Hulle is die wat die leuens waarmee die Satan die wêreld beheer, ontbloot. Hulle is die wat die evangelie van verlossing verkondig aan die kinders van God wat deur die Satan in kerkers toegesluit is, wat dan hulle verlossing veroorsaak. Hierdie mense het die volle wapenrusting van God aan en maak groot skade vir die Satan se koninkryk. Sy oplossings is om die liggaam van Yahshua te verander in ‘n mensgemaakte organisasie wat vasgevang is in dogma en menslike filosofie en leringe wat so min as moontlik waarheid in het, sodat dit die lede nie kan bevry nie en hulle ook nie in staat stel om die werke van die satan te verbreek nie. Sy metode is om die gemeente self te kaap deur dit van binne te infiltreer en dan vreemde, verderflike ketterye aan te bied in die plek van die woorde van God, wat in staat is om ons siele te red.
Die Satan is slim, hy weet dat die gemeente ‘n doel het en as hy die doel kan verydel het die gemeente gefaal. Iemand wat vir rehabilitasie gaan, se doel is om van sy verslawing genees te word. Iemand wat die trein gebruik om Kaapstad toe te gaan, se doel is om in die Kaap aan te kom. Ons moet eers weet wat die doel van die gemeente is, voordat ons kan bepaal of ons besig is om die doel te bereik en of die Satan daarin geslaag het om ons besig te hou met sý weergawe van die gemeente.
Meer as 200 jaar nadat Yahshua opgevaar het sien die Satan sy geleentheid om die liggaam van Christus (die gemeente) te verander in ‘n organisasie (die kerk) toe ‘n keiser van die magtige Romeinse Ryk, Konstantin, die Christene se aanbidding van YHWH verklaar het as een van die amptelike godsdienste van die Romeinse Ryk.
Daar het ‘n geweldige vermenging van Pagan godsdiens en Christelike aanbidding plaasgevind. Die uiteinde was dat ‘n grootliks Pagan godsdiens voortgesit was, met Christelike benamings en karakters. Die liggaam van Christus was getransformeer in die Romeins-Katolieke Kerk.
Die doel waarvoor die gemeente deur Yahshua begin was, was totaal verander en die oorspronklike doel was vergeet. Ander waardes en beginsels is aan die kerkorganisasie toegeskryf. Verlossing was nou nie meer uit genade deur Yahshua nie, maar deur die onderhouding van sakramente wat net deur die kerk bedien kan word.
Die sewentig dissipels wat in die bovertrek in Jerusalem deur die Heilige Gees op Pinksterdag vervul was, was die eerste lede van die liggaam van Christus wat gefunksioneer het in dít wat hulle opdrag was. Uit hulle het baie ander gekom wat net een doel voor oë gehad het en dit was om die verlossing wat daar in Christus vir die mense is, te vertel wat dit nie weet nie.
Die einddoel van ons geloof is die saligheid van ons siele en daarom het hulle hul nie besig gehou met dinge wat nie met die saligheid van hulle siele, of die van hulle naaste se siele te doen het nie. Die gemeente het gefunksioneer soos wat die Hoof van die gemeente, Yahshua, dit bepaal het en dit is die bloudruk waarheen ons altyd kan teruggaan om te sien wat van ons verwag word.
Al hierdie gebeure het in die tyd en agtergrond van die Romeinse Ryk gebeur. Vir die Romeine was die Christelike geloof vreemd en hulle het nie van nuwe gelowe gehou nie en veral nie van ‘n geloof wat in net een God glo nie.
Die beginsel wat Pagan godsdiens gehad het, is dat dit ander gode kon insluit by hulle godsdiens. Wanneer hulle dus ‘n ander nasie oorwin in oorlog, het hulle na daardie nasie se gode gekyk en wanneer hulle ‘n god onder daardie nasies sien wat vir hulle ‘n voordeel sou inhou, het hulle daardie god in hulle godsdiens ingebring. Wanneer ‘n ander nasie se god ooreenstem met wat hulle reeds het, sou hulle die nuwe god net as deel van hulle bestaande godsdiens maak, wat beteken “Zeus”, wat ‘n Griekse god was, is “Jupiter” vir die Romeine.
Nadat die Christelike godsdiens met die Pagan godsdiens verenig is, het baie van die Pagan geloof agtergebly in die Rooms-Katolieke Kerk en dit is vandag nog sigbaar in hulle geloof. Ongelukkig is dit nie waar dit gestop het nie, maar as ons na al die ander kerke van die wêreld kyk, sien ons dat daardie Pagan gelowe op baie plekke in gewone kerke uitslaan.
Die oorspronklike Christelike geloof was nooit ‘n keuse omdat dit gewild was nie, maar God het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered wasHandelinge 2:47. Die Christelike geloof het nooit oor ‘n organisasie met lede en belang gegaan nie, maar slegs mense met ‘n gemeenskaplike geloof wat ‘n opdrag gekry het om die evangelie van die koninkryk van God te gaan verkondig.
In die tyd van keiser Konstantin (306Nc.) het daar egter baie groot veranderinge in die gemeente van Christus gebeur. Hy maak nie die Christelike geloof die amptelike godsdiens van die Romeinse Kerk nie, maar een van die godsdienste van die Romeinse Kerk. Met hierdie gebeurtenis verander die gemeente van ‘n geloof, na ‘n godsdiens.
Vir tweehonderd en vyftig jaar is daar geen organisasie, geen hiërargie, geen geboue, geen spesifieke klere, geen heilige dae, geen vormgodsdiens nie, maar net geloof in God en ‘n afwagting vir sy koninkryk om te kom terwyl die evangelie vertel word, maar hier verander alles drasties.
~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~
002 – Die onafwendbare verandering van Christen geloof na Pagan geloof (21-04-2024)
- Die keiser is die hoogste gesag in die Romeinse Ryk en hy word ‘n Christen en verander die status van die Christelike geloof, gelyk aan die amptelike Pagan godsdiens.
- By Konstantin was daar geen wedergeboorte nie, geen berou en bekering nie, maar bloot net die inkorporering van nog ‘n god in die godsdiens van die Romeinse Ryk.
- Amptenare van die Romeins-Pagan godsdiens was vergoed deur die Romeinse regering en het sekere voordele in die gemeenskap gehad. Nou was die Christelike geloof deel daarvan, maar daar was geen struktuur om die bediening van die godsdiens waar te neem nie.
- Daar was nie priesters nie, daar was ook nie ‘n hoofpriester soos die “Pontifex Maximus”, nie. Daar was geen tempels waar die god van die Christene kon bly nie.
Daar was dus dringend aanpassings nodig van die Romeinse ryk af.
- Die Pagan godsdiens in die Romeinse Ryk was baie goed gevestig en het bestaande ordes en rituele gehad en ‘n uitgewerkte hiërargie. Dit was baie maklik vir hulle om die Christelike geloof in hulle bestaande godsdiens te inkorporeer.
- Christelike katedrale en tempels het oral opgeskiet en amptenare is aangestel om te help met die bediening van die Christelike godsdiens.
- Nuwe amptenare was in oorvloed, want die regering betaal amptenare vir hulle dienste en elke Pagan was bereid om in die Christelike bediening in te gaan.
- Die ware gelowige Christen het homself dadelik gedistansieer van hierdie nuwe beweging, maar die voorspoed van hierdie nuwe beweging was onbetwisbaar, want dit was ondersteun deur die hoogste gesag op aarde.
Die Christelike godsdiens word later die enigste en verpligte godsdiens
In die tyd van keiser Theodosius (380Nc.) kom die grootste spyker in die Christelike gemeente se kis. Hy ag die Christelike geloof nie net as een van die amptelike godsdienste van die Romeinse Ryk nie, maar hy maak dit die enigste amptelike godsdiens. Niemand het dus ‘n ander keuse gehad as om die god van die staat te aanbid nie.
Nadat die Christelike geloof deel van die godsdienste van die Romeinse Ryk geword het, het daar geweldig baie verandering plaasgevind. Meeste van hierdie veranderinge was deur Pagan gelowiges gedoen, wat gehelp het om die Christelike godsdiens te inkorporeer in die Romeinse ryk. Hulle het dit aangepas by die Romeinse Ryk en nie die Romeinse Ryk aangepas by die Christelike geloof nie.
