Reekse

Yahshua se woorde aan ons (2022)

Yahshua se woorde aan ons (2022)

– Banie Swanepoel:

Die Woorde van Yahshua behoort elkeen van ons lewens nie net te beïnvloed nie, maar ons te transformeer.

001 (17-07-2022)

002 (24-07-2022)

003 (07-08-2022)

004 (21-08-2022)

005 (28-08-2022)

006 (11-09-2022)

007 Saggies en teer is die roepstem van Yahshua? (18-09-2022)

008 Die verlore seun (25-09-2022)

009 Die Doderyk (02-10-2022)

Ons word groot in ‘n gemeenskap. Ons leer by ons ouers en ons leer by die skool, universiteite, ens. en dan ontmoet ons Yahshua en dan is die gedagte wat veronderstel is om te gebeur, dat die ou dinge verbygegaan het en alles het nuut geword het.

Iemand soos Paulus het baie gevorder in die samelewing. In die tyd waarin hy geleef het, was hy ‘n baie sterk leier en was hy op pad na groot dinge toe. In die oë van die wêreld het hy dinge reggedoen, maar nadat hy Yahshua ontmoet het, het hy gesê hy beskou dit as drek.

Hoekom?

Wat was die Woorde van Yahshua wat só groot indruk op hom gemaak het? Is dit woorde wat ons misgelees het, dat ons lewens nog nie verander het soos Paulus wat kyk na ‘n gevestigde lewensstyl, en besef hy was totaal verkeerd en dan radikaal verander nie? Hy verander in só ‘n mate, dat daardie selfde mense wat voorheen sy lewe goedgekeur het, nou na sy lewe kyk en wonder wat het met hom gebeur…?

Sy lewe het verander soos die wind. Jy weet nie waar hy vandaan kom nie en jy weet nie waarheen hy gaan nie. Al die orde in sy lewe was weg en meeste plekke waar hy kom, veroorsaak hy konflik en verwarring  tussen mense

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

Filippense 3:7 – 11

Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag.  Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

001 (17-07-2022)

Lukas 8:4  En toe daar ‘n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ‘n gelykenis: 5  ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. 6  En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. 7  En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. 8  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! 9  En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog? 10  En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie. 11  Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God. 12  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. 13  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. 14  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. 15  En wat in die goeie grond val—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra. 16  En niemand steek ‘n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ‘n bed nie; maar hy sit dit op ‘n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien. 17  Want daar is niks (nie waarheid) verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie. 18  Pas dan op hoe julle (die waarheid/saad) hoor; want elkeen wat (waarheid) het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie (waarheid) het nie, van hom sal weggeneem word ook (die waarheid) wat hy dink dat hy het. 

Lukas 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 24  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 

Matthéüs 16:24  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself (sy eie wil) verloën en sy kruis opneem en My volg. 25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win (ter wille van sy liggaam), maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? 27  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. 28  Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie. 

Lukas 9:26  Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele. 

Lukas 9:46  En daar het ‘n redenering onder hulle ontstaan oor wie van hulle dan tog die grootste was. 47  En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy ‘n kindjie en laat dié by Hom staan 48  en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees. 

Lukas 9:57  En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! 58  Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie. 59  En Hy sê aan ‘n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. 60  En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 61  En ‘n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. 62  En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie. 

Openbaring 14:4  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam. 

Lukas 10:38  En op hulle reis het Hy in ‘n sekere dorp gekom, en ‘n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang. 39  En sy het ‘n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. 40  Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help. 41  Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; 42  maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie. 

Lukas 11:1  En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. 2  En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; 3  gee ons elke dag ons daaglikse brood; 4  en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

002 (24-07-2022)

Ons sal seker nooit regtig kan besef hoe ernstig en waardevol die gelykenis van die saaier is nie.

VADER is die Gewer van die saad. Dit is goeie en lewendige saad, maar die saailand behoort aan ons. Die hart is ons s’n en ons besluit wat ons met die saad maak.

So ook die gelykenis van die lamp. Pas op hoe julle hoor, want die teenstaander, naamlik die duiwel, is baie aktief en hy verdraai en verander alles in die Woord, sodat ons iets anders hoor as wat GOD gesê het.

Die waarskuwing uit die vorige boodskap, is dat ons moet hoor wat Yahshua sê.

In hierdie boodskap gaan ons kyk hoe werk “Martha en Maria” in die praktyk.

Lukas 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 24  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 

Romeine 6:8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 

Romeine 6:13  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 

Romeine 6:19  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. 

Romeine 6:22  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. 

Romeine 12:4  Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, 5  so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. 6  En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: 7  is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; 8  of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid. 9  Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; 10  wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; 11  wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here; 12  verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed. 13  Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid; 14  seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie; 15  wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween; 16  wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie; 17  vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; 18  as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19  Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here. 

1 Korinthiërs 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; 5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; 6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. 7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. 8  Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; 9  aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; 10  aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. 11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. 

1 Korinthiërs 12:14  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. 15  As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? 16  En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? 17  As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? 18  Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. 

1 Korinthiërs 12:27  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. 28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. 29  Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? 30  Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? 31  Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg. 

Lukas 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 24  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 25  Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

003 (07-08-2022)

Lukas 10:1  En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. 2  Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur. 3  Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe. 4  Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie. 5  En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis! 6  En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer. 7  Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie. 8  En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word. 9  En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom. 10  Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê: 11  Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het. 12  En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad. 13  Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het. 14  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle. 15  En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word. 16  Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het. 17  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. 18  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val. 19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. 20  Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is. 21  In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. 22  Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar. 23  En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die oë wat sien wat julle sien; 24  want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie. 

1 Korinthiërs 2:1  En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie, 2  want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde. 3  Ek was ook by julle in swakheid en in vrees en in veel bewing; 4  en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 5  sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. 6  Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. 7  Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, 8  wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie— 9  maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 

Filippense 4:4  Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! 

1 Korinthiërs 2:10  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 11  Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 12  Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 

1 Korinthiërs 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 15  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 16  Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus. 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

004 (21-08-2022)

Lukas 11:9  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 11  En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ‘n klip gee; of ook ‘n vis, en hy sal hom in plaas van ‘n vis ‘n slang gee; 12  of ook as hy ‘n eier vra, hom ‘n skerpioen gee? 13  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? 

Lukas 11:29  En toe die skare saamstroom, begin Hy te sê: Hierdie geslag is boos; dit soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. 30  Want soos Jona ‘n teken was vir die Nineviete, so sal die Seun van die mens ook wees vir hierdie geslag. 31  Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van hierdie geslag en hulle veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier! 32  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier! 

Lukas 11:33  En niemand steek ‘n lamp op en sit dit in ‘n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien. 34  Die lamp van die liggaam is (die waarheid)  die oog. As jou (waarheid) oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as (jou waarheid) dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker. 35  Pas dan op dat die (waarheid) lig in jou nie duisternis is nie. 36  As jou hele liggaam dan (waarheid het) verlig is en nie enige deel het wat (leuen het) donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees, net soos wanneer die lamp met sy skynsel jou verlig. 

Hebreërs 6:4  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal (die waarheid gesmaak het) verlig  geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, 5  en die (waarheid) goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, 6  en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak. 

Lukas 11:37  En onderwyl Hy besig was om te spreek, het ‘n sekere Fariseër Hom uitgenooi om by hom te kom eet; en Hy het ingekom en aan tafel gegaan. 38  En toe die Fariseër dit sien, het hy hom verwonder dat Hy nie voor die maaltyd eers gewas het nie. 39  Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid. 40  Onverstandiges, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie? 41  Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein. 42  Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. 43  Wee julle, Fariseërs, want julle hou van die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte. 44  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is soos grafte wat onherkenbaar is, en die mense wat daaroor loop, weet dit nie. 45  Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U só spreek, beledig U ons ook. 46  En Hy sê: Wee julle ook, wetgeleerdes, want julle lê laste op die mense wat swaar is om te dra, en self roer julle die laste nie met een van julle vingers aan nie. 

Lukas 11:52  Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder. 53  En toe Hy dit aan hulle sê, begin die skrifgeleerdes en die Fariseërs Hom skerp in die oog te hou en Hom uit te vra oor baie dinge, 54  om vir Hom ‘n strik te stel en te probeer om iets uit sy mond op te vang, sodat hulle Hom kon beskuldig. 

Lukas 12:1  Toe duisende van die skare ondertussen saamkom, sodat hulle mekaar vertrap het, begin Hy aan sy dissipels te sê: Pas veral op vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is geveinsdheid. 2  En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word nie. 