Let op hoe baie Pagan godsdiens ooreenstem met ons eie Godsdiens:
- Die Romeine was nie gelowiges nie en het geen verhouding met hulle gode gehad nie. Die rede waarom hulle gode vereer het, was ter wille van beskerming en voorspoed en oorwinning en vrugbaarheid en al sulke bonatuurlike dinge te verkry, tydens hulle aardse bestaan.
- Die groot gode was deur die priester in die tempels vereer, terwyl elke huis sy eie huisgode gehad het. Die gewone mens het geen verband tussen homself en Jupiter getrek nie en hy het Jupiter ook nie aanbid nie. Elke gesin het deur oorlewering sy eie gode gehad wat hulle vereer het. Hierdie gode was gewoonlik iemand uit hulle voorgeslag wat iets uitsonderliks bereik het en dan verafgod was. Na sy dood word hy ‘n god en beskerm dan sy familie.
- Hierdie verering van hulle gode was nie aanbidding nie, maar verering. Daar was geen geloof ter sprake nie en dit was vir die Romeine bygelowig as iemand emosioneel raak oor sy god se verering. Daar was ook geen voorskrif deur die Pagan godsdiens van hoe so ‘n huisgod vereer moes word nie, maar dit was deel van die oorlewering van die voorgeslagte. Die presiese volg en uitvoer van die oorgelewerde voorskrif was egter baie streng en daarvan mag nie afgewyk geword het nie. Indien die ritueel ‘n seker tipe wyn of meel voorgeskryf het, moes dit streng nagekom word en ‘n alternatief was buite die kwessie.
- Hierdie godsdiens het dus bestaan uit rituele wat op onemosionele wyse en op streng voorskrif van oorlewering gedoen was. Die doel van die verering was om bonatuurlike gawes van die god af te ontvang en na die gesin se welsyn om te sien. Daar was ‘n afgesonderde plek in die huis waar daardie god gebly het en waar hy vereer was.
- Wanneer dit by die groot gode gekom het was hulle slegs deur die aangestelde priester vereer en dit het in die tempel gebeur omdat die god in daardie tempel gebly het. Daar was ook rituele waardeur die groot gode vereer was en dit het ook deur oorlewering gekom en moes streng uitgevoer word. Hierdie groot gode het omgesien na ‘n volk en nie ‘n huisgesin nie. Ook was hier geen sprake van geloof in ‘n god nie, of ‘n verhouding met ‘n god nie, maar bloot net dinge wat gedoen moet word, sodat hulle die guns van die god kan kry.
Met hierdie duisend jaar se agtergrond van Pagan godsdiens, het die Christelike geloof nou die amptelike godsdiens van die Romeinse Ryk geword. Die Romeine het nie almal verander en Christene geword nie, maar die Christelike geloof het Pagan geword. Dit was en is nie moontlik om almal wat in die Romeinse ryk is (1miljoen volwassenes) te verander van afgodeaanbidders tot oortuigde, wedergebore gelowiges in Christus, met ‘n liefdesverhouding met Hom, bloot net omdat die keiser ‘n verklaring gemaak het nie.
Wat nog meer druk op die ware Christelike geloof geplaas het, is dat hierdie Christelike godsdiens van die Romeinse Ryk nou die enigste wettige godsdiens was en dat enige ander aanbidding verbied was. Pagans mag nie meer Pagan wees nie, maar moet nou Christene wees. Die natuurlike verloop van transformasie het veroorsaak dat “Christen” en “Pagan” dieselfde betekenis gehad het. Christelike godsdiens word Pagan godsdiens bloot net omdat die Pagan godsdiens duisend maal sterker was as die Christen geloof.
Tempels en katedrale is die noodwendige gevolg. Hiërargie moet gebeur, want hoe gaan orde gehandhaaf word in so ‘n enorme organisasie? Wie is dan nou in beheer van hierdie organisasie en wie dui die rigting aan? Hierdie is nou nie meer onbelangrike mense wat op lukraak geleenthede bymekaar kom in mense se huise nie, maar hierdie het nou betrekking op die ganse mensdom onder die regering van die Romeinse Ryk. Maak ‘n plan, maak dit werk, want dit is nou julle enigste opsie, di’s die amptelike geloof.
Weg is die aanbidding, want ‘n Pagan sien dit as bygelowigheid. Weg is die verhouding met God, want Pagans het nie verhouding met hulle gode nie. Wie in die kerk is die hoofleier?, die Pontifex Maximus. Die hoofpriester van die Pagan godsdiens was die Pontifex Maximus en nou is die hoof van die Christelike kerk die Pontifex Maximus. Vandag is die hoof van die Romeinse kerk nog steeds die Pontifex Maximus. Priesters van die Pagan godsdiens word vervang met priesters van die Christelike kerk. In meeste gevalle was die ou en die nuwe priester dieselfde persoon.
Priesters moet ‘n gesagstruktuur hê en daarom word biskoppe aangestel met die pous as hoof van die kerk. Beelde van die Pagan gode kry nuwe name en soms nuwe beelde en Zeus word Apollos en Apollos word Petrus. Petrus se beeld is tot vandag een van die gewildste items in die kerk in Rome.
Was dit nie vir die woorde van Christus self nie, sou hierdie situasie seker die ondergang van die ware gemeente beteken het. Matthéüs 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.
Dit is en was die perfekte plan van die Satan om die lig van God se Woord dood te maak. Kaap die posman en sy briewetas en sit jou eie briewe, met jou eie boodskap en stuur jou eie posman. Ons moet agterkom dat ons posman verander is en nie die briewe bring wat God gestuur het nie, maar die briewe van Satan.
Die krag van die keiser word al minder en die gesag van die Romeinse Ryk verskuif stelselmatig na die pous, die hoof van die kerk. Stelselmatig word verderflike ketterye heimlik ingevoer tot voordeel van die kerk en nadeel van die hoorder. Om toegang tot die Bybel te voorkom, word alle weergawes wat nie in Latyn is nie verbied. Meeste mense was nie Latyn magtig nie en moes net die woorde van sy priester aanvaar. Gewone mense, en selfs priesters, kan nie die Skrif uitlê nie en net die Pous mag dit doen. Niemand mag met die pous verskil nie.
Dit is die begin van die donker eeue. Die kerk neem beheer oor almal se denke. Die pous se mag word goddelik, want hy kan mense tot die hel veroordeel, of tot die hemel toelaat. ‘n Vrees vir hom hang oor alle konings, vorste, grondeienaar, asook slawe. Niemand kom in opstand teen die pous en teen die kerk nie. Alle konings onderwerp hulle aan die gesag van die pous, omdat hy hulle met die hel kan dreig. Die keiser van die Romeinse Ryk bestaan nie meer nie, maar lank lewe die pous wat die heerskappy van die Romeinse Ryk voortsit.
Openbaring 13:1-4 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Duisend vyfhonderd jaar na Christus kom Martin Luther op die toneel. Hy is soos enige ander persoon ‘n toegewyde kerkmens, want di’s die enigste opsie wat daar was. Ander mense het al die kerk bevraagteken, maar nadat hulle as ketters verklaar was het hulle op die brandstapel beland, want die kerk duld geen opposisie nie. Daar bestaan geen godsdiensvryheid nie en alle lande se konings forseer die Romeinse Kerk se godsdiens af.
Luther was ‘n student op pad terug stad toe na ‘n vakansie by die huis, toe hy deur ‘n geweldige donderstorm oorval was en hy gevrees het vir sy lewe. Tydens sy pleit vir sy lewe beloof hy aan sy eie gesin se huisgod dat hy sy lewe sal afsonder vir die kerk.
Hy verlaat die universiteit en word deel van ‘n baie streng monnik-orde. Omdat hy so ‘n noue ontkoming van die dood ervaar het, verlaat daardie benoudheid hom nooit nie en hy vrees die dood omdat hy nie weet wat met hom gaan gebeur as hy sou sterf nie. ‘n Geweldig soeke na verlossing oorval hom en hy doen alles waarvan hy weet om die hel vry te spring.
Omdat hy so toegewyd aan die kerk is en sy erns vir almal opsigtelik is, word hy na Wittenberg gestuur om by hulle universiteit te studeer. Hy was reeds ‘n priester van die kerk, maar na ‘n kort tydjie word hy ‘n professor by Wittenberg Universiteit. Sy soeke het egter nooit opgehou nie en volgens die voorskrif van die kerk, bely hy vier keer ‘n dag sy sonde voor die priester, maar soms op pad terug van die belydenis af gaan hy alweer terug, want hy twyfel in sy eie opregtheid tydens sy belydenis en vrees dat hy dalk nie vergewe is nie.