(Lukas 11:33  En niemand steek ‘n lamp op en sit dit in ‘n verborge plek of onder die maatemmer nie, maar op die staander, sodat die wat binnekom, die lig kan sien. 34  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig;)

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

005 (28-08-2022)

Lukas 12:4  En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; 5  maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom! 6  Word vyf mossies nie vir twee stuiwers verkoop nie? En nie een van hulle is voor God vergeet nie. 7  Maar selfs die hare van julle hoof is almal getel. Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies. 8  En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God. 9  Maar hy wat My verloën voor die mense, sal verloën word voor die engele van God. 

Lukas 12:15  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie. 

Lukas 12:13  En een van die skare sê vir Hom: Meester, sê vir my broer dat hy die erfenis met my moet deel. 14  Maar Hy antwoord hom: Mens, wie het My as ‘n regter of deler oor julle aangestel? 15  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie. 16  Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra. 17  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie? 18  Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel. 19  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. 20  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? 21  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.  22  En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. 23  Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere. 24  Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie! 25  En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? 26  As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge? 27  Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.  28  As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges! 29  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; 30  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het. (17  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?) 31  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 32  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee. 33  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. 

1 Timótheüs 6:7  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. 8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 10  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

006 (11-09-2022)

Die Woorde van Yahshua, bly Yahshua se Woorde. Wie dit voorlees, verander nie die belangrikheid van Sy Woorde nie.

So, as ons Sy woorde hoor, moet ons aandag daaraan gee en nie net hoor nie, maar luister en doen.

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Lukas 12:35  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 36  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop. 37  Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom omgord en hulle aan tafel laat gaan en hulle kom bedien. 38  En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte. 39  Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie in sy huis laat inbreek het nie. 40  Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. 41  Toe sê Petrus vir Hom: Here, vertel U hierdie gelykenis vir ons of ook vir almal? 42  En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee? (35  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 36  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.) 43  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind. 44  Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel. 45  Maar as daardie dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom, en hy die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word, 46  dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie, en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot maak van die ontroues. 47  En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; 48  maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis. 49  Ek het gekom om vuur op die aarde te werp, en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was! (2 Petrus 3:7  Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as ‘n skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf van die goddelose mense.) 50  Maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is! 51  Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. 52  Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. 53  Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder, die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder. 

Lukas 13:6  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. 7  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? 8  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. 9  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap. 

Lukas 13:22  En onderwyl Hy geleer het en op reis was na Jerusalem, het Hy stede en dorpe deurgegaan. 23  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 25  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. 26  Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. 27  En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! 28  Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. 29  En hulle sal kom van oos en wes en van noord en suid en aansit in die koninkryk van God. 30  En daar is laastes wat eerste sal wees, en daar is eerstes wat laaste sal wees. 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

007 Saggies en teer is die roepstem van Yahshua? (18-09-2022)

Lukas 8:12  Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. 13  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. 14  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. 

Lukas 8:18  Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.

Lukas 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 

Lukas 9:48  en sê vir hulle: Elkeen wat hierdie kindjie ontvang in my Naam, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het; want wie die kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees. 

Lukas 9:60  En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 

Lukas 9:62  En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie. 

Lukas 10:38  En op hulle reis het Hy in ‘n sekere dorp gekom, en ‘n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang. 39  En sy het ‘n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. 40  Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help. 41  Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; 42  maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie. 

Lukas 11:13  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? 

Lukas 11:32  Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier! 

Lukas 11:34  Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker. 

Lukas 11:52  Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder. 

Lukas 12:35  Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand. 36  En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag …

Lukas 12:51  Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. 52  Want van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. 

Lukas 13:7  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit

Lukas 13:24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 

Lukas 14:7  En toe Hy merk hoe hulle die voorste plekke uitkies, vertel Hy aan die genooides ‘n gelykenis en sê vir hulle: 8  Wanneer jy deur iemand na ‘n bruilof uitgenooi is, moenie die voorste plek inneem nie, ingeval daar nie miskien een wat waardiger is as jy deur hom uitgenooi is nie, 9  en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: Maak plek vir hierdie man. En dan sal jy met skaamte die agterste plek begin inneem. 10  Maar wanneer jy genooi is, gaan en neem die agterste plek in; sodat wanneer hy kom wat jou genooi het, hy vir jou kan sê: Vriend, gaan hoër op! Dan sal jy eer hê voor die wat saam met jou aan tafel is. 11  Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word. 

1 Petrus 5:5  Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade. 6  Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. 

Filippense 2:6  Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7  maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8  en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 9  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 

Lukas 14: 11  Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word. 12  En Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: Wanneer jy ‘n môre— of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien ook eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. 13  Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, 14  en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges. 15  En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God. 16  Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi. 17  En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed. 18  En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ‘n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog. 19  En ‘n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog. 20  En ‘n ander een het gesê: Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie. 21  En daardie dienskneg het gekom en dié dinge aan sy heer vertel. Toe het die eienaar van die huis kwaad geword en vir sy dienskneg gesê: Gaan gou uit in die strate en die gangetjies van die stad en bring die armes en verminktes en kreupeles en blindes hier in. 22  En die dienskneg het gesê: Meneer, wat u beveel het, is gedoen, en daar is nog plek. 23  Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word. 24  Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie. 

Matthéüs 22:1  En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: 2  Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het 3  en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. 4  Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. 5  Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak. 6  En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak. 7  Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek. 8  Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. 9  Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. 10  En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. 11  En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. 12  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. 13  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 

Galásiërs 3:26  Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 

Matthéüs 22:12  En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. 13  Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. 14  Want baie is geroep, maar min uitverkies. 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

008 Die verlore seun (25-09-2022)

HOOR wat Yahshua sê.


Yahshua het herhaalde kere gesê “die Koninkryk van GOD is….”


Dit beteken dat ons moet verstaan hoe Hy is, maar ons interpreteer dit soos ons wil. So, sal ons nooit hoor wat Yahshua sê nie.

Lukas 14:25 En groot menigtes het saam met Hom gegaan, en Hy het Hom omgedraai en vir hulle gesê: 26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

Deuteronómium 13:6 As jou broer, die seun van jou moeder, of jou seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en ander gode dien—wat jy en jou vaders nie geken het nie,

Deuteronómium 13:8 dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om sy ontwil wegsteek nie, 9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. 10 En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. 11 En die hele Israel sal dit hoor en vrees, en hulle sal nie meer so ‘n verkeerde ding by jou doen nie.

Lukas 14: 26 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. 27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

Lukas 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.

Lukas 15:11 Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad. 12 En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. 13 En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. 14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly. 15 Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas. 16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. 17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. 20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. 21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

16 En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. 17 Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! 18 Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, 19 en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge. 20 En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. 21 En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. 22 Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. 23 En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. 24 Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

Handelinge 10:15  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie. 16  En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem. 

Handelinge 10:27  En onderwyl hy met hom spreek, gaan hy binne en vind baie wat vergader het; 28  en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Handelinge 10:34  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, 35  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. 36  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal. 

Handelinge 10:43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. 

Jeremia 31:31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 32  nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. 33  Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. 

Jeremia 31:35  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE. 

Jeremia 33:23  Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24  Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte (Israel en Juda) wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25  So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26  dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm. 

Handelinge 10:43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. 

Handelinge 10:45  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. 46  Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: 47  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? 48  En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly. 

Handelinge 11:17  As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder? 18  En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk. 

Handelinge 15:5  Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. 6  En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek. 7  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene (Cornelius) deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. 8  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 9  En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. 10  Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels ‘n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie? 11  Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook. 12  En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het. 13  En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my! 14  Símeon (Petrus) het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. 15  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 16  Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 17  sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. 

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

009 Die Doderyk (02-10-2022)

Yahshua is die Woord wat Vlees geword het en Hy het gekom om ons te red.

Die profete het baie oor Hom getuig. VADER het Homself openbaar deur die wet en die profete, maar toe kom Hy self as Mens en kom praat met ons en daarom kan ons nooit oorbeklemtoon hoe belangrik Sy Woorde is nie.

Lukas 15:25 En sy oudste seun was in die veld, en terwyl hy al nader na die huis kom, hoor hy musiek en beurtsange. 26 En hy roep een van die diensknegte na hom toe en vra wat dit beteken. 27 Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. 28 En hy het kwaad geword en wou nie binnegaan nie. Sy vader gaan toe uit en smeek hom. 29 Maar hy antwoord en sê vir sy vader: Kyk, ek dien u so baie jare en ek het nooit u gebod oortree nie, en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende vrolik kon wees nie. 30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.

Handelinge 13:42 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word. 43 En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en Bárnabas gevolg. Dié het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly. 44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor. 45 Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. 46 Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk, ons wend ons tot die heidene.

Lukas 15:30 Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag. 31 Toe sê hy vir hom: Kind, jy is altyd by my, en al wat myne is, is joue. 32 Ons moet tog vrolik en bly wees, want hierdie broer van jou was dood en het weer lewendig geword, en hy was verlore en is gevind.

Lukas 16:19 En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. 20 En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. 21 En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. 22 En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. 23 En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. 24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam. 25 Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte. 26 En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan oorkom nie. 27 En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur— 28 want ek het vyf broers—om hulle dringend te waarsku, sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie. 29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. 30 Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. 31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

1 Korinthiërs 15:1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het.

Lukas 16: 31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.

Efésiërs 4:7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus. 8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee. 9 Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde? 10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.

Daniël _12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.

)<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>( )<>(

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Gebod van die Nuwe Verbond (2013)

Die Gebod van die Nuwe Verbond (2013)

– Banie Swanepoel:

Met hierdie boodskap moet jy jou opinie eentkant toe skuif en kyk of jy nie dalk iets anders sien as wat jy gereken het die waarheid rondom hierdie onderwerp is nie.

001 Die gebod van die Nuwe Verbond  (21-04-2013)

002 Die Gebod van die Nuwe Verbond (05-05-2013)

001 Die gebod van die Nuwe Verbond  (21-04-2013)

Exodus 19:12  Ook moet jy vir die volk ‘n grens rondom aanwys en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word. 13  Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met ‘n pyl geskiet word; of dit ‘n dier of ‘n mens is—hy mag nie lewe nie…

Exodus 19:18  En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in ‘n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van ‘n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. 19  Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord. 

Exodus 19:21  En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie. 

Exodus 19:24  Daarop sê die HERE vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie. 

Exodus 20:1  Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: 2  Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. 3  Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. 4  Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak…

Hebreërs 12:18  Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm 19  en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie— 20  want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word. 

Hebreërs 12:22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, 23  by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, 24  en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. 

Hebreërs 7:9  En, om so te sê, het ook Levi wat tiendes ontvang, deur Abraham tiendes gegee; 10  want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het. 11  As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? 12  Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; 13  omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie. 

Hebreërs 7:16  een wat dit geword het nie kragtens die wet van ‘n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe. 17  Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. 18  Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, 19  omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ‘n beter hoop waardeur ons tot God nader. 

Hebreërs 7:22  in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword. 

Hebreërs 8:6  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 9  nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie…

Hebreërs 8:13  As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning. 

Hebreërs 9:7  maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan— 8  waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie. 

Hebreërs 9:15  En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. 16  Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; 17  want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie. 18  Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie; 19  want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 

Romeine 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 

Romeine 6:14  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. 15  Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 

Romeine 7:2  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. 

Romeine 7:4  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. 5  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. 6  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. 

Romeine 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 2  Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. 

Romeine 8:4  sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 

Romeine 8:8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 10  Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. 11  En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 

Romeine 8:13  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. 

Hebreërs 3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, 8  verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, 9  waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. 

Hebreërs 3:11  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. 

Hebreërs 3:13  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. 

Hebreërs 3:15  omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie. 16  Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? 

Hebreërs 3:19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. 

Hebreërs 4:1  Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. 2  Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. 

Hebreërs 4:4  Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; 5  en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. 

Hebreërs 4:7  bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. 8  Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. 9  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11  Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. 

Galásiërs 2:16  terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. 

Galásiërs 2:19  want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. 20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. 

Galásiërs 3:1  o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? 2  Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 3  Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? 

Galásiërs 3:5  Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 

Galásiërs 3:10  Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. 11  En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. 12  Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 13  Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— 

Galásiërs 3:19  Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar. 

Galásiërs 3:23  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 

Galásiërs 4:4  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet, 5  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 

Galásiërs 4:7  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. 

Galásiërs 4:9  maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? 10  Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. 11  Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het. 

Galásiërs 4:20  En ek sou wens om nou by julle teenwoordig te wees en my stem te verander, want ek is buite raad met julle. 21  Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie? 22  Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. 23  Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. 24  Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; 

Galásiërs 4:28  Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; 29  maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. 30  Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. 31  Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye. 

Galásiërs 5:1  Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. 

Galásiërs 5:4  Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. 

Galásiërs 5:13  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. 14  Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 

Galásiërs 5:16  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; 17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. 18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. 

Handelinge 15:5  Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou. 

Handelinge 15:19  Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, 20  maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed. 

Handelinge 15:24  Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou, 

Handelinge 15:28  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: 29  dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel! 

Romeine 13:8  Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. 9  Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 10  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. 

Romeine 14:1  En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie. 2  Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. 3  Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem. 

Romeine 14:5  Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. 6  Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God. 

Romeine 14:10  Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word. 

Romeine 14:13  Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie. 14  Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein. 

Romeine 14:20  Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is. 

Romeine 14:22  Het jy geloof? Behou dit vir jouself voor die aangesig van God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy vir geoorloof ag nie. 23  Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde. 

1 Johannes 3:22  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. 23  En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n gebod gegee het. 24  En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het. 

1 Johannes 4:7  Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. 8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. 9  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 

1 Johannes 4:11  Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 

1 Johannes 4:16  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. 

1 Johannes 4:20  As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? 

2 Korinthiërs 3:5  Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 7  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, 8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? 9  Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. 

2 Korinthiërs 3:11  Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid. 

*********************************

002 Gebod van die Nuwe Verbond (05-05-2013)

Ons glo GOD se Woord is die waarheid en hoe meer Skrif ons gebruik, hoe nader kan ons aan Sy wil kom.

1 Timótheüs 1:5  Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof 6  waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies; 7  hulle wil leraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie. 8  Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik 9  en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, 10  hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, 11  volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is. 

Galásiërs 3:24  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 

Romeine 6:23  Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. 

Lukas 14:26  As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. 

Lukas 14:28  Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — 

Lukas 18:22  En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou—verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My. 

Lukas 9:23  En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 

Matthéüs 6:19  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. 

2 Korinthiërs 11:24  Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na. 25  Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op die diepwater deurgebring— 

Lukas 9:57  En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! 58  Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie. 59  En Hy sê aan ‘n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. 60  En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 61  En ‘n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is. 62  En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie. 

2 Korinthiërs 5:16  Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. 17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 

Matthéüs 11:29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 

Johannes 15:15  Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 

Johannes 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. 

Romeine 8:1  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 

Galásiërs 6:7  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. 8  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai. 

Romeine 8:9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

Johannes 4:23  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. 

2 Korinthiërs 3:6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 7  En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, 8  hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? 

2 Korinthiërs 3:15  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; 16  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 

Johannes 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. 

Lukas 22:32  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. 33  En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan. 

Handelinge 1:8  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde. 

Handelinge 6:8  En Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. 

Galásiërs 5:18  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. 

Matthéüs 13:18  Luister julle dan na die gelykenis van die saaier. 19  As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is. 20  En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; 21  maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. 22  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar. 23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig. 

Markus 4:26  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; 27  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. 28  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar. 

Lukas 13:6  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie. 7  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? 

Johannes 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 

Johannes 15:4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 

Matthéüs 25:26  Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. 

Matthéüs 25:30  En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande. 31  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; 32  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 

Matthéüs 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 42  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. 43  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie. 44  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie? 45  Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. 

Romeine 5:5  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. 

Johannes 13:34  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. 

Johannes 15:10  As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly. 11  Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word. 12  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. 

Romeine 5:8  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 

Romeine 13:10  Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. 

Galásiërs 5:13  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. 

Johannes 15:17  Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê. 

Efésiërs 3:19  en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. 

1 Johannes 4:9  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 10  Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun humani het as ‘n versoening vir ons sondes. 11  Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 12  Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword. 

Johannes 15:13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. 14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. 

Romeine 5:8  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 

Romeine 14:15  Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie. 

Matthéüs 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 

2 Petrus 1:5  En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, 6  en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, 7  en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. 

2 Petrus 1:10  Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. 

Openbaring 3:15  Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 16  Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug. 

Efésiërs 5:14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn. 15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. 

Filippense 4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. 9  En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees. 

*********************************

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

GOD Se Geregtigheid… (2022)

GOD Se Geregtigheid… (2022)

– Banie Swanepoel:

Hierdie boodskap is ‘n groot en moeilike boodskap.

Om GOD te bedink is nie ‘n maklike saak nie, want Hy is GOD en ons is mens.

Ons kyk na die wêreld en ons maak ons eie gevolgtrekkings van wie Hy is en hoe Hy optree, dan vra ons vrae soos hoekom doen Hy dinge op ‘n sekere manier en nie anders nie?

Dit is bloot net omdat ons Hom nie verstaan nie.

GOD Se Geregtigheid Is Bo Sy Almagtigheid (26-06-2022)

GOD se geregtigheid is bo Sy liefde (03-07-2022)

God Se Geregtigheid Kan Ons Red (10.07.2022)

<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>

GOD Se Geregtigheid

Is bo Sy Almagtigheid (26-06-2022)

Númeri 23:19  God is geen man dat Hy sou lieg nie;

Titus 1:2  in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, 

1 Timótheüs 2:3  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 

Lukas 13:23  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 

Génesis 22:11  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! 12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie. 