By Wittenberg was hy die eerste keer blootgestel aan die Nuwe Testament en hoewel hy al ‘n priester in die kerk was, het hy geen kennis van die evangelie van verlossing gehad nie. Die rituele van die kerk en die sakramente was veronderstel om sy saligheid te bewerk, maar toe lees hy iets in die nuwe testament wat sy lewe verander. Hebreërs 10:38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.
Luther besef dat daar groot misleiding in die kerk is en dat regverdigmaking nie is wat hy en die res van die kerk aan die lede verkondig nie. Terwyl hy nog ‘n priester in die kerk is, skryf hy verskeie boeke oor misleiding en waarheid. Hy spyker ook sy 95 stellinge op die deur van die universiteit vas. Die doel van hierdie stellinge was ter bespreking van die studente by hulle volgende byeenkoms, maar hierdie stellinge se tydsberekening was anders as vorige stellinge.
Hierdie 95 stellinge het ook soos die voriges gegaan oor die vergrype van die kerk en verkeerde leringe, maar hierdie stellinge was teen die deur geplaas net toe die drukpers uitgevind was. Van Luther se studente het sy stellinge in Duits vertaal en dit deur ‘n drukpers gesit en menigte afskrifte gemaak wat hulle onder die publiek versprei het.
Die gevolg van hierdie klein aksie is wat ons vandag ken as die “hervorming”. Luther het dit nie beplan nie en hy het ook nie in opstand teen die kerk gekom nie, maar nadat die publiek gehoor het wat Luther sê, het hulle begin vrae vra oor die kerk. Luther word bekend deur die hele kerk en trek selfs die aandag van die pous. Sy doel is nie om die kerk te veg nie, maar te hervorm. Hy het net nie besef hoe ver die kerk van die oorspronklike gemeente in die bovertrek was nie.
Later kom hy tot die gevolgtrekking dat hervorming buite die kwessie is en verlaat die kerk. Die lewe van daardie tyd was totaal anders as ons tyd en ons verstaan soms nie wat by hulle gebeur het nie, omdat ons die gebeure aan ons omstandighede meet. Daar was in hulle tyd geen godsdiensvryheid nie, maar die staat het vir alle mense voorgeskryf wat hulle mag en moet glo. In Luther se tyd was dit die Romeinse Kerk. Selfs ateïsme was nie ‘n opsie nie.
Nou is Luther as ‘n ketter verklaar en die kerk vervolg hom. In Duitsland het hy geweldig baie steun, maar almal word deur die owerhede verplig om in die kerk te wees en te ondersteun wat hulle sê. ‘n Burgeroorlog gebeur in Duitsland. Die regering, wat die kerk en sy lering voorskryf, veg teen hulle wat protesteer teen die kerk, daarom noem ons hulle protestante. Om weer vrede te kry besluit die verskillende prinse van die verskillende provinsies om elke provinsie die vryheid te gee om self te kies tussen Romeins-Katoliek of Protestant.
Dit veroorsaak ‘n sekere mate van godsdiensvryheid, maar beperk tot twee keuses en daardie keuse word ook vir die burgers van die provinsie gemaak. Die Romeins-Katolieke keuse is makliker as die Protestantse, want die prins van elke staat wil nie noodwendig die kerk herontdek nie. ‘n Alternatief vir die Romeinse Kerk moet gou gekry word en dit het die Lutherse Kerk tot stand gebring. Die regering van die prins verwag ook nie ‘n los manier van aanbidding nie, maar ‘n struktuur met ordes en dissiplines. Wat volg is ongelukkig nie dit wat Christus aan sy dissipels oorgelaat het nie, maar bloot net ‘n alternatief tot die Romeinse godsdiens.
Luther verminder die sewe sakramente van die Romeinse Kerk na drie, maar los die doop van die Romeinse Kerk onveranderd. Nagmaal bly ‘n sakrament, maar hy verklaar nie dat die broodjie letterlik in die liggaam van Christus verander nie. Verder hoef mense nie hulle sonde voor ‘n priester van die kerk te bely nie, en verlossing is nie net in, en deur die kerk nie.
Hierdie gebeure in Duitsland het die hele wêreld aan die gons en al meer mense begin die kerk bevraagteken. Baie lande en stede verander na Protestantisme, maar omdat dit vreemd en onbekend is, vind baie geledere dit moeilik om te verander. Baie lande se konings vind die verandering vreemd en soms selfs verkeerd en verbied dit. Ons moet onthou dat godsdiensvryheid nie bestaan het nie en dat die kerk wat jy dien, die kerk is wat vir jou voorgeskryf was.
Die Franse koning het Romeins-Katoliek gekies en die burgers moes dit ook kies. Die Engelse koning het ‘n argument met die pous gehad en sy eie kerk “Anglikaans”, begin en die burgers van Engeland moes verander. Switserland het gehink op twee gedagtes en was oop vir voorstelle. Spanje was fanaties Romeins-Katoliek en het ander gelowe uitgeroei. Holland het Protestantisme gekies en was daardeur vir tagtig jaar in oorlog met Spanje.
~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~
003 Die doel van die Gemeente en Calvyn se invloed. (28-04-2024)
- Gaan heen en maak dissipels en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.Matt. 28:19
- Die Liggaam van Yahshua was dus ‘n middel tot ‘n doel en die Liggaam was nie die doel nie.
- Die Rooms-Katolieke Kerk is die doel en meeste kerke vandag is die doel van die gelowiges.
- Iemand wat ‘n dissipel word, moet oorgaan van die koninkryk van duister na die Koninkryk van lig.
- Hy moet sekerheid hê oor sy geregtigheid in Yahshua en sy reg om in die Koninkryk van God in te gaan.
- Het die Rooms-Katolieke Kerk daarin geslaag? Het die Protestantse kerke daarin geslaag? Slaag die kerke van vandag daarin?
- Watter kerklidmaat weet of hy gered is en op grond waarvan is hy gered? Word die weg na die Koninkryk van God verkondig volgens die enigste smal weg, of hou ons net kerk, want dit is ‘n bevrediging van die vlees en ons voel goed oor onsself as ons byeenkomste bywoon?
- Die enigste manier hoe ons kan oorgaan van die koninkryk van duisternis na die Koninkryk van Lig, is om die Woord van God hoor, en al hoe ons die Woord kan hoor, is as iemand dit verkondig. Doen kerke dit, of bestaan byeenkomste net uit rituele en sogenaamde lofprysing?
- Ons kan die evangelie van verlossing verkondig sonder ‘n kerk en ‘n preekstoel, maar ons kan nie die evangelie van verlossing verkondig met ‘n kerk, sonder die evangelie van verlossing nie. Ons kan dus kerk hou, maar sonder om die doel te bereik.
Hoekom is ons dan so bang om die kerk te verlaat?
- Ons is geleer deur oorlewering dat verlossing binne die kerk geskied
- Ons soek ‘n middelaar tussen ons en YHWH en die kerk vervul daardie rol. Christus is egter ons Middelaar en niemand anders nie. As iemand anders as Christus daardie rol sou vervul, is hy die Antichris (in die plek van Christus). Ons wil nie direk met God praat nie en ons wil nie direk by Hom hoor nie, daar moet iemand tussen ons en Hom wees en dit is ons Dominee, Pastoor, Priester, Oudste, ens. My liefde gaan na my kerk, my offers gaan na my kerk, my lojaliteit gaan na my kerk, maar ek ken God nie.
Calvyn dra geweldig baie by tot vormgodsdiens en die vorming van die Protestantse Kerk:
Calvyn was ‘n student aan ‘n universiteit in Frankryk. Hy het gehoor van protestantisme en het dit baie interessant gevind. Sy pa was ‘n opsigter in die Romeinse Kerk en Calvyn was bekend met die leringe van die kerk. Op Universiteit het hy baie gesprekke en aanbiedinge oor- en van die protestantse alternatief bygewoon en het oortuig geraak dat hulle siening meer reg is as die van die kerk. In daardie tyd het die verdraagsaamheid teenoor protestante in Frankryk begin verander en hy het besluit om liewer die land te verlaat.