Matthéüs 24:34  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 35  Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. 36  Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen. 

Jeremia 31:29  In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. 30  Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe;

Joël 2:11  En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra? 12  Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. 13  En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil; 14  wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy ‘n seën sal agterlaat—’n spysoffer en ‘n drankoffer aan die HERE julle God. 15  Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!  Eségiël 18:25  Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie? 26  As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy. 27  En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen—hy sal sy siel in die lewe behou; 28  hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie. 29  Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie? 30  Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie. 31  Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel? 32  Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe. 

Eségiël 33:2  Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en sê vir hulle: As Ek die swaard oor ‘n land bring, en die mense van die land neem ‘n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, 3  en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas met die basuin en waarsku die mense— 4  as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof. 5  Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel. 

Génesis 18:16  Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring. 17  Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen, 18  terwyl Abraham tog sekerlik ‘n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseën sal word? 

1 Kronieke 21:14  En die HERE het ‘n pes onder Israel beskik, en van Israel het daar sewentig duisend man geval. 15  En God het ‘n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die HERE dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die HERE het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan. 

Jeremia 26:12  Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: Die HERE het my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het. 13  Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het. 

<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>

GOD se geregtigheid

is bo Sy Liefde (03-07-2022)

Hierdie onderwerp is vaste spys. So, luister maar die boodskappe oor en oor, want dit is die beginsel van GOD se Nuwe Verbond aan Sy volk, Sy geregtigheid.

Dit help nie ons ken die geskiedenis van die Skrif, maar ons ken nie ons GOD nie. Sy geregtigheid is wie Hy is en waarvolgens Hy optree.

Sodra ons GOD se geregtigheid sien, dan verstaan ons ook hoekom Hy opgetree het soos Hy opgetree het.

Matthéüs 6:33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 

Handelinge 17:31  omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. 

Nahum 1:2  ‘n Jaloerse God en ‘n wreker is die HERE, ‘n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; ‘n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande. 3  Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie…

Hebreërs 8:6  Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. 7  Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. 8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 

Romeine 3:21  Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22  die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. 25  Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God 26  om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is. 

Hebreërs 9:9  Dit was ‘n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie, 10  omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling. 11  Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, 12  ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring. 

Jesaja 53:5  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

1 Petrus 2:22  Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; 23  wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; 24  wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. 

Johannes 3:14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, 15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Johannes 3:18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 

Romeine 1:16  Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. 17  Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe. 

2 Korinthiërs 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. 20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. 21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. 

Romeine 4:3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 

Jakobus 2:20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? 21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 

<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>

God Se Geregtigheid

Kan Ons Red (10.07.2022)

Net so terloops….

Ons het baie keer die gedagte dat as ons minders sleg is, ons goed genoeg is, of as ons glo en leef soos deur ons voorouers aan ons oorgelewer is, dat dit reg is.

2 Konings 3:1  En Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer. 2  En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het. 

2 Konings 3:13  Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee. 14  En Elísa sê: So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie. 

Hierdie boodskap sluit verduideliking van Heilige Name in.

Die loon van die sonde, is die dood. Daar is niemand (behalwe Yahshua) wat nie gesondig het nie, so ons almal verdien die dood… die hel… die ewige vuur…

GOD het egter, omdat Hy ons liefhet, vir ons ‘n weg gebaan wat ons in staat stel om die ewige vuur vry te spring.

Galásiërs 3:11  En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. 

Romeine 5:1  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; 

Galásiërs 3:23  Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24  Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25  Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 26  Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 

Jakobus 2:19  Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. 20  Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? 21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 22  Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? 23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. 24  Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? 25  En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26  Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood. 

Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. 

Handelinge 2:37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Romeine 6:3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. 8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. 10  Want die dood wat Hy (Yahshua) gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. 

Handelinge 2:36  Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. 37  Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? 38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Romeine 8:11  En as die Gees van Hom (Yahweh) wat Jesus (Yahshua) uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy (Yahweh) wat Christus (Yahshua) uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. 

<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>**<>

As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.

Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.

Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?

Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.

Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.

Jesaja 54:5-8  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.  6  Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.  7  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.  8  In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.

Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.

Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.

Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.

Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.

As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.

Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.

 Jesaja 49:14-16  Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!  15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!  16  Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.  11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!

Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.

Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Kerk (2016)

Die Kerk (2016)

– Banie Swanepoel:

Die doel van hierdie boodskap is introspeksie, want die hart van die mens is die bedrieglikste van alle dinge.

001 Die Kerk (25-03-2016)

002 Die Kerk – Wie is lede van die kerk of die liggaam? (26-03-2016)

003 Die Kerk – Wat is die Evangelie van die Koninkryk? (27-03-2016)

‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’

001 Die Kerk (25-03-2016)

Die “kerk” in hierdie boodskap, is spesifiek gemik op dit wat Yahshua kom vestig het toe Hy tweeduisend jaar terug hier was. Die rede vir hierdie term, is om die parallel te trek na die Engelse “church” wat in die Bybel voorkom, wat verwys na die “liggaam” wat Yahshua kom vestig het.

Ons as ‘n Protestante nasie het die neiging om vinger na die Romeinse Kerk te wys, maar hoeveel van dít wat hulle doen, doen ons as Protestante?

Drie van die dinge wat Yahshua op aarde kom doen het is: Hy het die prys vir ons sonde kom betaal. Hy het die duiwel oorwin en ontbloot vir wie hy is. Hy het Sy kerk “gemeente” op aarde kom vestig.

As die wêreld praat van “church”, praat hulle van die magtigste organisasie in die wêreld, naamlik die Roomse Kerk. Dit is ‘n organisasie waarteen jy nie kan opstaan nie, selfs al behoort jy self aan hulle en sien jy dinge lyk nie reg nie.

Kom ons kyk wat Yahshua se doel was met Sy kerk wat Hy kom vestig het en hoe vandag se kerk lyk.

Johannes 15:1  Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. 2  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. 

Johannes 15:4  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. 5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. 6  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 

Johannes 15:8  Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. 9  Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. 

Johannes 15:12  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. 14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. 

Johannes 15:16  Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. 

‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’

002 Die Kerk

Wie is lede van die kerk of die liggaam? (26-03-2016)

Wie is lede van die kerk of die liggaam?

Die doel met hierdie boodskap is nie om vinger na ander te wys en te sê hoe verkeerd hulle is nie, maar om introspeksie te doen en onsself te meet.

Dink ons ons is deel van die liggaam van Messias, terwyl ons dalk net deel is van ‘n organisasie?

Ons dink dalk ons is deel van die liggaam van Messias, terwyl ons moontlik net deel van ‘n organisasie is.

Johannes 3:3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 

Matthéüs 13:46  en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit. 

Matthéüs 10:36  En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37  Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 

Matthéüs 16:24  Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. 

Johannes 10:4  En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. 

Romeine 6:4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 

Efésiërs 4:24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. 

Kollosense 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper, 

2 Korinthiërs 5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 

Gálasiërs 6:15  Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ‘n nuwe skepsel. 

Romeine 8:5  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; 9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. 

Romeine 6:13  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 

Johannes 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 39  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo…

Johannes 13:34  ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. 35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. 

Handelinge 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Markus 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

Handelinge 8:35  En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. 

Lukas 9:60  En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. 

Lukas 16:16  Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin. 

Lukas 14:16  Maar Hy antwoord hom: ‘n Sekere man het ‘n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi. 17  En op die uur van die maaltyd het hy sy dienskneg uitgestuur om vir die genooides te sê: Kom, want alles is nou gereed. 18  En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig. Die eerste het vir hom gesê: Ek het ‘n stuk grond gekoop en ek moet noodsaaklik uitgaan om daarna te kyk. Ek vra u, verskoon my tog. 19  En ‘n ander een het gesê: Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle probeer. Ek vra u, verskoon my tog. 20  En ‘n ander een het gesê: Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie. 

Lukas 14:24  Want ek sê vir julle dat nie een van daardie manne wat genooi is, my maaltyd sal smaak nie. 

Matthéüs 25:27  Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het. 

Matthéüs 25:30  En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande. 31  En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; 32  en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; 

Matthéüs 25:34  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. 35  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; 36  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. 37  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? 38  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? 39  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? 40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen. 41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. 42  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. 

Handelinge 10:39  En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang. 40  Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn 

Handelinge 10:42  En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode. 43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. 

Handelinge 13:32  En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek, 33  soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer. 34  En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is. 35  Daarom sê Hy ook op ‘n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie. 36  Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien, 37  maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie. 38  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, 39  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. 

‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’‘=’=’

003 Die Kerk

Wat is die Evangelie van die Koninkryk? (27-03-2016)

Soos ons in die vorige boodskappe duidelik gesien het, is dat die kerk (liggaam / gemeente) nie ‘n vereniging of ‘n organisasie is nie, alhoewel dit daarin ontaard, omdat die bedoeling van die gemeente verdwyn.

In hierdie boodskap gaan ons sien, ons is elkeen ‘n lid van daai liggaam. ‘n Lid van daai gemeente.

Elke lit van ‘n liggaam, is nodig vir die liggaam. So is elke lid van die gemeente, nodig vir die liggaam.

Ons het ‘n opdrag om die evangelie an die Koninkryk van GOD te gaan verkondig.

Die volgende gedeelte in Génesis 3, is die oorsaak van die evangelie.

Génesis 3:1  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? 2  En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, 3  maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. 4  Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; 5  maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. 6  Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 7  Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. 8  En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. 9  Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? 10  En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. 11  En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? 12  En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet. 13  Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. 14  Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. 15  En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. 16  Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. 17  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. 18  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. 19  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. 20  En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe. 21  En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek. 22  Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! 23  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. 24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak. 

Jesaja 59:1  Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; 2  maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. 

Exodus 12:5  Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. 

Exodus 12:7  En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 

Exodus 12:11  En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ‘n Pasga van die HERE is dit. 12  Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. 13  Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie. 

Exodus 12:28  En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen. 29  En middernag het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland getref,…

Exodus 12:51  En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.  

1 Korinthiërs 5:7  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. 8  Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid. 

1 Petrus 1:18  omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 19  maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, 

Openbaring 12:10  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. 11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. 

1 Johannes 1:5  En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. 6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. 7  Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. 

Kollosense 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes. 

Kollosense 1:17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. 

Kollosense 1:20  en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele. 21  Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen 22  in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel; 

Romeine 5:8  maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 9  Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. 

Markus 10:21  En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My. 22  Maar hy het treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. 

Matthéüs 16:25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel? 27  Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade. 

Johannes 16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. 

Johannes 14:1  Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. 2  In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3  En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 

1 Korinthiërs 2:9  maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 10  Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 

Hebreërs 9:27  En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel, 28  so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid. 

Jesaja 1:18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 

Openbaring 22:1  En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. 2  In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. 3  En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. 

Openbaring 22:5  En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid. 

Openbaring 22:7  Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar. 

Openbaring 22:11  Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. 12  En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. 

Openbaring  22:14  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 

Openbaring 22:17  En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. 

Openbaring 22:20  Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!  

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Die Uitverkiesing (2022)

Die Uitverkiesing (2022)

– Banie Swanepoel:

Hierdie boodskappe volg opmekaar. Dit is belangrik om dit in volgorde te luister.

001 Die Uitverkiesing – Voor die grondlegging van die wêreld (15.05.2022)

002 Die uitverkiesing – GOD kies uit as gevolg van liefde (22-05-2022)

003 Uitverkiesing – Wat dan van die heidene en die Nuwe Testament? (29-05-2011)

004 Die Uitverkiesing (Die heidene van die Nuwe Testament, is die verstrooide tien stamme van Israel) 12-06-2022

005 Die Uitverkiesing (Hoekom is die waarheid dan so belangrik?) 19-06-2022

OoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOo

001 Die Uitverkiesing

Voor die grondlegging van die wêreld (15.05.2022)

Hierdie tema is nie baie gewild nie.

Die gewilde Afrikaanse gesegde: “Die waarheid maak seer”, is in hierdie geval “Die waarheid maak dood”.

Hoekom het hulle Yahshua doodgemaak? Omdat Hy leuens gespreek het? Nee, omdat Hy die waarheid gespreek het.

Die wêreld hoor die waarheid, maar verkies die leuen. As jy aanhou om die waarheid te praat na jy die opdrag gekry het om stil te bly, en jy hou aan om die waarheid te verkondig, maak hulle jou dood. Dit is wat met Yahshua gebeur het.

Nou het ons ‘n evangelie in die wêreld wat hulle die “Christelike evangelie” noem. Nou die vraag: Word mense doodgemaak vir dit? Nee…. En dit laat mens wonder.

As ons die waarheid hoor, maar dit is vir ons vreemd, dan verwerp ons dit gewoonlik.

Daar is egter ‘n manier om te kyk of dit die waarheid is en dit is om dit te meet aan die Woord van GOD, want daar is baie leuens wat jou kwaadmaak en dan is dit nie reg nie, want dit kan nie aan die Skrif gemeet word nie.

Die uitverkiesing is seker die moeilikste onderwerp vir die teologie. Teoloë wil nie oor die onderwerp praat nie, want hulle verstaan dit nie, of as hulle by die kruks van die saak uitgekom het, sien hulle dit is die onaanvaarbaarste waarheid in hierdie wêreld.

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Efésiërs 1:3  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4  soos Hy (VADER Yahweh) ons in Hom (Yahshua) uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, 5  deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 6  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 

Romeine 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 

Romeine 9:11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 

1 Petrus 1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië, 2  uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word! 

1 Sameul 16:10  So het Isai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Isai gesê: Die HERE het hulle nie uitgekies nie. 11  Verder het Samuel aan Isai gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas skape op. Toe sê Samuel aan Isai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om die tafel gaan sit voordat hy hier kom nie. 

Romeine 9:14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 

Romeine 9:13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Johannes 13:1  En voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense (Jakob) in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe. 

Matthéüs 13:44  Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand. 

Deuteronómium 4:37  En omdat Hy (Yahweh) jou vaders liefgehad en hulle nageslag na hulle uitverkies het, en Hy self jou deur sy grote krag uit Egipte uitgelei het, 38  om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit te verdrywe en jou in te bring om hulle land aan jou as erfenis te gee soos dit vandag is— 39  daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. 

Deuteronómium 7:6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees. 7  Die HERE het ‘n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke. 8  Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met ‘n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos. 

Deuteronómium 10:14  Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. 15  Maar net aan jou vaders (Abraham, Isak en Jakob)  het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is. 

Jeremia 30:10  Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak. 11  Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie. 

Jesaja 43:1  Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2  As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. 3  Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4  Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. 

Matthéüs 1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Jeremia 31:31  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; 

Hebreërs 8:8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 

Miga 4:1  En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. 2  En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem. 3  En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. 4  Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek. 5  Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos. 

Eségiël 18:30  Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie ‘n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie. 31  Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel? 32  Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe. 

Jesaja 59:20  Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE. 

Jeremia 33:23  Verder het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê: 24  Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie. 25  So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie, 26  dan sal Ek ook die nageslag van Jakob en van my kneg Dawid verwerp, dat Ek nie uit sy nageslag heersers sal neem oor die nageslag van Abraham, Isak en Jakob nie; want Ek sal hulle lot verander en My oor hulle ontferm. 

Jeremia 31:35  So sê die HERE wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: 36  As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. 37  So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE. 

OoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOo

002 Die uitverkiesing

GOD kies uit as gevolg van liefde (22-05-2022)

Hierdie onderwerp is nie ‘n maklike onderwerp nie. Dit verskil radikaal met die wêreld se siening en die wêreld is maar waarmee ons grootword. Dit is waar ons leer hoe die koninkryk van GOD werk.

Dan kom die Woord tot ons en dan sien ons ander dinge.

Die wêreld het egter so slim geword, dit leer ons om die Woord te verander en as die Woord sê “soek eers die Koninkryk van GOD”, dan soek ons ‘n kerk.

‘n Koninkryk bestaan uit ‘n koning (nie ‘n predikant nie), ‘n volk en ‘n grondgebied.

In die vorige boodskap het ons begin kyk na die uitverkiesing en ons het gesien die uitverkorenes is die Israelvolk (die nageslag van Abraham, Isak en Jakob) en die Koning (GOD) het die volk uitverkies en Hy kom terug na hierdie aarde toe, om Sy Koninkryk hier te kom vestig.

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Psalm 139:21  HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? 22  Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my! 23  Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; 24  en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! 

Jesaja 41:8  Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, 9  jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. 10  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou (Jakob); kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou (Jakob), ook ondersteun Ek jou (Jakob) met my reddende regterhand. 11  Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom. 12  Jy sal hulle soek, maar hulle nie vind nie—die manne wat met jou twis; hulle sal word soos niks en soos ‘n nietige ding—die manne wat teen jou (Jakob) oorlog voer. 13  Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou (Jakob). 14  Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel. 

Exodus 3:14  En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. 

Maleági 3:6  Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie. 

Jakobus 1:16  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders. 17  Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. 

Jesaja 49:13  Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges. 14  Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet! 15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie! 16  Kyk, Ek het jou (Sion, Israel) in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. 

Hooglied 8:6  Dra my soos ‘n seëlring op u hart, soos ‘n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ‘n gloed van vuur, ‘n vlam van die HERE. 7  Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ‘n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag. 