Sy plan was om Duitsland toe te gaan, want daar is die bron van protestantisme, sodat hy hom meer daarmee kan vergewis. Op pad Duitsland toe slaap hy oor in Genève, Switserland, en ‘n protestantse kennis van hom oortuig hom om daar te bly en hulle geestelike leier in hulle nuutgevonde protestantse stad te word. Die stadsraad besluit watter godsdiens die stad handhaaf en die stadsraad stel ook die amptenare aan. Hulle was vir honderde jare gewoond aan die Romeinse Kerk en nou het hulle ‘n Protestantse Kerk, maar hulle is onkundig en onbeholpe met die uitvoering en aanbieding van die praktiese.
Calvyn blink uit in die ontwerp en praktiese uitvoering van ‘n Protestantse alternatiewe Kerk in plek van die Romeinse Kerk. Hy is bekend vir sy Institusies wat hy geskryf het, wat as ‘n riglyn funksioneer vir enige Protestantse Kerk. Hiervolgens verklaar hy die Bybel aan, en vir sy volgelinge. Tot vandag toe is hy een van die mense met die meeste invloed in Protestantse Kerke. Daar word egter steeds onderskeid gemaak tussen Protestantisme en Calvinisme.
Die toestant was nou as volg:
‘n Skot moes ‘n Calvinis wees, ‘n Brit moes ‘n Anglikaan wees, ‘n Fransman moes ‘n Romeins-Katoliek wees en ‘n Duitser kon kies tussen Romeins-Katoliek en Lutheraan, afhangende wat sy prins gekies het. Wat ‘n toestand! Niemand se godsdiens is gebaseer op oortuiging nie, maar bloot die aanhang en ondersteuning van ‘n organisasie wat deur sy regering vir hom aangewys was.
Die hervorming van die Romeinse-Katolieke Kerk het dus nie veel gevorder van waar die Romeinse Kerk was nie, en die Romeinse Kerk was ‘n aangepaste Pagan godsdiens.
Geen een van die protestantse kerke het hierdie volgende verse in die Bybel gelees en dit verstaan nie:
Johannes 3:1-12 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is. 9 Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur? 10 Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie? 11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie. 12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?
Handelinge 2:37-40 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 39 Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. 40 En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
Johannes 18:36-38 Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie. 37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na My stem. 38 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.
Die Romeins-Katolieke Kerk en die Protestantse Kerk was vir- en van hierdie wêreld. Die heersers het die mense net toegelaat om een van die twee te kies, dus was hulle albei vir hierdie wêreld, omdat hulle goedgekeur was deur die heersers van die wêreld. Yahshua het nie deel van die Romeinse Ryk geword nie, maar die kerk het.
~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~ ~“~
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Met wie is die Nuwe Verbond? (2023)
– Banie Swanepoel:

(001) Met wie is die Nuwe Verbond? [Inleiding] (17-09-2023)
(002) Met wie is die Nuwe Verbond? [Maar wie is die Heidene van die Nuwe Testament?] (24-09-2023)
(003) Met wie is die Nuwe Verbond [Jakob en Easau] (01-10-2023)
(005) Met wie is die Nuwe Verbond [Hoe word mens deel van die Verbond met God?] (08-10-2023)
(006) Met wie is die Nuwe Verbond [Die verstrooide nageslag] (22-10-2023)
(007) Met wie is die Nuwe Verbond [Kinders van Abraham deur geloof] (29-10-2023)
(008) Met wie is die Nuwe Verbond [‘n Verbond as gevolg van liefde] (05-11-2023)
(009) Met wie is die Nuwe Verbond [Johannes 3: 16] (12-11-2023)
(011) Met wie is die Nuwe Verbond [Hoekom wek GOD ons op in die laaste dag?] (03-12-2023)
(012) Met wie is die Nuwe Verbond? [YHWH praat oor sy volk] (10-12-2023)
(001) Met wie is die Nuwe Verbond? [Inleiding] (17-09-2023)
- Met wie is die 2de Verbond?
- Daar is ‘n vereiste en ‘n verwagting van GOD af, vir ons, om Hom te hoor en te kan glo.
- Om ons geloof te verander, is een van die moeilikste dinge om te doen, want ons verloën ons eie beginsels.
- Wat verwag VADER van ons?
- Solank as ek mense wil behaag, kan ek GOD nie behaag nie.
Met wie is die Nuwe Verbond gemaak?
Jeremia 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel (10 stamme) en die huis van Juda (2 stamme) ‘n nuwe verbond (Nuwe Testament) sal sluit;
Met wie was die Ou Verbond gemaak?
Génesis 17:1 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. 2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. 3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: 4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. 5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. 6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. 7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Het die eerste Verbond dan sekere mense uitgesluit?
Deuteronómium 7:6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.
Exodus 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. 5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. 6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
Amos 3:1 Hoor hierdie woord wat die HERE oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik: 2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.
Was GOD dan net minder lief vir die ander nasies?
Deuteronómium 7:1 As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy; 2 en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
Jesaja 43: 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek (ander) mense in jou plek en (ander) volke vir jou lewe.
Hoekom het GOD dan net Sy verbond met sekere mense gemaak?
Deuteronómium 7:6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 9 Jy moet dan weet dat die HERE jou God, God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
Maleági 1:1 Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági. 2 Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, 3 maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee. 4 As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
Romeine 9: 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
Maar het GOD dan nie Sy verbond met Israel verbreek en ‘n nuwe verbond met die kerk gesluit nie?
Jeremia 33: 23 Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24 Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25 So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26 dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm.
Hebreërs 8:6 Maar nou het Hy (Yahshua) ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.
Yahshua het tog gekom om almal te red, of hoe…?
Matthéüs 1:20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Handelinge 13:22 En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen. 23 Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek,
Handelinge 5:30 Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. 31 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(002) Met wie is die Nuwe Verbond? [Maar wie is die Heidene van die Nuwe Testament?] (24-09-2023)
Romeine 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. 12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. 13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Romeine 1:16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. 17 Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.
Romeine 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. 29 Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, 30 aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.
Handelinge 10: 34 En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, 35 maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. 36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal. 37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het, 38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was. 39 En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang. 40 Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn 41 nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het. 42 En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode. 43 Aangaande Hom (Yahshua) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo (Net met Israel), vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. 44 En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. 45 En die gelowiges uit die besnydenis (2 stammeryk), almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. 46 Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: 47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? 48 En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly.
Handelinge 11:1 En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het. 2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis 3 en gesê: By onbesnede manne (10 stammeryk) het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet. 4 En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê: 5 Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in ‘n verrukking van sinne het ek ‘n gesig gesien: ‘n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos ‘n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.
Handelinge 11:9 En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Handelinge 11:15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin. 16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word. 17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder? 18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.
Handelinge 15:1 En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie. 2 Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog ‘n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk. 3 En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf. 4 En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het. 5 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. 6 En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek. 7 En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. 8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 9 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. 10 Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? 11 Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook. 12 En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het. 13 En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my! 14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 16 Daarna sal Ek (Yahweh) terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
1 Konings 11:1 En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese— 2 uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang.
1 Konings 11:11 Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee. 12 Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur. 13 Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het.
1 Konings 11:30 Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke, 31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; 32 maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel—
Hoséa 1:1 Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 2 Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4 En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 5 Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6 Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof (Yahshua) aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 12 Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma.
Romeine 9: 22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn (Egiptenare) wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid (Israeliete) wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode (2 stamme) nie, maar ook uit die heidene (10 stamme)? 25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(003) Met wie is die Nuwe Verbond [Jakob en Esau] (24-09-2023)
Johannes 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. 64 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai. 65 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. 66 Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie. 67 Toe sê Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? 68 En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. 69 En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God. 70 Jesus antwoord hulle: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel! 71 En Hy het bedoel Judas Iskáriot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat een van die twaalf was.
Esau se eergeboortereg: (Génesis 25: 19 – 34)
Isak seën Jakob (Génesis 27)
Romeine 9: 6 Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte (Isak) word gereken as die nageslag. 9 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun (Isak) hê. 10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders (Esau en Jakob) nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. (Gén. 25:22,23) 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15 Want aan Moses sê Hy (EK IS Geregtigheid): Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. (Exo. 9: 13 – 16) 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
Romeine 9:1 Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2 dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4 Hulle is Israeliete …
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(004) Met wie is die Nuwe Verbond [Wat beinvloed ons besluitneming oor waarheid en dwaling] (08-10-2023)
- In ‘n Argument, van mens soms eerder die persoon aan, as sy argument.