Romeine 8:35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 

Spreuke 6:32  Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets; 33  slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie; 34  want jaloersheid is ‘n toorngloed in ‘n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie; 35  hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Hebreërs 2:16  Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 

Matthéüs 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Johannes 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

Hoséa 6:1  Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. 2  Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. 3  En laat ons ken—laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. 4  Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos ‘n môrewolk en soos ‘n dou wat vroeg weer verdwyn. 5  Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos ‘n ligstraal. 6  Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. 

1 Johannes 4:7  Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. 8  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. 9  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 10  Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes. 11  Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 

As jy hierdie gelees het en dit nie die eerste keer insien nie, lees dit weer aandagtig en sien in wat die diep betekenis is.

Ons dink Vader YHWH is gevoelloos. Ons dink Hy werk net volgens reëls en beginsels. Ons besef nie dat Hy net soos ons ook emosies het nie. Wanneer Hy sê Hy het ons lief, is dit nie uit beginsels nie, maar net soos wat ons liefhet, het Hy óók lief. Net soos wat ons hart skeur as ons iemand liefhet, maar daardie persoon het ons nie terug lief nie, net so skeur sý hart ook. Net soos ons wonder hoe lank gaan ons nog probeer om ons geliefde se hart te wen voordat ons tou opgooi, net so stel Hý ook uit.

Het sy my lief, of gebruik sy my net vir dit wat ek haar bied? Hoe is dit dat sy sê sy het my lief, maar sy maak onderlangs ogies vir ander mans?

Dieselfde skok wat ons hart tot stilstand bring as ons dit agterkom, is die skok wat deur Hom gaan as ons sê ons het Hom lief, maar ons bedrieg Hom, net sodat ons voordeel uit Hom kan trek. Net soos wat ons nagte om huil omdat ons geliefde se hart aan iemand anders behoort, net so treur YHWH oor ons.

Wanneer Hy Israel vir jare waarsku dat Hy hulle in ballingskap gaan stuur omdat hulle Hom nie liefhet nie, maar dan lank vat om dit uiteindelik te doen, is dit omdat Hy uitstel in die hoop dat hulle hart sal verander om Hom lief te kry.

Jesaja 54:5-8  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.  6  Want soos ‘n verlate vrou en ‘n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos ‘n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.  7  Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.  8  In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.

Wanneer Hy wel Israel in ballingskap laat gaan is sy motief nie om hulle te straf nie, maar dat hulle van hulle ander liefde afstand moet doen en Hom sien vir wie Hy is en Hom lief kry. Hy is die “prins op die wit perd” wat sy lewe in hulle plek gee, sodat hulle verlos kan word van die dood. Hy is die een wat hulle gevormeer het en hulle die kroon van sy skepping gemaak het deur hulle na sy beeld te skape. Hy is die een wat net goeie dinge oor hulle bedink en niks wat sleg is nie.

Hulle het agter ander liefde aangegaan net omdat hulle bedrieg is en Hom nie ken vir wie Hy is nie.

Die van ons wat die ondervinding van ‘n gebroke hart het deurdat jou geliefde jou verlaat en iemand anders liefgekry het, beleef die geweldige pyn wat dit veroorsaak het. Dit wat jy daaruit kan neem, is om te weet dat die onverganklike pyn wat jy daagliks in jou hart voel vergelykbaar is met die pyn in sý hart as ons Hom vergeet… as ons ons eerste liefde verlaat. Die van ons wat die ervaring het dat jy iemand liefgekry het, maar daardie persoon het jou nie lief nie en jy wonder of dit die moeite werd is om aan te hou probeer.

Jy wonder of dit die moeite werd is om emosies te beleef wat jou lewe moeilik maak. Jou slaap het verdwyn en jou denke aan daardie persoon wil jou nie verlaat nie. Jy probeer vergeet, maar jy kan nie… weet dat Vader ook so voel. Hy het Israel liefgekry en sy liefde aan Israel verklaar. Hy het sy hart oopgemaak en gesê; “jou alleen het Ek liefgehad uit al die volke wat op die aarde is”.

Ons neem sy woorde ligtelik op, maar wie van ons sal vir die een vir wie jy liefgekry het sommer jou hart oopmaak en die diepste geheim van liefde aan daardie persoon verklap? Ons doen dit nie, want ons is te bang ons gaan seerkry, maar Hý het dit gedoen, en toe gebeur dit werklik ook so met Hom; Hy het seergekry, want Israel het Hom nie terug liefgekry nie.

As jy dus die ervaring van ‘n stukkende hart het en jy voel stoksielalleen en uitverkoop, assosieer dan met God, want dit is hoe Hy elke dag, heeldag voel oor sy onbeantwoorde liefde tot ‘n volk wat Hom nie wil liefhê nie. Sy geliefdes bespot Hom en ontken Hom. Hy het nie lief nie, maar Hy is liefde.

Wanneer ons liefde tot ‘n ander persoon onbeantwoord bly en ons lewe kompliseer en dreig om dit te verwoes, beëindig ons daardie uitreiking na die ander persoon en sny alle bande en beoefen totale vermyding van kontak. Ons verwyder tot alle foto’s en vermy plekke wat ons aan daardie persoon sal laat dink, sodat daardie persoon totaal uit ons geheue kan verdwyn, sodat die pyn daarmee saam kan verdwyn. Vader beleef dit ook, maar sy liefde vir ons is sterker as die pyn wat ons afwesigheid van liefde aan Hom veroorsaak. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Hy kan nie ontrou wees nie. Al gee Hy ons oor aan tye van benoudheid, bly sy hand altyd uitgereik na ons toe, want die begeerte van sy hart is altyd dat ons terug uitreik en sy hand gryp en Hom terug liefhê.

 Jesaja 49:14-16  Maar Sion sê: Die HERE het my verlaat, en die Here het my vergeet!  15  Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!  16  Kyk, Ek het jou in die handpalms gegraveer; jou mure is gedurig voor My. Hoséa 1:10-11  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.  11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël!

Vader YHWH, ons het U baie lief, want U is ons alles. Ons het nie ander liefde buite U nie, want U is ons Alfa en ons Omega. Baie dankie dat U ons liefgehad het toe ons nog sondaars was en dat U volhard het in U liefde vir ons, al het ons U nie dadelik gehoor nie. Ons dank U dat U volhard het in U liefde, al het ons U baie hartseer gemaak omdat ons U liefde verwerp het. Wanneer ons self seerkry as gevolg van onbeantwoorde liefde en ons besef dit is hoe ons U seer gemaak het, dan kry ons skaam en ons voel self hartseer omdat ons so opgetree het.

Hoe langer ons in ‘n liefdesverhouding met U is hoe meer deel U U hart met ons en hoe meer liefde ervaar ons van U. Dankie dat ons verhouding met U gebaseer kan wees op liefde; liefde wat U reeds bewys het. U het die waarde van U liefde aan ons afgemeet en die prys was bereken; dit was só duur soos die lewe van die ewige Skepper. Baie dankie Vader.

OoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOo

003 Uitverkiesing

Wat dan van die heidene en die Nuwe Testament? (29-05-2011)

Soos ons tot dusvêr gesien het, is hierdie nie ‘n maklike onderwerp nie.

In die eerste boodskap in hierdie reeks, het ons gesien dat GOD voor die grondlegging van die wêreld reeds uitverkies het en ons nie ‘n bydrae daartoe het nie.

Jy is uitverkies, of jy is nie uitverkies nie.

Ons het egter ook gesien dat die uitverkiesing nie uitverkies tot redding nie, maar dat die redding deur genade kom en dat ons dáárin ‘n bydrae het, want GOD het ons gekies, ons moet nou op ons beurt Hóm kies.

Die gevolg hiervan is, is dat baie uitverkorenes verlore gaan. Ons leef in ‘n wanbegrip dat wanneer ons agterkom dat ons uitverkies is, ons dink ons gaan hemel toe.

Dit is nie die waarheid nie.

GOD het Hom met ons versoen. Nou moet ons, ons met Hom versoen.

Ons het in die tweede boodskap gesien, GOD het uitverkies as gevolg van liefde.

Wanneer ons die woord “uitverkies” in die Skrif lees, word dit elke keer gekoppel aan die nageslag van Jakob.

In hierdie boodskap gaan ons na ‘n paar strikvrae kyk waarmee ons maklik gekonfronteer kan word, ten opsigte van die uitverkiesing.

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Handelinge 10:44  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. 45  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. 

Handelinge 11:17  As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder? 18  En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk. 

Handelinge 13:46  Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk, ons wend ons tot die heidene. 

Handelinge 15:7  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. 8  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 9  En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. 