- Kundiges en geleerdes kan ook verkeerd wees.
- Moenie vaskyk in die twee opsies nie, ondersoek of daar nie dalk ‘n derde opsie is nie.
- Moenie net die gemakliker opsie kies, omdat die enigste ander opsie, sleg is nie.
- Moenie verdoemende opsies self verdoem, voordat jy die nie self ondersoek het nie.
- Definisies van woorde word verander en dan kan jy nie ‘n debat voer nie.
- Moenie oorhaastig gevolgtrekkinge maak nie.
- Moenie ‘n algemene aanvaarde argument, self ook net aanvaar nie.
- Wat is die waarborg van ons argument?
- Moenie die argument weeg aan die organisasie wat hulle daaraan verbind nie.
- Een deel van die argument wat reg is, maak nie noodwendig die hele argument reg nie, en andersom.
- Die posman lewer net die brief af.
- ‘n Swak aanbieding, maak nie die argument vals nie.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(005) Met wie is die Nuwe Verbond [Hoe word mens deel van die Verbond met God?] (08-10-2023)
2 Johannes 1: 4 Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons ‘n gebod van die Vader ontvang het.
2 Johannes 1: 8 Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang.
- Jy word ‘n gelowige
Galàsiërs 3:7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
- Jy word gedoop en die doop is in plek van die besnydenis
Kolossense 2: 11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, 12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
- Hoe het die mense van die Oo Testament deel geword van die verbond? Jy moes die letterlike nageslag van Abraham wees.
Génesis 15: 1 Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot. 2 Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? 3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. 4 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. 5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. 6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. 7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee. 8 En hy sê: Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem? 9 En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land (Egipte) wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel (Yahweh) tussen dié stukke vleis deur. 18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
2. Maar Abraham kry geen letterlike nageslag nie en verander God se wil.
Génesis 16: 1 Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het ‘n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar. 2 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister. 3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin—nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het—en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees. 4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword.
Génesis 16: 15 En Hagar het vir Abram ‘n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem. 16 En Abram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.
3. Maar God laat nie sy wil verander nie en maak nie met Ismael ‘n verbond nie, maar net met Isak.
Génesis 17: 18 En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig! 19 Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom. 20 Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak. 21 Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.
- Abraham wil Ismael graag deel van God se verbond maak, maar God wil nie met Ismael ‘n verbond maak nie.
- Abraham het later nog ses seuns gehad, maar God maak ook nie met hulle ‘n verbond nie.
- Hoewel Abraham dus agt seuns as nageslag gehad het, maak God met net een seun ‘n verbond.
4. Was dit nie moontlik vir Ismael om deel van die verbond te word nie?
Génesis 21: 9 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot; 10 en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie. 11 En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun. 12 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word.
Galàsiërs 4: 28 Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; 29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. 30 Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. 31 Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.
Romeine 9: 7 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte (Isak) word gereken as die nageslag.
Génesis 22: 2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.
5. Isak en sy nageslag word verbondskinders, maar ook nie al sy kinders nie.
Maleági 1: 1 Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági. 2 Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, 3 maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
Romeine 9: 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!
6. Jakob het twaalf seuns en al twaalf is deel van die verbond.
- Hierdie twaalfs seuns word die 12 stamme van Israel en God bevestig sy verbond met hulle, net hulle, by die berg Sinai
Deuteronómium 7: 1 As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy; 2 en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie. 3 Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie—jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie; 4 want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg. 5 Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand. 6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
7. Wat is die verbond met Israel? Is dit die ewige lewe?
Génesis 17: 7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou (Abraham) en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Exodus 6 : 5 Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ‘n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; 6 en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees.
Exodus 29: 44 So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien. 45 En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ‘n God wees;
8. Maar vir wie is die ewige lewe dan?
Jesaja 59: 20 Maar vir Sion kom Hy (Yahshua) as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE.
- Al twaalf die stamme is dus uitverkies om sy volk te wees, maar net die wat binne die twaalf stamme is en hulle tot God bekeer sal die ewige lewe beërwe.
Romeine 11: 25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het (die wilde-olyf); 26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; 27 en dit is van My kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.
9. Maar wat dan van die nuwe verbond? Was dit nie met alle volke nie?
Jeremia 31 :31 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit;
Hebreërs 8: 8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,
Matthéüs 15: 22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! 26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
Galàsiërs 3: 7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(006) Met wie is die Nuwe Verbond [Die verstrooide nageslag] (22-10-2023)
Wie is Israel?
As die nuwe Verbond ook met Israel is, wie is Israel?
- Die Jode
- Die kerk
- Die letterlike verstrooide nageslag van Jakob
Die provinsie sal eerstens kan aandui of dit letterlik of geestelik is en tweedens of die Jode, of die verstrooide 12 stamme die nageslag is.
Deuteronómium 4:22-39 Want ek sal in hierdie land sterwe, ek sal oor die Jordaan nie gaan nie; maar julle sal oorgaan en daardie goeie land in besit neem. 23 Neem julle in ag dat julle die verbond van die HERE julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede beeld maak nie—’n gelykenis van enigiets wat die HERE jou God jou verbied het. 24 Want die HERE jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God. 25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ‘n gesnede beeld maak, ‘n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg, 26 dan neem ek vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die land sal vergaan waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem; julle sal die dae daarin nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word. 27 En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en ‘n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe. 28 En daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik nie. 29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. 30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister. 31 Want die HERE jou God is ‘n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie. 32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat voor jou gewees het, van die dag af dat God mense op die aarde geskape het, en van die een einde van die hemel tot by die ander einde van die hemel, of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is. 33 Het ‘n volk die stem van God uit die vuur hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly? 34 Of het ‘n god probeer om vir hom ‘n nasie uit ‘n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het? 35 Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie. 36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor. 37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is— 39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
Jesaja 11:6-12 Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en ‘n klein seuntjie sal hulle aanja. 7 Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; 8 en die suigling speel by die gat van ‘n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van ‘n basilisk. 9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek. 10 En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as ‘n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees. 11 En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see; 12 en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.
Jeremia 30:3-11 want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem. 4 En dit is die woorde wat die HERE gespreek het oor Israel en Juda: 5 Want so sê die HERE: Ons het ‘n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie! 6 Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander? 7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word. 8 En op dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie. 9 Maar hulle sal die HERE hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek. 10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak. 11 Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos.
Johannes 11:49-52 En een van hulle, Kájafas, wat daardie jaar hoëpriester was, sê vir hulle: Julle weet niks nie 50 en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie. 51 En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe. 52 En nie alleen vir die volk nie, maar ook om die verstrooide kinders van God tot ‘n eenheid saam te voeg.
1 Petrus 1:1-2 Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!
Jakobus 1:1 Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
Romeine 10:1-2 Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2 Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.
Is die Jode in Palestina die volk van God volgens:
Ontmoet Die Moderne Jood (2021)
Romeine 11:24-26 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word? 25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;
Nou wie is die Jode dan?
Openbaring 2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
Openbaring 3:9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.
Pasop vir misleiding, dit is een van die tekens:
Matthéüs 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Matthéüs 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Matthéüs 24: 24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Eségiël 37:21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. 22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie. 23 En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees. 24 En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. 25 En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig. 26 En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. 27 En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees. 28 En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
Eségiël 36:19 En Ek het hulle verstrooi onder die nasies en hulle is versprei in die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul wandel en hul handelinge. 20 En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek. 21 Toe het dit My ter harte gegaan om my heilige Naam ontwil wat die huis van Israel ontheilig het onder die nasies waar hulle gekom het. 22 Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het. 23 En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken. 24 En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. 25 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig. 26 En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. 27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. 28 En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My ‘n volk en Ek sal vir julle ‘n God wees. 29 En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede; en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie. 30 En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie. 31 Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels. 32 Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel. 33 So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word. 34 En die verwoeste land sal bewerk word, in plaas dat dit ‘n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. 35 En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon. 36 Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(007) Met wie is die Nuwe Verbond [Kinders van Abraham deur geloof] (29-10-2023)
Galásiërs 3: 6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
Galásiërs 1:10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie ‘n dienskneg van Christus wees nie.