Romeine 3:29  Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, 

Romeine 9:24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 

Hebreërs 8:8  Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, 

Romeine 9:1  Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2  dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart. 3  Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote (Benjamin) na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af. 4  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; 5  aan wie die vaders (Abraham, Isak en Jakob) behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen. 6  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. 7  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders (uitverkorenes) nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8  Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. 9  Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê. 10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! 15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? 22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys (aan Israel) en sy mag bekend maak (aan Israel), tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid (die Israeliete) wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24  ons (voorwerpe van eer) naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1:1  Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel. 2  Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3  Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar. 4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel. 5  Ja, in dié dag sal Ek die boog van Israel verbreek in die laagte van Jísreël. 6  Toe het sy weer swanger geword en ‘n dogter gebaar; en Hy het vir hom gesê: Noem haar Lo-Rugáma, want Ek sal My verder nie meer oor die huis van Israel (tien stamme) ontferm deur hulle vergifnis te skenk nie. 7  Maar oor die huis van Juda (twee stamme) sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie. 8  Nadat sy Lo-Rugáma gespeen het, het sy weer swanger geword en ‘n seun gebaar. 9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie —sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 

Romeine 9:24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Hoséa 1: 9  En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie (heidene), en Ek sal nie julle s’n wees nie. 10  Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie (10 stamme) —sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God. 11  Dan sal die kinders van Juda en die kinders van Israel almal saam vergader en vir hulle een hoof aanstel (Yahshua) en uit die land optrek; want groot is die dag van Jísreël! 12  Sê aan julle broers: Ammi, en aan julle susters: Rugáma

Romeine 9:24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode (twee stamme) nie, maar ook uit die heidene (tien stamme)? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie (tien stamme), my volk noem; en haar wat nie bemin is nie (tien stamme), beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders (twaalf stamme) van die lewende God. 

Efésiërs 2:11  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene (tien stamme) in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. (Hosea se tyd) 13  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was (tien stamme), naby gekom deur die bloed van Christus. 14  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee (twee stamme en tien stamme) in Homself tot een nuwe mens kon skep 16  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. 

OoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOo

004 Die Uitverkiesing

(Die heidene van die Nuwe Testament, is die verstrooide tien stamme van Israel) 12-06-2022

Ons het in die vorige boodskap gekyk na die sleutel van die Heidene en ons het gesien dat daar ‘n volk uitverkies is, maar as ons na die Nuwe Testament toe gaan, dan sien ons, ons raak deurmekaar want ons lees van die volk van GOD en van die Heidene van wie gesê word: “Julle wat nie My volk is nie, sal genoem word kinders van die lewende GOD.”

Dit is egter nie moeilik om te verstaan nie. Dit is net ons wat met die verkeerde gedagtes grootgeword het, dan dink ons GOD is ontrou aan Sy eie Woord, want Hy het dinge beloof met ‘n eed en dan later afwyk daarvan.

As ons GOD ken vir wie Hy is en ons dink Hy maak beloftes wat Hy dan weer verbreek, dan moet die vraag wees: Is dit die GOD wat ons wil aanbid?

GOD trek alles wat Hy sê en doen, terug na Sy Naam toe. Hy sê Hy kan by niemand hoër sweer as by Homself nie, daarom sweer Hy by Sy Heilige Naam, daarom moet ons weet wat Sy Naam is. Hy het aan Moses Sy Naam bekend gemaak: EK IS WAT EK IS.

  • Sonder die verklaring van Hoséa, sal die Heidene van die Nuwe Testament altyd vir ons ‘n geheimenis wees.
  • Sonder die verklaring van Hoséa, sal ons altyd wonder waarom GOD ‘n volk uitverkies het, ‘n verbond met hulle gemaak het en hulle dan verruil het vir die hele wêreld.
  • Sonder die verklaring van Hoséa, sal ons altyd wonder waarom GOD praat van mense wat Hy haat, maar dan tog die hele wêreld liefhet.
  • Met hierdie sleutel, sal ons elke vers in die Bybel verstaan rondom die uitverkiesing van Israel en geen vers hoef geïntrepeteer te word nie.

Kom ons kyk na van hierdie verse…

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Handelinge 10:44  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. 45  En die gelowiges uit die besnydenis (twee stamme), almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene (tien stamme) uitgestort is. 

Handelinge 11:17  As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder? 18  En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene (tien stamme)  die bekering tot die lewe geskenk. 

Handelinge 13:46  Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle (twee stamme) eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk, ons wend ons tot die heidene (tien stamme). 47  Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. 

Handelinge 15:7  En toe daar ‘n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene (tien stamme) deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word. 8  En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons. 9  En Hy het geen onderskeid tussen ons (twee stamme) en hulle (tien stamme) gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof. 

Romeine 3:29  Of behoort God net aan die Jode (twee stamme), en nie ook aan die heidene (tien stamme) nie? Ja, ook aan die heidene (tien stamme), 

Romeine 9:22  En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, 23  juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid (uitverkore twaalf stamme) wat Hy voorberei het tot heerlikheid, 24  ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode (twee stamme) nie, maar ook uit die heidene (tien stamme)? 25  Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie (tien stamme), my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; 26  en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God. 

Romeine 11:25  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel (twee stamme) gekom het totdat die volheid van die heidene (tien stamme) ingegaan het; 26  en so sal die hele Israel (twaalf stamme) gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob (Israel, twaalf stamme, die verbondsvolk) afwend; 27  en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. 

Matthéüs 1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; 21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. 

Matthéüs 2:5  En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe: 6  En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees. 

Johannes 11:50  en dink nie daaraan dat dit vir ons voordelig is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie omkom nie. 51  En dit het hy nie uit homself gesê nie; maar omdat hy daardie jaar hoëpriester was, het hy geprofeteer dat Jesus vir die volk sou sterwe. 52  En nie alleen vir die volk (twee stamme) nie, maar ook om die verstrooide kinders (tien stamme) van God tot ‘n eenheid saam te voeg. 

Deuteronómium 28:63  En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem. 64  En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie. 

Handelinge 13:46  Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie—kyk, ons wend ons tot die heidene. 47  Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde. 48  En toe die heidene (tien stamme) dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer (aangestel / aangewys) was tot die ewige lewe. 

Handelinge 13:48  En toe die heidene (tien stamme) dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer (voor die grondlegging van die aarde af uitverkies) was tot die ewige lewe. 

Handelinge 15:13  En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my! 14  Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene (tien stamme) vir sy Naam aan te neem. 15  En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: 16  Daarna sal Ek (Yahweh / Yahshua) terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, 17  sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. 

2 Kronieke 7:14  en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. 

Handelinge 26:6  En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, 7  waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig. 

Handelinge 28:19  Maar toe die Jode daarteen opkom, was ek verplig om my op die keiser te beroep, nie asof ek iets het om my volk van te beskuldig nie. 20  Om hierdie rede dan het ek versoek om u te sien en toe te spreek, want dit is oor die hoop van Israel dat ek met hierdie ketting geboei is. 

Romeine 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik. 

Romeine 10:1  Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel (twaalf stamme) doen, is tot hulle redding. 2  Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis. 

Handelinge 5:30  Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang. 31  Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. 

1 Korinthiërs 10:1  Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, 2  en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, 3  en almal dieselfde geestelike spys geëet het, 4  en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. 

Romeine 4:1  Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? 

Romeine 9:10  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 

Gálasiërs 4:28  Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; 

Jakobus 1:1  Jakobus, ‘n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete! 

Openbaring 7:4  En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel 

OoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOo

005 Die Uitverkiesing

(Hoekom is die waarheid dan so belangrik?) 19-06-2022

Wat in die vorige vier boodskappe oor hierdie onderwerp behandel is, gaan nie in hierdie boodskap herhaal word nie, daarom is dit raadsaam om dit ook te luister.

Kom ons kyk na waarom dit belangrik is om die waarheid rakende die uitverkiesing van GOD, vir sekere mense, te weet en te glo.

  • Jou eie geloof bepaal jou eie optrede.
  • Jy handel volgens wat in jou binnekant is.
  • As jy die waarheid rakende die uitverkiesing glo, of nie glo nie, gaan dit ‘n effek op jou lewe hê.
  • Dit waarvan iemand oortuig is, beïnvloed die besluite van sy lewe.

SKRIFGEDEELTES GEBRUIK:

Génesis 1:21  En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 22  En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder. 

Openbaring 2:23  En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke. 

Openbaring 20:12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

Romeine 1:32  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.  

Jesaja 51:1  Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. 2  Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseën en hom vermenigvuldig. 3  Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere. 4  Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want ‘n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as ‘n lig van die volke. 5  My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop. 6  Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos ‘n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie. 7  Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie; 8  want die mot sal hulle opeet soos ‘n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag. 9  Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie? 10  Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see ‘n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie? 11  So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg. 12  Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? — 13  dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker? 14  Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie. 15  Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam! 16  En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy! 

OoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOoOo

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE

Jou Geloof Het Jou Gered (27-03-2022)

Jou Geloof Het Jou Gered (27-03-2022)

– Banie Swanepoel:

Die gedeelte wat sê ‘jou geloof het jou gered’ kan so maklik verkeerd opgeneem word. Dit kan so maklik die evangelie van redding so vereenvoudig, dat dit eintlik niks is nie.

Ons gaan na Skrifgedeeltes kyk waar dit voorkom en dan is die gevaar dat ons dit verkeerd verstaan, want dit gaan oor redding. Redding beteken ons is verlore. Verlore beteken jy gaan hel toe. Jy gaan ‘n ewigheid weg van GOD spandeer in die poel van vuur. Stoksiel alleen. Jy gaan alles beleef wat sleg is; eensaamheid, verwerping…

Jy gaan jouself so kasty, net omdat jy verkeerd besluit het…

001 Jou geloof het jou gered (‘n Harde evangelie) 27-03-2022

002 Jou Geloof Het Jou Gered (Wat is hierdie geloof wat ons siele kan red?) 03-04-2022

003 Jou geloof het jou gered – (Liewe Jesus) 10-04-2022

001 ‘n Harde evangelie (27-03-2022)

Lukas 7:37  En toe ‘n vrou in die stad, wat ‘n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy ‘n albaste fles met salf gebring 38  en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf. 

Lukas 7:48  En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. 49  Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe? 50  En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede. 

Lukas 8:43  En ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, en wat haar hele vermoë aan geneeshere uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie, 44  het van agter af gekom en die soom van sy kleed aangeraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. 

Lukas 8:48  En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede. 

Markus 2:5  En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe! 

Lukas 18:38  Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig! 

Lukas 18:42  En Jesus sê vir hom: Sien! Jou geloof het jou gered. 

Lukas 23:40  Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? — 41  ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. 42  En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. 43  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. 

Hebreërs 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

Génesis 22:12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.  

Romeine 4:3  Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 

Galásiërs 3:6  Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 

Jakobus 2:23  En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem. 

Hebreërs 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

Matthéüs 10:39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. 

Matthéüs 16:25  Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 

Hebreërs 11:39  En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, 40  omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie. 

Efésiërs 5:15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; 16  en koop die tyd uit, omdat die dae boos is. 17  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is. 

~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~

002 Wat is hierdie geloof wat ons siele kan red? 03-04-2022

Met die vorige boodskap het ons gesien dit is nie ‘n maklike evangelie nie.

Daar is maklike evangelies daar buite, maar dit lei nêrens heen nie.

Yahshua se dissipels het gesê, die woorde is hard, wie kan daarna luister? Hulle het Hom verlaat, sonder dat Hy hulle gekeer het.

Yashua se evangelie het nie ‘n sydeur waardeur jy kan inglip nie, want dan sal dit nie meer in geregtigheid wees nie. As ons eendag voor die Regter op ‘n onregverdige manier gaan staan, gaan Hy ons nie oorsien nie…

Opsomming van vorige aflewering:

  • Om Hom te glo, is om te doen wat Hy sê en nie om te gee wat die gevolge gaan wees nie, maar tevrede met die uitkoms te wees.
  • Gelowiges is tevrede dat hulle kind geoffer word. (Abraham)
  • Gelowiges is tevrede dat hulle prinsskap in Egipte verval. (Moses)
  • Gelowiges is tevrede om hulle geleerde- en of geestelike posisie in hierdie wêred te verloor. (Paulus)
  • Slegs hulle wat vas glo in ‘n toekomsvisie anderkant die dood, is in staat om hierdie lewe prys te gee en die risiko te neem wat daaraan verbonde is, om in GOD se Woord te glo.

In hierdie aflewering gaan ons kyk na wat hierdie geloof ís, wat ons siele kan red.

‘As jy glo, sal jy gered word’, is ‘n evangelie waarvan twee is. Die werklike manier wat hard is, of die wêreld se manier wat sag is… Die saligheid van jou siel is egter op die spel, daarom kan jy nie verkeerd kies nie.

Jy kry nét één kans. As jy die breë weg gestap het met die verwagting dat jy deur GOD se Koninkryk se poort gaan stap, gaan jy baie teleurgesteld wees as jy eendag daar kom, maar jy word weggewys.

Vereistes om te glo:

  • Soek en begeer dit.
  • Glo soos ‘n kindjie.
  • Vul en vervul jou met GOD se geïnspireerde Woord.

Romeine 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Handelinge 2:38  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. 

Markus 16:15  En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. 16  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. 

Matthéüs 6:19  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; 20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; 21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. 

Matthéüs 6:25  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? 

Matthéüs 6:31  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 

Die NG Kerk En Die Bybel (01.08.2021)

Watter Kerk Is Dan Nou Reg? (1.4.2019)

Openbaring 2:10  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. 11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie. 

Openbaring 3:10  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. 11  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. 

Lukas 13:23  Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: 24  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. 25  Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. 26  Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. 27  En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! 28  Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. 

Matthéüs 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 

~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~

003 Liewe Jesus 10-04-2022

Jou geloof het jou gered / geregverdig. Geregverdig beteken ek is geregtig om voor die Almagtige te staan.

Opsomming:

  • Om Hom te glo, is om te doen wat Hy sê en nie om te gee wat die gevolge gaan wees nie, maar tevrede met die uitkoms te wees.   
  • Gelowiges is tevrede dat hulle kind geoffer word. (Abraham)   * Gelowiges is tevrede dat hulle prinsskap in Egipte verval. (Moses) *  Gelowiges is tevrede om hulle geleerde- en of geestelike posisie in hierdie wêred te verloor. (Paulus) * Nadat hulle die waarheid gehoor het en nadat hulle nog steeds gekruisig gaan word, al vra hulle vir hulp, maar is tevrede al word hul nie gered nie.  (Yahshua in Getsémané)
  • Slegs hulle wat vas glo in ‘n toekomsvisie anderkant die dood, is in staat om hierdie lewe prys te gee en die risiko te neem wat daaraan verbonde is, om in GOD se Woord te glo.
  • Hierdie geloof, red jou.

Hebreërs 11:13  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was. 14  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek. 15  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer. 16  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei. 

Matthéüs 24:4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 

2 Korinthiërs 11:3  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. (Galásiërs 3:1  o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?)

Jeremia 23:1  Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE. 2  Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE. 

Jeremia 23:16  So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie. 17  Hulle sê gedurig aan my veragters: Die HERE het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie. 18  Want wie het in die raad van die HERE gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor? 

Jeremia 23:21  Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer. 

Jeremia 23:25  Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom! 26  Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart— 27  is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl? 

Jeremia 23:32  Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE. 

Jesaja 1:13  Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie! 14  Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra. 15  En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. 16  Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, 17  leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. 18  Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. 19  As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. 20  Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek. 

Deuteronómium 32:39  Aanskou nou dat dit Ek (Liewe Jesus) is en dat daar geen god naas My is nie; Ek (Liewe Jesus) maak dood en maak lewend, Ek (Liewe Jesus) het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie. 40  Want Ek sal my hand na die hemel ophef en sê: So waar as Ek ewig leef— 41  as Ek (Liewe Jesus) my glinsterende swaard skerp gemaak het en my hand na die strafgerig gryp, sal Ek (Liewe Jesus) wraak oefen op my teëstanders en my haters vergelde. 42  Ek  (Liewe Jesus) sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders. 43  Jubel, o nasies, oor sy volk, want Hy (Liewe Jesus) sal die bloed van sy knegte wreek, en Hy (Liewe Jesus) sal wraak oefen op sy teëstanders en versoening doen vir sy land en sy volk. 

1 Sameul 2:6  Die HERE (Liewe Jesus) ) maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. 

Hoséa 6:1  Kom en laat ons terugkeer tot die HERE (Liewe Jesus) ; want Hy (Liewe Jesus) het verskeur en sal ons genees, Hy (Liewe Jesus) het geslaan en sal ons verbind. 

Jesaja 66:15  Want kyk, die HERE (Liewe Jesus) sal kom in vuur, en sy waens soos ‘n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging. 16  Want met vuur en met sy swaard sal die HERE ((Liewe Jesus) strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE (Liewe Jesus) verslaan is, sal baie wees. 

Jeremia 46:10  Maar dié dag behoort aan die Here HERE (Liewe Jesus) van die leërskare, ‘n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die Here HERE (Liewe Jesus) van die leërskare het ‘n slagoffer in die Noordland, by die Eufraatrivier. 

Númeri 16: 27  En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies. 28  Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie: 

Númeri 16:31  En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was, 32  en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed. 33  So het hulle dan met alles wat hulle s’n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering. 

Johannes 3: 16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18  Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 19  En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 

1 Timótheüs 6:3  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, 4  dié is verwaand en verstaan niks nie, maar het ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog, 5  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense. 6  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. 7  Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. 8  Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 9  Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. 10  Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. 20  Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21  Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is. 

~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~!~

DAAR STAAN ÓÓK GESKRYWE