Galásiërs 2:1 Daarna, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan met Barnabas, en Titus ook saamgeneem. 2 Maar ek het opgegaan op grond van ‘n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.
Galásiërs 2:7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes—
Handelinge 15: 14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 16 Daarna sal Ek (Yahshua) terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
Galásiërs 2:7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes— 8 want Hy wat Petrus bekragtig het met die oog op die apostelskap vir die besnedenes (2 stamme), het my ook bekragtig met die oog op die heidene (10 stamme) — 9 en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan;
Galásiërs 2: 15 Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie, 16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet (Ou Verbond) nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus (Nuwe Verbond), selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
Galásiërs 3: 5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 2:16 selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus 6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene (10 stamme) uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
:8 In jou sal al die volke geseën word.
Matthéüs 1: 21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Galásiërs 3: 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham. 10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. 11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. 12 Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— 14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. 15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. 16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. 17 Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie. 18 Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ‘n belofte genadiglik geskenk. 19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad (Yahshua) aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar. 20 En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een. 21 Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ‘n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees. 22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. 23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—14 sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. 15 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie
:23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Galásiërs 4: 4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, 5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
Galásiërs 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(008) Met wie is die Nuwe Verbond [‘n Verbond as gevolg van liefde] (05-11-2023)
Deuteronómium 4: 37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is— 39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
Deuteronómium 7: 6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7 Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8 Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Jesaja 63: 7 Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede. 8 Want Hy het gesê: Hulle is tog my volk, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle ‘n Heiland geword. 9 In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelyde het Hy hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd.
Hoséa 4: 1 Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hoséa 6: 4 Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos ‘n môrewolk en soos ‘n dou wat vroeg weer verdwyn.
Hoséa 6: 6 Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
Hoséa 9: 10 Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar húlle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en ‘n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.
Hoséa 11: 1 Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep. 2 Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan. 3 En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie. 4 Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.
Maleági 1: 1 Godspraak. Die woord van die HERE aan Israel deur die diens van Maleági. 2 Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad, 3 maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte ‘n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
Jesaja 54: 5 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. 6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeug tyd as sy versmaad was, sê jou God. 7 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser. 9 Soos in die dae van Noag is dit vir My: soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. 10 Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredesverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.
Deuteronómium 23: 5 Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in ‘n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.
Númeri 24: 1 Toe Bíleam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai. 2 Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom. 3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek. 4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het. 5 Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel! 6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ‘n rivier, soos alewees wat die HERE geplant het, soos seders by die water.
Hooglied 4: 7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie. 8 Saam met my van die Líbanon af, bruid, saam met my van die Líbanon af, o kom! Trek af van die top van Amána, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds. 9 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad. 10 Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye! 11 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die Líbanon. 12 My susterbruid is ‘n geslote tuin, ‘n geslote bron, ‘n verseëlde fontein. 13 U spruite is ‘n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus, 14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye. 15 U is ‘n fontein van die tuine, ‘n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei. 16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsem geure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.
Hooglied 8: 6 Dra my soos ‘n seëlring op u hart, soos ‘n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ‘n gloed van vuur, ‘n vlam van die HERE. 7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ‘n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.
Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Johannes 13: 1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
Jeremia 31: 1 In dié tyd, spreek die HERE, sal Ek vir al die geslagte van Israel ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 2 So sê die HERE: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel. 3 Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. 4 Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers. 5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samaría; die planters sal plant en die vrugte geniet. 6 Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God. 7 Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel! 8 Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde; blindes en lammes, swangeres en barendes onder hulle, almal saam; in ‘n groot vergadering sal hulle terugkom hiernatoe. 9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op ‘n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel ‘n Vader, en Efraim is my eersgeborene. 10 Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos ‘n herder sy kudde. 11 Want die HERE het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy.
Openbaring 21: 1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. 7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. 8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. 9 En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. 10 En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; 11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspis steen. 12 En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel. 13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte. 14 En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam.
As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.
Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.
Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?
Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.
Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.
Jesaja 54:5-8 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word. 6 Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. 7 Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. 8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.
Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.
Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.
Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.
Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.
As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.
Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.
Jesaja 49:14-16 Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16 Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11 Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!
Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.
Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(009) Met wie is die Nuwe Verbond [Johannes 3:16] (12-11-2023)
Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Johannes 6: 41 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het. 42 En hulle sê: Is Hy nie Jesus, die seun van Josef, wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe sê Hy dan: Ek het uit die hemel neergedaal? 43 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Moenie onder mekaar murmureer nie. 44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
2 Thessalonicense 3 :1 Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle; 2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.
Matthéüs 15: 22 En ‘n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete. 23 Maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan. 24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. 25 Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my! 26 Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. 27 En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 28 Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
Matthéüs 2: 6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n Leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n Herder sal wees.
Lukas 1: 67 En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê: 68 Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het, 69 en ‘n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg—
Lukas 1: 33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid…
Johannes 1: 50 Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel! 51 Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.
Handelinge 7: 37 Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.
Handelinge 28: 20 Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is.
Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad…
Johannes 13: 1 En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.
Handelinge 28: 26 en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. 27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.
Amos 3: 2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede. 3 Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het? 4 Sal ‘n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal ‘n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie? 5 Sal ‘n voël in ‘n net val op die grond as daar vir hom geen strik gestel is nie? Sal ‘n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie? 6 Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie? 7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
Deuteronómium 10: 14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Jesaja 43: 1 Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3 Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4 Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 5 Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. 6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, 7 elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. 8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. 9 Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid! 10 Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is—voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie. 11 Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie. 12 Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God. 13 Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer? 14 So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het. 15 Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning. 16 So sê die HERE wat in die see ‘n weg en in die sterk waters ‘n pad gemaak het, 17 wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos ‘n lamppit uitgedoof. 18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. 19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. 20 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink. 21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. 22 Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel! 23 Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie. 24 Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede. 25 Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.
Psalms 147: 19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge. 20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(010) Met wie is die Nuwe Verbond [Israel en Israel, Jode en Jode, heidene en heidene] (19-11-2023)
Israel bestaan uit twaalf stamme en is vernoem na hulle aartsvader: Jakob. Jakob se naam was verander na Israel nadat hy by die drif van die Jabbokrivier met God geworstel het.
Génesis 32:26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. 27 En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. 28 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
God maak ‘n ewige Verbond met Jakob en sy twaalf seuns en Hy bevestig sy Verbond by Sinai met hulle nageslag.
Deuteronómium 4:36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor. 37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is— 39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
Hierdie verbond was met geen ander volk nie, maar net met die Israeliete, naamlik die twaalf stamme van die volk Israel. Hierdie volk is ‘n geslag en niemand kan deel daarvan word, behalwe deur daarin gebore te wees nie, net soos ons eie gesin.
Amos 3:1 Hoor hierdie woord wat die HERE oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik: 2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; dáárom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.
In die land Kanaän word Saul koning oor die twaalf stamme, maar nadat God die koningskap van sy nageslag af weggeneem het, maak Hy Dawid koning in sy plek. Dawid was ‘n man na God se hart en daarom belowe God aan Dawid dat daar uit sy nageslag altyd vir Israel ‘n koning sal wees.
Nageslag beteken die seun van, die seun van, die seun van…
Salomo word koning na Dawid, maar hy sondig swaar teen God deur met baie uitlandse vroue te trou, van die wat God verbied het. Salomo het hulle met liefde aangehang. Hierdie oortreding moes dieselfde effek vir Salomo gehad het as wat Saul se ongehoorsaamheid vir hom tot gevolg gehad het, maar as God dieselfde teenoor Salomo sou optree deur die koningskap van sy nageslag af weg te vat, sou God sy belofte aan Dawid gebreek het, en Hy kan nie.
Psalm 89:4 Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe: 5 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.
Nadat Salomo koning was, word sy seun Reabiam koning in sy plek, maar nie oor die hele Israel (al twaalf die stamme) nie, maar net oor Juda en Benjamin. Die ander stamme skeur weg van Reabiam af en vorm ‘n ander volk en hulle koning was Jerobiam.
1 Konings 11:30 Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke, 31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;
Met hierdie gebeurtenis gebeur die eerste verwarring betreffende die naam Israel.
Die suidelike twee stamme onder koning Reabiam, die seun van Salomo, staan nou bekend as Juda, maar omdat hulle nog steeds deel van die 12 stamme was, was hulle ook bekend as Israeliete. Die noordelike tien stamme onder koning Jerobiam staan egter nog steeds bekend as Israel, hoewel hulle net ‘n deel van die Israeliete was. Die suideloke stamme word ook die huis van Juda genoem en die noordelike stamme die huis van Israel.
Die volgende verwarrende ding wat gebeur is dat nadat die tien stamme in ballingskap gegaan het, God sy verbond met hulle opgeskort het omdat hulle hul nooit tot Hom bekeer het nie. Nou is hulle nie meer onder sy verbond nie en daarom is Hy nie meer hulle God nie en hulle is nie meer sy volk nie, maar hulle is nou heidene. Net soos wat die Egiptenare heidene was, omdat hulle nie met God ‘n verbond gehad het nie, net so is die tien stamme nou heidene, omdat hulle nie meer met God ‘n verbond het nie.
Hoséa 1:6 Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7 Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8 Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.
Juda, wat nog steeds onder die verbond is, is nou die enigste Israeliete en daarom is die naam Israel net op hulle van toepassing. Hulle is dus die huis van Juda en hulle is die Israeliete. Dit is ook in hierdie tyd wat die Bybel van hulle begin praat as Jode. Hoewel hulle later ook in ballingskap gaan, bly hulle altyd in ‘n verbond met God. Daar word dus nooit na hulle verwys as heidene nie.
Tydens die ballingskap van Juda het daar ander volke hulle in hulle land gaan vestig. Hierdie was ‘n poging van die koning van Babel om te voorkom dat die land woes word. Nie al die Jode was weggevoer Babilon toe nie, maar net die jonges, mooies en slimmes het gegaan, die ander het agtergebly. Onthou dat die land Juda nou deel van Babel was. Hulle was in Babel, maar nie in Babilon nie.
Al die vreemde volke wat nou in Juda gaan bly het was ook deel van die koninkryk van Babel, maar omdat hulle nou in Juda gebly het, saam met die Jode, het hulle nou ook as Jode bekend gestaan. Hierdie “Jode” het verander van ‘n volk na ‘n beweging, ‘n organisasie, ‘n kultuur. Daar was nou baie Jode wat afstammelinge van die twee stamme van Israel was, maar daar was ook baie mense wat van ander nasies was wat hul self ook Jode genoem het. Volgens die geskiedenis was bv. koning Herodus ‘n Edomiet wat deur die Romeine koning gemaak was omdat hy keiser Augustus ondersteun het tydens sy stryd om keiser te word.
Met die geboorte van Yahshua was die situasie dus as volg:
- Israel het bestaan uit die twee stamme van Juda en Benjamin.
- Die Jode het bestaan uit Israeliete, maar ook enige ander mens wat homself as ‘n Jood beskou het.
- Die tien stamme was nog in verstrooiing en was heidene.
Wanneer die Engel vir Josef sê dat hy nie vir Maria moet verstoot nie, maar dat sy swanger is uit die Heilige Gees maak hy die volgende stelling.
Matthéüs 1:21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Nou is die vraag, wie is sy volk vir wie se sonde Hy gaan sterf?
- Is dit net vir die twee stamme wat nog onder die verbond is?
- Is dit ook vir die tien stamme wat in verstrooiing is?
Die twee stamme is op hierdie stadium Israel en die tien stamme is heidene sonder ‘n verbond.
Romeine 9:25 Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 27 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word; 28 want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen. 29 En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. 30 Wat sal ons dan sê? Dat die heidene (10 stamme), wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is; 31 terwyl Israel (twee stamme), wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. 32 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.
Ons weet dat God net die twaalf stamme van Israel uitverkies het om hulle God te wees en dat hulle sy volk sal wees, maar wanneer ons lees van die verlossing van die heidene in die nuwe verbond, verwar dit ons en dink ons dat Hy nou sy verbond uitgebrei het na alle volke, maar as ons weer kyk na sy belofte aan Abraham, Isak en Jakob, lyk dit nie of Hy mag nie.
Deuteronómium 10:14 Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15 Maar net aan jou vaders het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Daar is ‘n antwoord wat die heidene van die nuwe testament toegang gee tot God se verbond sonder dat sy Naam ontheilig word deurdat Hy sy verbond met Israel sou verbreek. Hierdie antwoord is egter gehaat deur die wêreld, en die menigte predikers, omdat dit nie inpas by humanisme nie.
- Indien God dan in die nuwe testament praat van die heidene wat Hy heilig gemaak het, en as dit bv. met die Egiptenare ook is, dan is Hy ontrou aan sy belofte aan Abraham.
- As daardie heidene wat Hy heilig gemaak het die tien stamme is wat verheidens het, dan is die nuwe verbond eerlik, want dit is met die huis van Israel en die huis van Juda, en sy belofte aan Abraham bly nog gestand en sy Naam bly nog geëer. Hy kan nie lieg nie en Hy gaan nie terug op sy woord nie.
Nadat Yahshua opgestaan het, maak God ‘n nuwe verbond met die huis van Israel en met die huis van Juda. Hy herstel nie die ou verbond nie, want op grond van wat sou Hy weer die huis van Israel kon toelaat tot die verbond? Hy maak ‘n nuwe verbond en Hy betaal self die prys vir hulle sonde en die wat hulle met Hom versoen, kan weer deel van die verbondsvolk word. Hierdie daad van Yahshua het egter niks gedoen wat enige ander volk toegang gee tot die verbond nie.
Tydens Paulus se sendingsreise gaan hy na die heidene toe en Petrus na die Jode toe. Hierdie heidene was dus die verheidenste tien stamme en die Jode was die twee stamme. Die eerste heiden wat die evangelie ontvang het was Cornelius, die Romein. Paulus gaan na die Grieke, Romeine en Spanjaarde toe. Hulle was altyd deel van Israel, maar het verstrooid geraak nadat die verbond met hulle verbreek was en hulle verheidens het. Nadat Yahshua opgestaan het is die skeiding tussen die twee huise vernietig en hulle was weer een volk wat uit twaalf stamme bestaan het.
Eségiël 37:21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. 22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.
Efésiërs 2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; 18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. 19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,
Nou was daar nie meer Jood en Griek, Juda en heidene nie, nie meer huis van Juda en huis van Israel nie, maar nou is die vervalle hut van Dawid weer opgerig. Israel was van toe af weer twaalf stamme.
Vandag is daar nog Jode, maar hulle is nie ‘n volk nie en dus nie almal die nageslag van een persoon nie. Hulle erken self dat hulle nie ‘n volk of selfs ‘n geloof is nie, maar ‘n kultuur en dat enige persoon deel van die Jode kan word. Die Jode in die apostels se tyd, wat die nageslag van Abraham was, het hul self nie meer as Jode beskou nie, maar as Christene. Jood was nie meer ‘n etniese groep nie en soos hulle na ander lande verhuis het, het hulle deel van daardie land se volk geword. Die wat Jode gebly het se motief was die van ‘n beweging en nie ‘n volk nie.
As vandag se Jode dan nie ‘n volk is nie en God het ‘n verbond met ‘n volk, wie is daardie verbondsvolk en waar is hulle? Daar is nog steeds twaalf stamme van Israel verstrooid op die aarde en hulle Koning is op pad terug. Die vyand van die Koning weet dit, en hy kan niks aan die koms van die Koning doen nie, maar hy kan die twaalf stamme so deurmekaar lieg dat hulle nie weet wie hulle is nie en nie gereed maak om hulle God te ontmoet nie.
Matthéüs 24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Lukas 15:11 Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad. 12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. 13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weg gereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. 14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly. 15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. 16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. 17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. 20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. 21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. 25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. 26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. 27 Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. 28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. 29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. 30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. 31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. 32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.
Lukas 15:11 Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns (die huis van Juda en die huis van Israel) gehad. 12 En die jongste (Israel) van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle (2 stamme en 10 stamme) verdeel. 13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun (10 stamme) alles bymekaargemaak en weg gereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. 14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly (En Israel is weggevoer in ballingskap). 15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. 16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. 17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. 20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. 21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word. 25 En sy oudste seun (Juda) was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. 26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. 27 Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. 28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. 29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek (Juda) dien u so baie jare en ek het nooit u gebod (is nog steeds onder die wet) oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. 30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. 31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. 32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(011) Met wie is die Nuwe Verbond? [Hoekom wek GOD ons op in die laaste dag?] (03-12-2023)
Eségiël 37:1 Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene. 2 En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor. 3 Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit. 4 Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! 5 So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. 6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is. 7 Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar ‘n geruis, en kyk—’n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been. 8 Toe kyk ek en—daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ‘n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie. 9 Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word. 10 En ek het voete gaan staan—’n ontsaglike groot leër! 11 Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons! 12 Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel. 13 En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! 14 En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.
1 Korinthiërs 15: 51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.
Eségiël 37: 14 En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE. 15 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 16 En jy, mensekind, neem vir jou ‘n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem ‘n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef (die hout van Efraim) en die hele huis van Israel, sy bondgenote. 17 Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. 18 En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie? 19 sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. 20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë; 21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle (die kinders van Israel) getrek het, en Ek sal hulle (die kinders van Israel) van alle kante bymekaar laat kom en hulle (die kinders van Israel) bring in hul land. 22 En Ek sal hulle (die kinders van Israel) een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle (die kinders van Israel) almal koning wees; en hulle (die kinders van Israel) sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.
Efésiërs 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
Eségiël 37:23 En hulle (die kinders van Israel) sal hul (die kinders van Israel) nie meer verontreinig met hulle (die kinders van Israel) drekgode en hulle (die kinders van Israel) verfoeisels en met al hulle (die kinders van Israel) oortredinge nie; en Ek sal hulle (die kinders van Israel) verlos uit al hulle (die kinders van Israel) woonplekke waarin hulle (die kinders van Israel) gesondig het, en sal hulle (die kinders van Israel) reinig. So sal hulle (die kinders van Israel) dan vir my ‘n volk wees, en Ek vir hulle (die kinders van Israel) ‘n God wees. 24 En my kneg Dawid sal koning oor hulle (die kinders van Israel) wees, en hulle (die kinders van Israel) sal almal een herder hê; en hulle (die kinders van Israel) sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. 25 En hulle (die kinders van Israel) sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle (die kinders van Israel) sal daarin woon, hulle (die kinders van Israel) kinders en hulle (die kinders van Israel) kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid (Yahshua) sal hulle (die kinders van Israel) vors wees vir ewig. 26 En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle (die kinders van Israel) sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle (die kinders van Israel) wees; en Ek sal hulle (die kinders van Israel) daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle (die kinders van Israel) midde vestig vir ewig. 27 En my tabernakel sal oor hulle (die kinders van Israel) wees, en Ek sal vir hulle (die kinders van Israel) ‘n God wees en hulle (die kinders van Israel) vir my ‘n volk wees. 28 En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom en vir ewig in hulle (die kinders van Israel) midde sal wees.
<> 0 <> 0 <> 0 <>
(012) Met wie is die Nuwe Verbond? [YHWH praat oor sy volk] (10-12-2023)
Psalm 14: 4 Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie. 5 Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag. 6 Die raad van die ellendige—julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug. 7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
Psalm 50: 5 Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit! 6 En—die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela. 7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God! 8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My. 9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie; 10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. 11 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. 12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid. 13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink? 14 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste; 15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. 16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond— 17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? 18 As jy ‘n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. 19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. 20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy. 21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. 22 Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie. 23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
Jesaja 1: 3 ‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie. 4 Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai. 5 Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank. 6 Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie. 7 Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes. 8 En die dogter van Sion het oorgebly soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin, soos ‘n beleërde stad. 9 As die HERE van die leërskare vir ons nie ‘n klein oorblyfsel oorgelaat het nie—soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het. 10 Hoor die woord van die HERE, owerstes van Sodom! Luister na die wet van onse God, volk van Gomorra! 11 Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie. 12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis—om my voorhowe te vertrap? 13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! 14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. 15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. 16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, 17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. 18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. (Handelinge 15:9 En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. Efésiërs 5:26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,) 19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. 20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.
Jesaja 3: 10 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet. 11 Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word. 12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot ‘n dwaalweg gemaak. 13 Die HERE staan daar om ‘n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis. 14 Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise. 15 Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.
Jesaja 5: 11 Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag láát opbly terwyl die wyn hulle verhit. 12 En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie. 13 Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors. 14 Daarom het die doderyk sy keel wyd oopgemaak en sy mond uitgerek sonder maat, en daarin sink hulle adel en hulle menigte en hulle luidrugtigheid en diegene onder hulle wat uitgelate is. 15 Dan word die mens gebuig en die man verneder, en die oë van die hoogmoedige mense word verneder. 16 Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.
Jesaja 55 :1 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk! 2 Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie? Luister aandagtig na My en eet die goeie, en laat julle siel hom in vettigheid verlustig. 3 Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met julle ‘n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid. 4 Kyk, Ek het hom tot ‘n getuie van die volke gemaak, tot ‘n vors en ‘n gebieder van die nasies. 5 Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die HERE jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het. 6 Soek die HERE terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. 7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. 8 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. 9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. 10 Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; 11 so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur. 12 Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die hande klap. 13 Vir ‘n doringboom sal ‘n sipres opgaan; vir ‘n distel sal ‘n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot ‘n naam, tot ‘n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.
Jeremia 30: 1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het. 2 So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in ‘n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het; 3 want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem. 4 En dit is die woorde wat die HERE gespreek het oor Israel en Juda: 5 Want so sê die HERE: Ons het ‘n stem van verskrikking gehoor; daar is vrees en geen vrede nie! 6 Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? Waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander? 7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word. 8 En op dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie. 9 Maar hulle sal die HERE hulle God dien en hulle koning Dawid wat Ek vir hulle sal verwek. 10 Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak. 11 Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. 12 Want so sê die HERE: Jou verbreking is ongeneeslik, jou wond is smartlik. 13 Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie. 14 Al jou minnaars het jou vergeet, hulle vra nie na jou nie; want Ek het jou geslaan soos ‘n vyand slaan, met ‘n wrede tugtiging, omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes. 15 Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen. 16 Daarom, almal wat jou opeet, sal opgeëet word; en al jou teëstanders sal almal saam in gevangenskap gaan; en hulle wat jou plunder, sal geplunder word, en Ek sal almal wat jou buitmaak, oorgee as ‘n buit. 17 Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie. 18 So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan. 19 En uit hulle sal danksegging uitgaan en ‘n stem van spelers; en Ek sal hulle vermenigvuldig, en hulle sal nie verminder nie; en Ek sal hulle verheerlik, en hulle sal nie gering word nie. 20 En sy seuns sal wees soos in die voortyd, en sy vergadering sal voor my aangesig bestendig wees; en Ek sal besoeking doen oor al sy verdrukkers. 21 En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE. 22 En julle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir julle ‘n God wees. 23 Kyk, ‘n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ‘n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los. 24 Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Het die wêreld mal geword? (2023)
– Banie Swanepoel:

001 Het die wêreld mal geword? (20-08-2023)
002 – Het die wêreld mal geword en wat gebeur nou volgende? (27-08-2023)
001 Het die wêreld mal geword? (20-08-2023)
Openbaring 6: 7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk! 8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Openbaring 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. 12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. 13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
Openbaring 13:17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
x0x0x0x0x0x0x0x
002 – Het die wêreld mal geword en wat gebeur nou volgende? (27-08-2023)
Matthéüs 24:1 En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. 2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie. 3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. 6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. 8 Maar al hierdie dinge is ‘n begin van die smarte. 9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. 11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. 12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. 13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
Openbaring 13:1 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak (Satan) aanbid wat die dier (Romeinse Kerk) mag gegee het, en die dier (Romeinse Kerk) aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Openbaring 13:7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. 8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie.
Openbaring 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. 12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. 13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
Openbaring 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. 16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.
Matthéüs 24:25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. 26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn—moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer—moet dit nie glo nie. 27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 28 Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. 29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. 30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. 31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. 32 En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. 33 So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. 34 Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Openbaring 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
1 Korinthiërs 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, 52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word. 54 En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning. 55 Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? 56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. 57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus. 58 Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
1 Thessalonicense 4:13 Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie. 14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring. 15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. 17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. 18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
Filippense 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, 21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
Filippense 4:1 Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
Openbaring 16:1 En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. 2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het. 3 En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe. 4 En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.
Openbaring 16:8 En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
Openbaring 16:10 En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn;
Openbaring 16:12 En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
Openbaring 16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
Openbaring 17:14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
Openbaring 16:17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE